Kyk ook:
Webblad: www.umc.org
Die United Methodist Church (UMC) is een van die groot Protestantse kerkverbande ter wêreld en is in die VSA gestasioneer.
John Wesley (1703–1791) was die belangrikste grondlegger van die Metodistiese beweging in Engeland. Hierdie beweging het in die 18de eeu binne die Kerk van Engeland ontstaan as ’n herlewingsbeweging met ’n sterk klem op persoonlike geloof, heiligmaking en praktiese Christelike diens.
Die huidige United Methodist Church is in 1968 in die VSA gevorm deur die samesmelting van die Methodist Church en die Evangelical United Brethren Church.
Skeuring
Baie gemeentes het egter van die United Methodist Church (UMC) geskeur. Die groot konflik het veral oor homoseksualiteit en die gesaghebbende toepassing van die Bybel op seksuele etiek gegaan.
- Voor 2024: Die UMC se amptelike kerkorde het homoseksuele praktyk as onverenigbaar met Christelike onderrig beskryf en beperkings op homoseksuele predikante en selfdegeslaghuwelike bevat.
- In Mei 2024: Die Algemene Konferensie het hierdie beperkings opgehef en die betrokke bewoording oor homoseksualiteit verwyder.
- Vanaf 1 Januarie 2025: Die nuwe bepalings het ten volle in werking getree. Predikante het egter steeds die diskresie om te besluit of hulle ’n selfdegeslaghuwelik sal voltrek.
Teen die einde van 2023 het ongeveer 7 600 Amerikaanse UMC-gemeentes die kerkverband verlaat. Effens meer as die helfte het by die Global Methodist Church aangesluit; ander het onafhanklik gebly of by kleiner kerkverbande aangesluit.
Kyk ook
- ‘True to its doctrine’: Conservatives plan for a new church after United Methodism splits over homosexuality debate (24 Apr 2021)
- United Methodists Lose 1,800 Churches in Split Over LGBT Stance (24 Jan 2023)
- Texas megachurch leaders urge members to cut ties with UMC; vote set for later this month (16 Okt 2026)