Sewendedag Adventiste Kerk (SDA)

Kyk ook:

Die volgende dinge onderskei die Sewende-dag Adventiste Kerk (SDA) van hoofstroom denominasies soos die NG Kerk, Baptiste Kerk en AGS Kerk:

  • Sabbat: Soos meeste gelowiges die Sondag as godsdienstige rusdag sien en kerk bywoon, doen hulle dit op die Saterdag, soos voorgeskryf in die tien gebooie.
  • Doop: Hulle gebruik die bekeringsdoop (groot doop).

Ontstaan in Suid-Afrika

Pieter Wessels, eienaar van die plaas Benoudheidsfontein, het in 1885 uit die Gereformeerde Kerk bedank om Saterdag as die sabbatdag waar te neem. Agt ander gesinne het sy voorbeeld gevolg.

Die eerste kerkgebou is in Beaconsfield, ‘n groot voorstad in die suidoostelike uithoek van Kimberley, opgerig.

Kyk ook

 

1 thought on “Sewendedag Adventiste Kerk (SDA)”

  1. Die SDA het internationaal, ook in Suid-Afrika, “28 Fundamentele leerstellings”. As mens die SDA en NGK vergelyk, is daar buiten die Sabbat en Doop, verskeie ander verskille. Enkeles volg:

    18 – Die Gawe van Profesie
    Een van die gawes van die Heilige Gees is profesie. Hierdie gawe is een van die kenmerke van die oorblyfselkerk en word in die bediening van Ellen G. White geopenbaar. As boodskapper van die Here, is haar geskrifte ‘n voortdurende en gesaghebbende bron van waarheid [alhoewel sy hier en daar geleen het van ander skrywers sonder verwysing] en voorsien dit die kerk van vertroosting, leiding, onderrig en teregwysing. Dit leer ook duidelik dat die Bybel die maatstaf is waarvolgens alle lering en ondervinding getoets moet word (Joël 2:28, 29; Hand. 2:14-21; Heb. 1:1-3; Openb. 12:17; 19:10).

    24 – Christus se Bediening in die Heiligdom
    … heiligdom in die hemel …
    Die aanvangs van die tweede en laaste fase van Sy [Christus] versoeningswerk het in 1844 plaasgevind, aan die einde van die profetiese tydperk van 2 300 dae. Hierdie werk van ondersoekende oordeel is deel van die uiteindelike wegdoening van alle sonde, getipeer deur die reiniging van die ou Hebreeuse heiligdom op die Versoendag. … Die ondersoekende oordeel openbaar aan hemelse wesens wie onder die ontslapenes in Christus Jesus rus en dus, in Hom, waardig geag word om deel te hê aan die eerste opstanding. Dit openbaar ook wie, onder die lewendes, in Christus bly, wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar en dus, in Hom, gereed is vir Sy ewige koninkryk. Hierdie oordeel regverdigheid die bevoegdheid van God om diegene te red wat in Jesus glo. …

    7 – Die Menslike Natuur
    … elkeen ‘n onverdeelbare eenheid van liggaam, verstand en siel …
    26 – Dood en Opstanding
    Die loon van die sonde is die dood, maar God, wat alleen onsterflik is, sal die ewige lewe aan Sy verlostes toestaan. Tot daardie dag toe is die dood ‘n bewustelose toestand vir alle mense. Wanneer Christus, wat ons lewe is, verskyn, sal die opgewekte regverdiges verheerlik weggevoer word om hulle Here te ontmoet. Die tweede opstanding, die opstanding van die goddelose, sal ‘n duisend jaar later plaasvind …
    27 – Die Millenium en die Einde van Sonde
    … Aan die einde van die millenium sal Christus en Sy heiliges uit die hemel na die aarde neerdaal. Die goddeloses sal dan opgewek word en saam met die duiwel en sy engele die stad omsingel, maar vuur van God sal hulle verslind en die aarde reinig. Die heelal sal dan vir ewig van sonde en sondaars bevry wees …

    Sien ook https://www.youtube.com/watch?v=p1fzHbSo9lM

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui