Kairos Netwerk nuusbrief – 28 Mei 2022

Opsomming:

  • Advertensie van Familiebyeenkoms van behoudende gereformeerde kerke en lidmate (20-21 Julie 2022)
  • Die volgende webblad is geskep vir hierdie doel: www.fggsa.co.za (Familie van gereformeerde gemeentes in SA)

*******

Kairos Netwerk Nuusbrief 34 – 28 Mei 2022

DIE FAMILIE-BYEENKOMS – ‘n Historiese moment!

Wat maak hierdie geleentheid ‘n historiese moment in die gereformeerde kerke se geskiedenis?

Wȇreldwyd is daar ‘n tendens om die absolute waarheid van die Skrif te probeer weg-rasionaliseer. In groot dele van die kerk is hierdie misleidende, humanistiese gees aan die werk wat in stryd is met die absolute waarhede van die Skrif. Maar deur die werking van die Heilige Gees is al meer gelowiges besig om die leuens van die waarheid onderskei. Nog nooit in die hedendaagse geskiedenis het daar wêreldwyd soveel behoudende stemme opgegaan in weerstand teen hierdie leuens nie. Oral staan meer en meer behoudendes op om te pleit, selfs daarop aan te dring, dat die kerk sal terugkeer na die suiwere Skrif as die fondament van die Kerk van Jesus Christus.

Ook in die NG Kerk het die kairos-uur aangebreek. Die tyd om te kies:
Gaan ons nog langer bly voortploeter saam met die massas op die wye pad van deformasie … of gaan ons die nou paadjie kies na radikale reformasie. God roep elkeen van ons om nou ‘n duidelike keuse te maak.

Dit is teen hierdie agtergrond wat daar met groot opgewondenheid en verwagting uitgesien word na die geskiedkundige, eerste Familie-byeenkoms van behoudende gereformeerde kerke en lidmate.

  • DATUM : 20 en 21 Julie 2022
  • PLEK : AfriForum Teater in Brooklyn, Pretoria

Die program is amper gefinaliseer en sal binnekort bekendgemaak word. Vir die wat aan die beplanning werk is dit belangrik dat:

  • Die byeenkoms ‘n geestelike en familiekarakter sal hê;
  • Ons onder die leiding van die Heilige Gees en binne die wil van die Here sal bly beweeg;
  • Die inhoud sal ooreenstem met dit wat nou gebeur. ‘n Losmaak en weg-trek van die hartseer wat geboorte gegee het aan hierdie nuwe en positiewe beweging … vorentoe;
  • Daar binne die beperkte tyd geleentheid geskep sal word vir verhoudings- en netwerke bou;
  • Daar lofprysing en aanbiddingsmomente sal wees;
  • Almal sal kans kry om saam te gesels en saam te luister;
  • Plaaslike en internasionale kundiges in die familie, wat reeds deur soortgelyke prosesse geworstel het, hul ervaring en kennis sal deel.

Van die onderwerpe wat hanteer sal word:

  • Wat is ‘n familie met met ’n Goddelike visie?
  • Hoe bou ons op ’n vaste fondament? (Sola et Tota Scriptura)
  • Hoe lyk ‘n familie wat draers en beskermers van die Waarheid is?
  • Hoe sorg ons vir mekaar in so ‘n familie?

Jy word genooi !!! … om deel te wees van hierdie GESKIEDKUNDIGE GELEENTHEID wanneer gemeentes en individue oor denominasie-grense heen gaan handevat om ‘n Familie van Gereformeerdes te vorm.

  • Stel jy belang om deel te word van hierdie familie … ?
  • Soek jy meer inligting … ?
  • Wil jy moontlik hierdie eerste, geskiedkundige familie-geleentheid bywoon … ?

… KLIK DAN HIER! (www.fggsa.co.za)

Belangrik: Ons wil graag hoor as jy spesifieke verwagtinge het vir hierdie Familie-byeenkoms. Stuur asb. vir ons ‘n epos met jou verwagtinge na: info@kairosnetwerk.net

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui