Peiling by Moreleta-gemeente: 90% van respondente stem teen NG Kerk

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

Peiling by Moreleta-gemeente: 90% van respondente stem teen NG Kerk | Rapport

Johan Eybers

Rapport

Sondag, 21 Junie 2026

Hierdie berig is aangepas nadat dit gepubliseer is.

Een van die NG Kerk se grootste gemeentes, Moreleta Kerk in Pretoria, is besig om sy verhouding met die kerkverband te herevalueer nadat peilings onder lidmate gewys het ’n “oorweldigende meerderheid” is ongelukkig met die groter kerkstrukture.

Ds. PC Pretorius, hoof- uitvoerende leraar van Moreleta Kerk, het Vrydag aan Rapport bevestig dat die gemeente op sy jaarlikse vergaderings “temperatuurtoetse” onder lidmate gedoen het.

“Ons kan bevestig (dat) ’n oorweldigende meerderheid lidmate aangedui het dat hulle ongelukkig is met die strukture van die groter kerk,” het Pretorius gesê.

{Lees verder op Netwerk24}

Kommentaar

Daniel Louw

Op Sondag, 28 Junie 2026, het Moreletapark uit die NG Kerk getree na ‘n gemeentestemming. 97.58% was ten gunste van uittrede.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui