Kairos Netwerk nuusbrief – 12 Julie 2022

INHOUD:

1. FAMILIEBYEENKOMS:

  • Voorskou.
  • Sprekers.
  • Agenda.
  • Moet weet inligting.
  • Bid saam.
  • Registrasie.

2. GESPREK MET ASM DAGBESTUUR

  • Nog redes om nie FGG mis te loop nie

3. ADVERTENSIE: VEROOTMOEDIGINGSONDAG

  • ‘In sak en as voor die lewende God’

4. OORDENKING:

  • Lesse wat Jesus ons leer (Deel 4) – Gewone mense

5. HOE, WAT, WAAR?

******

1. FAMILIEBYEENKOMS – Voorskou

Van die volgende is van die waarhede wat jy tydens die Familiebyeenkoms gaan ervaar:

  • Jy hoef nie te wag dat alles eers “reg” moet wees voordat jy self iets kan doen nie. Jy kan dit reeds begin laat gebeur.
  • Praktiese Bybelse werklikhede het nie net die potensiaal om jou eie lewe en bediening te vernuwe nie, maar om ook jou hele gemeente se selfverstaan en bediening op ‘n nuwe Bybelse trajek te plaas!
  • Die ware kerk se toekoms staan vas. Die Hoof van die kerk self waarborg dit. En ons is geroep om as Geesvervulde dienaars, sy medewerkers te wees!
  • Wanneer ons saam die las van verootmoediging voor die Here dra sal ons ook saam die seën van die Here ervaar wanneer Hy die geestelike reën oor ons uitstort!
  • Die toekomstige klassieke opleiding van ons NG studente
  • Toekomstige opleiding van Diensleraars in NGK
  • Toekomstige en deeglike VTO-opleiding
  • Mentor-programme vir voorgraadse teologie-studente

DIE FAMILIEBYEENKOMS – Sprekers

Ons is bevoorreg om by die geleentheid te luister na die volgende kundiges wat oor ons ‘Visie vir ‘n Skrifgetroue Geloofsfamilie’ gaan gesels:

  • Ds Piet Otto – ‘Vat hande om hoop te bring aan ‘n verwarde wȇreld.’
  • Dr Gert Duursema – ‘Bou op vaste fondamente (Sola et Tota Scriptura).’
  • Prof Hoffie Hofmeyr – ‘Aanvaar slegs suiwer Teologiese Opleiding.’
  • Dr Chris van Wyk – ‘Fokus op die Boodskap van verlossing in leer en lewe.’
  • Ds Theo Danzfuss – ‘Die kerkregtelike pad vorentoe.’

Na elke sessie sal daar paneelbesprekings wees waaraan kundiges van verskillende denominasies gaan deelneem. Vrae en voorstelle kan nou al gestuur word na info@kairosnetwerk.net

As die tyd ons vang moet deelnemers ook gereed wees om skriftelike insette by die byeenkoms in te handig wat na die byeenkoms opgevolg sal word.

Die volgende is van die paneelede en gespreksleiers:

  • Dr Anton Knoetze
  • Dr Bennie Marais
  • Ds Helgard Janse van Rensburg
  • Dr Gerhard Mahne
  • Adv Teresa Conradie
  • Ds PC Pretorius
  • Ds Cassie Aucamp (GKSA)
  • De Norma Rossouw
  • Dr Willie Nel
  • Prof Alwyn Swanepoel (APK)
  • Ds Willem Badenhorst
  • Dr Johan Otto (Bondsgemeentes)
  • Dr Erik van Alten (Vry Geref Kerk)
  • Dr Johan Otto (Geloofsbond)
  • Ds Schalk Strauss (APK)
  • Ds Smuts Janse van Rensburg
  • Ds Dubois du Toit (sr)
  • Dr Henrietta Klaasing
  • Dr Johann Ernst
  • Mnr Gerrie van Niekerk

FAMILIEBYEENKOMS – Volledige agenda

DONDERDAG 21 JULIE 2022

  • 12h00 Registrasie – Admin.
  • 14h00 Lofsang
  • 14h20 Skriflesing en gebed: Welkom by ons Geloofsfamilie
  • 14h45 Sessie 1a Visie: ‘n Skrifgetroue Geloofsfamilie vat hande om hoop te bring in ‘n verwarde wêreld.
  • 15h15 Sessie 1b Paneelbespreking: Hoe gaan ons as geloofsfamilie mekaar ondersteun en hoop bring in dié donker tye.
  • 16h00 Koffie en tee
  • 16h30 Sessie 2a Visie: ’n Skrifgetroue Geloofsfamilie bou op vaste fondamente (Sola et Tota Scriptura) (Skrifgesag)
  • 17h00 Sessie 2b Paneelbespreking: Wat gaan ons as geloofsfamilie doen om te verseker dat ons op vaste fondamente bou?
  • 17h30 Verdaag vir aandete
  • 18h30 Sessie 3a Visie: ‘n Skrifgetroue Geloofsfamilie aanvaar slegs suiwer Teologiese Opleiding.
  • 19h00 Sessie 3b Paneelbespreking: Wat gaan ons as Geloofsfamilie doen om suiwer gereformeerde teologiese opleiding te verseker?
  • 20h00 Afsluiting

VRYDAG 22 JULIE 2022

  • 8h00 Opening
  • 8h00 Sessie 4 Skakelpersone en Netwerke: Paneelbespreking: Hoe gaan ons as Skrifgetroue geloofsfamilie skakel om samewerking te verseker?
  • 8h45 Sessie 5a Visie: ’n Skrifgetroue Geloofsfamilie fokus op die Boodskap van verlossing in leer en lewe
  • 9h15 Sessie 5b Visie: Paneelbespreking: Wat gaan ons as Geloofsfamilie doen om reg te fokus?
  • 9h45 Koffie en tee
  • 10h15 Sessie 6a Visie: Ons Skrifgetroue Geloofsfamilie se kerkregtelike visie vir die pad vorentoe.
  • 10h45 Sessie 6b Paneelbespreking: Regsadvies oor kerkregtelike vrae op ons pad vorentoe.
  • 11h30 Ons Geloofsfamilie se getuienis na buite. – Ons Geloofsverklaring.
  • 11h45 Afsluiting en vertrek.

FAMILIEBYEENKOMS – Wat moet jy weet

Etes en verversings:

Ondersteun asb die restaurant op die terrein. Persone wat reeds geregistreer het sal teen volgende week meer inligting kry per WhatsApp. Maak asb sommer nou seker dat jy FGG se WhatsApp nommer as ‘n kontak in jou foon se lys van kontakte gebêre het om te verseker dat jy die WhatsApp kry.

FGG – 076 192 6626

Offergawe:

Daar word beplan om ‘n offergawes op te neem by die byeenkoms. Dit sal gebruik word vir die onkostes van die konferensie.

Video uitsending:

Weens tegniese beperkinge sal daar ongelukkig NIE ‘n direkte video-uitsending vertoon word nie.

Nasionale beraad September 2021:

Diè Beraad was weens Covid gekanselleer. Persone wat daarvoor ‘n bydrae gemaak het, en na die FGG-byeenkoms kom, moet asb. aandui of dit as deel van die voorgestelde offergawe gebruik kan word. Alternatiewelik, dat persone wat vir die beraad in 2021 betaal het en nie na die FGG-byeenkoms kom nie, of die bydrae sal terug te vra via epos of dit oorweeg om dit vir hierdie byeenkoms te skenk. Laat weet ons by info@kairosnetwerk.net

FAMILIEBYEENKOMS – Bid saam vir die byeenkoms

Enige persoon is welkom om elke Woensdagaand om 20h00 in te skakel vir die weeklikse gebed sessie van 20:00 tot 21:00 om die Here se leiding te soek en voorbidding te doen in hierdie tyd van die aanloop tot die Familiebyeenkoms.

KLIK op Woensdagaand enige tyd vanaf 19h55 op die volgende skakel om aan te sluit: https://meet.google.com/jww-xkip-ccc

FAMILIEBYEENKOMS – HOE OM TE REGISTREER

Om vir die Familie-byeenkoms te registreer, KLIK HIER.

Vrae en Voorstelle: Stuur asb. vir ons ‘n epos na: info@kairosnetwerk.net

Dankie vir insette reeds ontvang.

2. GESPREK MET ASM DAGBESTUUR – Nog redes om nie FGG mis te loop nie

Lede van Kairos Netwerk se bestuur het 28 Junie 2022 ’n ontmoeting gehad met drie lede van die ASM se dagbestuur nl.: Nelis, Gustav en Dewyk. Weens beperkte tyd kon al die sake op die agenda ongelukkig nie ewe veel aandag kry nie. Die gesprek was deurentyd gevoer in ‘n rustige atmosfeer waar die twee groepe probeer het om met wedersydse respek na mekaar te luister.

Om meer volledige terugvoer te lees, KLIK HIER.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui