Ontmoet Kairos Netwerk

Die volgende is op 21 Julie 2021 gepubliseer op www.kairosnetwerk.net.

*******

Ontmoet Kairos Netwerk

Ons naam: Kairos Netwerk

Kairos is ’n baie belangrike Griekse woord in die Nuwe Testament. Ons hoor dit in Jesus se heel eerste preek “Die tyd het aangebreek en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.” (Lukas 1:15)

In 2 Kor. 6:2 beteken dit die regte tyd vir gebed en bekering.. “Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding.

In die laaste boek en laaste hoofstuk van die Bybel hoor ons weer van die kairos as God se uur van beslissing: “Moenie die woorde van hierdie profetiese boek geheim hou nie, want die eindtyd is naby.” (Openb 22:10)

Ons is oortuig dat die NG Kerk vandag by die beslissende uur gekom het… tyd van reg of weg!, tyd van totale deformasie of radikale reformasie, die tyd wat God ons roep om ‘n finale duidelike keuse te maak. Ons het by een van die mees kritiese en beslissende tye – die kairos uur! – in die geskiedenis van die NG Kerk gekom.

Ons ontstaan

Die Here het Sy Kerk geroep om in hierdie donker wêreld die draer en beskermer van die waarheid te wees (1 Tim 3:15). Daarom het die ware kerk deur die eeue nog altyd stryd gevoer teen verskeie dwalinge van binne en buite die kerk. Dwaling en afvalligheid kom gewoonlik nie net skielik in een dag nie. Ons het in die kerkgeskiedenis verskeie voorbeelde van hoe die Satan dwaalleringe gebruik om geleidelik en byna ongemerk die kerk van binne af te vervals en kragteloos te maak. Ongelukkig het die simptome van hierdie dodelike kanker geleidelik ook in veral die sinodale kringe van die NG Kerk sigbaar geword. Hierdie dwalinge spruit voort uit ‘n toenemende belangstelling in ’n vrysinnige humanistiese teologie, saam met ’n gebrek aan eerbied vir die gesag van die Bybel as onfeilbare Woord van God.

  • By die teologiese fakulteite sowel as in sinodale vergaderings word die klem wat die Nederlandse Geloofsbelydenis lê op die Goddelike inspirasie en onfeilbaarheid van die Bybel toenemend geïgnoreer en selfs misken.
  • Sedert die verslag oor Skrifgesag in 2004 word die Bybel al meer gesien as ‘n tydgebonde boek, wat histories onbetroubaar en vol foute is.
  • Geleidelik het kerkvergaderings in etiese sake meer begin luister na die openbare media en tydsgees as na die Heilige Gees in die Bybel.
  • Dit het die kerk se profetiese stem stilgemaak. In morele en etiese kwessies soos bv. die huwelik en seksuele verhoudings, is die duidelike boodskap van die Bybel vervang met dubbelsinnige besluite om die valse sienings van die tydsgees te akkommodeer.
  • Onder invloed van die Skrifkritiek het die Algemene Sinode in 2011 en 2013 selfs besluit om geloof aan die persoonlike aard van die duiwel en demone opsioneel te maak.
  • As daar nie regtig ’n persoon soos Satan bestaan nie, was Jesus ook onkundig en verkeerd om herhaaldelik van en met Satan te praat, hom te bestraf en te beweer dat Satan Hom 40 dae in die woestyn versoek het.
  • In ons teologiese fakulteite word ‘n soort evolusionisme wat direk in stryd is met die Bybel en ons belydenis gekoester.
  • Leraars en teoloë wat die uniekheid van Christus as enigste weg tot redding ontken, is steeds deel van die NG Kerk se sogenaamde “ruim huis”.
  • Verskeie leraars in Algemeen-sinodale diens asook teologiese dosente verkondig die feministiese en/of die universalistiese teologie waar God aanbid word as ons moeder in die hemel of ook as die “heilige prisma”.
  • Al hierdie dwalinge wat die gevolg was van vrysinnige Skrifhantering, het gemaak dat die NG Kerk al meer en meer begin het om sy gereformeerde identiteit te verruil vir die gedagte van ‘n “ruim huis” waar “teologiese diversiteit” die wagwoord is. Daarom word daar soms ruimte gemaak vir allerlei standpunte behalwe vir die eenvoudige suiwer waarheid.
  • Die hoogtepunt van afvalligheid was die Algemene Sinode se skokkende besluite van 2015 en 2019 rondom selfdegeslagverhoudinge sonder enige grondige skrifuitleg wat die besluit vanuit die Bybel regverdig.
  • Hiermee het die Algemene Sinode direk in stryd met die Woord van God gehandel. Homoseksuele en lesbiese verhoudinge is nie net goedgekeur nie, maar dit dra nou ook die NG Kerk se amptelike seën weg. Nog erger is dat die Sinode selfs opdrag gegee het om ‘n spesiale formulier op te stel vir gebruik tydens die kerklike bevestiging en seëning van sulke sondige verhoudings.
  • Totale relativering van die Skrifgesag het sommige leraars, teoloë en dosente by ons teologiese fakulteite verlei om so ver voor te loop in die proses van afvalligheid dat hulle tans selfs kern leerstukke van die christelike geloof, soos Jesus se maagdelike geboorte, die erfsonde, uitverkiesing, en die liggaamlike opstanding van Jesus ontken sonder om weens leerdwaling aangespreek te word.
  • Die onbybelse beklemtoning van ruimte vir teologiese diversiteit, asof die kerk ‘n ruim huis is waar alle standpunte welkom is, kan dalk die verklaring wees waarom verskeie leraars in diens van die Algemene Sinode of sy taakspanne, se lewenspaaie die afgelope tyd in openlike ongeloof en selferkende post-teïsme geëindig het.
  • Nog ‘n tragiese resultaat van die diversiteits-teologie, is die skokkende toestand waarin sekere van ons teologiese fakulteite tans is. Die gees van vrysinnigheid bevorder die liberale teologiese- en die LGBTQI+++ agendas en ontneem toekomstige jong predikante van ‘n duidelike belydenisgetroue gereformeerde teologiese standvastigheid.
  • Bogenoemde is enkele voorbeelde van die afvalligheid. Die kentekens van die ware kerk is besig om plek te maak vir die kentekens van ‘n valse kerk. Protes daarteen het aanleiding gegee tot die ontstaan van Kairos Netwerk.
  • Na die Algemene Sinode se onbybelse besluite van 2019, het NG Gemeente Moreletapark die inisiatief geneem en op 25-26 Februarie 2020 ‘n landswye beraad gereël vir lidmate wat getrou wil bly aan die Woord. Ongeveer 450 persone het dit bygewoon.
  • Na baie gebed en worsteling is besluit om ’n paar riglyne saam te stel vir leraars en gemeentes wat bekommerd is oor die toenemende afvalligheid van die Woord en die belydenisskrifte en wat leiding soek vir die pad vorentoe.
  • Daar was toe ‘n voortsettingskomitee benoem wat moes toesien dat die beraad se inisiatiewe uitgevoer word. So is die Moreleta Kairos Netwerk (MKN) gebore. Namate die groep baie wyer gegroei het, is die naam verander na ons huidige naam: Kairos Netwerk (afgekort as KN).

Ons geloof

Ons aanvaar die Bybel as heilige onfeilbare Woord van God. Die leer wat Kairos Netwerk in ooreenstemming met die Woord van God bely, staan uitgedruk in die Drie Formuliere van Eenheid: die Nederlandse Geloofsbelydenis die Heidelbergse Kategismus, en die Dordtse Leerreëls.

Ons doel

Kairos Netwerk se doel is in die eerste plek radikale reformasie van die NG Kerk met al haar kerkverbande asook ander gereformeerde kerke. Hierdie reformasie moet sover moontlik van binne die kerke kom. Ons wil tree vir tree die Here se Wil soek en Sy leiding volg tot Sy eer en heil van Sy Kerk.

Ons toekomsvisie

Kairos Netwerk se visie word in ‘n kort reeks videos bespreek wat u op die KN-webwerf kan kry. Ons sien in geloof ‘n hersteldekerk wat weer Geesvervuld en onbevrees die suiwer Evangelie verkondig om dissipels te maak van alle nasies.

Ons funksionering

  • Kairos Netwerk moedig die behoudende gemeentes aan om solank dit moontlik is, nie kerkskeuring te soek nie, maar reformasie.
  • Kairos Netwerk moedig dolerende gemeentes aan om steeds deel te bly van die huidige ringe en sinodes en om kerkstrukture van binne te vernuwe.
  • Kairos Netwerk wil deur netwerke, werkgroepe, berade en konferensies gemeentes help om intussen ‘n familie van behoudende gemeentes tot stand te bring met die oog op die vorming van alternatiewe kerkverbande.
  • Kairos Netwerk wil ook na ander Skrifgetroue kerkgenootskappe uitreik vir samewerking. Ons glo die Algemene Sinode in sy huidige formaat waar gemeentes geen regstreekse verteenwoordiging het nie, moet verdwyn.

Ons dringende uitnodiging

Indien u uself kan vereenselwig met ons bekommernis, belydenis, visie en doel is u welkom om op die KN-webblad as lid of medewerker te registreer. Elkeen het ’n belangrike funksie om te help dat die NG Kerk saam met die ander gereformeerde kerke in hierdie donker tyd in SA weer waarlik draer en beskermer van die waarheid sal wees.

Hoe kan ek help?

Miskien wil u bloot as vriend en medewerker ‘n praktiese of finansiële ondersteuning lewer. Sien al ons kontakbesonderhede hieronder.

Bestuur: Kairos Netwerk Sentrale Werkgroep (KN-SW)

  • Anton Knoetze, Voorsitter, 082 806 4848
  • Pieter Breytenbach, Ondervoorsitter, 012 997 8024
  • Susan van Zyl, Notulehouer, 012 997 8000
  • Johann Ernst, 083 507 7710
  • Willem Badenhorst, 082 893 7156
  • Gerrie van Niekerk, 082 264 9710
  • Henrietta Klaasing, 082 855 2412
  • Theo Danzfuss, 082 9250174
  • Helgard J v Rensburg, 082 925 8943
  • Piet Otto, 083 633 3517
  • Norma Rossouw, 083 458 8813
  • Jan Louw, 082 346 7066
  • Bennie Marais, 076 913 4861
  • PC Pretorius, 071 891 2850
  • Felicia Lategan, 012 997 8000

Registreer vir Kairos Nuusbrief

Ondersteun Kairos Netwerk

Fondse word dringend benodig vir die uitbreiding van die Netwerk

Bankrekening: Kairos Netwerk, ABSA, Spaarrekening, Nr 93-6511-0014

KN/BEM-PAM/21-07-2021.4

https://kairosnetwerk.net/finansies/

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui