Kairos Netwerk Nuusbrief – 2 Okt 2020

Kyk ook:

******

Beste vriend(in),

INHOUD

1. Dringende gesprek met Algemene Sinode Moderamen [ASM]
2. Ons Moreleta Kairos Netwerk webtuiste
3. Nuwe publikasies op ons webwerf
4. ASM se “reaksie” na gemeentes
5. Mobilisering
6. Beskerming deur die Woord

1. Dringende gesprek met Algemene Sinode Moderamen [ASM]

Die ASM het die afgelope week vergader. ‘n Skrywe is aan hulle gerig met die volgende strekking:

Die Moreleta Kairos Netwerk het ontstaan nadat Moreletapark Gemeente ‘n beraad aangebied het aan die begin van 2020. Ons verteenwoordig meer as 400 lidmate vanuit die beraad en tans al meer as 40 gemeentes van oor die hele land wat as laaste uitweg binne die kerk, reeds besluit het om te doleer aangesien alle ander kerklike kanale nou verstop is. Die netwerk het dus ten doel om ondersteuning te bied aan lidmate en gemeentes wat op grond van die Woord van God en die gereformeerde belydenisskrifte van die NG Kerk gedring word om die besluite van die Algemene Sinode 2019 oor selfdegeslagverhoudinge in geheel as on-Bybelse dwaling te verwerp.

Vanuit hierdie hoofde versoek ons as die sentrale werksgroep van die netwerk ‘n dringende afspraak met die ASM om die hantering van hierdie krisis in die NG Kerk so gou moontlik uit te klaar.  Ons is van mening dat die wyse waarop die ASM besluit om hierdie toenemende krisis in die kerk te hanteer, deurslaggewend kan wees vir die eenheid of skeuring binne die NG Kerk. Ons sal dit waardeer indien u ons so spoedig moontlik kan laat weet watter moontlike datums en tye ons met u in gesprek kan tree sodat ons dit kan reel.

Terugvoer van die ASM is ontvang wat as volg lui: “Ek erken  ontvangs van jou skrywe. Die dagbestuur vergader eerskomende Woensdag die 7de Oktober en sal dan reageer op jul versoek”.

Bid dus dat hierdie gesprek tot sinvolle uitkomste lei.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui