Ons het eenkeer ’n predikant gehad wat kanker gehad het. Hy was geliefd onder die mense en daarom was daar baie mense wat vir hom gebid het en geglo het dat God hom sou genees. Hy het egter die tekens gesien, maar die mense het hom deurmekaar gemaak. Hy het selfs vir my pa raad gevra omdat hy nie meer geweet het hoe om na die saak te kyk nie.
My pa het hom herinner aan ’n beeld: Wanneer die see jou intrek, is jy magteloos. Dit help nie om teen die stroom te veg nie. Jy moet sterretjie lê – jy moet op jou rug dryf om energie te spaar en toelaat dat die see jou neem waar hy wil. Hy sal jou wel êrens weer uitspoel.
So is dit soms met die lewe ook: Jy word soms na plekke geneem waarheen jy nie wil gaan nie. Dan is dit die beste om sterretjie te lê – om by God rus te vind en te vertrou dat Hy jou koers verder sal bepaal.
Kyk ook
- This Will Change How You Think About Suffering (Youtube, 18 Oct 2026, Fr Dan Reehil and Lila Rose)
- Wil jy gesond word/Kommentaar