Heilig, heilig, heilig

Heilig, heilig, heilig

Wanneer mense gevra word wat die belangrikste karaktereienskap van God is, dan is die antwoord gewoonlik: liefde.

Hierdie idee kom egter nie uit die Bybel in.

Die woord “heilig” is die enigste woord in die Bybel wat drie keer na mekaar gebruik word:

  • Jesaja 6: (3)Die serafs het mekaar telkens toegeroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.”
  • Openbaring 4: (8)Hulle het dag en nag sonder om te rus, gesê: “Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom.”

Die doel van hierdie herhaling is om te beklemtoon.

Nêrens word daar byvoorbeeld oor God gesê, “liefde, liefde, liefde” nie.

In Openbaring 4 word Johannes uitgenooi na God se hemelse troon. Daar sien hy drie gesteentes wat simbolies is van God se karakter:

  1. Jaspis: Dit word in Openbaring 21:11 beskryf as kristalhelder. Dit simboliseer God se heiligheid, Sy suiwerheid en Sy heerlikheid en majesteit.
  2. Karneool (Sardius): Karneool is ‘n diep rooi edelsteen. Dit word dikwels verbind met: God se geregtigheid, Sy oordeel oor sonde en die heiligheid wat sonde nie kan verdra nie.
  3. Smarag (die reënboog): Die reënboog rondom die troon herinner aan God se verbond met Noag (Genesis 9). Die groen kleur kan dui op lewe, hoop, genade of God se verbondstrou.

Dus word God se karakter van heiligheid heel eerste genoem wat weereens aandui dat dit die belangrikste karaktereienskap is.

Na heiligheid word “geregtigheid” genoem. Nie liefde nie.

In die derde plek word genade genoem. ‘n Mens sou liefde hierby kon klassifiseer (Efesiërs 1:5).

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui