Kyk ook:
Annihilisme of annihilasionalisme (afgelei van die Engelse annihilationism) of vernietigingsleer is die oortuiging dat ongelowiges nie die ewige lyding in die hel sal ervaar nie, maar na ‘n tyd in hel uitgewis of vernietig sal word en dus nie die hel vir ewig sal ervaar nie.
Die motief vir hierdie siening is om die hel te versoen met ‘n liefdevolle God. Mens kry egter nie hierdie idee vanuit die Bybel nie:
- Matteus 25: (46)En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe.
- 2 Tessalonisense 1: (9)Die ewige verdoemenis sal hulle straf wees, altyd geban uit die teenwoordigheid van die Here en van sy wonderbaarlike mag.