Homoseksualiteit: vrae en antwoorde

Vir spesifieke vrae en antwoorde oor die NG Kerk se 2019-besluit, kyk:

Inhoudsopgawe

  1. Is die Bybel duidelik oor homoseksualiteit?
  2. Die woord “homoseksualiteit” is nie in die Bybel nie
  3. Homoseksualiteit word nie in die 10 gebooie genoem nie
  4. Het Jesus iets oor homoseksualiteit gesê?
  5. Homoseksualiteit is nie in die drie belydenisskrifte nie
  6. Homoseksualiteit verval in Nuwe Testament
  7. Homoseks slegs verkeerd vir heteroseksuele mense
  8. Wat van liefdevolle, gay verhoudings?
  9. Kan jy homoseksuele versoekings beleef en steeds met iemand van die teenoorstelde geslag trou?
  10. Word homoseksuele mense so gebore?
  11. Wat as jy selibaat bly?
  12. Hoekom word mense homoseksueel?
  13. Wat van gay kerke en gays wat hulleself Christene noem?
  14. Hoe hanteer ons homoseksuele mense?
  15. My meisie dink nie homoseks is sonde nie. Wat nou?
  16. Is Jesus dan nie vir alle sondaars onvoorwaardelik lief nie?
  17. Wie is ons om te oordeel?
  18. Hoekom word daar soveel klem geplaas op die sonde van homoseksualiteit? Wat van al die ander sondes?
  19. Wanneer is homoseksuele huwelike vir die eerste keer erken het?
  20. Is homoseksualiteit nie ’n randkwessie nie? Moet ons nie ruimte maak vir verskillende sienings nie?

Is die Bybel duidelik oor homoseksualiteit?

Wanneer die Bybel eenvoudig gelees word (die voor die handliggende interpretasie), is dit baie duidelik dat die Bybel homoseksualiteit op ten minste vyf plekke in die Bybel veroordeel:

  1. Levitikus 18:22
  2. Levitikus 20:13
  3. Romeine 1:27
  4. 1 Korintiërs 6:9-10
  5. 1 Timoteus 1:9-10

Nêrens in die Bybel word enigsins positief verwys na homoseksualiteit nie. Kyk Die Bybel oor homoseksualiteit. Verskillende Bybelvertalings is ook nie teenstrydig met hierdie boodskap nie. Alle Bybelvertalings gee dieselfde boodskap – kyk Verskillende Bybels oor homoseksualiteit en Ontleding van vyf verse in die Bybel oor homoseksualiteit.

Die woord “homoseksualiteit” is nie in die Bybel nie

As die woord “homoseksualiteit” nie in die Bybel voorkom nie, sê die Bybel regtig iets daaroor? Die antwoord is “ja”. Dit wat in die Bybel beskryf word is baie duidelik wat ons vandag as homoseksualiteit verstaan. Kyk Die woord “homoseksualiteit” is nie in die Bybel nie.

Homoseksualiteit word nie in die 10 gebooie genoem nie

Maar so ook nie bestialiteit of pedofilie nie. In Levitikus 18 word ’n lys van seksuele sondes gelys waarvan die oorgrote meerderheid nog net so van toepassing is en die paar ander grensgevalle is. Al hierdie sondes sal onder die sewende gebod val: “Jy mag nie egbreek pleeg nie.”

Het Jesus iets oor homoseksualiteit gesê?

Nee, Hy het niks daaroor gesê nie. Of indien Hy het, is dit nie vir ons opgeteken nie. Dit beteken egter nie dat hy dit goedgekeur het nie. Die volgende punte moet in ag geneem word:

1. Jesus was duidelik dat ’n huwelik ’n instelling is tussen ’n man en ’n vrou (Matteus 19:4-6)

2. Jesus het nooit iets gesê wat teenstrydig was met die res van die Bybel nie (Matteus 5:17-18)

3. Stilte is nie gelyk aan goedkeuring nie. As dít so was, kon ’n mens ook redeneer dat daar niks verkeerd is met pedofilie, bestialiteit en bloedskande nie.

4. Dit word algemeen erken dat homoseksualiteit as sonde gesien is in eerste-eeuse Israel. Jesus se stilte wys dus sy goedkeuring met die konsensus van die dag.

Vir meer hieroor, kyk Jesus oor homoseksualiteit.

Homoseksualiteit is nie in die drie belydenisskrifte nie

Homoseksualiteit word nie in enige van die drie belydenisskrifte van die NG Kerk bespreek nie:

Slegs die Heidelbergse kategismus verwys enigsins na die huwelik in vraag 108, maar ’n mens kan niks daaruit aflei oor homoseksualiteit nie.

Hierdie feit tel weereens vir die idee dat homoseksualiteit sonde is en dieselfde argumente kan gebruik word wat in Jesus oor homoseksualiteit gebruik word. Toe hierdie belydenisskrifte opgestel is, was daar nie enige kwessies oor die huwelik of homoseksualiteit nie. Homoseksuele huwelike is byvoorbeeld vir die eerste keer in die geskiedenis in Nederland erken op 1 April 2001 (kyk later in hierdie artikel).

Verder, selfs al het die belydenisskrifte enigiets daaroor gesê het wonder ’n mens of liberales hulle daaraan sou steur, siende dat die uitsprake oor die duiwel in die belydenisskrifte nie genoeg was om liberales te oortuig oor die persoonlike aard van die duiwel nie. Kyk Die NG Kerk en die duiwel/bose en Die Bybel oor die duiwel/Satan, paragraaf Die duiwel in die belydenisskrifte.

Homoseksualiteit verval in Nuwe Testament

Het die sonde van homoseksualiteit nie verval in die Nuwe Testament nie?

Nee. In Matteus 5:17-18 sê Jesus: “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle, hulle volle betekenis te laat kry. Dit verseker Ek julle: Die hemel en die aarde sal eerder vergaan, as dat een letter of letterstrepie van die wet sal wegval voordat alles voleindig is”

Daar is wel dinge wat verval het, soos die Sabbat, eet van onrein diere, besnydenis en hande was voor ete. Jesus en Paulus het egter hierdie dinge wat verval het baie duidelik genoem. As ’n mens daarom homoseksualiteit sommer wil byvoeg as een van die dinge wat verval het, dan kan ’n mens ook vra of die ander dinge wat in Levitikus 18 genoem word nie ook geskrap kan word nie.

Vir meer hieroor, kyk Wat van liefdevolle, gay verhoudings? en Wat beteken dit dat Jesus die wet vervul het, maar dit nie afgeskaf het nie?.

Homoseks slegs verkeerd vir heteroseksuele mense

Adrio König redeneer dat homoseks slegs sonde is vir heteroseksuele mense, maar nie vir homoseksuele mense nie. Lees sy argument en ’n weerlegging van hierdie argument in Bybel sê niks oor gay wees.

Wat van liefdevolle, gay verhoudings?

Sommiges beweer dat homoseksualiteit soos ons dit vandag ken ’n nuwe verskynsel is en dat Paulus nie daarvan geweet het toe hy homoseksualiteit vooroordeel het in Rom 1:27, 1 Kor 6:9-10 en 1 Tim 1:9-10. Kyk Wat van liefdevolle, gay verhoudings? Dit is egter nie waar nie – kyk Was daar liefdevolle, homoseksuele verhoudings in Bybelse tye?

Kan jy homoseksuele versoekings beleef en steeds met iemand van die teenoorstelde geslag trou?

Ja, baie beslis. Dit is net so goed jy vra of ’n man met een vrou kan trou en getrou aan haar kan bly indien jy versoekings van begeertes beleef na ander vroue. Christene moet die versoekings weerstaan en ’n heilige lewe nastreef. Kyk My man is (nie) gay: Getroude mans aangetrokke tot ander mans.

Word homoseksuele mense so gebore?

Hierdie vraag het drie moontlike antwoorde:

1. Dit is irrelevant

Selfs al word mense homoseksueel gebore, kan morele waardes nie beïnvloed word deur biologiese afwykings nie.

2. Ja, jy word so gebore

Maar net so word alle mense op aarde in sonde gebore en neig almal om sonde te doen (Romeine 3:9-20). Kyk ook Die Bybel oor sonde.

3. Nee, jy word nie so gebore nie

Dit is ’n feit dat jou genetika ’n rol speel. Sekere mense is baie meer vatbaar om homoseksuele versoekings te beleef, net soos ander mense weer ander versoekings beleef, soos gierigheid, steel en moord. Maar jy word nie so gebore nie. Wetenskaplikes kon geen homoseksuele geen in die menslike DNS vind wat bepaal dat homoseksualiteit in jou genetika is nie. Indien daar ’n homoseksuele geen bestaan het, sou identiese tweelinge altyd dieselfde seksuele oriëntering gehad het, maar dit is nie die geval nie. Verder is die dosyne getuienisse van voorheen gay mense ’n sekere bewys dat jy nie so gebore word nie.

Vir meer hieroor, kyk Word jy gay gebore?

Wat as jy selibaat bly?

Kan ons homoseksualiteit aanvaar solank die persoon selibaat bly? ’n Mens kan verstaan dat mense hierdie argument wil gebruik. Trouens, hierdie argument is in 2007 gebruik in die NG Kerk se Algemene Sinodebesluit oor selfdegeslagverhoudings. Die probleem met hierdie argument is:

  1. Met hierdie argument word aanvaar dat mense nie kan verander nie.
  2. Christene identifiseer nie as ’n sondaar nie. ’n Christen indentifiseer byvoorbeeld nie as ’n egbreker nie. Hy mag dalk erken dat hy met pornografie versoek word, en dit dan weerstaan, maar dit maak hom nie ’n egbreker nie.

Vir meer hieroor, kyk Ja vir homoseksualiteit mits jy selibaat bly?

Hoekom word mense homoseksueel?

As mens nie homoseksueel gebore word nie, wat dra daartoe by dat mense homoseksueel word. Om hierdie vraag te antwoord, kyk Die oorsake van homoseksualiteit onthul.

Wat van gay kerke en gays wat hulleself Christene noem?

Soos reeds gesê, is die Bybel baie duidelik daaroor dat homoseksualiteit sonde is. Die Bybel is ook duidelik daaroor dat geen persoon wat volhard in sonde, die ewige lewe sal kry nie (kyk Matteus 18:15-17, 1 Korintiërs 5:11-13, 1 Korintiërs 6:9-10 en Hebreërs 10:26-31). Dus kan mense nie in homoseksuele verhoudinge staan en gelyktydig ook ’n Christen wees nie.

’n Soortgelyke vraag sou wees: Kan jy gelyktydig ’n bankrower en ’n Christen wees? Die antwoord is “nee”. As jy ’n Christen wil wees, kan jy nie meer ’n bankrower wees nie.

Hoe hanteer ons homoseksuele mense?

Onder hierdie afdeling is daar ’n hele paar soortgelyke vrae:

  • Mag ’n homoseksuele paartjie lidmate van ’n gemeente wees?
  • Mag mense in homoseksuele verhoudinge leiersposisies by die kerk beklee?
  • Mag homoseksuele paartjies toegelaat word om kerkdienste by te woon?
  • Mag mense in homoseksuele verhoudinge help by kerkaktiwiteite soos basaars?
  • Hoe moet die familie van ’n persoon in ’n homoseksuele verhouding hom/haar hanteer?
  • Mag Christene ’n homoseksuele troue bywoon?

Die antwoord op al hierdie vrae kan soos volg opgesom word:

Omdat die Bybel baie duidelik daaroor is dat homoseksuele verhoudinge sonde is moet mense in homoseksuele verhoudinge op dieselfde manier hanteer word as mense wat verslawings het soos pornografie, drank en dwelms of mense wat in saamwoonverhoudings staan of prostitute, egbrekers, diewe en moordenaars. Dit is egter nie altyd maklik nie. As gelowiges wil ’n mens vriendskap betoon, maar ons mag nooi laat blyk dat ons dit enigsins goedkeur nie. Dit is feitlik onmoontlik om vaste riglyne hieroor te gee, maar hopelik gee die volgende artikels meer duidelikheid:

My meisie dink nie homoseks is sonde nie. Wat nou?

Moet jy met jou meisie uitmaak indien sy nie wil glo dat homoseksualteit sonde is nie? Die antwoord is “ja”.

Hierdie verskil is waarskynlik die puntjie van die ysberg. As julle op hierdie onderwerp verskil, gaan julle verseker ook op ander, selfs groter, teologiese kwessies verskil.

Die kwessie van homoseks gaan oor twee dinge. Die eerste is dat dit ’n daad is wat afskuwelik is vir God. Die tweede is Skrifgesag. As jy nie die Bybel se gesag wil aanvaar oor hierdie kwessie nie, wat van ander kwessies soos seks voor die huwelik, pornografie, egbreek, dronkenskap, leuens, diefstal, vergifnis, geldgierigheid en selfs moord?

Vir ’n artikel hieroor, kyk My meisie dink nie homoseks is sonde nie. Wat nou?

Is Jesus dan nie vir alle sondaars onvoorwaardelik lief nie?

Dit is ’n baie algemene argument waarvoor ’n mens moet oppas – kyk God haat die sonde maar is lief vir die sondaar.

Dit daar gelaat. ’n Mens kan nog redeneer oor die stelling dat Jesus alle sondaars onvoorwaardelik liefhet. God wil immers hê dat almal gered word (2 Petrus 3:9), maar redding is definitief voorwaardelik – jy kan slegs gered word as jy tot bekering gekom het. As jy egter volhard in sonde, dan het jy nie tot bekering gekom nie. Dit is daarom dat Paulus in 1 Korintiërs 6:9-10 in sê: (9)Of weet julle nie dat mense wat onreg doen, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit beoefen (10)of diewe of geldgieriges of dronkaards of kwaadpraters of bedrieërs sal deel kry aan die koninkryk van God nie.

Kyk ook Die Bybel oor sonde.

Wie is ons om te oordeel?

Alle mense het sonde. Hoe kan enigeen dan homoseksuele mense oordeel?

Eerstens, die vraag impliseer dat homoseksualiteit sonde is. As homoseksualiteit sonde is, dan kan jy nie homoseksualiteit beoefen en ’n Christen wees nie. Kyk Bekering.

Tweedens, ja ons kan ander wat sonde doen oordeel. Inteendeel, ons het ’n plig om dit te doen en jy moet ook self bereid wees dat iemand jou berispe oor sonde in jou lewe. Kyk Die Bybel oor oordeel. As ons egter oordeel, moet ons regverdig oordeel en help dit ook nie indien ons ’n balk in ons oog het nie. Kyk ook Homoseksueles en bankrowers.

Hoekom word daar soveel klem geplaas op die sonde van homoseksualiteit? Wat van al die ander sondes?

Homoseksualiteit is hoegenaamd nie ’n erger sonde as ander sondes nie. Die enigste rede hoekom daar soveel klem op homoseksualiteit geplaas word is omdat die wêreld dit wil ontsondig. Dit is egter eintlik ’n debat wat in die kerk hoort. Net soos ’n saamwoonverhouding nie ’n ongelowige se gewete aankla nie, so gaan ’n homoseksuele verhouding ook nie ’n ongelowige se gewete aankla nie. Rosaria Butterfield (’n voormalige lesbiër) stel dit baie goed in haar boek The Secret Thoughts of an Unlikely Convert:

There is a core difference between sharing the gospel with the lost and imposing a specific moral standard on the unconverted.

Kyk ook Hoekom word daar soveel klem geplaas op homoseks?

Wanneer is homoseksuele huwelike vir die eerste keer erken het?

Homoseksuele huwelike is vir die eerste keer in die geskiedenis in Nederland erken op 1 April 2001. In enkele gevalle in die verlede was daar selfdegeslagshuwelike, maar dit was nog nooit deur enige regeringsinstansie erken nie.

Die artikel Same-Sex Marriage in History: What the Supreme Court Missed is op 5 Mei 2015 geskryf na aanleiding van die homoseksuele debat in die Amerikaanse regering voor homoseksuele huwelike gewettig is op Vrydag 26 Junie 2015. Hierdie artikel sê die volgende:

Three of the nine justices asked for a legal precedence of same-sex marriage, when they listened on April 28 to arguments on whether the institution should be, in essence, legal and recognized countrywide. Chief Justice John Roberts raised the question of precedence, saying, “Every definition that I looked up, prior to about a dozen years ago, defined marriage as unity between a man and a woman as husband and wife,” according to court transcripts.

Justice Samuel Alito added, “as far as I’m aware, until the end of the 20th century, there was never a nation or a culture that recognized marriage between two people of the same sex.” He later added, “There have been cultures that did not frown on homosexuality,” such as ancient Greece, but they still didn’t accept gay marriage, as far as he knew.

During an exchange with Mary Bonauto, one of the lawyers arguing for the plaintiffs, who are in favor of same-sex marriage, Justice Antonin Scalia said, “But I don’t know of any — do you know of any society, prior to the Netherlands in 2001, that permitted same-sex marriage?”

Bonauto answered that, as a legal matter, she did not.

Kyk ook Timeline of same-sex marriage (Wikipedia).

Hierdie feit is weereens ’n baie goeie bewys dat homoseksualiteit nog ooit ’n erkende praktyk was nie en dit sou ook nie gewees het toe die Bybel geskryf is nie. Kyk Jesus oor homoseksualiteit.

Is homoseksualiteit nie ’n randkwessie nie? Moet ons nie ruimte maak vir verskillende sienings nie?

Soos alreeds gesê is, is die Bybel baie duidelik oor homoseksualiteit. Deur die sondige aard van homoseksualiteit te ontken skep dus twee probleme:

  1. Mense/gemeentes keur sonde goed (kyk Die Bybel oor sonde en Bekering). 1 Korintiërs 6:9-10 noem dit as iets wat jou selfs laat opeindig in die hel.
  2. Die gesag van die Bybel kom ook in gedrang – as homoseksualiteit goedgekeur word, wat van ander dinge.

Dit is daarom dat dit nie ’n randkwessie is nie en daarom is dit nie moontlik om vir mekaar ruimte te maak hieroor nie.

(Vir meer hieroor, kyk Is homoseksualiteit ‘n randkwessie?)

1 thought on “Homoseksualiteit: vrae en antwoorde”

  1. Die NGK se sinodes het deur die jare die Christelike pilare afgebreek, o.a het Johan Heyns die kerk se leer in 1962 sinode handomkeer verander. Van chilliasme na anti-chilliasme. Sy verslag is by die argief beskikbaar. Daarna moes die kurrikulim van die kweekskole totaal verander word. Die wederkomsboodskap wat sentraal gestaan het is op die agtergrond geskuif sodat die leun verkondig kon word, bv 1Thes 4:13-18, letterlik se daar gaan ’n wegraping wees. As ’n predikant in die NGK dit preek word hy uit die kerk geskop, want dit is nie die leer van die kerk nie. ’n Ander pilaar wat geval het is die 1983 vertaling van die Bybel. Allerhande verskonings en argumente word gebruik om dit goed te praat, maar as jy ’n studie daarvan maak en die verdraaiings en weglatings ontdek besef jy Satan se aanslag op die Woord is geweldig. Hierdie nuwe vertaling word selfs deur ’n professor die New Age Bybel genoem. Toe ek ’n jong man was het ek die ou predikante, Ds Danie Steyn, Dr Willie Marais e.a hoor preek oor bekering. Vir jare en jare hoor jy nie een NG predikant oor bekering, wedergeboorte, heiligmaking ens. preek nie. (Jy moenie die gemeente ontstel nie) NGB art 34 se mos as jy dominee daardie babatjie doop word hy gewederbaar. NGK julle het die pad so ver byster geraak dat julle nooit weer op die pad sal kom nie. Jammer om te se die gays (ou vertaling van die Bybel sodomiete) maak met die NGK net wat hulle wil, en die sinode (sal) besluit wat is sonde en wat is nie sonde nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui