Hoekom is daar soveel wetenskaplikes wat aan evolusie glo?

Evolusie het die meerderheid wetenskaplikes in hulle guns, maar skepping het die meerderheid feite in sy guns…

Inhoudsopgawe

  1. Ander wetenskaplikes (eweknie druk en tropmentaliteit)
    1. Eweknie druk
    2. Tropmentaliteit
  2. Word aangebied as feit
  3. Die media se aandeel
  4. Word nooit gewys vanuit ’n Bybelse raamwerk nie
  5. Evolusie word sterk befonds, skeppingsleer nie
  6. Diskriminasie
  7. Misleidings
  8. Die wetenskap wil dinge verklaar sonder ’n god
  9. Doelbewuste ontkenning van God
  10. Geloof is nie polities korrek nie
  11. Baie ateïste in die wetenskapswêreld
  12. Om objektief te wees is dikwels moeiliker as wat ’n mens dink
  13. Genesis 1-11 hoef nie letterlik geïnterpreteer te word nie
  14. Meerderheid dikwels verkeerd

************

As evolusie en miljoene jare nie waar is nie, hoekom is daar soveel wetenskaplikes wat dit glo? Wetenskaplikes is mos objektiewe mense, of hoe?

’n Mens moet egter onthou dat dit nie ’n geldige argument is om te sê dat jy aan iets glo omdat soveel ander mense dit glo, nie. Dit sal dieselfde wees as om te sê dat ek ’n ding op ’n bepaalde manier doen omdat almal voor my dit so gedoen het. (Daar is die storie van die dogtertjie wat kyk hoe haar ma kosmaak en vra toe vir haar ma hoekom sy die hoender se een been afsny voor sy dit in die pan sit. Sy antwoord toe dat sy nie eintlik weet nie, maar dat dit is hoe haar ma dit altyd gedoen het. Die volgende keer toe hulle by ouma gaan kuier vra die dogtertjie hoekom haar ouma altyd die hoender se een poot afsny voor sy dit in die pan sit. Die ouma antwoord toe dat dit is sodat die hoender in haar (kleiner) pan pas.)

Ateïste sou ook bitter min dink van die argument dat daar wel ’n God is omdat die meeste mense in die wêreld aan ’n god glo of dat die Bybel waar moet wees omdat dit die boek is wat die meeste in die wêreld verkoop word.

Verder is die Bybel ook duidelik daaroor dat die meerderheid soms verkeerd is:

  • Eksodus 23:2 : Jy mag nie agter die meerderheid aan doen wat verkeerd is nie.
  • In Numeri 13 gaan verken 12 verspieders die land Kanaän. Dit is egter net 2 uit die 12 (17%), Josua en Kaleb, wat reg is en aanbeveel dat die Israeliete wel Kanaän binneval.
  • In 2 Kronieke 18 kry Agab 400 profete om vir hom raad te gee of hy en Josafat teen Ramot in Gilead moet gaan veg. Al 400 het saamgestem dat Agab en Josafat wel moet inval omdat God hulle in Sy mag sou oorgee. Dit was net Miga wat gesê het dat hulle nie moet gaan nie. Hy was die enigste een wat reg was.
  • Matteus 7:13-14 : (13) Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie. (14) Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min.”
  • Die meerderheid skrifgeleerdes het geglo dat Jesus nie die Seun van God was nie, maar weereens was die meerderheid verkeerd.

1. Ander wetenskaplikes (eweknie druk en tropmentaliteit)

1.1 Eweknie druk

Of “peer pressure”, is wanneer mense weet wat die waarheid is, maar nie die moed het om dit openlik te erken nie

Eweknie druk is vir mense dikwels ’n struikelblok: In Jesus se tyd was daar skrifgeleerdes wat die waarheid besef het oor Jesus, maar nie die moed van hulle oortuiging gehad het om dit openlik te erken nie:

Joh 12: (42)Nietemin het selfs baie van die lede van die Joodse Raad tog ook tot geloof in Hom gekom, maar uit vrees vir die Fariseërs het hulle dit nie openlik bely nie, sodat hulle nie uit die sinagoge geban sou word nie; (43) want hulle het verkies om liewer deur mense geëer te word as deur God.

Selfs al sou wetenskaplikes besef dat daar nie bewyse is vir evolusie of ’n ou aarde nie, is dit soms baie moeilik om teen die hoofstroom in te gaan. Kyk:

1.2 Tropmentaliteit

Dit is wanneer mense nie die feite vir hulleself nagaan nie, maar die siening van die meerderheid (blindelings) vertrou.

Wetenskaplikes wat twyfel in evolusie, aanvaar dit baiekeer slegs omdat soveel ander wetenskaplikes dit glo. Dit gebeur soms dat as jy vir ’n evolusiewetenskaplike vra waar in sy veld hy bewys vir evolusie sien, hy vir jou sê dat hy dit nie soseer in sy veld sien nie, maar dat dit in die ander velde duidelik is. Kyk New four-winged feathered dinosaur?: Feduccia is ’n kenner op paleo-ontologie (voëlfossiele), maar noem koring (wat verander in koring) as voorbeeld van evolusie, wat nie in sy veld is nie.

Dr Russell Humphreys het ’n artikel presies hieroor geskryf Why Most Scientists Believe the World is Old waar hy ’n werklike voorbeeld gebruik van iemand waarmee hy gepraat het. Hy som dit baie mooi op met die volgende woorde:

There is a little-known irony in the controversy between creationists and evolutionists about the age of the world. The majority of scientists—the evolutionists—rely on a minority of the relevant data. Yet a minority of scientists—the creationists—use the majority of the relevant data. Adding to the irony is the public’s wrong impression that it is the other way around. Therefore, many ask: ‘If the evidence is so strongly for a young earth, why do most scientists believe otherwise?’ The answer is simple: Most scientists believe the earth is old because they believe most other scientists believe the earth is old!

(Terloops, evolusie en miljoene jare is gekoppel: jy kan nie evolusie hê sonder baie lang tydperke nie, dus sal hulle miljoene jare sterk steun.)

Gevare van tropmentaliteit

Op 14 Augustus 2011 het twee Albatros vliegtuie in ’n bergpiek naby Tzaneen in Limpopo vasgevlieg. 13 mense is dood. Die rede hoekom beide vliegtuie in die berg vasgevlieg het is: “Wanneer vliegtuie in formasie vlieg, volg die vlieëniers blindelings die formasieleier.”

Dit is so dat ons almal soms agter ander aanpraat en jy kan nie altyd alle feite vir jouself gaan kontroleer nie, maar in ’n belangrike onderwerp soos skepping vs evolusie het ons almal die verantwoordelikheid om na die inligting te gaan kyk en self te besluit wat jy oor die saak dink.

2. Word aangebied as feit

Op skool en universiteit word studente nie altyd geleer om evolusie te bevraagteken nie, maar om dit te aanvaar as feit. Die volgende is geskryf op www.kerknieuws.nl op 15 Desember 2010, 15:40 deur CACHIMBO (84.27.27.xxx) (vertaal van Nederlands na Afrikaans):

Feit is dat: daar is oorweldigende bewyse ten gunste van die skepping. Waarom verwerp baie mense die skepping en aanvaar in plaas daarvan evolusie? ’n Rede vind ons in wat hulle op skool geleer word. Die handboeke staan byna altyd evolusie voor. Die leerling hoor selde of nooit teenargumente. In werklikheid word argumente teen evolusie gewoonlik teruggehou uit die skool se handboeke. Evolusie word nie as ’n teorie aan kinders voorgehou nie. Al in graad 2 word subtiele kommentaar gelewer. Evolusie word as ’n realiteit behandel, en nie as’ n idee dat mens aan ’n beoordeling kan onderwerp nie. Op gesag van die onderwysstelsel word dus geloof “afgedwing.” (Iets wat geen enkele regeringslid uitstaan) Met betrekking tot evolusie-onderrig in die hoër klasse is dit so dat: Die leerling word nie toegelaat om ’n persoonlike oortuiging te “besit” of te “uiter” nie: doen die leerling dit wel, dan word hy blootgestel aan bespotting of kritiek van die kant van die dosent(e). Dikwels waag die leerling die kans dat sy studie daaronder mag ly, omdat sy siening nie korrek is nie – iets wat baie ouers/voogde NIE weet nie. Nie net die onderwys is deurtrek van evolusionistiese denke nie, maar alle gebiede van die natuurwetenskap en ook ander terreine, soos geskiedenis en filosofie. In boeke, tydskrifartikels, films en televisieprogramme etcetera etcetera word evolusie as ’n definitiewe feit behandel. Dikwels hoor of lees ons woorde soos: “Toe die mens uit die laer diere geëvolueer het”, of: “Miljoene jare gelede, toe die lewe in die oseane geëvolueer het”. Mense word dus gekondisioneer om evolusie as ’n feit te aanvaar, en bewys vir die teendeel bly ongemerk. Leerlinge word soms “VERPLIG” om na sekere (evolusie) films kyk en homself hierop voor te berei tydens die eksamendag…

En as iets lank genoeg verkondig word, word dit naderhand feit. Joseph Goebbels, een van Hitler se naaste vertrouelinge het die volgende gesê:

“As jy ’n leuen lank genoeg, hard genoeg en gereeld genoeg vertel, sal mense dit begin glo.”
(“If you tell a lie long enough, loud enough and often enough, people will believe it.”)

3. Die media se aandeel

Die media bied evolusie en miljoene jare ook as feit aan. Verder is die media ook skuldig daaraan om op loop te gaan met ’n nuwe ontdekking en maak baie vinnige gevolgtrekkings waarmee selfs evolusioniste nie saamstem nie. Dit gee baie mense die indruk dat die hele wetenskapsgemeenskap daaroor saamstem. Kyk:

4. Word nooit gewys vanuit ’n Bybelse raamwerk nie

Mense word selde gewys hoe dinge wel in ’n Bybelse raamwerk kan inpas as jy die regte figuurlike bril aansit. Die paradigma word reeds van vroeg by mense gekweek dat die Bybel nie ooreenstem met die werklikheid nie. Hierdie paradigma is meestal so sterk dat selfs al is die bewyse teen evolusie duidelik, sal dit bloot ignoreer word. Kyk bv Still soft and stretchy.

5. Evolusie word sterk befonds, skeppingsleer nie

Universiteite is oor die algemeen altyd onder druk om iets nuuts te lewer wat vir die samelewing waarde kan toevoeg. Dit is aan die een kant goed, maar dit dryf soms ongelukkig die verkeerde gedrag. Die bemarkingswaarde of moontlike geldwaarde kry soms voorrang bo die akkuraatheid van inligting. Sekulêre universiteite sal nie erkenning daarvoor kry as hulle skeppingsleer bevorder nie, maar slegs wanneer evolusie of die oerknal bevorder word. Die volgende is aangehaal uit Secular scientists blast the big bang:

“An open exchange of ideas is lacking in most mainstream conferences … doubt and dissent are not tolerated, and young scientists learn to remain silent if they have something negative to say about the standard big bang model. Those who doubt the big bang fear that saying so will cost them their funding.”

En uit If we resemble apes, does that mean we evolved from apes?:

No scientist would ever succeed in getting funding from major federal or private sources to investigate if evolution has really occurred or not. The evolutionist Richard Leaky approached the National Geographic Society to get funding to look for the ape ancestors of man, not to investigate if man evolved from apes. It is interesting to note that when the Society gave Leaky his funds, he was warned: “If you find nothing you are never to come begging at our door again.”
“I wouldn’t have seen it if I hadn’t believed it.”

En ten spyte daarvan, sukkel evolusioniste nogsteeds (Uit Evolutionary equivocation):

“The final question of the night, however, spoke volumes to me. One gentleman (apparently sympathetic to Myers’ position) asked Myers why he thought evolutionists were “losing the pop culture war” to creationists. Given the stranglehold evolutionists have on nearly every government-funded educational institution and museum in the western world, not to mention the deluge of evolution-based movies and television programs emanating from the media, that question alone led me to wonder, How, if evolution is such an undeniable fact supported by overwhelming evidence, could evolutionists be “losing the pop culture war” so easily, even by their own admission?”

Kyk ook Blootlegging van vervalste wetenskap.

6. Diskriminasie

Wetenskap gaan soms meer oor konsensus as wat dit gaan oor die waarheid (kyk Science … a reality check). Dit lei soms tot baie diskriminasie teen wetenskaplikes wat selfs net sê dat daar ’n intelligente ontwerper moes wees, vergeet van mense wat in ’n jong aarde glo. Die volgende aanhaling uit Creationism, Science and Peer Review demonstreer hierdie diskriminasie en vooropgestelde idees:

“…such prejudice is openly admitted and defended by Karl Giberson, editor of Research News & Opportunities in Science and Theology:

‘If an editor chooses to publish a hostile review of a book, common politeness would suggest that the author ought to have some space to respond. But editors have a “higher calling” than common politeness, namely the editorial mission and guidelines that inform every decision as to what will be printed and what will be rejected. I have learned, since becoming the editor of Research News, common politeness is often in tension with editorial priorities … In my editorial judgment, the collection of ideas known as “scientific creationism” (which is not the same as intelligent design) lacks the credibility to justify publishing any submissions that we get from its adherents. I would go even further, in fact. The collection of creationist ideas (6,000 year old earth, no common ancestry, all the fossils laid down by Noah’s flood, Genesis creation account read literally, etc.) has been so thoroughly discredited by both scientific and religious scholarship that I think it is entirely appropriate for Research News to print material designed to move our readers away from this viewpoint. For example, we might publish a negative review of a book promoting scientific creationism … while refusing to allow the author a chance to respond. Is this an unfair bias? Or is it proper stewardship of limited editorial resources?’”

[My onderstreping]

Die volgende gedeelte word aangehaal uit Darwin Skeptics: A Select List of Science Academics, Scientists, and Scholars Who are Skeptical of Darwinism:

“On my public list I have well over 2,000 names, including about a dozen Nobel Prize winners but, unfortunately, a large number of persons that could be added to the public list, including many college professors, did not want their name listed because of real concerns over possible retaliation or harm to their careers. Many of those who did not want their names on this list are young academics without tenure, or academics who are concerned that “outing” them could seriously damage their career. This is a valid concern.”

En daar word nie net teenoor intellente ontwerpers en/of skeppingsleerders gediskrimineer nie, maar ook teenoor ander – bv wetenskaplikes wat nie glo dat globale verhitting/aardverwarming ’n probleem is nie.

Michael Behe sê bv in The mousetrap man: Interview with Mike Behe:

“‘Some Christians, especially in academia, feel pressure to accept the dominant scientific explanation for life. If they don’t, they’re relegated to kind of a second class intellectual status, no matter how smart they are. Even the best of people can succumb to sociological pressure like that.’ “

Die volgende artikels gee nog voorbeelde van diskriminasie:

7. Misleidings

Vorige misleidings het ’n groot rol gespeel dat evolusie as feit aanvaar is. Misleidings sluit in:

Toe die misleidings egter later bekend gemaak is, was dit te laat – toe is evolusie reeds te ver gevorder. Kyk From (theistic) evolution to creation:

“’I have every sympathy with those Christians of a past generation who felt compelled to try to find a way to cope with evolution. For them, there seemed to be very little choice—all the science they were told of pointed to evolution—the alleged long age of the earth, Piltdown man, and so on.’”

“Sadly, Piltdown man, a cleverly conceived hoax which seemed to have been a powerful influencing factor in Arthur Rendle Short’s acceptance of evolution, was only revealed as a fraud in December 1953, some two months after Prof’s father died.”

Vandag nog word swak argumente en halwe waarhede vertel. Kyk byvoorbeeld die volgende resensie oor Richard Dawkins se nuwe boek, The Greatest Show on Earth: The Evidence for Evolution: Darwinopterus v Dawkins.

Mense weet nie altyd dat hulle mislei is nie – hulle sal bv dink dat verskillende hondespesies bewys is vir evolusie. Mense sal ook dink dat evolusie wetenskaplik is en dit vergelyk kan word met bv gravitasie (kyk Operasionele vs historiese wetenskap).

Kyk ook:

8. Die wetenskap wil dinge verklaar sonder ’n god

Baie wetenskaplikes se oogmerk is om dinge te verklaar sonder God. Ongelukkig het selfs Christene hierop ingekoop, want die wetenskap en geloof moet kwansuis geskei word. Dit is bv Louw Alberts se siening: “Die Bybel sê Wie geskep het en die wetenskap sê hoe”). Hierdie benadering laat ’n mens ook bv nie toe om in ’n biologieklas sê dat God geskep het nie, want dit is nie wetenskap nie. Om wetenskaplik te wees, moet ’n mens gaan soek na wetenskaplike verklarings oor hoe dinge ontstaan het sonder God. Iemand het bv op ’n keer gesê:

“You may well be right; special creation is probably the truth and evolution is wrong. Nevertheless, evolution is science, and creation is religion, so only evolution should be taught in schools.”

9. Doelbewuste ontkenning van God

Evolusie word soms gekies agv filosofiese redes, nie wetenskaplike redes nie. Die filosofiese redes is om alles te verklaar sonder God want as daar ’n God is, moet ek seker gehoorsaam aan Hom wees.

Julian Huxley het bv die volgende gesê:

“Scientists jumped on Darwin’s Origin of Species because the idea of God was too restrictive to their sexual morals.”

Die volgende aanhaling van Richard Lewontin spreek ook boekdele:

“We take the side of science in spite of the patent absurdity of some of its constructs, in spite of its failure to fulfil many of its extravagant promises of health and life, in spite of the tolerance of the scientific community for unsubstantiated just-so stories, because we have a prior commitment, a commitment to materialism. It is not that the methods and institutions of science somehow compel us to accept a material explanation of the phenomenal world, but, on the contrary, that we are forced by our a priori adherence to material causes to create an apparatus of investigation and a set of concepts that produce material explanations, no matter how counter-intuitive, no matter how mystifying to the uninitiated. Moreover, that materialism is an absolute, for we cannot allow a Divine Foot in the door.”

In die sterrekunde/astronomie kies wetenskaplikes doelbewus dat die aarde nie ’n spesiale plek in die heelal het nie. Richard Gott sê bv:

“The Copernican revolution taught us that it was a mistake to assume, without sufficient reason, that we occupy a privileged position in the Universe. Darwin showed that, in terms of origin, we are not privileged above other species. Our position around an ordinary star in an ordinary galaxy in an ordinary supercluster [the local group of galaxies] continues to look less and less special. The idea that we are not located in a special spatial location has been crucial in cosmology, leading directly to the [big bang theory]. In astronomy the Copernican principle works because, of all the places for intelligent observers to be, there are by definition only a few special places and many nonspecial places, so you are likely to be in a nonspecial place”
(Uit Secular scientists blast the big bang)

En Stephen Hawking en George Ellis in The Large Scale Structure of Space-Time:

“However we are not able to make cosmological models without some admixture of ideology. In the earliest cosmologies, man placed himself in a commanding position at the centre of the universe. Since the time of Copernicus we have been steadily demoted to a medium sized planet going round a medium sized star on the outer edge of a fairly average galaxy, which is itself simply one of a local group of galaxies. Indeed we are now so democratic that we would not claim that our position in space is specially distinguished in any way. We shall, following Bondi (1960), call this assumption the Copernican principle”
(Uit Our galaxy is the centre of the universe, ‘quantized’ redshifts show)

Dit ten spyte van die feite/bewyse dat die aarde wel ’n spesiale plek het. Edwin Hubble sê bv:

“Such a condition [these red shifts] would imply that we occupy a unique position in the universe analogous, in a sense, to the ancient conception of a central earth. The hypothesis cannot be disproved but it is unwelcome. … But the unwelcome supposition of a favored location must be avoided at all costs. Such a favoured position, of course, is intolerable; moreover, it represents a discrepancy with the theory, because the theory postulates homogeneity [smoothness or evenness].”
(Uit String theory “philosophy”challenged)

Kyk ook:

10. Geloof is nie polities korrek nie

In ’n humanistiese samelewing, in veral Westerse lande, waar die meeste ontwikkeling gedoen word, is dit nie polities korrek om Christenskap te bevoordeel nie. Die alternatief is dan om geloof uit alles uit te haal. (kyk bv ‘God’ uit Kovsies se leuse gehaal (Rapport, 2011-01-09))

11. Baie ateïste in die wetenskapswêreld

Goed, evolusie mag moontlik aanvaar word agv filosofiese redes, maar hoeveel wetenskaplikes is daar wat hieraan skuldig is? Daar is mos seker baie wetenskaplikes wat Christene is, of hoe? Die volgende is aangehaal uit Dare to question the materialist high priests:

‘In 1996 historian Edward Larson and journalist Larry Witham repeated Leuba’s survey of scientists … The first results were nearly identical to those in Leuba’s 1914 survey: 40 percent of scientists-in-general still say they believe in a prayer-answering God and in personal immortality’ (p.85).

‘But in 1998 Larson and Witham repeated the survey for elite scientists, defined specifically (since the directory no longer gives stars to the greater scientists) as those who have been elected to membership in the National Academy of Sciences … Disbelief in supernatural theism among Academy members was over 90 percent, and for biologists it was 95 percent’ (p. 86).

Ernst Mayr surveyed his own Harvard colleagues about their beliefs: ‘”It turned out we were all atheists“, he recalls’ (p. 86).

En weer iets oor diskriminasie uit dieselfde artikel:

Peer-reviews for promotion and publication are dominated by the leading members of a scientific community. So are key positions as department heads and on editorial boards. Furthermore, there is a form of selection based on mentor relationships. A bright biology candidate with Christian convictions would consider carefully whether Harvard meets his or her needs. And an outspoken creationist is going to have a very difficult time rising in the academic ranks within elite universities without the support of an influential figure, which we know will generally be an evolutionist.

Steve Weinberg sê ook bv.:

“It’s a consequence of the experience of science. As you learn more and more about the universe, you find you can understand more and more without any reference to supernatural intervention, so you lose interest in that possibility. Most scientists I know don’t care enough about religion even to call themselves atheists. And that, I think, is one of the great things about science – that it has made it possible for people not to be religious.”

Vir meer oor baie ateïste in die wetenskapswêreld, kyk ook:

12. Om objektief te wees is moeiliker as wat ’n mens dink

’n Mens dink aan wetenskaplikes as mense wat baie objektief na data kyk en logiese, wetenskaplike gevolgtrekkings maak. Dit is egter baie keer nie waar nie. Ons elkeen dra brille (vooropgestelde idees) waardeur ons na dinge kyk. Kyk bv Fossil flip-flop.

13. Genesis 1-11 hoef nie letterlik geïnterpreteer te word nie

Baie Christene maak vrede met evolusie en miljoene jare omdat baie kerkleiers nie Genesis 1-11 letterlik interpreteer nie. Die groot rede hoekom sommige kerkleiers besluit om Genesis 1-11 nie letterlik te interpreteer nie, is nie as gevolg van Bybelwetenskappe wat tot die gevolgtrekking gekom het dat dit figuurlik gelees moet word nie (kyk Aanhalings – Moet Genesis letterlik gelees word?), maar bloot om die Bybel met die “wetenskap” te versoen (terloops, daar is baie argeologie wat eerder die Bybel, insluitende die Ou Testament, bevestig). Daar word moontlik geglo dat die kerk in die verlede geglo het dat die aarde plat is en ek dink die kerk wil nie (weer) in so ’n verleentheid kom om die “wetenskap” aan te vat en later verkeerd bewys te word nie. Terloops, die kerk het nooit gedink dat die aarde plat is nie. Slegs ’n paar eksentrieke karakters, yl versprei oor die laaste 20 eeue, het dit verkondig. Kyk Verkondig die Bybel dat die aarde plat is?.

Kyk ook:

14. Meerderheid dikwels verkeerd

Sommige mense redeneer dat die meeste wetenskaplikes aan evolusie en miljoene jare glo en daarom glo hulle ook daaraan. Daar is egter baie voorbeelde in die geskiedenis waar die meerderheid verkeerd was:

  • Neem aborsie as voorbeeld. Ek sou dink dat dit al wetenskaplik bewys is dat aborsie moord is, maar tog is dit wettig in die meerderheid van lande in die wêreld.
  • Meeste mense is ook teen die evangelie van Jesus maar hulle is nie reg nie. (Mat 7:14 “Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min.”)
  • Globale verwarming: Dit begin al hoe meer te lyk of globale verwarming nie waar is nie. Indien dit wel so is, is dit weereens net ’n bewys hoe die “wetenskap”, in hierdie geval die hele wêreld, aan die neus gelei het.
  • Die menselike natuur is lyk my gekant teen veranderinge. Ignaz Semmelweis (1818–1865) het uitgevind dat sekere siektes by babas en hulle ma’s verminder het toe hy sy hande begin was het nadat hy met dooie liggame gewerk het. Hy het egter baie teenkanting gekry oor hierdie idee. Kyk ‘But if creation is true, why don’t all scientists believe it?’
  • Kyk ook The Great Chromosome Fiasco, Creation 33(1) 2011, bl 19
  • Kyk ook die geval van die Israelse nobelpryswenner (2011), Dan Shechtman. Hy het ’n unieke kristalstuktuur ontdek en dit het hom jare geneem om ander wetenskaplikes te oortuig daarvan.
  • Meeste mense het die sekulêre wetenskap geglo wat gesê het dat die aarde plat is en wou Galileo nie glo wat gesê het dat die aarde rond is nie. Kyk The Galileo ‘twist’.

***************

Daar is egter drie belangrike dinge wat onthou moet word:

  1. Evolusie en miljoene jare is nie streng wetenskap nie. Soms word evolusie vergelyk met dinge soos brue, vliegtuie en rekenaars wat die wetenskap vir ons gegee het. Daar is egter ’n reuse verskil tussen operasionele wetenskap en historiese wetenskap. Die hoof verskil is dat operasionele wetenskap getoets en waargeneem kan word, maar met historiese wetenskap word oor die verlede gespekuleer met dinge wat ons vandag sien (Kyk Operasionele vs historiese wetenskap)
  2. Die feit dat soveel wetenskaplikes aan evolusie en miljoene jare glo, maak dit nie waar nie. Daar is ’n groot verskil tussen wetenskap en demokrasie. Demokrasie gaan oor hoeveel mense oor ’n sekere saak voel, ongeag of hulle reg of verkeerd is. Wetenskap is veronderstel om oor feite te gaan – as die feite/bewyse ontbreek, dan kan die wetenskap nie ’n ding verklaar nie. Wetenskap kan nie gedwing word om ’n antwoord te gee nie.
  3. Daar is baie wetenskaplikes wat nie aan evolusie en miljoene jare glo nie. Kyk Wetenskaplikes teen evolusie en oerknal. Dink so daaroor: Is daar iemand wat nie sal glo dat ’n vliegtuig nie kan vlieg nie? Nee, want almal het al ’n vliegtuig gesien vlieg. As daar wetenskaplikes is wat wel nie in evolusie en miljoene jare glo nie, dan is hulle almal óf van hulle verstand af, óf daar is regtig nie bewyse daarvoor nie. Dit bevestig weer die verskil tussen operasionele en historiese wetenskap.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui