101 bewyse vir ’n jong(er) aarde en heelal

Daar is mense wat glo dat die aarde miljoene jare oud moet wees, want daar is net soveel dateringsmetodes wat wys dat die aarde baie ouer as 6000 jaar is. Om hierdie met die Bybel te versoen, word beweer dat Genesis 1 poëties is.

In die artikel 101 evidences for a young age of the earth word 101 bewyse gegee vir ’n jonger aarde en heelal. Kyk gerus deur die lys – daar is ’n hele paar interessante gevalle. Vir amper elke bewys is daar ’n artikel vir meer inligting. Hierdie bevestig Humphreys se aanhaling:

“There is a little-known irony in the controversy between creationists and evolutionists about the age of the world. The majority of scientists—the evolutionists—rely on a minority of the relevant data. Yet a minority of scientists—the creationists—use the majority of the relevant data. Adding to the irony is the public’s wrong impression that it is the other way around. Therefore, many ask: ‘If the evidence is so strongly for a young earth, why do most scientists believe otherwise?’ The answer is simple: Most scientists believe the earth is old because they believe most other scientists believe the earth is old!””

[Uit Why Most Scientists Believe the World is Old. In hierdie artikel word ook gedemonstreer hoe sommige wetenskaplikes glo dat die aarde miljoene jare oud is slegs op grond van ander wetenskaplikes. Kyk ook Hoekom is daar soveel wetenskaplikes wat aan evolusie glo?]

Sommige mense wat steeds skepties is oor ’n heelal van slegs 6000 jaar oud (4004 vC), kan seker sê dat ’n mens dan maar net die gemiddeld van al die ouderdomme moet neem. Dit sal ’n baie jonger ouderdom vir die aarde gee (seker ongeveer ’n paar miljoen jaar, wat baie jonger is as die beweerde 15 miljard (15e+9) jaar). Die probleem daarmee is dat daar dan NOG minder tyd beskikbaar sou wees vir evolusie om plaas te vind (kyk Haldane se dilemma).

’n Mens moet egter die vraag vra: As die data mekaar so weerspreek en as daar soveel gevalle is wat dui daarop dat die aarde jonk is, is dit nie werklik die geval nie? Is die Bybel nie tog ’n akkurate ooggetuie verslag van wat werklik gebeur het nie? Bevat die Bybel dus nie die werklike geskiedenis van die aarde nie?

Ek dink baie mense dink dat die eerste mense primitief was en selfs al het hulle iets opgeskryf, kan ’n mens dit beswaarlik glo. Dit is egter ’n evolusionistiese gedagte – dat mense ontwikkel het en slimmer geword het. Ek dink Adam en Eva was net so slim, indien nie slimmer as ons nie. Hulle kennis was egter baie beperk. Ons het vandag hoë tegnologie nie omdat ons slimmer is nie, maar omdat die mensdom soveel kennis versamel het oor die jare heen. (Kyk Word ons beter?)

Die vraag is nou: As daar soveel verskillende ouderdomme vir die aarde is, hoe kies wetenskaplikes watter metode se resultaat hulle glo? Die antwoord is: Die resultaat wat die beste by evolusie inpas (“You only accept the date if it agrees with what you already think it should be.”). Kyk bv:

Dus, selfs al is Genesis 1 poëties en hoef ’n mens dit nie letterlik te lees nie (wat egter nie die geval is nie), watter ouderdom moet ons vir die aarde aanvaar? Dit is duidelik dat die wetenskap uiters beperk is om die ouderdom van die aarde te bereken.

Meer bronne

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui