Só skeur die susterskerke

Die volgende program het op KykNet plaasgevind op Maandag, 15 Junie 2026. Die volgende persone verskyn daarin:

Amptelike Voorskou: In Gesprek Onthul: Só skeur die susterskerke

Montage

  • Johann Ernst: Kerk het ‘n kohesie gehad. Ons het dinge saam gedoen. Ons wil eintlik nou niks saam doen nie.
  • Anton Knoetze: Dis nie óf die kerk gaan skeur nie. Die kerk hét geskeur.
  • Jan Lubbe: Die vraag is: elke versplintering, wat is die impak daarvan op die relevansie van boodskap van die kerk?
  • Rudi?: As ek op hierdie pad loop, lei hierdie pad na die lewe toe vir myself en vir ander mense.
  • Allan Boesak: As julle die Bybel misbruik. Julle het God misbruik.
  • Die wortels van swak teologie.
  • Johann Ernst: Power, money en seks: dis die drie groot goed waaroor ons koppe gaan.
  • Rudi Swanepoel: Die belydenis van Belhar.
  • Ivor Swartz: Rasse gesprekke.
  • Wine, woman and song.
  • Ek laat nie vroue toe om in die leer of regeer aan te dien nie.
  • Ivor Swartz: Selfdegeslagverhoudinge.
  • Henk Stoker: Een man, een vrou, een vlees.
  • Jan Lubbe: Dit wat die Afrikaanse gemeenskap leef, dit leef in die NG kerk.
  • Tanya van Wyk: Die kerk is deel van die Afrikaanse siege. Ons kan onsself nie daarvan ontkoppel nie.

Gereformeerde Kerk

Lourensa Eckard: Die Gereformeerde Christendom het in 1652 saam met Jan van Riebeek en die Nederlandse setlaars in Suid-Afrika aangekom. Dit het die dominante godsdienstige tradisie onder koloniale gemeenskappe geword en het spoedig institusioneel ontwikkel dat kerkverbande soos die NG kerk die Hervormde Kerk in Afrika en die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. Met verloop van tyd het kerke diep verweef geraak met die Afrikaner samelewing en politiek. Die drie susters kerke het onderskeidelik spanning beleef oor brandpunte soos die sing van psalms, selfdegeslagverhoudings en die vrou in die amp.

Lourensa Eckard: Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, of Doppers, soos hulle in die volksmond bekend staan, het in 2003 besluit vroue mag wel diaken wees en dat verdere studie nodig is oor vroue as ouderling en predikant. In 2009 word besluit dat vroue nie predikant of ouderling mag wees nie. Die GKSA het vanjaar op sy algemene sinode besluit dat gemeentes wat teen Januarie 2027 hulle nie hou by die besluit van 2009 nie hulleself outomaties van die GKSA kerkverband losmaak.

Annalie Steenkamp-Nel: Een keer langs die pad en ‘n mens is maar baie jonk, 18, 19 jaar oud, jy weet nie eintlik veel van die lewe nie. Het iemand my vasgekeer op die kampus of langs die pad en gesê, dink jy jy kan die kerk verander? En daai was ek toe bewus daarvan. Dis definitief iets waaroor gepraat word. En toe al wat ek kon vra is, dink jy die kerk kan verander?

Jorrie Jordaan: Ons maak erns met dit wat ons bely. So goed as moontlik wil ons daardie belydenisskrifte uitleef. Ook die wese van die kerk, die kerk wat volgens ons belydenis liggaam van Christus is en Christus bely as ons enigste hoof. Daarom geen wêreldse hoof nie, nie ‘n staatshoof nie, ook nie ‘n sinode nie. ‘n Sinode mag ook nie heers oor die kerk nie.

Lourensa Eckard: Professor Fika Janse van Rensburg se doktersgraad is in die verklaarkunde van die Nuwe Testament. Hy is sterk van mening dat vroue wel in die amp mag dien binne die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.

Fika Janse van Rensburg: Die tragiese is dat ons eintlik ‘n herhaling kry van dit wat veroorsaak het dat die Gerofmeerde kerke ontstaan het in 1859. En die oorsaak destyds was gewoon sinodedwang. ‘n Klompie gemeentes was nie bereid om die nuwe evangeliese gesange van destyds te sing nie. Hulle het nie gevra die hele kerk moet die gesange verwerp nie. Hulle het net gesê: gee ons die geleentheid om by ons gemeentes dit nie te sing nie. En die sinode het net gesê: Dis die reël as julle nie hierby inval nie is julle uit. Toe gebeur dit en nou’s ons in 2026. Die besluit wat geneem is waar vroeër die standpunt was dat albei die beskouings vir die vrou in die besondere dienste of teen die vrou in die besondere dienste dat albei hierdie beskouings is gereformeerd in die sin: Dit erken die gesag van die Skrif. Dit werk met gereformeerde eksegetiese hermenetiese vertrekpunte en dies meer, het daar tussen 2009 en 2026 ‘n verwikkeling plaasgevind wat toe die een standpunt etiketteer as ongereformeerd, Skrifkrities en daar’s net een uitweg: óf jy bekeer jou en word gehoorsaam aan Christus, óf jy is uit die kerk verband.

Cassie Aucamp: Hoor hier nou gaan ons wys van die gesag van die man in die huis. Almal doodstil asseblief.

Lourensa Eckard: Is dit die dominee of die politikus in jou wat nou daai stem?

Cassie Aucamp: Nee, die man.

Lourensa Eckard: Cassie, is die Gereformeerde Kerk tans een?

Cassie Aucamp: Ons is een, amptelik formeel, maar daar is definitief strominge ook in die Gereformeerde Kerk wat nou ook met die jongste sinode na vore gekom het. En ons moet waak dat daardie eenheid nie aangetas word nie. Dit is al klaar ‘n gebrek dat daar nie eenheid is tussen kerke met gereformeerde belydenis nie. En ons moet pasop dat dit nie op die ou end my siening in my ego in my groep in my standpunt is wat oorheers oor Christus se opdrag tot een wees nie.

Lourensa Eckard (6:10): Professor Jorie Jordaan was voorheen professor in Nuwe Testamentiese vakke en is binne die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika bekend vir sy streng behoudende standpunte.

Jorrie Jordaan: As ons sê die sinode of die besluit dwing gemeentes om vroue nie in die amp te stel nie, dan is die enigste rede waarom die sinode so besluit is omdat die Skrif ons dwing. Die eintlike hoof van die kerk, Christus dwing ons om te sê ter wille van orde, handhaaf wat ek vir julle gesê het.

xxx01: Ek laat nie ‘n vrou toe om ‘n man te leer nie. Of die vrouens moet in die erediens swyg. Natuurlik is dit die taal wat gebruik word. Dit is baie duidelik, maar ons algemeen en erkende dit onder ons as GKSA persone is rondom die Skrifgesag dat die Skrif duidelik is. Dis die woord van God deur middel van mense aan mense en dan die kritieke woord: tydgerig. En ons altwee die standpunte stem ek daaroor saam dat die Bybel is tydgerig bedoelende daarmee: Jy moet elke Skrifdeel verstaan in die tydsgewrig waarin die betrokke uit sprake gemaak word.

Jorrie Jordaan: Natuurlik is die Bybel tydgerig in die opsig dat dit gerig was op die mense van daardie tyd. Maar dit was nie net gerig op daardie tyd nie. Dit is ook tydgerig op die gelowiges van alle tye ook op ons tyd.

Lourensa Eckard (7:44): Help ons om te verstaan en wat sê die Skrif oor hierdie saak: oor vrou in die amp, en waarom het dit daartoe gelei dat julle die besluit gemaak het?

Henk Stoker: Daar’s heelwat dinge in die Skrif wat daar gesê word: Want dit is die gewoonte. Dis die gebruik. Die vraag is watter reël en watter lyn word gegee? En dan sê hy dit oor skei en hy sê dit oor die huwelik. En dan beroep hy hom op want Adam en Eva en dis hoe God oorspronklik dit bedoel het. En dieselfde doen hy in Timoteus. Daar sê hy as dit gaan oor die leierskap in die kerk en spesifiek daar gaan dit oor ‘n geestelike, kom ek sê die formele verkondiging. Dan sê hy, want Adam is eerste geskep.
Dan sê hy Adam het ‘n sekere rol gekry wat hy moes volvoer. Eva het ‘n sekere rol. Daar word byvoorbeeld geskryf dat vrouens kan kinders kry wat mans weer nie kan kry nie. Duidelik gaan dit oor rolle daar. En dan word daar gesê: en so wil ek dit in die huisgesin van God hê.

Lourensa Eckard: Ek het ‘n baie interessante stuk raakgelees hier die afgelope week. Sê as dit gaan oor rolle en wie die leier is en wie nie en die skeppingsorde waarop hierdie hele ding of polemiek gebaseer is. Dan moet jy bietjie gaan kyk na wat gebeur het net voor die sondeval toe dit nou in ‘n volmaakte bedeling was. En op daai stadium toe Eva versoek is met nuwe moontlikhede, want dis eintlik maar wat die appel of die vrug of die boom gesimboliseer het, was haar man wat by haar gestaan het stil oor die aspek. En as hy ‘n leier was soos wat gesê word, dan sou hy mos die leiding geneem het en nie stilgebly het nie.

xxx02: In Korintiërs byvoorbeeld staan daar dat vroue wanneer hulle in die erediens profeteer moet hulle hoof bedek. Nou jy kan nie profeteer sonder om te praat nie. So die Skrif met Skrif vergelyking maak ook dan duidelik. So om te sê daar staan dit, dan moet jy ook, ons sê konsekwent wees, soos wat die Islam met hulle gesagsbron die Koran is. Dan moet jy konsekwent sê in kerk en in samelewing moet vroue hulle hoofde bedek en al die ander reëls. Daar’s ‘n konsekwentheid in. Terwyl by ons is daar dan, indien jy deurgaan met die standpunt, ‘n inkonsekwentheid.

xxx03 (10:08): Gedeeltes waaroor ons praat gaan spesifiek oor die vrou se optrede in die erediens. Elke konteks waar gesê word die vrou word nie toegelaat om te praat nie of te leer en regeer nie gaan oor hoe moet die erediens ingerig word by die kerk. So dit is nie uitsprake oor die samelewing nie.

Lourensa Eckard: So, wat jou betref is daar geen grys area oor hierdie in die Skrif nie en hoe die Skrif geïnterpreteer moet word nie. Dat die vrou nie in die amp moet dien nie.

xxx04: Ja. Ja. Ek wil verwys na ‘n ou dominee van Amerika wat spesifiek gepraat het oor 1 Timoteus 2, daardie gewraakte verse. Ek laat ‘n vrou nie toe om te leer of te regeer nie. Toe sê hy as iemand kom met ‘n Skrifverklaring en hy sê Paulus sê ek laat nie ‘n vrou toe om te leer of te regeer nie, maar my uitleg sê ek laat haar wel toe om te leer of te regeer. Dan begin daar bietjie gevaarliggies vir my opgaan. Jy kan nie die teenoorgestelde uitleg van dieselfde gedeelte hê nie. So in die opsig is daar nie ‘n gryse area nie.

Lourensa Eckard (11:08): Het jy destyds geroep gevoel om ‘n predikant te wees?

Annalie Steenkamp-Nel: Ek het hier geroep gevoel vir twee goed. Een is, ek was nuuskierig oor waarom glo die kerk wat ons glo. En die ander een is ek God beter leer ken. Dit was my twee motiverings. Ek het nie ‘n motivering gehad vir die amp sodanig nie, maar dit het gegroei mettertyd. Eintlik is dit half so op ‘n mens gelê deurdat ek betrokke geraak het as ‘n student in die hele dinamiek en polemiek amper. En die vrae oor wat wil jy daarmee doen, is dit eintlik ‘n kwessie wat op ‘n mens gelê word? Ek kon nie soos my klasmaats in ‘n gemeente my prakties gaan doen nie, want ek was ‘n vrou is vir my gesê en ek kon kies tussen of ‘n ouetehuis in Potchefstroom of om met kinders te werk. Die voordeel daarvan is ek het geleer om interdissiplinêr te werk of multidissiplinêr. So uiteindelik het my studie daarin uitgeloop oor hoe om hierdie wonderlike goed wat mens geleer het te kon toepas. So ek het miskien in ‘n sekere opsig die gemeentewerk gedoen deur met ‘n bediening te begin. Deur dit net op ‘n ander manier verpak. ‘n Mens moes leer om dinamies te wees omdat die pad toe was vir jou. Ja, moes ek aanpas.

Lourensa Eckard (12:19): Wat dan van ‘n vrou binne die gereformeerde kerk wat werklik voel dat sy geroep is vir die bediening?

Jorrie Jordaan: Wat van ‘n man wat gevoel is hy’s geroep vir die bediening en daar is verhindering dat hy nie kan gaan nie. Volgens wat die Skrif ons leer. Dis nie die sinode wat sê nie. Dis ook nie manne wat uit hulle eie manlike agtergrond sê nie. Maar die Skrif sê en ons moet ons sou dit miskien anders wou gehad het maar ons kan dit nie verander nie. Ek laat nie vroue toe om in die leer- of regeeramp te dien nie.

xxx05: Net soos wat die kerke destyds toe daar ‘n dryf was om die slawe vry te stel was die kerke ook in ons land was die kerke van die laaste ankers wat dit wou keer op grond van die Skrif en uiteindelik is dit tog duidelik en as ons nou moet dink dat ons kerklik Bybels slawerny wil regverdig en hierdie lê vir my presies op daardie selfde vlak: om hierdie veronregting by die Bybel uit te wil motiveer, dan moet jy dieselfde doen ten opsigte van slawerny en ‘n klomp ander dinge in die Bybel.

xxx06: Die Skrif is duidelik, maar is elke detail vir ons so duidelik? En as die Skrif nie duidelik is nie, dan’s dit nie die Skrif se fout nie. Dan’s dit ons wat die Skrif nog nie reg verstaan nie. Ek het ook nog tot in 2009 en daarna het ek ook gestem nog teen die vrou omdat ek gedink het dit is wat die Skrif sê. Maar ek het besef daar’s mense wat ook anders kan dink sonder om die gesag van die Skrif aan te tas. Sonder om te sê nou tel die Skrif nie meer nie. Dis tydsgebonde nie. Dit was tydsgerig. Maar dit is in vandag se tyd nog steeds geldig in ander omstandighede.

Lourensa Eckard (14:10): Dat daar nou gesê is gemeentes moet hulle losmaak as hulle nie met die besluit saamstem of wil saamgaan nie. Dink jy dit gaan uitloop op ‘n skeuring in die kerk?

Jorrie Jordaan: Die sinode het nie daai besluit geneem: ons jaag julle weg nie. Die kerke het saamgekom in ‘n vergadering en geoordeel ons moet ter wille van goeie orde hierdie kerke moet ons vermaan en sê: kry julle saak in orde want dit kan nie so aangaan nie. As hulle dan sou besluit om eerder as om met die akkoord te gaan met die afspraak om ‘n eie koers in te slaan sal dit bitter jammer wees maar ons kan nie hulle belet nie.

Lourensa Eckard (14:50): Dink jy ‘n skeuring of ‘n breuk is onafwendbaar?

Fika Janse van Rensburg: Ek dink die skeuring is klaar. Dis de facto klaar. Dis nie iets wat gaan kom nie. Hy’t klaar plaasgevind.

xxx07 (Annalie Steenkamp-Nel?): Ek hoop daar sal tempering kom van mense se standpunte. Dat die Gereformeerde Kerk uiteindelik ‘n voorbeeld kan wees van hoe ‘n mens kan verander sodat ons almal kan moed kry om ook geestelik te kan verander.

xxx08: Onthou dis baie makliker om iets te skeur as om dit heel te maak. Dit is baie dinge wat op die spel is. En daarom vertrou ek en hoop ek dat ons mekaar kan vind op hierdie belangrike punt.

NG Kerk

Lourensa Eckard (15:38): Die NG kerk het deur sy geskiedenis verskeie hoofstukke van omstredenheid beleef. Die belangrikste was sy steun aan apartheid gedurende die 20ste eeu. ‘n Standpunt wat die kerk later verwerp het en waarvoor dit om verskoning gevra het. Die afgelope paar jaar het debatte oor LGBTQ+ insluiting, kerkeenheid en hoe die Bybel verstaan moet word voortdurend verdeeldheid in die kerk gebruik. Afgetrede predikant dr. Johan Ernst was voorheen die aktuarius van die NG kerk se algemene sinode na die omstrede 2015 algemene sinodebesluit oor selfdegeslag verhoudings skare hou by die behoudendes oor die kwessie.

Johann Ernst: Dit is die samelewing waarom ons ons vandag nog bevind. En dan het ek my familie goed daar. Maar jy hoef nie hulle het net gesp interessante goed saam so?

Lourensa Eckard: Sou jy sê dit is ‘n stokperdjie of ‘n belangstelling of fassinasie?

Johann Ernst: Dis wat ‘n ou doen na aftrede. Die ouens dink ek is net besig om die kerk om te krap. Nee ek is ek doen meer as dit op die oomblik

Lourensa Eckard: Is jy besig om dit te doen? Krap jy die kerk om?

Johann Ernst: Ek wou aftree. En toe ek nou aftree toe het ek een ding gesê dat as jy aftree moet jy jy moet ander goed doen. Maar nou pla die kerk my. Ek pla nie die kerk op die oomblik nie. Of dalk nie.

Lourensa Eckard: Hoe sou jy jou verhouding met die NG kerk tans beskryf?

Johann Ernst: Ek het baie lief vir die kerk. Ek dink dis mens oor die kerk praat, dan praat jy eintlik oor jou geestelike familie en en ek is ‘n familiemens. Hier is my kleinkinders se agter. Dis die kerk. Dis vir my die kerk. Ek het ‘n bietjie van ‘n kleintjie dood dat die dat die kerk gebruik word as ‘n agent om een of ander dinge te doen. Natuurlik moet ons dinge doen, maar die kerk is God se huisgesin vir my.

Johan Lubbe: Die NG kerk het so 1060 gemeentes regoor die land in al die provinsies versprei. En daardie gemeentes kom almal bymekaar in ringe wat geografies saamgestel is en ringe weer in sinodes. Daar’s nege sinodes in ons land. Dis selfstandige sinodes. Maar sedert 1962 stel hulle weer saam ‘n algemene sinode. En die opdrag aan die algemene sinode is: dra die identiteit van die NG kerk. Gaan geloofsonderskeidend om. Hoe lees ons die Bybel? ook oor bybelvertalings wat is ons belydenis. Jy sou kan sê op ‘n manier is dit ‘n federale bestel maar tog dra die algemene sinode die verantwoordelikheid. Dis die vergestalting van ons eenheid en ook die viering daarvan.

Neels Jackson: By die 2015 algemene sinode in Pretoria was daar ‘n deurbraak gewees. Die sinode het duidelik positief besluit oor selfdegeslagverhoudinge. Die ouens wat daarteen gekant is het met teenargumente gekom maar uiteindelik het en daardie sinode drie keer gesê met duidelike meerderhede: ons wil dit besluit. Ons aanvaar selfde geslagverhoudinge.

Anton Knoetze: Ons is nooit veronderstel om koppe te tel nie. Met ander woorde: wat sê die meerderheid hiervan nie. Ons is veronderstel om ons besluite te neem in die lig van wat ons verstaan die Skrif daaroor sê.

Lourensa Eckard: Dr. Anton Knoetze is die nasionale voorsitter van die behoudende Koinonia Sinode wat landwyd tussen 50 en 60 doelerende NG gemeentes verteenwoordig. Wat is die Koinonia sinode? Waar het julle ontstaan gekry?

Anton Knoetze: Na sekere omstrede besluite wat die algemene sinode geneem het, het gemeentes gevoel wat hulle nie daarmee kan vereenselwig nie om hulleself te groepeer sodat hulle in ‘n netwerk kan wees waarin hierdie gemeentes mekaar kan ondersteun.

xxx10: Eintlik meer weens die emosie wat opgewek is deur die antigay groep as deur redelike argumente is daar toe ‘n buitengewone sinode ‘n jaar later belê waar daai besluite omgekeer is. Daai besluite is toe deur ‘n klompie lidmate hof toegevat en die hof het gesê die kerk het nie sy prosedures gevolg om daai besluite te neem nie. By die volgende sinode van 2019 het hulle gesê ons praat in sirkels, daar’s twee kampe, hulle hoor mekaar nie. So, wat gaan ons doen? Ons gaan nie by die algemene sinode besluit nie. Ons gaan dit aan ringe en gemeentes oorlaat om self te besluit hoe hulle dit wil hanteer.

Johann Ernst (20:10): Lourensa, ek dink nie die issue van lewensverbintenisse wat persone van dieselfde geslag geraak is regtig die groot issue nie. Ek was self by die sinode van 2015. Dit was ‘n traumatiese ding.

Lourensa Eckard: Was daar ‘n agenda dink jy?

Johann Ernst: Ons het van die regskommissies se kant af gesê die reëls van die kerk sê alleen ‘n beskrywingspunt kan dien. Maar die Kaapse kerk het met hierdie tameletjie gesit en toe paas hulle hom aan vir die algemene sinode. Nou die algemene sinode se reëls sê ‘n saak kan alleen hier hanteer word as dit daar nie afgehandel kan word nie.

xxx11: Dit kan gevalle wees waar dit byvoorbeeld gaan oor ons identiteit, oor ons gesamentlike roeping, oor die verstaan en interpretasie van die woord van God en die belydenisskrifte. En dan sou ons sinode die volste reg hê om te sê ons kan dit dalk afhandel, maar ons het ‘n behoefte om dit na die meerdere vergadering te verwys om te hanteer.

Anton Knoetze: Ek dink ons sou baie onmin in ons kerkgemeenskap voorkom het as daardie besluit terug verwys was op streeksvlak.

xxx12: Vir die laaste 10, 12, 15 jaar is daar al verslae by sinodes wat by herhaling aanvaar word, terugverwys word, gedebatteer word. So, na my mening dink ek was daar ruimte oor ‘n hele aantal jare dat die spesifieke saak oor en oor besluit is.

Lourensa Eckard: Jy was by die sinode so as hulle sê dit gaan meer oor die proses en die aanloop tot die finale besluit. Is dit so of is daar in wese teenkanting en het hierdie groepering ‘n probleem met gay lidmate en gay huwelike?

xxx13: Ja, hulle het. Hulle sal dit nie betwyfel nie. Hulle sal dit nie ontken nie. Hulle sal vir jou sê dis nie die groot ding waaroor hulle nou beswaar het nie. Maar dit is die punt waarom dit op die spits gedryf is.

Anton Knoetze: Ons moet onthou, selfdegeslagverhoudings is uiters gekompliseerd. Ek wens dit was ‘n links of regs situasie. Dan was dit miskien maklik om ‘n uitspraak te maak. Mense sien ons dikwels ook as: ons het iets teen mense wat in selfdegeslagverhoudings is terwyl dit nie die waarheid is nie. Die waarheid is ons is veronderstel om bedienaars van die Woord te wees. Verduidelik dus die sinodebesluit in die hand van die Skrif en sê vir ons, dan is daar een stemmigheid.

xxx14: Dit beteken nie dat as daar ‘n besluit geneem word daar nie weer teruggekom kan word op daardie besluit en heroorweeg word. So stemming is die eindpunt. Maar dit word vooraf gegaan deur ‘n klomp nadenke, bestudering van die Woord, die soeke na die wil van die Here.

Jan Lubbe: 20 eeue lank is die Skrif gelees deur die bril van tyd. As ek dit sê dan moet ek ook die bril kan afhaal en sê goed hoe lyk die glase van hierdie bril. Dus, lees ek die Bybel regtig in lyn met die oorspronklike bedoeling daarvan. Dan moet ek terug gaan na die bron toe. Wat doen die wetenskap? Die natuurwetenskap. Artemis 2 wat nou aan die ander kant van die maan omgegaan het en wat vir ons wys: so lyk God se skepping. Ons ontdek die skeppingsreël, swaartekrag. Ek luister na wat sterrekundiges vir my te sê het. Net so ook wat sielkundiges vir my te sê het. oor ‘n verskynsel in die menslike psiege of rondom menslike seksualiteit wat ek nie verstaan nie, maar hulle is die eksegete van God se skeppingswoord. Dit beteken nie ek pas die Skrif aan nie. Beteken ek het leer luister na die skeppingswoord wat dalk deur ‘n gelowige van die ander kant af vir my uitgeleem word. So mens moet versigtig wees vir ‘n te maklike veroordeling en sê julle pas die Skrif aan of julle is uitverkoop aan die gees van die tyd.

Lourensa (24:00): Dink jy Die Bybel, die Skrif word vandag met ‘n wêreld se beskouing benader? En is dit ‘n slegte ding? Beweeg ons weg van Skrifgetrouheid.

Johann Ernst: Die Bybel is ‘n baie snaakse boek. Dit gaan eintlik in die Bybel nie oor wat gesê is nie, maar oor iemand. Daai iemand wat sê ek is gister, vandag en tot aan alle ewigheid dieselfde. Maar natuurlik verander die kontekste. Ek dink elke ketter het sy letter. Onthou, ons het dit nog altyd gesê. Ek kan enig iets die Bybel bewys. Die Bybel is nie bedoel as ‘n geskiedenisboek nie. Die Bybel is ‘n geloofboek. Ons sê hy’s genoegsaam.

Lourensa Eckard (24:35): Sê jy dan ten einde dat die Skrif op ‘n bepaalde wyse interpreteer is? Julle sê dit is nie hoe die Skrif interpreteer moet word nie.

Anton Knoetze: Ons wil dit net sterker stel. Ons sal sê ons stem daaroor is nie gehoor nie. Daar was baie uitsprake wat in die verlede deur die NG Kerk gemaak is. Daar was baie Skrifstandpunte in die verlede waarvolgens sekere besluite geval het. Wat nou gebeur is dat op gemeentevlak is daar groot onsekerheid tot so mate dat gemeentes sê: dis nie óf die kerk gaan skeur nie. Die kerk hét geskeur. En nou is die dilemma dat gemeentes toenemend voel dat hulle stem nie gehoor word nie. Wat is die sin dat ons nog in die situasie bly?

Lourensa Eckard: Dink jy daar’s mense wat miskien kyk na daai besluit en hoe daai gesprek deur die kerk hanteer is om te sê maar goed daar is nie eintlik ruimte vir my nie want ek verskil met die besluit wat die sinode geneem het en dus is dit OK vir my om te gaan?

Jan Lubbe: Sekerlik want die kerkdeure is oop na weerskante toe om in te kom, maar ook om uit te gaan. En ook wat die uitgaan betref, dink ek moet darem nie dwang wees nie. Ek moenie my uitgaan gebruik om druk uit te oefen op jou nie. En daarom is daar in die NG kerk ‘n posisie van hier is ‘n veelheid van maniere waarop ons werklikheid vandag verstaan.

Anton Knoetze (26:00): Ek dink daar’s ‘n doelbewuste poging om nie na ons te luister nie. Dis duidelik dat die kerkorde tans aangepas word om juis ons stem daaroor stil te maak.

Jan Lubbe: Wees ‘n bietjie stadiger met jou oordeel. Veral oor instellings. Bietjie meer geduld. Gee tyd voordat jy ‘n radikale besluit neem. Want die woord kerkskeuring dit loop dikwels deur families. Dit bring skeidings. En die vraag is: elke versplintering, wat is die impak daarvan op die relevansie van die boodskap van die kerk? As ons sê die boodskap van die kerk is vrede en liefde en deernis met mense, maar ons kan nie met mekaar oor die weg kom nie, dan ondergrawe jy eintlik die geloofwaardigheid van jou boodskap.

xxx15: Daar is spesifiek gepraat met die Kairos of Koinonia netwerke by verskeie geleenthede en die gesprekke is voortgesit ook in gemeentes waar ringe in selfs sinodes betrokke was.

Lourensa Eckard: Gaan die kerk skeur hieroor? Dink jy? Het hy reeds geskeur?

xxx16: As die kerk dit reg hanteer en tot hier toe hanteer het, sal die kerk nie geskeur het nie. Hy gaan skeur.

Lourensa Eckard: Gaan hy skeur?

Johann Ernst: Hy gaan skeur, maar nie oor die LGBTQ+ kwessie nie. Dit word die hoofsaak gemaak.

Lourensa Eckard: Is dit ‘n simptoom van iets anders?

Johann Ernst: Uiteindelik gaan dit, Lourensa, vir my oor wat maak ons met die Bybel. Dit gaan oor geloofwaardigheid. Dit gaan oor integriteit. Dit gaan oor al die goed wat ons nou in die politiek nie sien nie. Deursigtigheid, verantwoordbaarheid, aanspreekbaarheid. Ek mis dit.

xxx17: Dat julle God baie gelukkig sal maak met die manier waarop julle lewe. Wat is julle antwoord?

Jan Lubbe: My ervaring die afgelope drie, vier jaar is: As ek praat met mense wat dan sê ek is in ‘n dolerende gemeente of ek treur, ek stem nie saam met byvoorbeeld die besluit oor selfdegeslagverbintenis nie. Hoe langer ons met mekaar praat, hoe groter begrip kom daar en kom daar dalk tog ‘n bereidheid om te sê, dalk kan ons met mekaar die pad saamloop sonder om die rug op mekaar te draai.

Anton Knoetze (28:00): Dis ongelukkig die geskiedenis van die Afrikaners. Ons verskil maklik van mekaar en dan begin elkeen sy eie beweging en na ‘n paar jaar dan is hulle nou nie meer kwaad vir mekaar nie, maar die paaie het so uitmekaar geloop. So ek hoop dat ons nie daarby gaan uitkom nie.

Neels Jackson: Tipies wat met hierdie soort van dinge gebeur is daar’s iets wat ‘n ding op die spits dryf. In hierdie geval was dit die besluite oor gay lidmate en gay verhoudings. Ek dink net eenvoudig die NG kerk sal geduldig wees met daai mense maar die NG Kerk het gehoor wat hulle sê en die NG Kerk stem nie saam nie. En die NG kerk gaan hulle nie laat boelie in ‘n hoek in nie. Ek dink nie dit is ‘n groot weerstand nie. Dis minder as 10% van die kerk.

Lourensa Eckard: Maar wat dink jy wil hierdie groepie hê? Wil hulle hê dat die NG kerk sy besluit moet omkeer? Wil hulle die agenda bepaal?

Neels Jackson: Hulle wil hê die NG kerk moet sy besluite omkeer en dit gaan nie gebeur nie.

Lourensa Eckard: Van die NG kerk se noue verhouding met die Nasionale Party tot die onlangse bekgeveg tussen die pous en die Amerikaanse president Donald Trump. Kerk en politiek is al vir etlike eeue verweef. Die pous het ook onlangs in ‘n pouslike sentbrief oor kunsmatige intelligensie teen die tegnologie se gevare gewaarsku. So wat is die rol van die kerk in ‘n moderne samelewing?

Lourensa Eckard (29:46): Rudi Swanepoel is tans leraar by die NG kerk aan die berg in Randburg. Hy’s uitgesproke oor plaaslike en internasionale politieke kwessies. Sy kommentaar hieroor is gereeld te sien op nuusplatforms.

Rudi Swanepoel: Lourensa, kan ek vir jou koffie maak?

Lourensa Eckard: Ek wil nou net vra Rudi, soos ‘n dominee se dag, begin jy dit met koffie en begin jy die nuus lees of …

Rudi Swanepoel: Ja ja ja. Kyk, ek is ‘n ongeneeslike nuusverbruiker. Ek is in ‘n slegte gewoonte wat ook seker ‘n goeie gewoonte in ‘n sekere opsig is. Jy weet ek tel my foon op in die oggende, ek kom kombuis toe, kom maak ‘n koppie koffie en dan probeer ek opvang met die nuus.

Lourensa Eckard: En sosiale media?

Rudi Swanepoel: En sosiale media, natuurlik! Ek bedoel met al die probleme wat daarmee saamkom.

Lourensa Eckard: Dink jy mense vandag kyk toenemend na die kerk vir daai bevestiging van wat is waar omdat ons dit nie altyd kan onderskei nie net op sosiale media nie, maar net nou in ‘n aardse konteks?

Rudi Swanepoel: Ek dink mense kyk na die kerk vir leierskap. Die sensitiwiteit en die mense se radar, ons radar, ons behoefte om leierskap op te tel is hoër as ooit. Mense sal sê na 1994 of na die vroeë 90s het die NG kerk byvoorbeeld gekwyn. Ons is klein, ons lidmaattalle daal, ons het nie meer ‘n stem nie. Ek verskil dramaties daarvan, want na alles gebeur hierdie nog steeds. Op nasionale radio word predikante, moderators, nogsteeds gevra vir opinie en dit bevestig vir my die behoefte aan leierskap.

Lourensa Eckard (31:28): Die belydenis van Belhar. Is dit vandag nog relevant?

Jan Lubbe: Dis uiters relevant. As jy kyk waaroor die belydenis van Belhar gaan: oor die eenheid, die aanvaarding van mense al verskil van standpunte omdat hulle een is in Christus. Jesus se gebed. Johannes 17. Tweedens, versoening. Al verskil ek van standpunt van jou, kan ek regtig die pad saam met jou loop. En die klem wat die belydenis van Belhard daarop lê, dat ons mekaar nie mag loslaat nie. Dat ons aan mekaar gegee is as ‘n geskenk om verryp te word deur die verskeidenheid. En dan die derde deel van die belydenis van Belhar oor geregtigheid. Is daar op die oomblik ‘n meer aktuele gesprek in ons land nodig en in die wêreld oor geregtigheid? Waar is God in ‘n wêreld vol geweld en onreg? Waar is God wanneer mense lei? Dis die woorde waaroor die belydenis van Belhar gaan.

xxx20: Kyk en ek sê dit met groot liefde. Dis my familie. Ja, mens praat nie sleg oor jou familie nie. Die drie susters kerke van ‘n afstand geoordeel het almal in mindere of meerdere mate apartheid teologies probeer regverdig. En daai minder of meerdere is baie belangrik nê. Dis ‘n lang ingewikkelde verhaal wat ek nie wil oor vereenvoudig nie.

Allan Boesak: Jy kan nie op die kansel gaan staan en preek dat die kerk het gesê die Bybel sê apartheid is verkeerd en ons as kinders van die Here moet teen hierdie onreg moet ons opstaan. Dan kan jy dit nie sê op Sondag en op Maandag as die kinders vir jou sê: kom ons het ‘n march. Ons protesteer teen apart, dan sê jy nee, maar ek kan nie want ek is ‘n dominee nie. Daardie is ‘n soort van teenstrydighede wat nie volhoubaar is nie.

xxx21: Die wortel van apartheid lê in swak teologie. Ek dink die eintlike probleem is dat die kerke in die proses ook te naby aan die staat as sodanig begin beweeg het en miskien hulle belange te nou etnies verbind het aan die Afrikaners en die Evangelie vergeet het.

xxx22: As jy werk met Christelik nasionaal werk jy eintlik met teenoorstaande kragte. Want Christelik sê ek verloën myself en ek gee om vir ander. Terwyl nasionaal sê ek gee om vir myself. Met daai twee goed wat nog in die NG kerk se koppe was, was dit moeilik vir hulle om die belydenis van Belhar te aanvaar. En ja, tot vandag toe kon dit nog nie gebeur nie.

xxx23 (Rudi Swanepoel?): Ek bedoel dis dis nou in 2026, 40 jaar vandat kerk en samelewing uitgekom het en goedgekeur is. Dit is 40 jaar vandat die belydenis van Belhar geformuleer is. En nou kyk ons na daai dokumente en of dit ons ongemaklik maak of nie, ons weet dit was reg, maar dit was toe al reg. En kerk en samelewing het gelei tot die skeuring van die NG kerk, wat ook nie ‘n unieke gebeurtenis is nie.

Allan Boesak (34:36): Die Bybelse gronde van die teologie van apartheid in die 40er jare. Ek sien nou nog so daai punte van die skeppingsverhaal. Hoe God by die skeppingsverhaal al die apartheid ingebring het, die apart wees van mense. En natuurlik dwarsdeur die Bybel en selfs Pinkster waar daar duidelik staan dat die Here het toegelaat dat hulle elkeen in hulle eie taal, in hulle eie kultuur die Woord hoor. Tot die verdraaiing van Paulus. Ja, maar daar is nie meer ‘n man en vrou en slaaf en ja, maar dis ‘n eskatologiese insig. Verstaan jy dit nie? Dis nie vir nou bedoel nie. Dis vir die esgaton. Dis vir die hemel, nê vir nou nie. Terwyl hulle aan dieselfde kant rondloop en vir ons mense preek. Daar’s die hemel vir wit mense en daar’s die hemel vir ons. En elke keer as ons sê hierdie ding is verkeerd, dan sê hulle maar hoe kan dit? Sê julle het die Bybel verkeerd gelees. Julle het nie die Bybel verkeerd gelees. Julle het die Bybel misbruik. Julle het God misbruik. Julle het gelieg oor God en Jesus en oor ons.

xxx24: As die kerk nie almal laat welkom voel nie is daar fout met die kerk. Aan die ander kant as Christus sê neem jou kruis op en volg my, hy maak nie grappies nie. Hy vra van jou: dra dit wat swaar is en volg my.

Jan Lubbe: Die NG kerk het ‘n baie sterk roepingsbesef ons ‘n rol te speel in hierdie land. So toe die politieke bestel in 1994 verander was die versoeking waarskynlik baie groot om met groot entoesiasme die nuwe bedeling in te gaan en op ‘n manier ook eintlik te sê ons het geleer en ons het verander. En dit mag uit sekere hoeke gelees gewees het as ja nou gaan ons weer sê nou maar saam met die ANC en ek kan nou maar sê binne Suid-Afrikaanse Raad van kerk is daar ‘n baie kritiese ingesteldheid teenoor die huidige regeringsbedeling.

Johann Ernst: Liewe gemeente, ontvang die seën. Ons het nou vir apartheid afskeid geneem maar wat van ons land het iets regtig nog verander? Is ons beter af? Is ons veiliger? Is daar groot …

Lourensa Eckard: Dink jy nie ons is beter af nie?

Johann Ernst: Ek weet nie. Dit lyk nie vir my so nie. Ek is hier in Doringkloof. Daar was nie ‘n heining om ‘n huis nie. Nou bly ons in ‘n veiligheidskompleks. Dis eintlik niks anders as ‘n Bloedrivier laer wat …

Lourensa Eckard: Ons kan nie almal praat nie, Johann. Ek bedoel dit is dalk miskien jou ervaring, maar dink jy nie vir die meeste landsinwoners is hulle by verre beter af vandag as wat hulle was 40 jaar terug nie?

Johann Ernst: Ek wil amper die vraag omdraai en sê of Amerika nou beter is met Trump. Want dan moet ek tog dadelik sê, nee. Nou moet ek vra is ons regtig beter af met die regering wat ons hier het? Ek twyfel.

Lourensa Eckard: Is dit moeiliker vandag vir ‘n dominee om politieke uitsprake te maak?

xxx25: Dit is moeiliker. Ek ek kan nie dink hoe dit was vir ouens soos Beyers Naude nie, maar dit is moeiliker omdat alles nou so gepolariseerd is. In Oom Beyers se tyd was daar brawe ouens wat gesê het iemand moet sê die is verkeerd.

xxx26: Sterk standpunt verdeel mense. As jy byvoorbeeld vat wat gebeure het tussen Israel en die Palestyne 7 Oktober 2023. Dit is ‘n aangeleentheid wat vir Suid-Afrikaners oor dwarsoor die samelewing eintlik om verskillende redes simbolies baie gewig dra.

xxx27: Friends, a word of welcome. Well, this is now the official welcome to all of you. Thank you for making the time to be here. A time of deep division calls for courageous and honest and safe conversations.

xxx28: What’s happening in Palestine is testing our faith and theology. I thought apart South Africa was the best test, but I think Palestine and the Middle East are becoming the test for our faith.

xxx29: I’ve been called the last three years a weeping prophet because sometimes when I speak I just weep the entire time and I think as an American that is actually an appropriate posture in this moment. I am ashamed of my country. I am ashamed of our president and I am ashamed at Christians which are supporting atrocities in the name of God and in the name of Jesus.

xxx30 (Rudi Swanepoel?): Dis hoekom ek byvoorbeeld ‘n voorstaander is van dialoog met mense van wie ek verskil. Ek bedoel ek kan ‘n organisasie se name noem of beweging se name noem. Ek voel ek wil aanhou praat al gaan ons mekaar nie oortuig nie. Dalk is daar klein verstelling, dalk is daar klein verandering in perspektief.

Tanya van Wyk (39:34): Religie of godsdiens per implikasie het die vermoë om te bevry en te onderdruk. Ek lees die evangelie van Jesus Christus en ek sien dit is bevrydend. Ek sien hoe Jesus met vroue omgegaan het. Ek sien hoe Jesus, en dit het ons nou weer gevier in Paasfees, gekruisig is as ‘n politieke rebel as gevolg van die mense saam met wie hy geëet het. Eweveel kan mense ‘n ander deel van daai religie en daai godsdiens gebruik om te onderdruk en toe te maak en af te grens.

xxx31 (Tanya van Wyk?): Die gebou is 5 Februarie 1958 ingehuldig. So, in 2018 het hierdie gemeente hulle 60-jarige bestaan gevier en dit is deur Nederlandse migrante. Dis hoekom dit in die vorm van ‘n skip is. En as mens nou na die gemeente kyk sal mens sien aan die regterkant is daar ‘n groen lig en aan die linkerkant ‘n rooi lig. Altwee in die vorm van ‘n kruis. En soos wat ons vandag weet as ons binne-in ‘n hawe ingaan ‘n skip moet kyk na die rooi lig en die groen lig. En dit is hulle seevaarder tradisie wat hulle hier op ‘n manier hoe hulle dit uitdrukking vind toe hulle die son kom soek het in Suid-Afrika.

Lourensa Eckard: Die rigtinggewer amper, nê links, regs.

xxx32: Links, regs en ek kan nou nie … exactly, daai is die woorde en die klok wat die inskripsie is agter die kerk is: “Ik luid voor iedereen.” So ek lui vir elke liewe een en dit is van die begin af deel gewees van hierdie gemeente se karakter.

Hervormde Kerk

Lourensa Eckard (41:17): Die drie susters kerke. Waar pas die hervormde kerke in?

Tanya van Wyk: Ons het so bietjie van ‘n inside joke altyd dat ons die kleiner enetjie is van die drie. Maar ek dink die gereformeerde kerk die GKSA is kleiner as ons. Ons het ‘n reformatoriese belydenis soos die res en ons is die groepie wat eerste vir vroue toegelaat het as predikante en as studente van teologie. Maar in wese is ons teologie eintlik maar soortgelyk aan die NG kerk en in elk geval die beginsels van die reformatoriese teologie. En dit is waar ons inpas.

Lourensa Eckard: Is daar plek in die drie suster struktuur vir ‘n kerk soos julle, die hervormde kerk en die gereformeerde kerk, die doppers as julle so verskil oor die kwessie van vrou in die amp?

Tanya van Wyk: Wat die ooreenkoms en die samewerking tussen die drie Afrikaanse kerke binne-in die Susterskerk verband tot nou toe in stand gehou het was dat ons vir mekaar kon sê oor die belangrikste goed stem ons saam met mekaar en dan is daar goed binne-in ‘n kerklike organisasie wat ons miskien nie met mekaar ooreenstem nie maar die belangrikste goed stem ons ooreen met mekaar. Ek dink die saak oor die vrou en die amp het die potensieel om ‘n stuk van daai samewerking miskien wel so klein bietjie te bevraagteken. En weereens ek praat nie namens die Hervormde Kerk nie en die amptelik nie. Ons ontmoet mekaar in die middel. Ons sien almal mekaar as kinders van God. Maar daar is miskien ‘n oomblik wat ons in die toekoms gaan kom waar ons vir mekaar gaan sê: wat is nou die minimum van die goed waarmee ons ooreenstem wat nog vir ons die belangrikste is en is dit nog genoeg?

Lourensa Eckard: Dink jy daar gaan ‘n herhangskikking plaasvind van gemeentelede of dele van die NG kerk wat miskien voel dat die besluit wat julle gemaak het skep nou vir hulle ‘n soort tuiste dat julle hulle miskien nou kan vind by die Koinonia sinode, daai groepering, en dink jy noodwendig dit is dalk ‘n goeie ding?

Henk Stoker: Weet jy kom ek sê enige skeuring is sleg maar as mense wat dieselfde glo oor die woord van God bymekaar kom dan’s dit weer in daardie sin goed. Ek dink mense stem met hulle voete. Min mense besef dis die jongmense wat hierdie saak dryf om… nie dryf nie, maar sterk daarvoor werk om getrou te bly aan die Skrif. Wat ek dink gaan op ‘n stadium beweeg is dat dit dalk nie sinodaal gaan wees nie, maar dat persone gaan heen en weer beweeg. En dis meer wat ons raaksien.

Ivor Swartz: Kyk daar’s mense wat nou glo daar’s ‘n terugkeer na Christen nasionalisme. En dis hoekom die kerke so groei met jong mans wat wat meer ‘n regse siening het. Dit is hoekom die Gereformeerde Kerk weer hulle sieningsen het. Hulle het weer teruggegaan na hulle besluite omdat daai goed nie meer in die huis is nie. Dit is hoekom die wêreld so teen ‘n vinnige pas agteruit gaan. Ons moet weer daai waardes terugbring.

Lourensa Eckard: Tradisie.

Ivor Swartz: Tradisie! En dis eintlik net waar ek in beheer kan wees.

xxx33: Wat ek wêreldwyd waarneem met die Christendom, maar nou praat ek as ortodokse priester, is dat die herwinning van tradisie is ‘n geweldig belangrike bron om die kerk te versterk. Om die kerk weer haar regmatige plek in die wêreld te laat inneem. Nie van die wêreld nie. Die gevaar is om in die naam van tradisie jou eie moderne vooroordele te kom staan en regverdig en net eintlik groter skade aan te rig.

Jan Lubbe: Daar’s ‘n herskikking van die totale kerklike landskap in ons land besig om te gebeur. En mens sou kon sê as jy dit baie simplisties stel, dalk ‘n skuif na ‘n behoudende kant en ‘n meer progressiewe kant, hoewel ek nie dink daardie onderskeiding is regtig diepgaande nie, want die vraag is aan die hand waarvan defineer jy dit? En die woord gereformeer dra in dit die kern: “reformeer”, hervorm altyd terug na bronne toe. Dis wat is ons oriëntasie? En daar sou jy kon sê wel ons het die Bybel, ons het ons belydenisskrifte, ons het ons tradisie. En die vraag is telkens hoe interpreteer ek dit ten opsigte van die vrae vandag. Dis die terugdraai na bronne toe beteken nie ‘n draai na behoudendheid nie. Dis eintlik om dit op ‘n nuwe manier gesê te kry. En dis ‘n voortgaande proses.

Lidmaatgetalle

Lourensa Eckard (45:54): Groei of krimp julle lidmaattalle?

Tanya van Wyk: O krimp. Ek dink een van die redes is dat mense in ‘n bepaalde reformatoriese tradisie hulleself op ‘n ander manier tuisvind of juis nie tuisvind nie. Miskien het van dit te doen met die politieke geskiedenis ten opsigte van die relationship tussen staat en kerk. Maar wêreldwyd sien ons dat godsdiens en Christelike godsdiens actually groei. Maar dit groei op dinamiese maniere. Maniere wat nie noodwendig georganiseerd is nie. Ek dink ook daar is ‘n geskiedenis van, en dit wys hierdie hele gesprek uit, van hoe die kerk met die kerk se teologie en die mag wat dit potensiaal gehad het heengegaan het en omgegaan het. Dit het beslis ‘n duik in die kerk se relevansie gemaak en die integriteit van die kerk. As jy dit probeer ontken moet jy op die maan gaan woon, want dit het regtig dit is dit het gebeur. Maar omdat die kerk nie net in een tipe mens bestaan en een tipe groep nie dink ek daai integriteit en daai amper protes teen die kerk miskien waarmee my ma groot geword het. Daai kerk het soveel verander en ek dink dis die moeite waard om weer in daai kerk te kom kyk.

Tanya van Wyk: Die Here sal julle seën en julle beskerm.

Lourensa Eckard: Wat is die neiging of tendens as ons kyk na die syfers van lidmate? Neem dit af?

Jan Lubbe: Dit neem af maar ‘n verskeidenheid van redes. Ek ontken nie dat daar mense is wat sê ek kan nie langer met die standpunte van hierdie kerk nie en wat daarom na ‘n ander kerk soek. En daar is baie, daar’s waarskynlik die hele generasie wat dit stil stil doen nie. Verder is daar gewoon demografiese goed migrasie van wit-Afrikaanse mense uit die noorde van die land na die suide en dalk van daar af elders heen. Geboortesyfer wat afneem. En dis hoekom die NG kerk eintlik lankal al onsself die vraag afgevra het, is ons net die kerk van wit-Afrikaanse mense? So, die identiteit van ‘n kerk behoort nie te lê in etnisiteit of in taal of in kultuur nie of in sekere standpunte, jy weet, ‘n lysie van 10 wat merk ek af en om daardie rede bly ek of gaan ek nie, maar die identiteit van ‘n kerk behoort te wees ons die evangelie wat ons dra.

xxx34: Lidmaattalle neem definitief af, kom ons sê onder die gereformeerde Afrikaanse kerke, maar die lidmaatalle kan ook toeneem as ons werklik waar ons sendingopdrag uitvoer. Dat almal daarin welkom voel, dan hoef dit nie af te neem nie, want in die kerk is ons een, en dis nie kleur of volk of wat ookal wat dit bepaal nie. En ons beter moet wees dat die kerk kan groei. Laat hierdie boodskap kan uitgaan. Suiwerheid lê nie in kleinheid nie. Dit moet ons onthou.

1 thought on “Só skeur die susterskerke”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui