NG Kerk: ‘Daar ís spanning, maar ons hoop Moreleta sal tuis kom’

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

NG Kerk: ‘Daar ís spanning, maar ons hoop Moreleta sal tuis kom’ | Rapport

Johan Eybers

Rapport

Sondag, 28 Junie 2026

Die oostelike sinode van die NG Kerk sê hy wil met die Moreleta Kerk in gesprek bly, ondanks sy teleurstelling dat hy in Rapport moes lees dat dié gemeente die waters onder sy lidmate toets oor sy verhouding met die kerkstrukture.

Rapport het verlede Sondag berig meer as 90% van die respondente in die Moreleta Kerk se peiling het glo hul ongelukkigheid met die NG Kerk te kenne gegee.

{Lees verder op Netwerk24}

Kommentaar

Daniel Louw

Op Sondag, 28 Junie 2026, het Moreletapark uit die NG Kerk getree na ‘n gemeentestemming. 97.58% was ten gunste van uittrede.

3 thoughts on “NG Kerk: ‘Daar ís spanning, maar ons hoop Moreleta sal tuis kom’”

  1. Dit is verstommend die louheid van NG Moreleta Kerk.
    In Gideon se verhaal in die Ou Testament, sou hul waarskynlik die wees wat teruggestuur was en nie deel vorm van die ware oorlogsmanne-span nie. Heeltemal te sag en te saf om gebruik te word waar mannemoed en durf vereis word. Baie is waarskynlik suksesvol in hul beroepe. En dit is ook maar al.

    1. Kan nogal daarmee vereenselwig met u woorde, “Wat sal Hy waarlik sê?”, en hierdie is geen kritiek teen u opmerking nie, maar bloot ‘n aanvulling.

      Onthou self telkemale tydens groot vraagstukke en wroeginge in ‘n baie ‘’toxic work place’’ jare gelede:
      “Wat sê U? Wat moet ek doen in die of daardie situasie? Dink ek reg, of nie? Praat U direk met mens se brein ook, of is dit slegs uit die Bybel alleen, en is alle gedagtes dan na dese in die brein, ‘’verkeerd’’? Wat sal U sê wanneer mens bevraagteken ‘n DEBIET of ‘n KREDIET in ‘n Korporatiwe stelsel – om maar ‘n voorbeeld te noem – of wat is U opinie oor hoogs gesofistikeerde belastingstrategieë wat selfs by die ‘‘gewone’’ belastingkundige se denke verbyvlieg, en wat waarlik net kán verstaan word tussen die sogenaamde ’’Taxcrates’’ of die ‘’Taxgarchs” se donker ”The Matrix”- wêreld [my eie ‘on-Afrikaanse’ sameflansing vanuit die hedendaagse terme van die tegnokrate (“Technocrats”) en oligarge (“oligarchs”)]?”

      En toe praat Hy tog – een dag in 2012 – uit blote desperaatheid met die ‘‘vinger-in-Bybel-plaas-metode’’ uit Romeine 10:8-
      “ Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig:…”, want die antwoorde was nie by die kerk(e). En as mens Romeine10:8 se konteks lees, besef mens Hy praat vanuit die hele Romeine en Hebreërs en Openbaringe en 1 Timotheus en Eksodus, en Deuteronomium ensomeer. Eintlik praat Hy vanuit die hele Bybel, maar ook in gedagte, as mens DOEN wat hy praat. Christus was en is geen ‘’softie’’ nie.

      Want die moderne leraars/pastore/priesters/biskoppe/’’apostels’’/’’profete’’/’’evangeliste’’ praat maar uiters oppervlakkig (en dikwels irrelevant) met mense wat beroepe beoefen wat geweldige hoë kognitiewe beleggings vereis om te kan funksioneer in ‘n hoogs kompeterende moderne ‘’denke-wêreld’’ in terme van tegniese en akademiese dissiplines, waar ‘’wit’’, dalk nie ‘’wit’’ is, maar eerder ‘’effe wit’’, of dalk eerder ‘’swart’’, of dalk ‘’blou’’, of moet ‘’wit’ nou ‘’wit’’ wees en ‘’blou’’ nog ‘’blou’’, in vele situasies waarmee mens konfronteer word?

      So leer mens dan die geweldige kognitiewe louheid (en gebrekkigheid) vanuit meeste kansels wat maar bitter min weet van wat aangaan in hul eie ‘’’skape’’’ se sekulêre worstelinge …of platvorms…en dat die ‘‘herder van skaap’’ in menige omgewing, maar meestal die ‘’wolf-in-skaapsklere’’ was, en die vriendelike glimlag, ensovoorts, maar bloot ‘n masker, en die ‘’preek’’, wel…kom mens laat dit daar.

      ”Gehoorsaamheid” leer mens – as mens self bereid was in eintlik lewensgevaarlike situasies in die korporatiewe wêreld (soos mens ook merk in die Mdlanga en Nkabinde se kommissie en ondersoek, en wat met mense gebeur), om ongeag , die vrae te opper en mens se bekommernisse te opper, ensomeer, ongeag die moontlike gevaar, en ongeag die prys daarvoor betaal vir die korportiewe ‘’wit’’ wat toe eintlik nooit ‘‘wit’’ was nie – om te aanhou praat. Maar mens wonder dan ook, waarom JESUS se voorbeeld nie ook deur leraars/pastore/sake leiers/kerklidmate/aandeelhouers (ook vanuit die korporatiewe sfere) gevolg word, waar Hy Herodes ‘n jakkals noem, en Fariseërs as witgepleisterde grafte uitmaak, en waarom hul Jacob Zuma dan nie ook sommer direk aangespreek het, of waarom hul stilbly oor Mmusi Maimane of John Steenhuisen, of die biljoenêr Johan Rupert, of Ernie Els, of wie ookal? En waarom bly SAPS lede stil oor die geweldige korrupsie oor sovele jare reeds? Mens kan seker 1000 voorbeelde noem net vanuit die Suid-Afrikaanse konteks.

      Dan leer ‘n mens ook: Christus ken mens se brein, en dat Hy kan praat met mens se brein ook. En dat meeste leraars glo nie meer waarlik die Bybel, want hul ‘’kies-en-keur’’ met wie hul wil praat en oor wat, in stede as om direk met die korrupte korporatiewe en politiese wêreld-sfere te wil praat in hul eie omgewings. Is hul bang vir hul kerke se rade of kerkleiers se opinies?

      Selfs in die media, is daar ’n geweldige oppervlakkigheid oor soveel onderwerpe.

      Die konsep van “the veil of ignorance” (“die sluier van onwetendheid”), is ‘n sluier wat soos eertydse voorhangsel in die Israel Tempel, by menige leier se diepte van die Bybel – en menige sake – voorkom. Mens lees van hierdie konsep veral in die regswêreld, ironies genoeg.

      Mens kan selfs oor ‘n PhD- kwalifikasie beskik in die teologiese of selfs regswêreld, maar totdat mens waarlik DOEN dit wat mens se nering op tegniese vlak, voorgeskryf het, is dit maar bloot ‘n rooi seël op papier, en nie veel meer.

      En geweldige kommerwekkend ook, is die ”ongehoorsaamheid” om te doen wat mens NOU lees in vele situasies. Want by hul leer mens ”NOU” = ”EENDAG” (= of miskien nooit…).

      Vandag se passiewe ”toeskouers” is die argitekte vir die volgende dag se bloedbaddens. Waarom word lesse uit geskiedenis ignoreer? Mens leer hierdie passiewe aard vanuit denkrigtings en voorbeelde vanaf meeste moderne kansels en volgelinge. Sal die volgende historiese strategie, ook lei tot WWIII?:
      “Appeasement led to World War II by emboldening Adolf Hitler. When Britain and France made concessions—most notably at the 1938 Munich Conference where they allowed Germany to annex the Sudetenland—Hitler concluded that the Allies lacked the resolve to stop his expansionist plans. This encouraged further aggression, culminating in the 1939 invasion of Poland.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui