Kairos Netwerk Nuusbrief – 12 Feb 2021

Kyk ook:

******

Beste vriend(in)

1. HOOFBERIG: Naamsverandering – Die pad vorentoe
2. GEBED EN VAS
3. ADMIN REELINGS

Stuur asb. hierdie nuusbrief aan al jou vriende, familie en kennisse!

1. HOOFBERIG: Naamsverandering – Die pad vorentoe
Moreleta Kairos Netwerk word Kairos Netwerk (KN).

Die natuurlike groei en transformasie van die Netwerk die afgelope jaar het dit nodig gemaak om die Naam en Logo te hersien. Soos die proses gevorder het, het die versoek om deel te word vanuit verskeie oorde gekom en het ons ‘n punt bereik om selfs met die naam meer inklusief te wees. Lidmate in verskillende geografiese areas wat nie behoort aan ‘n dolerende gemeente nie en deel wil word as geografiese streek/dorp van die Kairos Netwerk met ‘n eie identiteit, kan nou ingesluit word as bv. Kairos Netwerk Boland of Kairos Netwerk Roodepoort [slegs as voorbeeld]. Moreleta Kairos Netwerk Boland klink nie lekker op die oor nie en kan omslagtig en verwarrend raak met die koppeling van meer as een pleknaam.

Verder was dit vir ons belangrik om so naby as moontlik aan die reeds gevestigde begrip van Kairos te bly nl dat dit tyd is vir optrede en dat ons geroep is vir ‘n tyd soos die. Hierdie begrip is reeds goed gevestig en daarom dan ook die geringste moontlike aanpassing wat gemaak kon word. Die belangrikste egter is dat hierdie naam nie net uitgeredeneer is nie maar dat dit ook voorafgegaan was deur ‘n proses van gebed en soeke na die Here se leiding. Mag God alleenlik hierdeur verheerlik word.

Die veranderde domain is reeds geregistreer en die huidige webwerf word tans aangepas om die veranderinge in te sluit. Gebruik asseblief, tot verdere kennisgewing, steeds die huidige skakel vir die webwerf, https://moreletakairos.net.

Intussen gaan ons voort

Dit is belangrik om te besef dat die fase waarin KN tans is, is om te bly getuig van die waarheid soos in God se Woord vervat is. Die primêre fokus bly om by ‘n oplossing te kom wat die probleem van die twee teologiese strome binne die NGK aanspreek. Dus meer spesifiek dan die gesprek met die dagbestuur van die ASM wat handel oor skrifgesag en –interpretasie, teologiese opleiding en kerkregtelike prosesse met die doel om by oplossings uit te kom. In konteks hiervan, word drie dokumente met voldoende feitelike inligting voorberei vir die beoogde gesprek.

2. GEBED EN VAS

Gebed en vas speel in elk van ons as gelowiges se lewens ‘n kardinale rol. Dus as julle asb vir die volgende kan bid:

  • Dat die werksaamhede van die KN die Here se naam sal eer;
  • Dat die Here wysheid en insig sal gee oor elke proses en besluit;
  • Die gesprek met die ASM dat die Heilige Gees ons sal lei in die regte rigting;
  • Dat die getuienis van die kerk in deur die proses skade sal lei nie maar dat dit eerder mense sal trek na God toe.

3. ADMIN REELINGS:

  • Neem asb. kennis dat saam met die naamsverandering die domain asook skakel na die webwerf gaan verander.  Daar sal tydig kennis gegee word van die implementeringsdatum.  Intussen gaan alles voort soos gewoonlik.
  • Op soek na inligting maar kry dit nie?  Stuur jou navraag na info@moreletakairos.net
  • Sien jy foute wat reggestel moet word? Stuur asb. jou voorstel na info@moreletakairos.net
  • Indien jy hierdie nuusbrief “2e-hands” van iemand anders gekry het, skryf in en kry dit “1e-hands” deur hier te kliek en jou besonderhede in die vorm heel onder aan die bladsy in te vul en dan die “submit” knoppie te kliek.
  • Het ons al jou telefoonnommer?  Kliek dan asb. op die “Hersien profiel” skakel heel onder aan hierdie nuusbrief.  Dit sal jou neem na jou profiel-bladsy op ons databasis. Voeg asb daar jou telefoon-nommer by, kliek dan op die blokkie heel onder aan daardie bladsy waar daar staan “I am not a robot” en kliek dan op die “submit” knoppie.

KN Redaksie
KN sentrale werkgroep

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui