Kairos Netwerk Nuusbrief – 29 Jan 2021

Kyk ook:

******

Beste vriend(in),

Ons is dankbaar om die Here se genade te ervaar in ‘n tyd soos hierdie waar ons baie swaarkry en hartseer moet verwerk.

Die Sentrale Werkgroep [SWG] het Woensdag, 27 Januarie 2021 die eerste vergadering van die jaar gehad. Die relatief lang vakansieperiode sedert die laaste vergadering November 2020, het daartoe bygedra dat die Agendapunte en doel van die vergadering soos beplan nie afgehandel kon word nie.

Gegewe die dringendheid van die situasie, is ‘n Spesiale SWG opvolgvergadering geskeduleer vir Maandagaand, 1 Februarie 2021.

Bid asb. vir wysheid en onderskeiding van die Heilige Gees om te kan fokus op dit wat regtig saak maak in God se Koninkryk te midde van die kompleksiteit van die situasie waarin besluite geneem moet word. Die volgende is veral nou in oorweging:

– Rigtinggewende Strategiese opsies vir 2021;
– Netwerkstrukture om uitvoering te kan gee aan gekose opsies.

Die belangrikste aspek is dat ons oplossings moet kry vir die huidige situasie waarin ons onself bevind sodat dit grond kan vat en implementeer kan word. Dus bid asb vir duidelikheid oor wat ons moet doen.

Spesiale voorbidding word ook gevra vir dié wat lyding, hartseer en pyn ervaar agv. die Covid 19 pandemie maar ook agv. die algemene toestand in ons land.

‘n Vorderingsverslag sal so gou doenlik na die vergadering beskikbaar gestel word in Nuusbrief 2 van 2021.

Seëngroete,

MKN Redaksie
MKN sentrale werkgroep

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui