Kairos Netwerk Nuusbrief – 5 Feb 2021

Kyk ook:

******

Beste vriend(in)

1. HOOFBERIG: Die pad vorentoe vir Moreleta Kairos Netwerk
2. GEBED EN VAS
3. 
ADMIN REELINGS

Stuur asb. hierdie nuusbrief aan al jou vriende, familie en kennisse!

1. HOOFBERIG: Die pad vorentoe vir Moreleta Kairos Netwerk

Die Sentrale Werkgroep het Maandagaand, 1 Februarie 2021, tydens ʼn Spesiale Vergadering besin oor die pad vorentoe. Die natuurlike groei en transformasie van die Netwerk die afgelope jaar, het dit nodig gemaak om die Naam en Logo te hersien. Ondersoek word tans gedoen en alternatiewe opsies word oorweeg. Die bedoeling is dat ‘n alternatiewe naam sal aansluit by die bestaande en dat dit ruimte maak om baie meer insluitend te wees.

Alternatiewe oplossings

Die Sentrale Werkgroep het weer teruggeloop op die Netwerk se spore tot by die Moreletapark Beraad [MPB]. Tydens die beraad was daar aan die einde nege stappe of opsies identifiseer wat gedoen kan word.

Agt van die nege opsies is die afgelope jaar verder ondersoek, heelwat aan gewerk en keuses oor gemaak. Opsommend is die agt die volgende:

  • Opsies 1-3: Doen niks, aanvaar AS besluite en/of word ‘n breker is afgewys en word nie verder oorweeg nie;
  • Opsie 4: Verlaat NG Kerk word tans nie oorweeg nie en is slegs die laaste uitweg;
  • Opsie 5: Hofbevel word ook nie oorweeg nie omdat dit nie die wyse is waarop kerklike geskille opgelos word nie;
  • Opsie 6: Doleer. Gaan aktief voort daarmee om te mobiliseer in eenheid van optrede;
  • Opsie 7: Art. 37 van Kerkorde.  Word sterk aangemoedig. Is binne Sinodes se beheer;
  • Opsie 8: Verklaar ‘n leergeskil met AS en/of Sinodes vereis veel langer tydverloop terwyl saak van ‘skeuring’ ‘n al groter wordende risiko word;

Die negende opsie naamlik “vorm alternatiewe kerkverbande en netwerke” is geïnisieer en het tot ‘n mindere mate neerslag gevind in die vestiging van Moreleta Kairos Netwerk as begin fase. Hierdie opsie het nog nie voldoende aandag gekry nie en is die volgende fokus binne die MKN.

Dit is duidelik dat ons ‘n punt bereik het waar daar twee teologiese strominge binne die NGK is wat moeilik versoenbaar is. Tydens die gesprek met die Algemene Sinode Moderamen Dagbestuur [ASMD] is die dringendheid om alternatiewe strukture/modelle te oorweeg onder hulle aandag gebring as oplossing vir die teologiese strome. Daar is ook versoek dat ʼn buitengewone sinodesitting gehou word om juis die oplossings of alternatiewe te bespreek en hopelik goedgekeur te kry, anders sal gewag moet word vir die volgende sinode in 2023.

Die MKN het nou op die stadium gekom waar ʼn Werksgroep aangewys is wat navorsing doen met die oog om aanbevelings te maak oor moontlike oplossings en strukture/modelle. Verder ondersoek hulle ook hoe ons as behoudende lidmate op kerkordelike wyse ’n meer gestruktureerde werkswyse kan sluit, met die oog op nouer samewerking. Die volgende gesprek met die ASMD gaan dan juis grootliks fokus op die verskillende moontlikhede en oplossings.

Ons is opgewonde daaroor en sal die behoudende gemeentes op hoogte hou sodra ons terugvoer van die werkgroep gekry het.

Instussen gaan ons voort

Intussen fokus ons daarop om gemeentes en lidmate in te lig en te help om ingeligte keuses te maak in hulle proses van dolering.

Ondersoek word ook gedoen om ʼn Nasionale Beraad asook Streeksberade te reël. Covid 19 gaan skynbaar nog geruime tyd met ons wees. Alhoewel nie ideaal nie, lyk dit onafwendbaar dat sulke geleenthede tans net met tegnologie [bv. Zoom] moontlik kan wees.

Die voorkeur is tans eerstens vir ʼn Nasionale Beraad. Die formaat sal bepaal word afhangende van samesprekings, navorsing en moontlike oplossings. ʼn Nasionale Beraad sal dan opgevolg word met Streeksberade.

Spesiale aandag word ook gegee aan die formalisering van ʼn Kommunikasiestrategie om die groot struikelblokke en agterstand wat daar is om behoudende lidmate te bereik, te verminder.

Gesprek met ASM

Verwys na Nuusbrief 8, 27 November 2020. Sedert die gesprek van 19 November 2020 het niks wesentliks verander nie behalwe dat daar dringend gesprek gevoer word om die datums, reëlings en agenda vir die volgende vergadering met die ASMD te finaliseer.

Sedert die vorige gesprek word deeglike dokumentasie voorberei in al drie die geïdentifiseerde probleemareas.Die plan is om dit voor die volgende gesprek beskikbaar te stel aan die ASM.

2. GEBED EN VAS

Die Sentrale Werkgroep maak erns met gebed. Moreletapark Gemeente het ‘n tyd van vas en gebed waar daar vir persoonlike behoeftes gebid word, vir gemeentes en gemeenskappe, asook vir die land in hierdie uitdagende tyd. Gemeentes is welkom om die riglyne vir vas en gebed te gebruik (sien aangeheg).

3. ADMIN REELINGS:

  • Neem asb. kennis dat saam met die moontlike naamsverandering die domain asook skakel na die webwerf gaan verander.  Daar sal tydig kennis gegee word van die implementeringsdatum, waarskynlik middel Februarie 2021.  Intussen gaan alles voort soos gewoonlik.
  • Op soek na inligting maar kry dit nie?  Stuur jou navraag na info@moreletakairos.net
  • Sien jy foute wat reggestel moet word? Stuur asb. jou voorstel na info@moreletakairos.net
  • Indien jy hierdie nuusbrief “2e-hands” van iemand anders gekry het, skryf in en kry dit “1e-hands” deur hier te kliek en jou besonderhede in die vorm heel onder aan die bladsy in te vul en dan die “submit” knoppie te kliek.
  • Het ons al jou telefoonnommer?  Kliek dan asb. op die “Hersien profiel” skakel heel onder aan hierdie nuusbrief.  Dit sal jou neem na jou profiel-bladsy op ons databasis. Voeg asb daar jou telefoon-nommer by, kliek dan op die blokkie heel onder aan daardie bladsy waar daar staan “I am not a robot” en kliek dan op die “submit” knoppie.

MKN Redaksie
MKN sentrale werkgroep

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui