Kairos Netwerk nuusbrief – 29 Augustus 2022

INHOUD:

1 – DIE (FGG) BYEENKOMS: Het die speelveld verander?
2 – KAIROS NETWERK EN FGG: Wat nou?
3 – NUUSBRIEWE VAN KN EN FGG: Hoe dan nou?
4 – FINANSIES: Eis jou geld terug of maak ‘n donasie voor 30 September 2022.
5 – OORDENKING: Lesse wat Josua ons leer – Deel 1
6 – HOE, WAT, WAAR?

1. FAMILIEBYEENKOMS – Het die speelveld verander?

 

Voor Na
Onseker waar familie hulle bevind. Woestyn? Duskant die Jordaan? Doleer? Verdeeld. Verspreid.

Hoofsaaklik sosiale netwerke en informele kontak. Praat hoofsaaklik.

Doen min.

Waardes en die toepassing daarvan problematies met min aanspreeklikheid Klein groepie leierskap van vrywilligers met hoofsaaklik selfopgelegde verantwoordelikhede.

Denke en optrede hoofsaaklik reaktief en tentatief. Ongedissiplineerd.

Skrifgetroues lukraak ingedeel oor RSA landskap met beperkte vermoé om nood te verlig.

Kommunikasie beperk tot sosiale netwerke en Broadcast Groepe.

Teologiese Opleiding – voorbereiding.

Rol van KN soos bepaal na MPBeraad Potensiaal vir eenheid van optrede beperk.

‘n Deel van Familie ervaar hulle het oor die Jordaan getrek. Klaar gedoleer. Vat hande. Begin fondamente herbou. Nooi ander om aan te sluit.

Netwerke van klein groepe word gevorm binne geografiese verhoudingsnetwerke tot op plaaslike vlak oor ekumeniese grense. Aksie gerig.

Waardes en die toepassing daarvan in wording en bestuurbaar met aanspreeklikheid

Vergrote aangewese leierskap van vrywilligers met ooreengekome verantwoordelikhede. Mobiliseer kundiges Denke en optrede word pro-aktief en meer gedisiplineerd en in lyn met ‘n ‘militére’ operasie

Sistematiese indelings gebaseer op geografiese en plaaslike belange en nood. Kommunikasie nie net sosiale netwerke en Broadcast Groepe nie maar ook kleingroepe binne verhoudingsnetwerke tot op lidmaat vlak

Teologiese Opleiding – werklikheid

Rol van KN verbreed na KN — FGG en is deel van ‘n transformasieproses

Potensiaal vir eenheid van optrede verhoog grootliks

“Saam vorentoe as Skrifgetroue Geloofsfamilie” was die tema van die Gereformeerde Familiebyeenkoms.

KLIK HIER, kyk na die video-opnames en beoordeel dan of die speelveld vir jou ook verander het … of staan jy nog op die kantlyn?

2. KAIROS NETWERK EN FGG – Wat nou?

Ons is tans in ‘n interessante oorgangsfase. Die volgende aksies spruit voort uit die FGG byeenkoms van 21-22 Julie 2022 by die Afriforum Teater, Brooklyn, Pretoria:

Geloofsverklaring.
Die geloofsverklaring is in proses van finalisering wat ‘n nuwe bedeling inlei vir ‘n gereformeerde geloofsfamilie oor ekumeniese grense. Dit sal dien as een van die die belangrikste fondamente vir die pad vorentoe. Die Geloofsverklaring sal op die KN en FGG webwerwe geplaas word sodra beskikbaar.

Familievorming en kerkmodelle.
Ondersoek word gedoen na die opsies vir die skep van ‘n “Familie van Gereformeerdes” om bestaande Skrifbehoudendes saam te groepeer. Dit is in die aangesig van ‘n NG Kerk leierskap wat hardnekkig enige oproep tot reformasie negeer.

Eensgesindheid onder Skrifbehoudendes in Streeksinodes.
Artikel 37 blyk steeds die mees wenslike reformasie opsie te wees. Ander opsies word ook nagevors.

Netwerk vestiging.
Daar word voortgegaan om Netwerke te vestig saam met 20 Streekskakelpersone (SSP)  aangewys by die Familiebyeenkoms. Verder, om op alle vlakke van kerkleierskap betrokke te raak by dissipelmaking, gemeente samewerking, die opbou van die liggaam en om saam die groterwordende nood te verlig.

Teologiese opleiding.
Word ‘n belangrike fokus van die reformasieproses saam met gespreksgenote met die implementering van Skrifgetroue Teologiese Opleiding. Dit behels o.a. die volgende:

Klassieke predikante opleiding. Nie-amptelike uitnodigings word gerig aan voornemende studente om aansoek te doen by aangewese instellinge vir studies beginnende in 2023 gelei deur prinsipiële en teologiese oorwegings. Skakel met prof Hoffie Hofmeyr by linhof@mweb.co.za

Veritas Opleiding (VCI). Hierdie is ’n unieke geleentheid om saam met VCI ‘n positiewe bydrae te lewer tot een van die grootste krisisse in die NGK wat lei tot die indiens-stelling van Diensleraars in talle Bybelgetroue en vakante gemeentes, in dissipelmaking en in kerkplanting. Skakel met dr Tiesie de Coning by tiesie@veritascollege.org vir meer inligting.

VTO Opleiding. Die eerste VTO-geleentheid vind op Donderdag 22 September 2022 plaas. Dit is gebaseer op gesonde Skrifgetroue gereformeerdheid in Koninkryksverband met ‘n vars en eietydse fokus vir die 21ste eeu.
KLIK HIER vir meer besonderhede of kontak prof Hoffie Hofmeyr by linhof@mweb.co.za

GAP-Jaar. Word reeds in 2023 geïmplementeer vir matrikulante en voornemende studente in die teologie asook vir diegene wat jeugwerker, leiersrolle, ens binne die kerk wil vervul. Die “Gap-jaar” sal help om jongmense weerbaar te maak teen aanslae van die tydsgees wat Skrifwaarhede wil relativeer. Skakel met dr Gerhard Mahne by gerhard.mahne@gmail.com

3. NUUSBRIEWE VAN KN EN FGG – Hoe dan nou?

KN Nuusbriewe (soos hierdie een) sal voortaan ongeveer maandeliks gepubliseer word in dieselfde formaat as tans.

FGG-KN KORT NUUS word elke Woensdae op die FGG Whats App se “broadcast”-groep uitgestuur.  FGG-KN KORT NUUS verskaf vars nuus wat spesiaal kompak verpak is … vir ‘n Familie in beweging.

KLIK HIER, word deel van die FGG Familie en ontvang die FGG-KN KORT NUUS elke Woensdag.

4. FINANSIES – Eis jou geld terug of maak ‘n donasie voor 30 Sept?

Het jy vir die Nasionale Beraad betaal wat in September 2021 sou plaasvind?

Diè Nasionale Beraad was agv. Covid uitgestel en jou inskrywings-fooi word nog al die tyd veilig bewaar MAAR nou moet jy asb kies …..

  • Indien jy jou inskrywingsfooi wil terughê moet jy asb ‘n epos aan info@kairosnetwerk.net stuur met jou naam, van, selfoon-nommer en Bankbesonderhede voor of op 30 September 2022.
  • Indien ons NIE teen 1 Oktober 2022 jou versoek vir terugbetaling ontvang het nie, sal ons met groot dank aanvaar dat jy dit as ‘n donasie skenk vir die werk waarmee KN en FGG besig is.

5. OORDENKING: Lesse wat Josua ons leer.

Deel 1 Josua het nie die tent verlaat nie

Lees  Eksodus 33 verse 7 tot 11, met fokus op vers 11.

Deur die tydelike plek van aanbidding, die tent van ontmoeting, buite die kamp te maak, het Moses duidelik ‘n streep getrek om te sien wie werklik nader aan die Here wou kom. Dit het beteken dat elkeen wat die Here wou soek, hom of haarself in een of ander opsig moes afsonder. Ons kan aanvaar dat nie almal dit wou doen nie.

Die persoonlike herlewing in die lewe van Moses was ‘n voorbeeld vir die hele volk, maar dit was ‘n besondere voorbeeld vir sy dienaar Josua. Toe Moses nader aan God gekom het, het dit Josua ook nader aan God gebring, soveel so dat Josua nie van die tent af weggegaan het nie. Josua se honger om in die teenwoordigheid van God te bly was waarskynlik waarom hy agtergebly het in die tent van ontmoeting.

OM TE OORDINK:

Is jy honger om God te ontmoet; vir Hom om jou in die geheim te ontmoet? Die Een wat jou intiem ken en jou elke klein detail ontwerp het, het jou geskep om in gemeenskap met Hom te wees. Sal jy op Sy roepstem antwoord, om in Sy teenwoordigheid te sit en ‘n rukkie te vertoef?

6. WAT, WAAR?

  • KLIK HIER, registreer en kry die NUUSBRIEF “eerstehands”.
  • KLIK HIER om die webwerf te besoek, Kairos Netwerk te ontmoet, Reformasie Videos te kyk, en vele meer.

KN Nuus

Word deel van KN se WhatsApp BROADCAST groep deur ‘n WhatsApp boodskap met jou naam, van en telefoonnommer na 082 237 7793 te stuur.

BELANGRIK OM TE WEET:

  • Groeplede kan nie mekaar se besonderhede sien nie.
  • Indien KN se nommer nie in die lys van kontakte op jou foon is nie, sal jy NIE die KN WhatsApp boodskappe ontvang nie. Maak dus seker dat jy KN se nommer hierbo as ‘n kontak in jou lys van kontakte op jou foon bêre. Doen dit sommer nou.

Op soek na inligting maar kry dit nie?  Sien jy foute wat reggestel moet word? Stuur asb. jou vrae en voorstelle na info@kairosnetwerk.net

Finansies:

KN is ‘n vrywillige netwerk. Jou bydrae maak die werk moontlik. Ons respekteer gemeentelede se keuse om, in tye van finansiële krisis, voorkeur te gee aan hul eie gemeentes se finansiële behoeftes.

NAAM: Kairos Netwerk
BANK & TIPE: ABSA, Spaarrekening
NOMMER: 93-6511-0014

Vir meer besonderhede oor inbetalings, KLIK HIER

Seëngroete,
KN Redaksie
KN sentrale werkgroep

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui