Kairos Netwerk Nuusbrief – 24 September 2021

*******

1. TEOLOGIESE OPLEIDING : Koersverandering

Die NG Kerk se bestaande drie teologiese opleidingsfasiliteite is lankal nie meer betroubare sentra vir gesonde en gebalanseerde teologiese opleiding nie. Studente kan nie meer aangemoedig word om by enige van hierdie sentra vir hul bediening as predikante opgelei of heropgelei word nie. Daarom word daar na alternatiewe plekke en wyses van opleiding gekyk.

Hierdie probleem geniet hoë prioriteit by KN. Daar word tans dringend met verskeie instansies en genote gewerk aan ‘n plan om weer suiwer gereformeerde opleiding vir teologie-studente en voortgesette opleiding vir leraars te kan bied.

Tydens hul ondersoeke het die KN se taakgroep vasgestel dat staatsinmenging toenemend by die meeste denominasies se teologiese-opleidingsentra plaasvind. Vir die korttermyn, en met die inligting wat huidiglik beskikbaar is, word voornemende teologie studente aangeraai om vir hul studies aansoek te doen by die Gereformeerde Kerk van SA se teologiese fakulteit, by die Noord Wes Universiteit, aangesien staatsinmenging by die Pukke nog redelik beperk is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui