Kyk ook:
Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.
*******
NG Kerk maak preek-deur wyer oop | Netwerk24
Retha Fick
Netwerk24
Dinsdag, 4 Augustus 2026
Ses jaar se teologiese studie en swoeg deur Grieks en Hebreeus is nie meer die enigste pad na die kansel in die NG Kerk nie, berig Retha Fick.
Alle dissipels van Jesus Christus is “gestuurdes” en die Heilige Gees werk in almal; dit is nie eksklusief tot sekere mense, soos dominees, beperk nie. As jy gedoop is, is jy geroep en deel van wat God in die wêreld doen.
Lees verder op Netwerk24.
Kommentaar
Daniel Louw
Die NG Kerk was genoodsaak hiertoe weens die groot afname in teologiese studente wat inskryf by die drie teologiese fakulteite van die NG Kerk: Tukkies, Kovsies en Stellenbosch. En dan is daar ook groot vraagtekens oor wat hierdie studente by hierdie instansies geleer word.
Hierdie term het natuurlik diep Bybelse wortels vanuit Jesaja 6: 8 (‘Hier is ek, stuur my’), en het te doene gehad met die geweldige afvalligheid van die Israelitiese Nasie, sonder enige sentimentele verbintenis met enige aard van sosiale opheffingswerk of humanitêre aktiwiteite. Dit sluit laasgenoemde nie uit nie, maar is beslis nie die fokus nie. Die nasie het GOD verruil vir hul eie afgode en hul eie agendas.
Christus het ook Sy dissipels gestuur: genees mense; verkondig God se Boodskap; dryf duiwels uit. Soos bv. Leuenduiwels. Ensomeer.
Die moderne kerk het die Sosiale Aksies van die Staat veel meer op sy agenda begin plaas, as om die Bybel te raadpleeg.
Sou mens luister na GOD of na Pres. Cyril Ramaphosa?
GOD steek nie geld weg nie, en vereis absolute deursigtigheid.
Jesaja het te doene gehad met ‘n Heilige Vuur en Woorde en nie met goedkoop praatjies rondom ‘n braaivleisvuur nie.