NG gemeentes se verklarings ná 2019 besluit oor SGV

Kyk ook:

Indien hierdie lys ’n fout het of opgedateer moet word, laat asb ’n boodskap aan die onderkant.

In Oktober 2019, tydens die NG Kerk se algemene sinode het die sinode weereens besluit om ruimte te skep vir SGV (selfdegeslagsverhoudings) (kyk 2019 NGK homoseksuele besluit). Hier volg ’n lys van reaksies van gemeentes op hierdie besluit.

Gemeentes wat doleer

Vir die lys van gemeentes wat doleer, kyk Lys van NG gemeentes wat doleer.

Verklarings

  1. Besorgde leraars en kerkrade (7 Nov 2019). Dit is onderteken deur die volgende kerkrade:
    1. Otjiwarongo (Namibië)
    2. Omaruru (Namibië)
    3. Oewer (Namibië)
    4. Opuwo (Namibië)
    5. Tsumeb (Namibië)
    6. Suiderhof (Namibië)
    7. Warmbad (Namibië)
    8. Maltahöhe (Namibië)
    9. Outjo (Namibië)
    10. Kalkrand (Namibië)
    11. Tafelberg (Kaapstad) (Ook dolerend)
    12. Kroonstad-Wes
    13. Clearview Maclear
    14. Delmas-Wes
    15. Moreletapark Gemeente (ook eie verklaring)
    16. Sasolburg Tuinedal (ook eie verklaring)
    17. Reformed Church in Africa in Cravenby Cape Town – called Living Waters.
  2. Ermelo-Oos (20 Okt 2019)
  3. Fichardtpark (15 Okt 2019)
  4. Goedehoop, Secunda (Okt 2019)
  5. Humansdorp-Oos (Okt 2019)
  6. Moreletapark, Pretoria (21 Okt 2019)
  7. Ring van Heilbron (14 Nov 2019)
  8. Tuinedal, Sasolburg (31 Okt 2019)
  9. Witfield, Boksburg (28 Okt 2019)

Individue

  1. Ope brief aan NG Kerk (Coligny Nel) (21 Okt 2019)
  2. Hieroor is ek seker (Ds Johan Koen, Burgersfort Gemeente (Oostelike Sinode), 15 Okt 2019)

Ander

  1. APK oor NGK 2019 homo-besluit (18 Okt 2019)
  2. Voice of the Voiceless Advocacy reageer op NGK se 2019-SGV-besluit (21 Okt 2019)
  3. Verklaring: Kunene for Christ oor NGK se 2019-besluit oor homoseksualiteit (10 Okt 2019)
  4. Goudland Sinode 20 Nov 2019 – Ondersteuning uit 5 provinsies

8 thoughts on “NG gemeentes se verklarings ná 2019 besluit oor SGV”

  1. Josua 6 v 2 Die Here het vir Josua gesê: “Ek gaan Jerigo, sy koning en sy soldate nou in jou mag oorgee… ” Ek bid – Amen!

  2. Genugtig! Een van die Tekens van die Tye tref my eie geliefde Kerk! 2 Petrus 2 … die hoofstuk sê onder andere: “Maar daar was ook vals profete onder die volk,en so sal daar ook onder julle vals leraars kom.”

  3. Soos vir baie lidmate is die NG Kerk ook my lewenslange geestelike tuiste. Ek kan egter nie saamgaan met die rigting wat ons kerk tov SGV ingeslaan het nie. Dit bots lynreg met ons gereformeerde leer en veroorsaak ontsteltenis wat nie geïgnoreer kan word nie. Die keuse wat deur die Sinode aan gemeentes gebied is om ’n eie besluit oor hierdie belangrike saak te neem, is onaanvaarbaar en veroorsaak ’n valse eenheid tussen gelowiges.

    My vraag is dus eenvoudig: Wat staan ons as lidmate te doen? Kan ’n kerkleier asseblief die pad vir ons baie duidelik hier uitspel? Moet ons bedank en ’n ander kerk soek? Asseblief help ons. Ons is in die war (woestyn)!

    1. NG kerkleiers dwaal. Die Bybel is die riglyn. Daar is kerke wat die ware Evangelie verkondig. ’n NG kerkleier sal dit nie vir jou sê. Bv Evangelies Gereformeerde kerk, is behoudend. Onderhou ook die Gelofte. Kerk van die Nazarener. Baptiste kerk ens. Afrikaanse protestante kerk ook.

    2. Anda
      Ons is op dieselfde bladsy hier, ek voel dieselfde en my frustrasie en opstand teen die stelsel word elkedag meer, Die AS verneder lidmate deur besluite in koerante en op die TV te kyk daar is volgens my nie leierskap nie, die AS minag almal, doen wat hulle wil wanneer hulle wil netsoos hulle wil. En dit vir vir my ook n geestelike tuiste, maar ek is baie skaam vir die leierskap. BAIE SKAAM!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  4. Toe ons gemeente, NG Dutoitspan, ons naam by die Kerkbode se lys van Besorgde leraars en kerkrade (7 Nov 2019) wou voeg, moes ons uitvind dat die Kerkbode besluit het om daardie saak te STOP! Sedertdien KAN jy nie meer jou naam op die lys byvoeg nie… Partydigheid?
    Ek lees ook dat baie lidmate praat om die NG Kerk te verlaat… (as hul nie reeds hét nie… ) Ons glo nog soos ons (die NG Kerk) nog altyd geglo het tot +-2013…, maar die kaping het stelselmatig & doelgerig van rondom 1999 af begin, aldus André Bartlett wat ná die AS se 2015 besluit op TV gesê het hy “baklei al 16jr hiervoor”. (Ek het in 2003 al vir ’n kollega gesê ons kerk is op koers om daardie 2015 besluit te neem, maar niemand wou my glo nie.)
    Ek is van oortuiging dat nie een van die pro SGV (selfdegeslagverhoudings) leraars nog voor God kan verklaar dat hul hul belofte by hul handtekening by hul Legitimasie-eed, honoreer en steeds handhaaf om te sê: “So spreek die Here HERE!” en te hou by die vyf Solas nie. (Alleen Genade, alleen Jesus Christus, alleen Geloof, alleen die Skrif as Woord VAN GOD, en aan GOD alleen al die eer.)
    As iemand die kerk moet verlaat, is dit húlle wat nie meer glo, wat ons kerk nog al die jare vanuit & op grond van GOD SE WOORD verkondig het nie.
    Daarom stem ek ook eerder (vir nou) vir die pad van dolering… (In hierdie opsig kan iemand/’n kundige dalk op hierdie groep help met praktiese stap vir stap begeleiding tot dolering… )

    1. Ensie ek stem 100% saam met jou. Gaan kyk asb op Kairos Netwerk se web tuiste. Daar is baie inligting rakende dolering o.a. ’n handleinding

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui