Het God evolusie gebruik om te skep, is Genesis 1-11 in ballingskap geskryf en was die sondvloed werklik ’n globale vloed?

Inhoudsopgawe

1. Inleiding

2. Is die Bybel duidelik oor hoe God geskep het?

3. Wetenskaplike probleme met evolusie

4. Goeie teorieë vir moeilike kwessies

5. Samevatting

6. Meer bronne

1. Inleiding

Daar is Christene wat vra: kon God nie evolusie gebruik het om te skep nie? En sommige Christene vra of ons God moet beperk oor hoe Hy geskep het – ons kan mos nie met sekerheid sê dat Hy in 6 dae geskep het nie, of hoe?

Om die Bybel met evolusie en miljoene jare te versoen, word Genesis 1-11 (alles tot voor Abraham) gesien as mites wat by ander volke geleen is en vir die eerste keer in ballingskap geskryf is ~600 vC.

Ek dink daar is twee vrae wat met alle eerlikheid beantwoord moet word in hierdie debat:

  1. Veronderstel God het werklik in 6, 24-uur dae geskep soos in Genesis 1 beskryf word, hoe moes God dit anders in die Bybel gesê het?
  2. Veronderstel die meerderheid wetenskaplikes het geglo dat die aarde ongeveer 6000 jaar oud is en dat evolusie nie waar is nie, sou mense steeds beweer dat Genesis 1-11 mites was?

Verder word ook geglo dat die sondvloed soos beskryf is in die Bybel slegs ’n lokale vloed was en nie werklik ’n globale vloed nie.

Hierdie dokument bespreek 3 dinge:

  • Is daar tekens in die Bybel en die wetenskap dat God deur evolusie geskep het?
  • Is Genesis 1-11 vir die eerste keer in ballingskap ~600 vC geskryf en geleen van ander volke se mites?
  • Was die sondvloed werklik ’n globale vloed of was dit slegs ’n lokale vloed?

Al drie hierdie vrae word in hierdie een dokument bespreek omdat daar soveel oorvleueling is tussen hierdie drie vrae/kwessies.

2. Is die Bybel duidelik oor hoe God geskep het?

Om die Bybel met evolusie en lang tydperke te versoen, sê mense dat Genesis 1-11 (skepping, Noag se ark en die toring van Babel tot net voor Abraham) nie letterlik verstaan moet word nie, maar as mites of legendes. Die Bybel is egter duidelik daaroor dat God in 6 gewone dae geskep het en dat daar ’n sondvloed was wat ’n wêreldwye vloed was wat almal uitgewis het behalwe Noag en die ander sewe mense op die ark. As jy die Bybel vir enige mens gee wat geen vooropgestelde idees het oor die skepping nie, sal hy dit so verstaan.

2.1. Oorsprong en interpretasie van Genesis 1-11

2.1.1. Wat sê die oorspronklike Hebreeus en Hebreeuse kenners?

Yôm:

Die vraag is: wat wou die skrywer(s) van Genesis 1-11 vir ons oordra? Sou die skrywer(s) met ’n persoon saamstem wat beweer dat dit mites is?

Mense wat evolusie met die Bybel wil versoen, beweer dat ons die “dae” in Gen 1 as tydperke moet lees. In die oorspronklike Hebreeus word die woord “yôm” egter gebruik vir dag in Genesis 1 – dit beteken een, 24-uur dag, soos ons dit vandag ken. Hoekom juis hierdie woord? Daar is baie ander Hebreeuse woorde wat gebruik kon word indien dit werklik lang tydperke was:

  • Qedem – term vir “antiek/oeroud” (“ancient”)
  • Olam – “ewigdurend” of “ewigheid”
  • Dor – “’n Revolusie van tyd” of “’n leeftyd/tydperk”
  • Tamid – “voortdurend” of “vir ewig”
  • Ad – “onbeperkte tyd” of “vir ewig”
  • Orek – “lengte van dae”
  • Shanah – “’n jaar” of “revolusie van tyd”
  • Netsach – “vir ewig”
  • Eth – ’n algemene term vir tyd
  • Moed – “Seisoen” of “feestye”

Wat verder ook baie interessant is, is dat die betekenis van “dag” slegs in Genesis 1 bevraagteken word en nêrens anders in die Bybel nie. Niemand bevraagteken bv dat Jesus slegs 3 dae dood was nie en dat Jona drie dae in die vis se maag was nie.

Kyk ook:

Waw:

Mense wat die gapingsteorie aanhang glo dat daar ’n groot tydperk is tussen vers 1 en 2 van Genesis 1:

v1 In die begin het God die hemel en die aarde geskep.
v2 Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.

Hulle glo dat vers 2 bedoel dat die aarde onbewoonwaar geword het.

Genesis 1:2 begin met die Hebreeuse woord waw wat “en”, “nou”, “maar”, “daarna”, ens kan beteken. Waar waw voor ’n selfstandige naamwoord staan (soos in v.2 waw [“en”] + erets [“die aarde”]) het dit die betekenis van ’n verduideliking (wat ’n waw-disjunktief of wawexplicativum genoem word, dws ’n verduidelikende waw is). Dit dui nie bloot ’n volgorde van gebeure aan soos “Toe het die aarde geword” (wat ’n wawopvolging vereis waar waw voor ’n werkwoord staan). Dit kan vergelyk word met die ou Engelse uitdrukking “to wit”; dit kan vertaal word met “Nou” of selfs met die gebruik van hakies soos volg: “In die begin het God die hemel en die aarde (die aarde was woes en leeg …) geskep”. Moses het die twee waw-konstruksies in Genesis 1 baie doelbewus gebruik. Vers 2 het die enigste waw-disjunktief. Al die ander 28 verse wat begin met “en” het die wawopvolging.

(Genesis 1:2 begins with the Hebrew waw which can mean ‘and’, ‘now’, ‘but’, ‘then’, etc. Wherever waw precedes a noun (as in v.2 waw ‘and’ + erets ‘the earth’) it has the meaning of an explanation (called a waw disjunctive or waw explicativum, i.e. explanatory waw). It is not a sequence of events such as ‘then the earth became’ (which would require a waw consecutive, where waw precedes a verb). It compares with the old English expression ‘to wit’; it could be translated by ‘Now’ or even with the use of parentheses as follows: ‘In the beginning God created the heaven and the earth (the earth was without form and empty …).’ Moses used the two waw constructions very deliberately in Genesis 1. Verse 2 has the only waw disjunctive. All 28 other verses beginning with ‘And’ have the wawconsecutive.)

Kyk ook:

Hebreeuse kenners:

Volgens Hebreeuse kenners het die skrywer(s) nie mites geskryf nie, maar akkurate geskiedenis:

… probably, so far as I know, there is no professor of Hebrew or Old Testament at any world-class university who does not believe that the writer(s) of Genesis 1 to 11 intended to convey to their readers the ideas that:
(a) creation took place in a series of six days which were the same as the days of 24 hours we now experience
(b) the figures contained in the Genesis genealogies provided by simple addition a chronology from the beginning of the world up to later stages in the biblical story
(c) Noah’s Flood was understood to be world-wide and extinguish all human and animal life except for those in the ark.

[Professor James Barr, Hebrew scholar and Oriel Professor of the Interpretation of the Holy Scriptures at Oxford University. Personal letter to David C. C. Watson, 23 April 1984 (Is Genesis poetry / figurative, a theological argument (polemic) and thus not history?).]

Kyk ook wat sê Dr Ting Wang, dosent in Hebreeus in die artikel Hebrew scholar affirms that Genesis means what it says!

Dit is dus baie duidelik dat die skrywer(s) van Genesis 1-11 bedoel het dat dit as akkurate geskiedenis gelees moet word.

Verder dui die kantlyne van die teks ook aan dat Genesis 1-11 nie poësie is nie, maar prosa, wat as letterlike geskiedenis gelees moet word (kyk Bybelkantlyne: Genesis 1 is nie poësie nie).

Kyk ook:

2.1.2. Wie was die outeur

Sommige teoloë glo dat Moses die outeur van Genesis was en ’n groot klomp glo dat dit vir die eerste keer tydens ballingskap ~600 vC geskryf is en geleen is van ander volke se mites. Indien die rede is omdat hulle manuskripte gekry het wat uit daardie tyd dateer, is ’n moontlike verklaring hiervoor dat dit slegs oorgeskryf is in ballingskap en nie dat dit toe eers ontstaan het nie. Die oorspronklike kleitablette en/of papierusrolle het moontlik al so verweer dat hulle nie nog lank gebruik sou kon word nie en toe is besluit om dit oor te skryf. Skeppingsleerders glo dat Moses of die mense in ballingskap dit moontlik oorgeskryf het, maar dat Moses of die skrywers in ballingskap nie noodwendig die oorspronklike outeurs was nie.

In Rigters 8:14 lees ons dat Gideon ’n jong man uit Sukkot gevang en ondervra het. Hy het vir Gideon die name van die 77 amptenare en leiers van Sukkot opgeskryf. Dit impliseer nie net dat die jong onbekende soldaat kon lees en skryf nie, maar ook dat Gideon en sy manne dit self ook kon lees! Dit was ongeveer 1240 vC en ongeveer 400 jaar voor die Griekse skrywer Homerus sy bekende Iliad geskryf het. Hoekom moet ons dan glo dat die Ou Testament eers in ballingskap geskryf is?

Wie was die outeur(s)?

Dit was heel moontlik Adam of selfs God wat die skeppingsgebeure vir die eerste keer opgeskryf het. Indien God dit nie self opgeskryf het nie, kon God dit eerstehands aan Adam vertel het omdat hulle saam in die tuin van Eden gewandel het (Gen 3:8). Skeppingsleerders glo ook dat, soos God Adam geskep het om van die begin af te kon praat, is Adam ook geskep om te skryf. En selfs indien Adam nie kon skryf nie, het hy ’n volle 930 jaar gehad om skrif te ontwikkel en sou hy dit dus self baie akkuraat kon opskryf. En selfs al het Adam dit nie self neergeskryf nie, sou die akkurate weergawe van die skepping vir lank behoue kon bly omdat mense so oud geword het: om jou ’n idee te gee, Set (Adam se seun) en Noag het oorvleuel en Sem (Noag se seun) het Abraham met 150 jaar oorvleuel (Noag is slegs 2 jaar voor Abraham se geboorte dood).

Kyk die volgende artikels vir meer hieroor.

2.1.3. Skryfstyl

Genesis 1-11 is in presies dieselfde styl geskryf as die res van Genesis, wat geskiedenis is. Elke gedeelte sluit af met: “Hierdie is die generasies van…”. Die Hebreeuse woord vir generasie is toledoot (“toledoth”), wat geskiedenis beteken. Ons kry die woord bv in Gen 2:4, 5:1, 6:9, 10:1, 11:10, 11:27, 25:19 en 36:1 en ook in bv Numeri en 1 Kronieke. Dit is duidelik dat die skrywer besig was om geskiedenis op te teken en nie net sommer ’n mite te skryf nie. Indien Genesis 1-11 werklik nie geskiedenis is nie, dan het die skrywer(s) daarvan mense probeer mislei en dan moet mens ernstige vrae vra oor die res van die Bybel se integriteit.

Kyk ook:

Genesis 1-11 kan nie as poësie gesien word nie. Interessant dat Psalm 78 duidelik poësie is, maar dat dit ’n akkurate beskrywing van Israel se uittog uit Egipte is (kyk The meaning of yôm in Genesis 1:1-2:4).

Rigters 9:8-15 word soms gebruik om te wys dat die Bybel vol metafore en dinge is wat nie regtig gebeur het nie en daarom moet Genesis 1-11 ook so gelees word:

(8) “Die bome het op ’n dag gegaan om vir hulle ’n koning te salf. Hulle het vir die olyfboom gesê: ‘Wees koning oor ons!’
(9) Maar die olyfboom het vir hulle gesê: ‘Moet ek my olie prysgee waarmee eer betoon word aan gode en mense? Moet ek tussen die bome gaan ronddwaal?’
(10) “Toe sê die bome vir die vyeboom: ‘Kom, wees jy koning oor ons!’
(11) Maar die vyeboom sê vir hulle: ‘Moet ek my lekker soet vrugte prysgee? Moet ek tussen die bome gaan ronddwaal?’
(12) “Toe sê die bome vir die wingerdstok: ‘Kom, wees jy koning oor ons!’
(13) Maar die wingerdstok sê vir hulle: ‘Moet ek my wyn prysgee, my wyn wat gode en mense bly maak? Moet ek tussen die bome gaan ronddwaal?’
(14) “Toe sê al die bome vir die doringbos: ‘Kom, wees jy koning oor ons.’
(15) En die doringbos sê vir hulle: ‘As julle my werklik wil salf sodat ek koning oor julle kan wees, moet julle almal in my skaduwee kom skuil. As julle dit nie kan doen nie, sal daar ’n vuur uitgaan uit die doringbos uit en dit sal die seders van die Libanon verteer.’

Maar as jy vers 7 en vers 16 in ag neem, is dit duidelik Rig 9:8-15 ’n verhaal is wat ’n historiese persoon vertel het. Jotam was dus ’n ware persoon wat ’n verhaal vertel het:

Rig 9:7 Dit is aan Jotam vertel en hy het op Gerisimberg gaan staan en vir hulle geskree: “Luister na my, leiers van Sigem, dan sal God na julle luister.

Rig 9:16 “Dink julle miskien julle het opreg en in goeie trou gehandel toe julle vir Abimelek koning gemaak het? Het julle reg opgetree teenoor Jerubbaäl en sy huis? Het julle hom behandel volgens wat hy verdien?

2.1.4. Is daar ander dele in die Bybel wat Genesis 1-11 bevestig as ware geskiedenis?

In Eksodus 20:11 en 31:18 en 32:16 skryf God met sy eie vinger as deel van die tien gebooie “Die Here het in ses dae die hemel en alles daarin gemaak, die aarde en alles daarop, die see en alles daarin. Op die sewende dag het Hy gerus, en daarom het die Here dit as gereelde rusdag geheilig.” Wie wil in ’n God glo wat so ’n fout maak? Hierdie is ook bewys dat Genesis voor Eksodus geskryf is en nie vir die eerste keer in ballingskap ~600 vC nie.

Daar is ook ’n hele paar plekke in die Nuwe Testament wat na ’n skepping in ses dae verwys of wat na Gen 1-11 verwys as geskiedenis:

  • Markus 10:6 “Maar van die begin af, van die skepping af, ‘het God hulle man en vrou gemaak.’” (Volgens evolusie het die mens eers ongeveer 1 miljoen jaar gelede tevoorskyn gekom, maar die heelal is ~15 miljard jaar oud. Dus was die mens nie van die begin van die skepping daar nie.)
  • Lukas 17:26-27 “Net soos dit in die tyd van Noag gegaan het, so sal dit ook gaan in die tyd van die Seun van die mens: hulle het maar soos gewoonlik geëet en gedrink en getrou tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het. Toe kom die sondvloed, en dit het hulle almal uitgewis.” (Jesus verwys hier na Noag as werklike/historiese persoon en nie as mites nie.)
  • 1 Johannes 3:12: “Moenie soos Kain wees nie. Hy het aan die Bose behoort en het sy broer vermoor. En waarom het hy hom vermoor? Omdat sy eie dade sleg was en sy broer s’n reg.”

Is hierdie dele hierbo nie ook maar soos gelykenisse wat Jesus vertel het wat nie werklik waar is nie?

Nee, daar is ’n duidelike verskil. As dit ’n gelykenis is, dan word dit altyd gesê, of die gelykenis bevat woorde soos: “eendag”, “daar was”, “soos” en “as”:

Voorbeelde van gelykenisse is die volgende:

  • Mat 13:3 “’n Saaier het eendag gaan saai…”
  • Mat 13:31 “Hy het nog ’n gelykenis aan hulle voorgehou en gesê:”
  • Mat 13:44 “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met ’n skat wat in ’n saailand onder die grond lê.”
  • Mat 18:12 “Hoe dink julle? As iemand honderd skape het en een van hulle raak weg,…”
  • Mat 21:33 “Luister na nog ’n gelykenis,” het Jesus gesê.”
  • Mat 22:1 “Jesus het weer in gelykenisse met die mense gepraat.”

Verder bevat gelykenisse nie detail nie (dit is slegs die gelykenis van Lasarus en die ryk man, waar ’n naam genoem word) (kyk Inligting oor die 4 evangelies vir ’n lys van die gelykenisse).

Dit is egter nie nodig om net in die Nuwe Testament te gaan soek vir die manier hoe God geskep het nie, want die God van die Nuwe Testament is ook die God van die Ou Testament (Heb 13:8). (Kyk ook Did Jesus say He created in six days?)

2.1.5. Ander

Hugh Ross is ’n teïstiese evolusionis wat miljoene jare met die Bybel wil versoen. In ’n debat met Kent Hovind (Ross–Hovind Debate, John Ankerberg Show, October 2000) wil hy die argument gebruik dat God ook in ’n nanosekonde kon skep, dus hoe het Hy geskep? Die antwoord is eenvoudig – soos God sê hy geskep het – in ses dae.

Sommige mense redeneer dat skeppingsleerders God wil beperk in die manier hoe Hy geskep het. Dit is egter nie ’n geldige argument nie. Ek sou eerder sê dat mense wat dit sê nie God glo as Hy sê hoe Hy geskep het nie. Om hierdie argument verder te neem: is dit ook verkeerd om te redeneer dat jy slegs deur Jesus gered kan word? Is dit nie om God te beperk nie?

2 Petrus 3:8 (“Een ding moet julle egter nie vergeet nie, geliefdes: vir die Here is een dag soos duisend jaar en duisend jaar soos een dag.”) kan ook nie gebruik word as argument dat God deur miljoene jare geskep het nie. Hier word duidelik na die wederkoms verwys. Kyk 2 Peter 3:8—‘one day is like a thousand years’.

Die idee dat die aarde miljoene jare oud is, kom dus glad nie in die Bybel voor nie, maar is agv invloede van buite die Bybel. Alle argumente dat die Bybel wel sê dat God deur evolusie en miljoene jare geskep het, is slegs ’n poging om die Bybel met die “wetenskap” te versoen.

Kyk ook:

2.2. Geslagsregisters

Genesis 5 bevat die geslagsregister van Adam tot Noag in baie detail. Geslagsregisters is nooit deel van mites nie, maar geskiedenis. Dit word weergegee in die volgende formaat:

  • Toe [persoon A] a jaar oud was, is [persoon B] gebore.
  • [Persoon A] het na die geboorte van [persoon B] nog aa jaar geleef en nog seuns en dogters gehad.
  • Toe [persoon B] b jaar oud was, is [persoon C] gebore.
  • ensovoorts…

Wie in die geslagsregisters is ware mense en wie is fiktief?

  • In Genesis 11 word die geslagsregister gegee vanaf Sem tot Abram: Gen 11:26 Toe Tera sewentig was, het hy die vader geword van Abram, Nahor en Haran. Gen 12 begin met: “Die Here het vir Abram gesê: “Trek uit jou land uit, weg van jou mense en jou familie af na die land toe wat Ek vir jou sal aanwys.” Dit maak nie sin dat Abraham histories is en in ’n fiktiewe geslagsregister voorkom nie.
  • Lukas 3:23 gee die geslagsregister van Jesus tot by Adam. v34 lui: “seun van Jakob, seun van Isak, seun van Abraham, seun van Tera, seun van Nahor” en v38 lui: “seun van Enos, seun van Set, seun van Adam, die seun van God.” Abraham is net deel van hierdie geslagsregister sonder enige aanduiding dat die mense voor Abraham fiktief is nie. Dit maak nie sin om te sê dat al die mense voor Abraham fiktief was nie. ’n Mens kan so iets nêrens uit die Bybel aflei nie. (Terloops, kyk The Virginal Conception of Christ (paragraaf 5 Reliability of the birth narratives, b, 3) oor die rede hoekom die geslagsregisters volgens Matteus 1 en Lukas 3 verskil.)

Vandag word selfs Abraham se historisiteit bevraagteken (kyk Kommentaar op Jurie le Roux se studienotas oor Abraham), wat baie teologiese probleme bring. Maar kom ons veronderstel vir nou dat Abraham histories was. Kan dit werklik wees dat daar ’n gedetaileerde geslagsregister sal bestaan vir ’n werklike persoon (Abraham) en dit is geskryf as geskiedenis, maar die teoloë het verklaar dat dit sommer net onsinnige inligting is? Dit maak glad nie sin nie.

As ’n mens egter wel die geslagsregisters glo, hoekom nie die geskiedenis rondom die geslagsregisters nie, wat ook met net soveel sorg en detail opgeteken is.

Volgens evolusie het die eerste mens ongeveer 1 miljoen jaar gelede sy verskyning gemaak. Volgens die geslagsregisters was die skepping 4004 vC. Daar is geen aanduiding dat die geslagregisters onvolledig is nie (kyk Biblical chronogenealogies). En selfs al is daar mense uitgelaat, is dit onrealisties om te dink dat dit so onvolledig is dat ’n mens ooit by 1 miljoen jaar sal uitkom. Verder is dit hoogs onwaarskynlik dat die mensdom al so lank op aarde is, want daar is te min mense en grafte op die aarde (kyk Waar is al die mense?)

Kyk ook:

2.3. Ouderdomme

Hoekom word gesê dat mense voor die sondvloed 900 jaar oud geword het, maar na die sondvloed slegs in die orde van 120 jaar? Indien die geslagsregisters uitgedink is of mites was, is dit baie onrealisties om dit te doen.

Job 42:16 lui soos volg: “Job het nog honderd en veertig jaar gelewe. Hy het sy kinders en kindskinders tot in die vierde geslag gesien.” Dus het Job ten minste 180 jaar oud geword (en dit is volgens my ’n konserwatiewe skatting). Is Job ook nie histories nie? Wat is dan die doel van die boek Job in die Bybel? Troos? Dit sal baie goedkoop troos wees as Job nie ’n werklike persoon was nie.

Vir moontlike redes hoekom mense se ouderdomme so drasties verminder het na die sondvloed, kyk Hoë Bybelse ouderdomme.

Hierdie bevestig eerder die sondvloed – dat daar werklik ’n globale uitwissing van mense was en wat veroorsaak het dat die mensdom ’n magdom genietiese inligting verloor het in die proses.

Gepraat van Job, in Job 31: staan: (33) as ek, soos Adam, my oortredinge bedek het deur my ongeregtigheid in my boesem weg te steek, (34) omdat ek bang was vir die groot menigte en die veragting van die geslagte my laat skrik het, sodat ek my stil gehou, die deur nie uitgegaan het nie!

Hier verwys Job na beide Adam en die sondeval. Hierdie is baie sterk aanduiding dat beide Adam én Job historiese figure was, nie mitiese figure nie. Dit maak nie sin dat Job só na Adam sou verwys het indien Adam mities was nie.

2.4. Adam se rib

Volgens die Bybel het God Eva uit Adam se rib gemaak. Interessant; indien ’n rib reg uitgehaal word, groei dit weer terug. Dokters doen dit gewoonlik indien ’n persoon been op ’n ander plek nodig het. Dit is slégs ribbebene wat kan teruggroei. Is dit bloot toevallig dat God juis een van Adam se ribbebene gebruik het om Eva te maak, die enigste been wat kan teruggroei? Dit is onmoontlik dat mense dit al geweet het toe hierdie opgeskryf is, selfs al was dit vir die eerste keer in ballingskap geskryf (kyk Regenerating ribs).

2.5. Huwelike

Waar kom die idee van huwelike vandaan? Naas Genesis 2, lees ons weer die eerste keer tydens die uittog uit Egipte dat God oor huwelike praat. Maar lank voor dit het mense al getrou: dink maar aan Abraham, Isak en Jakob.

Verder, waar kom die idee vandaan dat elke man slegs een vrou mag hê?

Mense kan sê dat bv Abraham en Jakob twee vroue gehad het en Dawid en Salomo selfs meer, dus het God moontlik nog nie toe al beveel dat ’n man slegs een vrou mag hê nie. Maar in Deut 17:17 sê die Bybel al: “Die koning mag ook nie baie vrouens hê nie, sodat hy nie aan die Here ontrou word nie. Hy mag ook nie sy silwer en goud te veel laat word nie.”

Dus het mense soos Dawid en Salomo wat meer as een vrou gehad, nie volgens God se wil opgetree nie.

Kyk ook:

2.6. Wat is die doel van Genesis 1-11?

Daar is Christene wat sê dat die doel van Genesis 1-11 slegs is om te sê dat God geskep het, maar nie hoe nie – dit is waarvoor die wetenskap daar is. Maar as Gen 1-11 nie histories is nie, is die vraag of God enigsins geskep het. As Genesis 1-11 geleen is van ander mites, kan ’n mens niks daarvan glo nie, want ’n mite is iets wat nie (noodwendig) werklik gebeur het nie. Op grond waarvan word dan gesê dat God wel geskep het? Het alles nie dan werklik vanself ontstaan nie?

  • Jy kan nie Psalm 33:6 “Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.” gebruik sonder om nie ook in die sondvloed te glo nie, wat beskryf word in Psalm 104:6-9.
  • Wat Jesus in Matteus 19:4 “Hy het hulle geantwoord: “Het julle nie gelees dat die Skepper hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie?” sê kan ook nie gebruik word sonder om in Adam, Eva en Noag as werklike mense te glo nie, want Jesus het van hulle gepraat as mense wat werklik bestaan het. (kyk ook Matt 24:37-39)
  • Paulus sê wel in Handelinge 17:24 “God, wat die wêreld met alles wat daarin is, gemaak het, Hy is die Here van hemel en aarde, en Hy woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie.”, maar het Paulus dit nie maar net gesê omdat hy nog in daardie tyd gedink het dat die ou geskrifte werklik histories is nie?

Dus, indien iemand glo dat Genesis 1-11 geleen is van ander volke, kan hy nie redeneer dat die doel van Genesis is om te sê dat God wel geskep het nie, want êrens gaan hy/sy nie konsekwent wees nie. Om konsekwent te wees, moet jy verklaar dat ons niks van die skepping uit die Bybel kan aflei nie en dat Jesus en ander mense in die Ou Testament verkeerdelik daarna verwys.

2.7. Geen sondeval

Volgens die Bybel is dit duidelik dat daar ’n sondeval was en dat dit ook die rede was dat Jesus vir die mensdom aan die kruis moes sterf (Rom 5). Evolusie impliseer dat daar nie ’n sondeval was nie en dit hou baie probleme in vir die evangelie:

2.7.1. God skep wreed

Skeppingsleerders glo dat dood en swaarkry nie deel van God se skepping was nie, maar het eers gekom na die sondeval omdat Adam en Eva gesondig het. Indien God egter wel deur evolusie geskep het, het God ’n wrede proses van dood en swaarkry gebruik om te skep en ook die natuur wreed gemaak – dood en oorlewing van die sterkstes (kyk later vir aanhalings hieroor). Dit is egter teenstrydig met God se karakter.

2.7.2. Wat sê die Bybel oor dood voor die sondeval

Die eerste keer wat ons in die Bybel lees van dood is toe God vir Adam en Eva klere van diervel gegee het in Genesis 3:21.

Verder is die Bybel ook duidelik dat daar nie dood voor die sondeval was nie. Kyk bv Romeine 5 en 1 Korintiërs 15:21-22, 26 en 45.

En Genesis 1:

(25) En God het gesien dit is goed.

(29) Verder het God gesê: “Let op! Ek gee aan julle al die plante wat saad gee op die hele aarde; ook al die bome wat vrugte dra en saad gee. Dit sal julle kos wees.
(30) Maar aan die wilde diere op die aarde en aan die voëls in die lug en aan die diere wat op die aarde kruip, aan alles wat leef, gee Ek al die groen plante as kos.” So het dit gebeur.
(31) Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die sesde dag.

Drie dinge om op te let uit die verse hierbo, is:

  1. God het vir almal plante gegee om te eet. Niemand/niks kon ander diere eet nie. Dit is eers na die sondvloed waar God sê dat ander diere geëet mag word (Gen 9:3 Alles wat roer en lewe, sal kos wees vir julle. Naas die groen plante gee Ek dit alles vir julle.).
  2. Dit is duidelik dat daar van gewone dae gepraat word (“Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die sesde dag.”)
  3. God het gesien dat dit goed was. As God dood en swaarkry gebruik het, maak hierdie nie sin nie. Douglas Kelly (Gereformeerde teoloog) het die volgende baie waar ding gesê: I would simply suggest that to interpret ‘very good’ as including pre-Fall pain, death, etc. is simply inadmissible in terms of proper Hebrew exegesis. If one can turn a word (or two words— tobh me’od) upside down on its head to mean the exact opposite of what it clearly says, the authority of Scripture is a nose of wax to be shaped by the changing culture.

2.7.3. Is dood noodwendig sleg?

Sommige mense wat evolusie of miljoene jare met die Bybel wil versoen besef dat hierdie ’n probleem is en wil betwyfel of dood werklik sleg is. Daar is ’n hele paar argumente wat bevestig dat die dood sleg is en nie deel was van God se aanvanklike plan met die aarde nie. Hieronder volg ’n paar punte:

Gaan vra vir enige ouer wat ’n kind verloor het – ek wonder of jy een sal kry wat sal sê dat die dood nie sleg is nie.

Baie ateïste gebruik juis hierdie argument om God daarvan te beskuldig dat Hy wreed is en nie goed nie. Die volgende onderhoud met Jacques Monod illustreer dit:

Christen: …one could conceive of God using randomness just so long as there was the pattern which he was imposing upon the results of the chance mutations.

Monod: If you want to assume that, then I have no dispute with it, except one (which is not a scientific dispute, but a moral one). Namely, selection is the blindest, and most cruel way of evolving new species, and more and more complex and refined organisms… .

Christen: Why is it cruel?

Monod: The struggle for life and elimination of the weakest is a horrible process, against which our whole modern ethics revolts. An ideal society is a non-selective society, is one where the weak is protected; which is exactly the reverse of the so-called natural law. I am surprised that a Christian would defend the idea that this is the process which God more or less set up in order to have evolution.

[Uit Jacques Monod and theistic evolution]

Charles Templeton het sy geloof oor hierdie rede verloor: Hy het die volgende gesê:

“Why does God’s grand design require creature with teeth designed to crush spines or rend flesh, claws fashioned to seize and tear, venom to paralyze, mouths to suck blood, coils to constrict and smother — even expandable jaws that prey may be swallowed whole and alive?” en “Nature is, in Tennyson’s vivid phrase, ‘red in tooth and claw,’ and life is a carnival of blood.” (Uit Slippery slide to unbelieve)

As God evolusie gebruik het, impliseer dit ook dat God nie baie effektief geskep het nie. Carl Sagan sê:

“If God is omnipotent and omniscient, why didn’t he start the universe out in the first place so it would come out the way he wants? Why is he constantly repairing and complaining? No, there’s one thing the Bible makes clear: The biblical God is a sloppy manufacturer. He’s not good at design, he’s not good at execution. He’d be out of business if there was any competition.” (Uit The god of an old earth)

Vir meer oor evolusie wat impliseer dat God wreed is, kyk die volgende:

Jesaja 11:6-9
(6) Wolwe en skape sal dan saam bly, luiperds sal tussen bokkies lê, kalwers, leeus en voerbeeste sal bymekaar wees en klein seuntjies sal vir almal sorg.
(7) Koeie en bere sal saam wei, hulle kleintjies sal bymekaar lê, leeus sal gras eet soos beeste.
(8) Babatjies sal by die gate van adders speel, klein kindertjies sal hulle hande uitsteek na giftige slange.
(9) Op my heilige berg sal niemand kwaad aanrig of iets verniel nie, want die aarde sal so vol wees van die kennis van die Here soos die see vol water is.

En Jesaja 65:25
(25) Die wolf en die lam sal saam wei, die leeu sal strooi vreet soos ’n bees, en stof sal die kos van die slang wees. Op my heilige berg sal niks verkeerds gedoen word nie, niks vernietig word nie, sê die Here.

Jesaja 11:6-9 en 65:25 hierbo beeld baie duidelik “goed” uit. God het in Genesis 1:25 gesê dat Hy goed geskep het. Dus is dit ’n goeie afleiding om te maak dat die gedeelte hierbo ’n aanduiding gee hoe “goed” lyk, hoe dit was voor die sondeval – geen dood en geen vyandskap.

Handelinge 3:21
(21) Hy moet in die hemel bly totdat God alles nuut gemaak het. Dit het God reeds lank gelede deur sy heilige profete gesê.

En Romeine 8:22
(22) Ons weet dat die hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting.

As dood nie sleg is nie, wat moet God nuut maak en hoekom sug die skepping as God goed geskep het?

1 Korintiërs 15:26
(26) Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.

Hier word gepraat van dood as die “vyand”.

***********************

Dit is duidelik dat daar nie dood voor die sondeval was nie en dat dood sleg is.

Soms vra mense hoekom laat God dood en swaarkry toe as Hy almagtig is. Die sondeval stel Christene in staat om vir hierdie mense ’n antwoord te gee – God het nie aanvanklik so geskep nie, maar dit het so geword agv die sonde van Adam en Eva. As jy nie aan ’n sondeval glo nie, kan jy nie so iemand oortuigend antwoord nie.

Vir meer oor dood en wreedheid in die wêreld, kyk:

2.7.4. Jesus se kruisiging nie nodig nie

Romeine 5 is duidelik dat Jesus gekruisig moes word agv die sondeval in Genesis. Vers 15b lui onder andere: “Deur die oortreding van een mens het baie gesterf, maar die genade van God en die gawe wat deur die genade van die een Mens, Jesus Christus, gekom het, is veel oorvloediger aan baie geskenk.” Kyk ook 1 Korintiërs 15:21-22, 26 en 45.

As daar nie ’n letterlike sondeval was nie, was Jesus se kruisiging oorbodig. Kyk wat sê Richard Bozarth (ateïs):

Christianity has fought, still fights, and will fight science to the desperate end over evolution, because evolution destroys utterly and finally the very reason Jesus’s life was supposedly made necessary. Destroy Adam and Eve and the original sin, and in the rubble you will find the sorry remains of the son of god. Take away the meaning of his death. If Jesus was not the redeemer that died for our sins, and this is what evolution means, then Christianity is nothing.

[Uit The Atheists Know … Why Christianity has to Fight Evolution]

En ateïs, Frank Zindler:

“The most devastating thing though that biology did to Christianity was the discovery of biological evolution. Now that we know that Adam and Eve never were real people the central myth of Christianity is destroyed. If there never was an Adam and Eve there never was an original sin. If there never was an original sin there is no need of salvation. If there is no need of salvation there is no need of a saviour. And I submit that puts Jesus, historical or otherwise, into the ranks of the unemployed. I think that evolution is absolutely the death knell of Christianity.” (Frank Zindler, in a debate with William Lane Craig, Atheism vs Christianity video, Zondervan, 1996 – The enemy revealed)

En Biskop John Shelby Spong, wat homself ’n Christen noem:

“And Charles Darwin not only made us Christians face the fact that the literal creation story cannot be quite so literal, but he also destroyed the primary myth by which we had told the Jesus story for centuries. That myth suggested that there was a finished creation from which we human beings had fallen into sin, and therefore needed a rescuing divine presence to lift us back to what God had originally created us to be. … And so the story of Jesus who comes to rescue us from the Fall becomes a nonsensical story. So how can we tell the Jesus story with integrity and with power, against the background of a humanity that is not fallen but is simply unfinished?” (Uit Spong is wrong. Kyk ook What’s Wrong With Bishop Spong?)

Kyk ook:

2.7.5. Waar kom klere vandaan?

Mense wat nie wil glo dat daar ’n sondeval was nie, het ’n probleem om te verklaar hoekom mense besluit het om te begin klere dra. Na die sondeval was Adam en Eva outomaties skaam vir mekaar, dus het daar fisies iets in hulle brein verander.

Buiten die feit dat mense vandag skaam is om kaal rond te loop, dra mense ook klere teen die koue en soms as status simbool. Maar dit is nie die hoof rede nie, want maak nie saak hoe warm dit is nie, die meeste mense sal nogsteeds klere dra. Nudiste dra nie klere nie, maar ek kan vir geen oomblik dink dat dit God se goedkeuring wegdra nie.

Kyk ook The relevance of creation.

2.7.6. Kan jy die sondeval met evolusie versoen?

’n Mens kan probeer om ’n sondeval met evolusie te versoen deur te redeneer dat Adam en Eva wel werklik bestaan het, maar daar is 3 probleme met hierdie benadering:

Eerstens, veronderstel Adam en Eva het werklik 4004 vC geleef, sou hulle saam met ander mense op aarde geleef het, want volgens evolusie het die mens ongeveer 1 miljoen jaar gelede tevoorskyn gekom. Dit sou baie onregverdig wees as al die ander mense reeds op aarde ook gestraf moes word vir die sonde van Adam en Eva.

Tweedens, veronderstel Adam en Eva was die eerste mense wat uit ape geëvolueer het en het ongeveer 1 miljoen jaar gelede geleef: Volgens die evolusiehipotese het evolusie deur baie klein veranderingetjies plaasgevind, dus sou dit baie moeilik wees om te onderskei tussen ’n aap en die eerste mens, want selfs vandag kry ’n mens mense met verskillende intelligensievlakke. Adam en Eva se ouers sou slegs ’n baie klein fraksie dommer wees as hulle omdat evolusie so stadig gebeur. Maar veronderstel daar was ’n duidelike verskil tussen Adam en Eva as mense aan die een kant en hulle ouers (en ander amper-mense) as ape aan die ander kant, sou Adam en Eva se intelligensie definitief nie hoog gewees het nie. Dit sou baie onverskillig van God wees om aan hulle so ’n groot verantwoordelikheid te gee – om te sê dat as hulle sondig, die hele wêreld vervloek sal word.

Derdens, wat sou die betekenis van die sondeval wees as daar alreeds dood en swaarkry voor die sondeval was? En dan is daar nogsteeds die probleem dat God ’n wrede proses gebruik het om te skep – jy kan nie daarby verby kom nie.

Hugh Ross probeer miljoene jare met ’n sondeval te versoen, maar sukkel. Kyk The Fall: a cosmic catastrophe.

Biskop John Shelby Spong in Spong is wrong en What’s Wrong With Bishop Spong? probeer nie eers nie, want ek dink hy weet hoeveel probleme dié teorie het.

’n Verdere probleem met Hugh Ross se teorie dat ’n mens evolusie en miljoene jare met die Bybel kan versoen, is dat dit mense soos die Neandertallers, Australiese Aboriginies en Amerikaanse Indiane uitsluit as mense met siele. (Hulle kon egter praat, kuns, geloof en kultuur beoefen.) Die rede hiervoor is dat hierdie mense volgens sekere dateringsmetodes voor Adam en Eva geleef het. Dus as Adam en Eva die eerste mense was, was hierdie mense nie werklike mense nie. Kyk Is cruelty normal? vir meer besonderhede hieroor.

2.8 Wat van ’n ou aarde en heelal sonder evolusie?

Daar is baie Christene wat nie aan evolusie glo nie, maar wel dat die aarde en heelal miljoene of miljarde jare oud is en nie ongeveer 6000 jaar oud soos ’n mens uit die Bybel kan bereken nie. Daar is die volgende probleme met so ’n siening:

  • Die gesag van die Skrif word bevraagteken. Soos reeds gesê is die Bybel baie duidelik oor die 6 dae skepping. As mense nie die Bybel wil glo oor 6 dae nie, dan raak dit baie maklik om ook ander dinge te bevraagteken. (Kyk Did God create over billions of years? And why is it important?)
  • Daar is steeds die probleem van dood voor die sondeval:
    • Volgens die “wetenskap” het dinosourusse 65 miljoen jaar gelede geleef. Dus moes daar dood gewees het.
    • Daar is fossiele van diere in die geologiese kolom (rotslae) wat na bewering miljoene jare oud is.
  • Dit is ’n baie inkonsekwente posisie, want jy besluit om sommige historiese wetenskap te glo en ander nie.

Baie mense wil glo aan ’n ou heelal omdat hulle nie kan verstaan hoe ons sterlig kan sien van sterre wat miljarde ligjare ver is nie. Gewoonlik is hierdie mense glad nie bewus van die huidige probleme met die oerknal hipotese nie en ook nie van die baie beter hipotese van skeppingsleerders nie. Die oerknal hipotese benodig donkermaterie en energie terwyl die sogenaamde witkolk hipotese dit nie nodig het nie en ook verklaar hoe ’n mens sterlig kan sien van sterre wat miljarde ligjare ver is. Kyk bv:

’n Ander probleem wat mense het is hoe daar dae kon wees op dag 1 tot 3 as die son eers op dag 4 geskep is. Vir dae het jy nie ’n son nodig nie – slegs ’n lig en ’n roterende aarde. God was heel moontlik die lig en dit word bevestig in die Bybel (Openb 21:23 and 22:5 – daar is egter nog baie meer verse wat na God verwys as lig – soek die woord “lig” in die Bybel. Bv Luk 2:32). Kyk ook Evenings and mornings en Six days? Really? en Morning has broken … but when?

2.9. Mense van daardie tyd in beter posisie om te oordeel

Die Ou Testament is al voor Jesus se tyd gekanoniseer is. Die skrifgeleerdes van daardie tyd het geglo dat Genesis 1-11 histories is. Hulle sou in ’n baie beter posisie as vandag se teoloë of wetenskaplikes gewees het om te oordeel of ’n ding ’n storie/mite was of werklike geskiedenis. Die volgende aanhaling uit Genesis: Myth or History? sê dit baie goed:

Bible authors believed Genesis to be history and they rejected myths and ‘cleverly invented stories’ (2 Peter 1:16). Eminent early exegetes like Josephus, medieval Jewish scholars, church fathers like Basil the Great, Reformers like Luther and Calvin, also all understood it to be historical. C.S. Lewis had strong words to say about modernists writing thousands of years later and far removed from the cultural context, yet claiming to understand the text better that those living much closer to the time and culture of the writings. He also came to reject evolution.

Kyk ook die ongelooflike goeie artikel Fern-seed and Elephants, deur CS Lewis, wat wys hoe maklik iemand anders se werk verkeerd geïnterpreteer kan word.

2.10. Argeologie

Die argeologie bevestig nie net die Nuwe Testament nie, maar ook die Ou Testament. Kyk bv:

2.11. Was die sondvloed ’n globale vloed of slegs ’n lokale vloed?

Let op hoe duidelik is die Bybel daaroor dat die sondvloed ’n globale vloed was:

Genesis 7:20-23: “Die water het amper sewe meter bokant die berge gestyg en dit bedek. Al wat op die aarde geleef het, het omgekom: diere wat kruip, voëls, mak diere, wilde diere, ja, alles wat op aarde wemel, ook al die mense; alles wat lewensasem in die neus gehad het, alles wat op land geleef het, is dood. So het God alles wat op die aarde geleef het, uitgewis: mens en dier, ook dié wat kruip, en die voëls, hulle almal is weggevee van die aarde af. Net Noag en dié by hom in die ark is gespaar. Die water het die aarde honderd en vyftig dae lank oorstroom.”

In Genesis 9:14-16 maak God die volgende belofte: “Wanneer Ek wolke oor die aarde laat saampak, en die reënboog verskyn in hulle, (15) sal Ek dink aan my verbond met julle en al die wilde diere volgens hulle soorte. Daar sal nooit weer vloedwaters kom wat alle lewende wesens uitroei nie. (16) Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, sal Ek dink aan die ewige verbond tussen My en al die lewende wesens op die aarde.”

As die sondvloed slegs ’n lokale vloed was, is God nie getrou aan hierdie belofte nie: Daar was immers nog baie ander vloede na die sondvloed wat 1000e mense doodgemaak het. Ek dink maar aan die tsunami-vloed in Indonesië waar meer as 225 000 mense dood is op 26 Desember 2004. Met hierdie tsunami-vloed weet ons wat die omvang van die skade was en die water was maar skaars ’n paar dae op land en toe is dit weer weg. Met die sondvloed was Noag 150 dae op see (Gen 8:3). Dit kon beswaarlik slegs ’n lokale vloed gewees het.

As die vloed slegs lokaal was, hoekom het God vir Noag ’n ark laat bou? Hoekom het Hy hulle nie net laat trek nie?

Hoekom was daar voëls op die ark? Hulle kon mos net weggevlieg het.

Hoekom was die ark so groot? Wetenskaplike studies het aangetoon dat hierdie afmetings-verhoudings baie ideaal is vir stabiliteit in onstuimige waters. Dit bevestig dus die Bybelse verklaring dat God aan Noag die afmetings gegee het, want hy kon onmoontlik nie die ideale afmetings vir so ’n massiewe, eerste-ooit-struktuur, uit eie ervaring geken het nie. Sou die ark groot genoeg gewees het vir al die diere? Ja. Kyk How did all the animals fit on Noah’s ark?.

Hoe kon die water amper sewe meter (Gen 7:20) bo die berge gestyg het as dit net lokaal was?

Dit sou onnodig en onwaar gewees het om te verklaar dat die hele aarde vanaf die Araratberge, waar die ark tot stilstand gekom het, bevolk is indien die vloed net plaaslik was. (Gen 9:19 “…en uit hulle is die hele aarde bevolk.”)

In 2 Petrus 3 word daar ’n vergelyking getref tussen die wêreld wat destyds deur water vergaan het, en die aarde (en die heelal) wat in die toekoms deur vuur sal vergaan.

In Matteus 24:37-39 bevestig Jesus die vloed van Noag en die wêreldwye aard daarvan.

Dit lyk vir my ’n mens het slegs twee opsies:

  1. Of jy glo die vloed was werklik en globaal, of
  2. Jy glo nie dat daar enigsins ’n vloed was nie en dat die Bybel stories vertel.

’n Mens kan dus nie sê dat die vloed slegs lokaal was nie.

Indien ’n mens nie glo dat daar ’n Noag was nie, is daar verdere probleme:

  • Waar kom die Bybel aan die ark se afmetings? Dit is baie realistiese afmetings veral vir daardie tyd.
  • Waar kom al die vloedverhale van verskillende volke vandaan (Kyk diagram in Noah’s Flood and the Gilgamesh Epic)? Van al die verskillende verhale vertel die Bybel die vloed in die meeste detail. Dit is baie duidelik dat die ander volke eerder hulle vloedlegendes van die Bybelse (werklike) sondvloed geleen het.
  • Die oudste boom op aarde en die koraalriwwe van Australië is ongeveer 4 000 jaar oud. Die sondvloed het ongeveer 2 348 vC gebeur, dus ongeveer 4 000 jaar gelede. Is dit toevallig?
  • As jy Noag en Adam en Eva wil afmaak as onwaar, wat kan ’n mens nog in die Bybel afmaak as nie waar nie?

Kyk ook:

2.12. Evolusie tas die gesag van die Bybel aan

As God evolusie gebruik het om te skep, is Genesis 1 nie waar nie – selfs die volgorde van evolusie en skepping volgens die Bybel verskil. Wat sê dit dan van die res van die Bybel se gesag? As mense besluit dat slegs 1% van die Bybel nie waar is nie, dan kan die 1% maklik uitbrei na 99%. Elke Christelike lering is gebaseer op die waarheid en die gesag van die Bybel. Wat glo jy en wat glo jy nie? Sommige Christene “interpreteer” Genesis 1-11 baie maklik as simbolies of metafories, maar as dit by die gebeure rondom Jesus kom, glo hulle dat alles letterlik gebeur het. Dit is nie konsekwent nie. Indien jy nie wil glo dat God geskep het soos Hy in sy Woord sê nie, hoe besluit jy wat ’n mens letterlik in die Bybel moet opneem en wat nie:

  • Neem in ag dat die son stilgestaan het in Josua 10:12 en 13. Dit is na Genesis 11 geskryf en is dus geskiedkundig korrek is. Is daar mense wat bereid is om dit te glo, maar nie ’n skepping in 6 dae of ’n wêreldwye vloed nie? Die son wat stilgestaan het, is volgens my baie meer onwaarskynlik as ’n wêreldwye vloed. Dink vir ’n oomblik aan die implikasie: die aarde met ’n massa van 5.98×1024 kilogram en wat teen 54 000 km/h om die son beweeg en wat teen 1 700 km/h om sy eie as draai by die ewenaar, moes gaan stilstaan het vir amper 24 uur en moes dan weer in beweging kom asof niks gebeur het nie.
  • Die 10 plae.
  • Die rooisee en Jordaanrivier wat oopgekloof het.
  • Bileam se donkie wat gepraat het.
  • Jerigo se mure wat geval het.
  • Jona wat deur ’n vis ingesluk is.
  • Jesus se maagdelike geboorte, wonderwerke, opstanding en hemelvaart.

Al bogenoemde dinge is ook direk teenstrydig met die wetenskap, net soos ’n 6-dagse skepping. En daarom tas dit baie mense se geloof aan (kyk “Evolusie tas mense se geloof aan” in die volgende paragraaf).

Mense dink dat die wetenskap (evolusie en/of miljoene jare) wys dat ’n mens die Bybel anders moet interpreteer. As evolusie en/of miljoene jare egter werklik waar is, beteken dit net dat die wetenskap die Bybel verkeerd bewys het, nie dat ’n mens die Bybel anders kan interpreteer nie. As ’n mens so met die Bybel tewerk gaan, kan ’n mens enige-iets daarin verander wat jou pas, soos bv seks buite die huwelik of homoseksualiteit. En dan het die Bybel geen gesag meer nie – dan kan ’n mens nie meer sê: “Want die Bybel sê so” nie.

Kyk ook:

2.13. Evolusie tas mense se geloof aan

Indien evolusie waar is, is die Bybel nie betroubaar nie. Verder word mense geleer dat evolusie ’n proses is wat self plaasvind en dat daar dus nie ’n God nodig was om te skep nie. Dit het al veroorsaak dat baie mense hulle geloof in die Bybel en so ook in God verloor het. Die Bybel gee dan nie antwoorde oor die oorsprong van die mens nie en dus verloor mense hulle belangstelling daarin. Ongelowiges beskuldig teïstiese evolusioniste van skynheiligheid – hulle glo dan nie eers hulle eie Heilige boek nie. Die volgende twee verse laat ’n mens ook dink oor hierdie saak:

  • Johannes 3:12: “Ek het julle van die aardse dinge vertel en julle glo dit nie, hoe sal julle glo as Ek vir julle van die hemelse vertel?”
  • Johannes 5:46-47: “As julle Moses geglo het, sou julle in My geglo het, want hy het van My geskrywe. Maar noudat julle nie glo wat hy geskryf het nie, hoe sal julle My glo?”

Hier volg pastoor Joe Boot se reaksie op mense wat dink dat skepping vs evolusie ’n randkwessie is: Suggesting this is a ‘side issue’ not only reveals a lack of exposure to skeptics and seekers in our time, but a profound ignorance of the Bible and the elementary questions of philosophy. Can you imagine, Moses, Jesus, Paul, Augustine, Aquinas, Calvin, Pascal, Copernicus, Galileo, or even Darwin, Marx, and Freud referring to the question of origins as a ‘side issue’?”(Uit With no apology!)

Kyk ook Hoe evolusie mense mense se geloof beïnvloed.

Party Christene sê dat dit nie hulle eie geloof beïnvloed nie en in meeste gevalle is dit so. Maar sulke mense besef nie dat dit eintlik bietjie selfsugtig is nie. Die Bybel is duidelik dat Christene so moet optree sodat ander mense se geloof versterk kan word (1 Kor 10:24-33; Matt 18:6; Hand 16:3; 1 Kor 9:22-23). Verder kan ’n mens maklik hierdie kwessie onderskat as jyself met ’n baie sterk Christelike fondasie grootgeword het. En verder is die vraag hoe sterk jou geloof kan wees as jou geloof se fondasies verwyder is…

***********************

Kyk ook Die Bybel oor skepping vs evolusie.

Waarna volgende gekyk gaan word is hoe seker die wetenskap is oor evolusie en miljoene jare?

3. Wetenskaplike probleme met evolusie

3.1. Evolusie is ’n teorie om dinge te verklaar sonder God

Dit is baie belangrik is om te besef dat evolusie ’n teorie is om te verklaar hoe dinge ontstaan het sonder God. Dit was Darwin se motivering (kyk Charles Darwin Questions and Answers en The Darwin Anniversary). Dit word naturalisme genoem. In die wetenskapswêreld word geglo dat alles self, sonder ’n god, dmv evolusie plaasgevind het. God word nie in die prentjie toegelaat nie, omdat dit kwansuis nie wetenskaplik is nie.

Professor Richard Lewontin (prominente evolutionis) erken die volgende:

“We take the side of science in spite of the patent absurdity of some of its constructs, in spite of its failure to fulfil many of its extravagant promises of health and life, in spite of the tolerance of the scientific community for unsubstantiated just-so stories, because we have a prior commitment, a commitment to materialism. It is not that the methods and institutions of science somehow compel us to accept a material explanation of the phenomenal world, but, on the contrary, that we are forced by our a priori adherence to material causes to create an apparatus of investigation and a set of concepts that produce material explanations, no matter how counter-intuitive, no matter how mystifying to the uninitiated. Moreover, that materialism is an absolute, for we cannot allow a Divine Foot in the door.” (Uit It’s not science)

En evolusie is ’n geloof wat ’n geloof in God vervang:

John MacArthur skryf in sy boek, The Battle for the Beginning, die volgende oor evolusie: “Thanks to the theory of evolution, naturalism is now the dominant religion of modern society”. En: “Naturalism has now replaced Christianity as the main religion of the Western world, and evolution has become naturalism’s principal doctrine.”

Luther Sunderland, in sy boek, Darwin’s Enigma, skryf die volgende: “Darwin has had a more significant impact on every facet of society throughout the world than any other person in the last several hundred years. To some degree, the theory of evolution has influenced the fields of philosophy, economics, education, science, politics, and to a minor degree, all major organized religious denominations, which now teach it exclusively in their seminaries, either implicitly or explicitly.”

Richard Dickerson: ‘Science, fundamentally, is a game. It is a game with one overriding and defining rule. Rule No. 1: Let us see how far and to what extent we can explain the behaviour of the physical and material universe in terms of purely physical and material causes, without invoking the supernatural.’

Scott (SC) Todd: “Even if all the data point to an intelligent designer, such a hypothesis is excluded from science because it is not naturalistic.”

Onbekend: “You may well be right; special creation is probably the truth and evolution is wrong. Nevertheless, evolution is science, and creation is religion, so only evolution should be taught in schools.”

(Hierdie is soos om te sê dat ’n mens nie getuies in ’n hofsaak mag gebruik nie, want dit is nie wetenskaplik nie.)

As daar wel nie ’n god is/was nie, is evolusie tans die beste hipotese op die tafel, ten spyte van baie probleme met dié hipotese. Maar as evolusie juis ontwerp is om alles te probeer verklaar sonder God, maak dit nie sin om dit te glo en net by te voeg dat God so geskep het nie.

Vir meer oor evolusie wat ’n geloof is wat ’n geloof in God vervang, kyk:

3.2. Is die wetenskap nie verhewe bo die Bybel nie?

Daar kan nou gesê word dat ’n mens nie teen jou gesonde verstand kan ingaan en wetenskap by die deur uitgooi nie – wetenskap het immers vir ons al baie dinge geleer en gegee. Dit is waar, maar daar is ’n groot verskil tussen operasionele wetenskap en historiese wetenskap. Operasionele wetenskap sit vliegtuie in die lug en bou rekenaars, maar historiese wetenskap gaan daaroor om te verklaar hoe dinge gebeur het in die verlede met huidige data/kennis. Historiese data kan nie waargeneem of herhaal word soos operasionele wetenskap nie en vereis baie interpretasie wat beïnvloed gaan word deur aannames, persepsies en vooropgestelde idees. (Kyk Operasionele vs historiese wetenskap en Science Questions and Answers.)

As jy wil weet wat in die verlede gebeur het, is die mees akkurate manier om iemand betroubaar te kry wat dit sien gebeur het. Dit is dieselfde beginsel wat in hofsake ook gebruik word. En daarom sal die Bybel altyd akkurater as (historiese) wetenskap wees, want die Bybel is opgeteken deur mense wat daar was en dit gesien gebeur het.

’n Eenvoudige voorbeeld is om wetenskaplik te probeer verklaar hoe ’n bal op ’n dak gekom het. Die waarskynlikste rede is dat ’n kind dit per ongeluk op die dak geskop het, maar indien jy werklik wil weet hoe dit gebeur het, sal jy iemand moet kry wat gesien het wat gebeur het. Alhoewel baie onwaarskynlik, kon ’n helikopter die bal op die dak kom neersit het. Niemand bevraagteken bv dat Jan van Riebeeck op 16 April 1652 in die Kaap aangeland het nie, selfs al kan ’n mens dit nie wetenskaplik bewys nie.

Hoekom sal ’n Christen wil spekuleer oor hoe alles tot stand gekom het met die aanname dat daar nie ’n god is nie en dan net byvoeg dat dit die manier is hoe God geskep het? Dit maak nie sin nie.

3.3 Ons word slegter, nie beter nie

Aanduidings is dat ons eerder slegter word as beter. Dit is heeltemal teenstrydig met evolusie. Kyk Word ons beter?.

3.4. Intelligente ontwerpbeweging (IO) glo ook nie in evolusie nie

Die intelligente ontwerp beweging is mense wat probeer om data so objektief as moontlik te interpreteer. Hulle is nie noodwendig almal Christene nie en hulle neem glad nie die Bybel in ag nie, maar almal van hulle besef dat alles nie vanself kon gebeur het nie en erken ’n Intelligente Ontwerper (god). Hulle verwerp makro-evolusie (spontane vermeerdering van genetiese inligting). As daar dus mense is wat nie Christene is nie en nie in evolusie glo nie, maak dit nie sin dat Christene probeer om die Bybel met evolusie te versoen nie.

Daar is egter ’n paar probleme waarmee IO sit waarvan een is dat data altyd geïnterpreteer moet word en die manier hoe ’n persoon die data interpreteer hang af van die figuurlike bril wat hy aan het: evolusioniste kyk na die data vanuit lang tydperke en geleidelike ontwikkeling. Skeppingsleerders kyk na die data vanuit ’n Bybelse perspektief: dat die skrywers van die Bybel betroubaar was en dat daar ’n gemeenskaplike ontwerper was wat alles geskep het.

Kyk CMI’s views on the Intelligent Design Movement vir meer oor IO.

3.5. Vermiste skakels

Die probleem met suiwer (makro) evolusie is dat ’n mens ’n vermeerdering van genetiese inligting nodig het sodat bv ’n amoeba ’n mens kon word, of ’n dinosourus ’n voël, of ’n waterdier ’n landdier. Visse het bv nie die genetiese inligting vir naels of vere nie en moes dit volgens evolusie vanself van êrens gekry het. ’n Vermeerdering van genetiese inligting is egter nog nooit waargeneem nie – die afgeleide spesie het altyd minder eienskappe as die moeder spesie. Kyk bv die youtube videotjie Richard Dawkins stumped by creationists (Raw) en die artikel Was Dawkins Stumped? wat hierdie insident bespreek.

Christene wat evolusie met die Bybel wil versoen, beweer nou dat God met die tyd daardie genetiese inligting voorsien het. Dus beteken dit dat God nie eenmalig geskep het nie, maar elke nou en dan en dat Hy heel moontlik vandag nog skep – dat sy skeppingswerk nie klaar is nie. As God egter wel hierdie proses gebruik het, moet daar tekens daarvan wees, want hoekom sal ’n mens sê dat God evolusie gebruik het? Daar is egter nie bewyse dat (makro) evolusie plaasgevind het of vandag plaasvind nie. Daar is bv bitter min voorbeelde van fossiele of diere wat vandag voorgehou word as oorgangskakels en hulle almal is baie debatteerbaar/verdag. Indien daar evolusie plaasgevind het, moes daar duisende voorbeelde gewees het – beide fossiele en lewende dinge (bv ’n landdier met klein vlerkies of ’n vis met pote en half-ontwikkelde longe). Om ’n voorbeeld te noem: die verskil tussen mense en ape is dat mense die volgende doen wat ape nie doen nie: Praat (daar is ’n verskil in die tongbeentjie van ’n aap en ’n mens), skryf, begrawe dooies, beheer vuur, gebruik gereedskap en wapens wat self vervaardig is, bou huise om in te woon, dra klere, maak musiek, het trane, het ’n ruggraat meesterlik ontwerp om regop te loop, maak juwele, dryf handel, aanbid ’n god, beoefen kuns, ensovoorts. Daar is nie een aap wat een van hierdie eienskappe besit nie. As mense regtig uit ape geëvolueer het, sou mens verwag om vandag ape te kry wat ten minste een van bogenoemde eienskappe besit sodat ’n mens kon sê dat hierdie aap duidelik besig is om ’n mens te word.

Een van die beste bewyse dat daar nie oorgangskakels bestaan nie, is juis sommige evolusioniste self: Stephen Jay Gould, ’n evolusionis, het die teorie van gepunktueerde evolusie ontwikkel juis omdat hy nie oorgangskakels gesien het nie. Colin Patterson, ook ’n evolusionis, het dit ook erken. Kyk die volgende vir meer oor hierdie twee evolusioniste en wat hulle gesê het:

Darwin sê in sy boek The Origin of Spesies: “Why then is not every geological formation and every stratum full of such intermediate links? Geology assuredly does not reveal any such finely-graduated organic chain; and this, perhaps, is the most obvious and serious objection which can be urged against the theory. The explanation lies, as I believe, in the extreme imperfection of the geological record.”

Maar dit is nie waar nie want: “97.7 percent of living orders of land vertebrates are represented as fossils and 79.1 percent of living families of land vertebrates—87.8 percent if birds are excluded, as they are less likely to become fossilized.” (Uit Refuting Evolution, Sarfati)(M. Denton, Evolution, a Theory in Crisis (Chevy Chase, MD: Adler & Adler, 1985), p. 190.)

Hier volg ’n paar aanhalings van evolusioniste wat erken dat daar nie oorgangskakels bestaan nie:

“Darwin… was embarrassed by the fossil record… we are now about 120-years after Darwin and the knowledge of the fossil record has been greatly expanded. We now have a quarter of a million fossil species but the situation hasn’t changed much. The record of evolution is still surprisingly jerky and, ironically, … some of the classic cases of Darwinian change in the fossil record, such as the evolution of the horse in North America, have had to be discarded or modified as a result of more detailed information.” – David M. Raup

“… if man evolved from an apelike creature he did so without leaving a trace of that evolution in the fossil record.” – Lord Solly Zuckerman

“The curious thing is that there is a consistency about the fossil gaps; the fossils are missing in all the important places.” – Francis Hitching

Vir meer aanhalings, kyk ook Aanhalings – Vermiste Skakels.

Nie net sien ons nie oorgangskakels nie, maar is dit soms ’n baie groot probleem om van een dier na ’n ander dier te evolueer. Om ’n voorbeeld te noem: landdiere en voëls het duidelik verskillende soorte longe. Dit sou nie stadig kon evolueer nie, want die tussen-in long sou glad nie behoorlik kon werk nie (kyk Voëls se lugvaart longe breek dino-na-voël teorie). ’n Mens noem hierdie beginsel “onverminderbare kompleksiteit” (of “irreducable complexity” in Engels).

Om te sê dat alle lewende dinge ongeveer dieselfde struktuur het (twee oë, twee ore, een mond/bek/neus, twee arms, twee bene, ens.), is nie bewys vir ’n gemeenskaplike voorouer nie. Dit is net so goed om te sê dat alle karre vanself geëvolueer het uit die eerste motor omdat alle karre ’n enjin, 4 wiele, stuurwiel, ens het. ’n Gemeenskaplike ontwerper is net so ’n goeie afleiding om te maak van hierdie waarneming. Net soos ’n mens ’n Claerhout skildery maklik kan herken, net so het God ’n basiese ontwerp vir lewende organismes gebruik. Kyk bv:

3.6. Wetenskap wys dat die aarde jonk is

Daar is baie wetenskaplike bewyse dat die aarde/heelal baie jonger is as wat beweer word. Kyk 101 bewyse vir ’n jong(er) aarde en heelal. Bv volgens die koolstof-14 radiometriese dateringsmetode, moet die aarde jonger as 250 000 jaar oud wees, want daar word meetbare hoeveelhede C-14 selfs in diamante gekry, die hardste materiaal in die wêreld. Indien jy objektief is oor die ouderdom van die aarde, moet jy erken dat die wetenskap geensins kan sê hoe oud die aarde is nie. Daar is net te veel verskillende berekende waardes vir die ouderdom van die aarde. En mens moet besef dat die aannames wat gepaard gaan met hierdie metodes, nie goeie aannames is nie. As die wetenskap nie die ouderdom van die aarde met sekerheid kan sê nie, hoekom nie glo wat mense wat daar was vir ons in die Bybel opgeteken het nie?

Hoe kies wetenskaplikes watter metode se resultaat hulle glo? Die resultaat wat die beste by evolusie inpas (“You only accept the date if it agrees with what you already think it should be.”). Vir meer hieroor, kyk:

Hoekom glo soveel wetenskaplikes dan dat die aarde so oud is? Want:

“There is a little-known irony in the controversy between creationists and evolutionists about the age of the world. The majority of scientists—the evolutionists—rely on a minority of the relevant data. Yet a minority of scientists—the creationists—use the majority of the relevant data. Adding to the irony is the public’s wrong impression that it is the other way around. Therefore, many ask: ‘If the evidence is so strongly for a young earth, why do most scientists believe otherwise?’ The answer is simple: Most scientists believe the earth is old because they believe most other scientists believe the earth is old! (Uit Why Most Scientists Believe the World is Old)

Vir meer oor die redes hoekom soveel wetenskaplikes aan evolusie en miljoene jare glo, kyk Hoekom is daar soveel wetenskaplikes wat aan evolusie glo?.

Dus, as iemand ten spyte van al die argumente hierbo steeds glo dat Genesis 1 nie letterlik gelees moet word nie, dan is die vraag watter wetenskap jy glo oor die ouderdom van die aarde? As jy saamstem dat die wetenskap glad nie in staat is daarin om die ouderdom van die aarde te meet nie, hoekom nie dan glo in ’n 6-dag skepping nie?

3.7. Tale van die wêreld

Volgens evolusie het tale stadig geëvolueer en meer kompleks geword. Dit is egter die teenoorgestelde wat vandag waargeneem word – tale word eenvoudiger. Die gebeure by die toring van Babel gee vir ons egter ’n baie beter verklaring vir die ontstaan van verskillende tale. Professor Luigi Cavalli-Sforza het gevind dat alle tale uit ongeveer 17 grondtale ontwikkel het. Noag het 16 kleinseuns gehad, dus is dit moontlik dat God 16 (en nie 17) grondtale geskep het by die toring van Babel en aan elkeen van Noag se kleinseuns ’n verskillende taal gegee het.

Kyk ook:

3.8. Daar is aanduidings van ’n globale vloed

3.8.1. Hoekom is ’n globale vloed teenstrydig met evolusie en miljoene jare?

As die sondvloed volgens die Bybel werklik globaal was, dan kan dit die geologiese kolom en dinge soos die Grand Canyon en Visrivier Ravyn verklaar sonder miljoene jare. Inteendeel, selfs evolusioniste erken dat jy katastrofes moes gehad het om die geologiese rekord te vorm. Hulle wil egter nie ’n globale vloed erken nie, want dan beteken dit dat die Bybel reg is en dat die Bybel moontlik op meer plekke ook reg is. Kyk Up with Catastrophism!.

3.8.2. Sien ons bewyse vir ’n globale vloed?

As die vloed regtig globaal was, sal ’n mens mos die gevolge daarvan vandag sien. Wel, hier is ’n paar:

  • Meer as 90% van alle rotse op aarde is sedimentêre gesteentes.
  • As in ag geneem word dat ’n fossiel slegs gevorm kan word indien iets skielik bedek word met modder, is die sondvloed ’n baie goeie verklaring vir die miljoene fossiele wat ons wêreldwyd kry (ook mariene fossiele in die middel van die vasteland).
  • Gevoude rotslae (soos die Kaapse plooiberge) moes sag wees toe dit gebuig het, anders sou die verbrokkeling baie erger gewees het.
  • Ravyne (Visrivier en Grand Canyon).
  • Bewyse van ’n ystydperk (die vloed is die mees realistiese sneller wat ’n ystydperk kon veroorsaak).

3.8.3. Kon ’n globale vloed soveel erosie veroorsaak?

Maklik. En soms is ’n globale vloed ’n beter verduideliking vir sommige geologiese verskynsels. Kyk bv:

3.9 Baie wetenskaplikes glo nie aan evolusie nie

Alhoewel waarskynlik die meeste wetenskaplikes aan evolusie en miljoene jare glo, is daar wel baie wetenskaplikes wat nie aan evolusie glo nie. Vir ’n lys van sulke wetenskaplikes, kyk:

Hierdie feit laat jou met twee moontlike gevolgtrekkings:

  1. Alle wetenskaplikes wat evolusie en miljoene jare verwerp, is besig met leuens (alhoewel hulle dink hulle doen goed)
  2. Evolusie en miljoene jare is historiese wetenskap waar jou gevolgtrekking grootliks bepaal word deur jou beginaannames.

Die vraag is, as evolusie nie waar is nie, hoe kan soveel wetenskaplikes daardeur mislei word? Hopelik gee die volgende artikel meer antwoorde op hierdie vraag: Hoekom is daar soveel wetenskaplikes wat aan evolusie glo?

4. Goeie teorieë vir moeilike kwessies

Daar is nog baie ander kwessies wat nie in hierdie dokument bespreek is nie, maar daar is nie een enkele kwessie wat die Bybel ’n uitklophou gee nie. Vir elke moeilike kwessie is daar ’n goeie teorie.

Vir bv hoe ons sterlig kan sien van sterre wat miljoene ligjare ver is, kyk:

Terloops, hierdie teorie verklaar nie net hoe ’n mens sterlig kan sien in ’n jong heelal nie, maar het ook nie, soos die oerknal teorie, donkermaterie en donkerenergie nodig om te werk nie. Dus is dit selfs ’n beter teorie as die oerknalteorie.

Vir die sondvloed is daar ook baie goeie teorieë oor bv waar die water vandaan gekom het, waarheen dit gegaan het, kon al die diere op die ark pas, kon al die verskillende grondlae so vinnig vorm, kon al die erosie so vinnig plaasvind, ens. Vir meer hieroor, kyk:

5. Samevatting

Om saam te vat:

  • Die rede hoekom mense wil glo dat Genesis 1-11 mites is, is om die Bybel met die “wetenskap” (evolusie en lang tydperke) te versoen.
  • Dit is baie duidelik dat die Bybel duidelik is dat Genesis 1-11 as akkurate geskiedenis gelees moet word.
  • Die idee dat Genesis 1-11 mities is, kom nie uit die Bybel nie, maar vanaf eksterne invloede soos ’n geloof in evolusie en lang tydperke.
  • Indien Genesis 1-11 nie waar is nie, maw mites, dan het die skrywers die leser probeer mislei.
  • Die hele Bybel ondersteun Genesis 1-11 as geskiedenis.
  • Mense van vroeër het almal geglo dat Genesis 1-11 geskiedenis. Hulle was in ’n beter posisie as ons om hieroor te oordeel.
  • Die sondeval is nie versoenbaar met evolusie nie en veroorsaak groot teologiese probleme as die sondeval ignoreer word.
  • Hierdie is nie ’n randkwessie nie, want sommige mense se geloof word ingrypend beïnvloed daardeur.
  • Daar is ’n groot verskil tussen operasionele wetenskap en historiese wetenskap. Met historiese wetenskap is aannames en interpretasies onvermybaar en hierdie speel ’n baie groot rol in die resultate wat verkry word.
  • Die tekort aan tussenskakels in die fossielrekord en in lewende dinge vandag is ’n groot probleem vir evolusie.
  • Die wetenskap kan met geen sekerheid sê hoe oud die aarde is nie – die geloof oor die ouderdom van die aarde word sterk beïnvloed deur evolusie.
  • Die gebeure by die toring van Babel is die beste verklaring van waar tale vandag vandaan kom.
  • Die Bybel is baie duidelik dat die sondvloed globaal was. Dit maak meer sin om glad nie in ’n sondvloed te glo nie, as om te glo dat dit slegs lokaal was.
  • Daar is geen wetenskap wat die Bybel al verkeerd bewys het nie.

6. Meer bronne

Vir meer oor die kwessie of God deur evolusie en miljoene jare geskep het, kyk die volgende bronne:

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui