Die Bybel oor skepping vs evolusie

Inhoudsopgawe

  1. Skepping, ouderdom van aarde
  2. Met wie het Adam en Eva se kinders getrou?
  3. Sondeval en dood
  4. Die Heidelberge Kategismus oor die sondeval
  5. Sondvloed
  6. Geslagsregisters en ouderdomme
  7. Dinosourusse
  8. Die integriteit en gesag van die Bybel
  9. Bybel moet eenvoudig gelees word
  10. Gevare om die Bybel te bevraagteken
  11. Is die aarde plat?
  12. Kosmologie
  13. Ander

1. Skepping, ouderdom van aarde

Genesis 1 (Die skeppingsverslag)

In Genesis 1 word die skeppingsverslag in geen onduidelikheid en in groot detail weergegee (kyk Skeppingsvolgorde volgens Genesis 1).

Let op na die detail waarin vertel word hoe God dit gedoen het. Dit klink nie na ’n verhaal wat van ander volke geleen is nie.

Let ook op elke keer die woorde “Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die Xde dag.” Dit is duidelik dat die dae nie tydperke was nie.

Kyk ook Aanhalings – Moet Genesis letterlik gelees word?

Genesis 2 (sogenaamde tweede skeppingsverhaal)

Daar is mense wat redeneer dat Genesis 2 ’n tweede skeppingsverhaal is wat teenstrydig is met die verslag in Genesis 1. Hierdie argument word gebruik om die integriteit van Genesis 1 aan te val sodat geredeneer kan word dat die Bybel nie sê dat God wel in 6 dae geskep het nie. Vir meer hieroor, kyk Is Genesis 1 en Genesis 2 verskillende, teenstrydige skeppingsverhale?

Eksodus oor die ouderdom van die aarde

Eksodus 20:11 : Die Here het in ses dae die hemel en alles daarin gemaak, die aarde en alles daarop, die see en alles daarin. Op die sewende dag het Hy gerus, en daarom het die Here dit as gereelde rusdag geheilig.

Eksodus 31:18 : Nadat die Here op Sinaiberg met Moses gepraat het, het Hy die twee plat klippe met die getuienis daarop aan Moses gegee. Dit is die plat klippe waarop God met sy vinger geskryf het.

Eksodus 32:16 : en dit was die werk van God. Dit was ’n inskripsie wat deur God op die klippe gegraveer is.

God het hierdie met sy eie vinger geskryf en impliseer dus self dat die skepping 6 dae geduur het. Indien Genesis 1 nie korrek was nie, hoekom het God nie net geskryf dat Hy aan die begin geskep het nie, of om meer spesifiek te wees, oor ’n lang tydperk? Hoekom sê Hy spesifiek 6 dae?

Psalm 33

(6)Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.
(9)want Hy het gespreek, en dit was; Hy het gebied, en dit staan.

Bevestig dat God geskep het deur te praat.

In Markus 10:6 sê Jesus: "maar van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak." Dit is ’n aanduiding dat Adam en Eva van die begin van die skepping daar was en stem ooreen met die idee dat die aarde ongeveer 4004 vC geskep is. Volgens die evolusietydlyn het die skepping reeds 15 miljard jaar gelede begin, dus kon Adam en Eva nie van die begin van die skepping daar wees nie.Matteus 19:4-5

(4)Hy het hulle geantwoord: “Het julle nie gelees dat die Skepper hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie? (5)Daarby het Hy gesê: ‘Daarom sal ’n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe en hulle twee sal een wees.’”

Kyk One man, one woman en Markus 10:6.

Markus 10:6

(6)Maar van die begin af, van die skepping af, ‘het God hulle man en vrou gemaak.’

(Kyk ook Matteus 19:4-5)

Hier praat Jesus van die huwelik. Alhoewel Hy nie Adam en Eva se name noem nie, verwys Hy duidelik na hulle as werklike mense en sê dat ’n man en vrou een sal word.

Verder sê Jesus duidelik dat die mens van die begin van die skepping daar was. Dit is teenstrydig met evolusie wat beweer dat die mens en verskillende geslagte eers baie laat sy verskyning gemaak het. Kyk hoe teenstrydig is dit bv met wat Huge Ross, ’n Christen, sê: “If the time since the creation of the universe were scaled down to a single year, the whole of human history would be less than one minute.” – Hugh Ross, The Fingerprint of God, p178

Lukas 11:50-51

(50)So is die huidige geslag dan skuldig aan die bloed van al die profete wat vergiet is van die skepping van die wêreld af: (51)van die bloed van Abel af tot by die bloed van Sagaria, wat tussen die altaar en die tempel doodgemaak is. Ja, Ek sê vir julle, hulle bloed sal van die huidige geslag geëis word!

Hier is dit weereens Jesus wat praat en verwys na Abel as ’n werklike persoon. Ek dink ook ’n mens kan weereens hier aflei dat daar nie dood (moord) voor die skepping was nie. Hoekom sou Jesus andersins spesifiek sê: “van die skepping”?

1 Korintiërs 11:8-9

(8)Die man is nie uit die vrou geneem nie, maar die vrou uit die man. (9)Die man is ook nie ter wille van die vrou geskep nie, maar die vrou ter wille van die man.

Die volgorde van skepping is belangrik en bepaal die rolle van die man en vrou. Kyk ook 1 Timoteus 2:13-14.

Kolossense 1:16-17

(16)God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep. (17)Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand.

Christene wat glo dat Genesis tydens ballingskap geskryf is en dat God deur evolusie en miljoene jare geskep het, mag moontlik hierdie verse gebruik om te verklaar dat God wel geskep het. Maar hoekom glo hulle nie die ander gedeeltes in die Bybel wat praat van ’n 6-dag skepping, sondeval en sondvloed nie?

Vers 17 sê ook duidelik dat God vandag nog alles instand hou. Lewe is nogsteeds ’n wonderwerk. Ek dink God beheer en koördineer alle selaktiwiteite in lewende wesens. Hoe anders weet die binnewerke van selle wat om te maak?

Psalm 90:17

(17)Laat ons die goedheid van die Here ons God belewe: hou die werk van ons hande in stand, ja, die werk van ons hande, hou dit in stand.

God skep nie meer vandag nie, maar hou slegs Sy skepping in stand.

Hebreërs 4:3-4

(3)Ons wat glo, gaan wel in die rus in, maar hulle nie, soos God gesê het: “Toe het Ek in my toorn ’n eed afgelê: In my rus sal hulle beslis nie ingaan nie.” En tog was sy werk ná die skepping van die wêreld reeds afgehandel, (4)want êrens in die Skrif word van die sewende dag dit gesê: “En God het op die sewende dag gerus van al sy werk,”

Hier word weer na die skepping verwys en God wat gesê het dat Hy op die 7de dag gerus het. Hoekom sal die skrywer hierna verwys as dit slegs ’n sprokie is wat die Israeliete van ander volke geërf het?

Verder is hierdie teenstrydig met teïstiese evolusie wat beweer dat God voordurend bly skep. Volgens hierdie gedeelte het God geskep en klaar geskep.

Hebreërs 11:3

(3)Omdat ons glo, weet ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is: die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie.

Hierdie vers bevestig dat God geskep het slegs deur te praat en dat hy alles uit niks uit geskape het.

1 Timoteus 2:13-14

(13)Adam is immers eerste gemaak, Eva daarna. (14)Dit is ook nie Adam wat verlei is nie, dit is die vrou wat haar laat verlei het en die gebod oortree het.

Die volgorde van skepping is belangrik en bepaal die rolle van die man en vrou. Kyk ook 1 Kor 11:8-9.

1 Johannes 3:12

(12)Moenie soos Kain wees nie. Hy het aan die Bose behoort en het sy broer vermoor. En waarom het hy hom vermoor? Omdat sy eie dade sleg was en sy broer s’n reg.

Johannes praat hier van ’n werklike persoon, nie ’n fiktiewe persoon nie.

Geslagsregisters

Volgens die geslagsregisters in die Bybel is dit baie duidelik dat die skepping ongeveer 4004 vC gebeur het. Kyk Geslagsregisters en tydsdure.

2. Met wie het Adam en Eva se kinders getrou?

Kyk Kain se vrou.

Genesis 20:11-12

(11)Toe het Abraham gesê: “Ek het gedink hier is niemand wat vir God dien nie en die mense sal my doodmaak oor my vrou. (12)Sy is regtig my suster: sy is my pa se dogter, maar nie my ma s’n nie. Ek is met haar getroud.

Abraham het met sy halfsussie getrou.

Levitikus 18:6,10-13

(6)”Niemand van julle mag met ’n naby bloedverwant geslagsgemeenskap hê nie. Ek is die Here.
(10)”Jy mag nie met jou kleindogter gemeenskap hê nie, want sy is jou nageslag. ( 11)”Jy mag nie met ’n halfsuster aan vaderskant gemeenskap hê nie, want sy is jou suster. (12)”Jy mag nie met jou tante aan vaderskant gemeenskap hê nie, want sy is jou pa se bloedverwant. (13)”Jy mag nie met jou tante aan moederskant gemeenskap hê nie, want sy is jou ma se bloedverwant.

Kyk Genesis 20 hierbo.

3. Sondeval en dood

Kyk:

Genesis 1:29-31

(29)Verder het God gesê: “Let op! Ek gee aan julle al die plante wat saad gee op die hele aarde; ook al die bome wat vrugte dra en saad gee. Dit sal julle kos wees. (30)Maar aan die wilde diere op die aarde en aan die voëls in die lug en aan die diere wat op die aarde kruip, aan alles wat leef, gee Ek al die groen plante as kos.” So het dit gebeur. (31)Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die sesde dag.

Die woord “goed” kom 7 keer in Genesis 1 voor waar God sê dat Hy goed geskep het. Dit is ’n aanduiding dat God nie geskep het deur middel van evolusie, wat baie bloedvergieting behels, nie. In vers 29 en 30 sê God wat mens en dier kan eet – dit behels nie vleis nie. Diere wat ander diere vang en eet was nooit deel van die skepping nie – dit was nie deel van God se oorspronklike plan nie. Dit is eers in Genesis 9 waar God verklaar dat vleis geëet mag word.

Genesis 2:17

(17)maar van die boom van alle kennis mag jy nie eet nie. Die dag as jy daarvan eet, sterf jy.

Genesis 3 (sondeval)

(3)God het net gesê ons mag nie eet van die vrugte van die boom in die middel van die tuin nie en ons mag dit nie aanraak nie, want dan sterf ons.”

Vers 3 + 2:17 : Die feit dat Adam en Eva nie dadelik gesterf het nadat hulle daarvan geëet het nie, beteken dat God bedoel het dat hulle sterflik sou word (tensy God bloot skrikmaaktaktiek gebruik het, wat nie ooreenstem met God se karakter nie).

(14)En die Here God sê vir die slang: “Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die diere. Op jou maag sal jy seil en stof sal jy eet, jou lewe lank. (15)Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou, tussen jou nageslag en haar nageslag. Haar nageslag sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt.” (16)Vir die vrou het die Here God gesê: “Ek sal jou baie swaar laat kry met jou swangerskappe: met pyn sal jy kinders in die wêreld bring. Na jou man sal jy hunker, en hy sal oor jou heers.” (17)Vir die mens het die Here God gesê: “Omdat jy na jou vrou geluister het en geëet het van die boom waarvan Ek jou verbied het om te eet, is die aarde deur jou toedoen vervloek; met swaarkry sal jy daaruit ’n bestaan maak, jou lewe lank; (18)die aarde sal vir jou dorings en dissels laat uitspruit, en jy sal veldplante eet; (19)net deur harde werk sal jy kan eet, totdat jy terugkeer na die aarde toe, want daaruit is jy geneem. Stof is jy, en jy sal weer stof word.” (20)Die mens het sy vrou Eva genoem; sy was die moeder van al die mense.

Hierdie word nog altyd gesien as die moederbelofte wat heenwys na Jesus se koms. Dit is tog duidelik dat swaarkry eers na die sondeval gekom het. Kyk ook Romeine 5 en 1 Korintiërs 15.

Vers 19 is weer duidelik dat dood deur die sondeval gebring het.

Genesis 9:3

(3)Alles wat roer en lewe, sal kos wees vir julle. Naas die groen plante gee Ek dit alles vir julle.

Vergelyk hierdie met Genesis 1:29-30 waar God glad nie noem dat mense diere mag eet nie. ’n Baie sterk aanduiding van geen dood voor die sondeval nie.

Jesaja 11:6-9

(6)Wolwe en skape sal dan saam bly, luiperds sal tussen bokkies lê, kalwers, leeus en voerbeeste sal bymekaar wees en klein seuntjies sal vir almal sorg. (7)Koeie en bere sal saam wei, hulle kleintjies sal bymekaar lê, leeus sal gras eet soos beeste. (8)Babatjies sal by die gate van adders speel, klein kindertjies sal hulle hande uitsteek na giftige slange. (9)Op my heilige berg sal niemand kwaad aanrig of iets verniel nie, want die aarde sal so vol wees van die kennis van die Here soos die see vol water is.

In Handelinge 3:21 (hieronder) word gesê dat God alles weer nuut sal maak (soos voor die sondeval?). Die gedeelte hierbo is weer ’n aanduiding hoe dit was voor die sondeval en dat dood nie deel wat van God se aanvanklike plan nie.

Esegiël 33:11

(11)”Sê vir hulle: So seker as Ek leef, sê die Here my God, Ek wil nie hê die sondaar moet deur sy sonde sterf nie, Ek wil hê hy moet van sy optrede afsien en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van julle bose optrede! Waarom wil julle sterf, Israel?

God wil nie hê mense moet sterf nie. God hou ook nie van dood nie. Hoekom sou Hy dan dood gebruik het om te skep?

Matteus 13:35

(35)So moes vervul word wat die Here deur ’n profeet gesê het: “Ek sal gelykenisse gebruik as Ek praat; Ek sal bekend maak wat geheim gebly het van die skepping af.”

Die ding wat Jesus bekend moes maak wat geheim was van die skepping af, is dat Hy moes sterf vir die sonde wat Adam in die wêreld ingebring het nie. Jesus se dood was nie ’n ligte prys nie. Dood is nie deel van “goed” toe God geskep het nie.

Romeine 5:1-21

(1)God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. (2)Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God. (3)Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, (4)en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; (5)en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. (6)Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe. (7)’n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir ’n regverdige nie. Ja tog, vir ’n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. (8)Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. (9)Aangesien ons nou vrygespreek is op grond van sy versoeningsdood, staan dit soveel vaster dat ons deur Hom ook van die straf van God gered sal word. (10)Aangesien ons, toe ons nog vyande was, deur die dood van sy Seun met God versoen is, staan dit soveel vaster dat ons, noudat ons versoen is, deur die lewe van sy Seun gered sal word. (11)Maar dit is nie al nie. Ons verheug ons ook in God deur ons Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening ontvang het. (12)Verder nog dít: Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood, en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig het. (13)Die sonde was al in die wêreld nog voordat die wet van Moses gegee is, maar sonde word nie toegereken as daar nie ’n wet is nie. (14)Nietemin het die dood heerskappy gevoer van Adam af tot by Moses, ook oor mense wat nie gesondig het op dieselfde manier as dié waarop Adam oortree het nie. Daar is ooreenkoms tussen Adam en Hom wat sou kom, (15)maar met die genadegawe is dit anders as met die oortreding. Deur die oortreding van een mens het baie gesterf, maar die genade van God en die gawe wat deur die genade van die een Mens, Jesus Christus, gekom het, is veel oorvloediger aan baie geskenk. (16)En met die gawe van God is dit anders as met die sonde van die een mens. Op die oortreding van die een mens het die oordeel gevolg en dit het tot veroordeling gelei, maar op die baie oortredings het die genadegawe gevolg en dit het tot vryspraak gelei. (17)Deur die oortreding van die een mens het die dood begin heerskappy voer deur hierdie een mens, maar deur die Een, Jesus Christus, is veel meer bereik: dié wat die oorvloed van genade en die vryspraak as gawe ontvang het, sal lewe en heerskappy voer. (18)Soos een oortreding gelei het tot veroordeling vir alle mense, so het een daad van gehoorsaamheid dus ook gelei tot vryspraak en lewe vir almal. (19)Soos baie deur die ongehoorsaamheid van een mens sondaars geword het, so ook sal baie deur die gehoorsaamheid van die een Mens vrygespreek word. (20)Die wet het bygekom om die oortredinge nog meer te maak; en hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het die genade geword. (21)Die doel was dat, soos die sonde deur die dood heerskappy gevoer het, die genade deur die vryspraak ook heerskappy kan voer en tot die ewige lewe kan lei deur Jesus Christus ons Here.

Hierdie is genoeg bewys dat Adam die sonde en die dood in die wêreld ingebring het en daarom moes Jesus vir ons aan die kruis kom sterf. Dit word so duidelik gesê en word baie herhaal:

  • Die woorde “een mens” kom telkemale voor en verwys of na Adam, of na Jesus.
  • Vers 12 sê ook dat daar nie dood was voor die sondeval nie (soos dit ook in Genesis staan).
  • Vers 14 sê duidelik dat Adam oortree het en van toe af het die ‘dood heerskappy gevoer.’ Vers 17 sê dit weer.
  • Vers 18 in ander woorde: Adam se sonde het veroorsaak dat die hele mensdom veroordeel word, maar omdat Jesus gehoorsaam was, het Hy ons kom vryspreek. Vers 19 herhaal dit.

As Adam nie bestaan het nie of nie gesondig het nie, was dit dus nie nodig dat Jesus aan die kruis moes sterf nie. Selfs die ateïste weet dit. Die volgende 2 aanhalings demonstreer die probleem om nie in ’n letterlike sondeval te glo nie:

  • Richard Bozarth: “Die Christendom het die wetenskap beveg, veg dit nogsteeds, en sal dit tot aan die desperate einde oor evolusie beveg, want evolusie vernietig uiteindelik geheel en al die rede waarom Jesus se lewe kwansuis nodig was. Vernietig Adam en Eva en die erfsonde, en in die puin sal jy die jammerlike oorblyfsels van die Seun van God vind. Dit neem die betekenis van Sy dood weg. As Jesus nie die verlosser was wat vir ons sondes gesterf het nie, en dit is wat evolusie beteken, dan beteken die Christendom niks.” – Adam het sonde in die wêreld ingebring en daarom moes Jesus aan die kruis sterf.
  • Charles Templeton: “Why does God’s grand design require creature with teeth designed to crush spines or rend flesh, claws fashioned to seize and tear, venom to paralyze, mouths to suck blood, coils to constrict and smother – even expandable jaws that prey may be swallowed whole and alive?” – As daar nie werklik ’n sondeval was wat dood en swaarkry gebring het nie, hoe antwoord ’n mens Charles Templeton (en Jacques Monod en David Hull en David Attenborough)

Hierdie gedeelte praat egter slegs oor die dood van mense, maar uit ander dele in die Bybel is dit duidelik dat die sonde van Adam en Eva oor dood en swaarkry vir die diereryk gebring het (bv Romeine 8 en Jesaja 11)

Romeine 6:23

(23)Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.

Dit dui duidelik op die sondeval en bevestig dat dood eers na die sondeval ingetree het.

Romeine 8:18-23

(18)Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie. (19)Die skepping sien met gespanne verwagting daarna uit dat God bekend sal maak wie sy kinders is. (20)Die skepping is immers nog aan verydeling onderworpe, nie uit eie keuse nie, maar omdat God dit daaraan onderwerp het. Daarby het Hy die belofte van hoop gegee: (21)die skepping sal self ook bevry word van sy verslawing aan die verganklikheid, om so tot die vryheid te kom van die heerlikheid waaraan die kinders van God deel sal hê. (22)Ons weet dat die hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting. (23)En nie net die skepping nie, maar ook ons wat die Gees ontvang het as die eerste gawe van God, ons sug ook. Ons sien daarna uit dat God sal bekend maak dat Hy ons as sy kinders aangeneem het: Hy sal ons van die verganklikheid bevry.

Uit hierdie gedeelte is dit duidelik dat die hele skepping swaarkry, die diere ingesluit (veral vers 22). Het God wat so goed is werklik die skepping van die begin af so gemaak? En dit nadat Hy uitdruklik gesê het dat dit goed was na Hy geskep het? Ek dink eerder dat die sondeval die skepping so verander het.

1 Korintiërs 15:21-56

(21)Aangesien die dood deur ’n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur ’n mens gekom. (22)Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word.
(26)Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.
(45)So staan daar ook geskrywe: “Die eerste mens, Adam, het ’n lewende wese geword.” Die laaste Adam het die lewendmakende Gees geword.
(54)En wanneer hierdie verganklike liggaam met die onverganklike beklee is, en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike, dan sal die woord wat geskrywe staan, vervul word: “Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal.” (55)“Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel? (56)Die angel van die dood is die sonde, en die sonde kry sy krag uit die wet van God.

Hierdie gedeelte stem baie ooreen met Romeine 5 hierbo. Adam het die dood in die wêreld ingebring met die sondeval, maar Christus het ons kom vrymaak van die sonde. Die eerste Adam was Eva se man, die eerste mens wat geskape is. Die laaste Adam is Jesus. Weereens word verwys na Adam. Was hy dan regtig fiktief?

Hier word na dood verwys as die vyand (ook vers 55). Dit is dus baie duidelik dat as God gesê het dat Hy goed geskep het, dit dood sou uitsluit.

Openbaring 21:4

(4)Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.”

Weer ’n bevestiging dat die dood sleg is. As God dus goed geskep het, sou dit dood uitsluit.

4. Die Heidelberge Kategismus oor die sondeval

Vraag 6: Het God die mens dan so sondig en verkeerd geskep?

Antwoord: Nee, God het die mens goed (a) en na sy ewebeeld geskep (b). Dit beteken: in ware geregtigheid en heiligheid, sodat hy God sy Skepper reg kon ken, Hom van harte kon liefhê en saam Hom in die ewige saligheid kon lewe om Hom te loof en te prys (c).

a) Gen 1:31. (b) Gen I:26, 27. (c) Ef 4:24; Kol 3 2 Kor 3:18.

Vraag 7: Waar kom hierdie verdorwe natuur van mens dan vandaan?

Antwoord: Van die val en ongehoorsaamheid van ons eerste ouers, Adam en Eva, in die paradys (a). Daar het ons natuur so verdorwe geraak dat ons almal in sonde ontvang en gebore word (b).

(a) Gen 3; Rom 5:12, 18, 19. (b) Ps 51:7; Gen 5:3

Vraag 9: Doen God die mens dan nie onreg aan as Hy in sy wet van hom eis wat hy tog nie kan doen nie?

Antwoord: Nee (a), want God het die mens so geskep dat hy dit kon doen (b). Maar die mens het homself en sy hele nageslag as gevolg van die aanhitsing van die duiwel (c) en deur moedswillige ongehoorsaamheid van hierdie gawes beroof.

(a) Ef 4:24. (b) Gen 3:13; 1 Tim 2:13, 14. (c) Gen 3:6; Rom 5:12.

Vraag 20: Word al die mense dan weer deur Christus salig soos hulle deur Adam verlore gegaan het?

Antwoord: Nee; (a); maar slegs die wat deur ’n ware geloof in Hom ingelyf word en al sy weldade aanneem (b).

(a) Matt 7:14; 22:14. (b) Mark 16:16; Joh 1:12; 3:16, 18, 36; Jes 53:11; Ps 2:12; Rom 11:20; 3:22; Heb 4:3; 5:9; 10:39; 11:6.

5. Sondvloed

Kyk Die Bybel oor die sondvloed wat hierdie in detail bespreek.

6. Geslagsregisters en ouderdomme

Kyk:

Genesis 5 en 11:10 tot 32 (Geslagsregisters)

Die geslagsregisters in Genesis 5 en 11 word in die volgende formaat weergegee:

  • Toe [persoon A] a jaar oud was, is [persoon B] gebore.
  • [Persoon A] het na die geboorte van [persoon B] nog aa jaar geleef en nog seuns en dogters gehad.
  • Toe [persoon B] b jaar oud was, is [persoon C] gebore.
  • ensovoorts…

Hiervolgens kan ’n mens maklik uitwerk dat Adam en Eva ongeveer 4004 vC geskape is.

Verder, indien Genesis 1 tot 11 tydens ballingskap geskryf is, waar kom hulle aan hierdie inligting? Is dit opgemaak? Hoekom sal iemand ’n fiktiewe geslagsregister opstel en dit “onrealisties” maak deur te sê dat sommige mense oor die 900 jaar oud geword het?

Genesis 47:9

(9)Jakob het vir hom gesê: “Ek is nou al honderd en dertig jaar ’n vreemdeling hier op aarde. In vergelyking met dié van my voorvaders is dit maar min, en my lewensjare was vol swaarkry.”

1 Kronieke 1 (Geslagsregisters)

Kyk ook Genesis 5, 11 en Lukas 3:23-38

(24)Sem, Arpaksad, Selag, (25)Heber, Peleg, Reü, (26)Serug, Nahor, Tera en (27)Abram, later Abraham genoem.

Matteus 1:1-16 (Geslagsregisters)

Bevat die geslagsregister van Abraham tot by Jesus.

Lukas 3:23-38 (Geslagsregister)

Geslagsregister van Jesus tot by Adam (“…Set, seun van Adam, die seun van God.”)

7. Dinosourusse

Kyk:

Job 40

Afrikaanse 83 vertaling:

(10)”Kyk die seekoei: Ek het hom gemaak toe Ek jou gemaak het, hy vreet gras soos ’n bees. (11)Daar is krag in sy liggaam, die spiere in sy lyf is sterk. (12)Sy stert is so reguit soos ’n seder. Sy boudspiere is inmekaar gevleg. (13)Die bene in sy lyf is soos bronspype, soos stukke yster. (14)Onder alles wat Ek gemaak het, staan hy eerste, net sy Maker kan hom verslaan.

King James

(15)Behold now behemoth, which I made with thee; he eateth grass as an ox.( 16)Lo now, his strength is in his loins, and his force is in the navel of his belly. (17)He moveth his tail like a cedar: the sinews of his stones are wrapped together. (18)His bones are as strong pieces of brass; his bones are like bars of iron. (19)He is the chief of the ways of God: he that made him can make his sword to approach unto him.

In die Afrikaanse 1983 vertaling is “behemoth” vertaal met “seekoei”. Dit is egter duidelik dat hierdie nie van ’n seekoei gepraat word nie (sien onderstreep).

Job 40:20 – 41:25

Afrikaanse 83 vertaling:

(40:20)”Kan jy ’n krokodil met ’n hoek vang of hom ’n tou in die bek sit? (40:21)Kan jy ’n lyn deur sy neus steek of sy kakebene met ’n hoek vastrek? (40:22)Sal hy jou soebat om genade of by jou mooipraat? (40:23)Sal hy ’n ooreenkoms met jou aangaan om vir altyd jou slaaf te wees? (40:24)Sal jy hom kan mak maak soos ’n voëltjie of kan jy hom met ’n lyn vasmaak vir jou dogtertjies? (40:25)Sal handelaars oor ’n prys vir hom kan kibbel? Sal hy onder kopers verdeel kan word? (40:26)Sal jy harpoene deur sy vel kan gooi of hom met ’n haak aan die kop kan vang? (40:27)Pak hom gerus met kaal hande: jy sal die geveg onthou, jy sal nie weer probeer nie. (40:28)Jy sal die slegste daarvan afkom. Wanneer jy hom sien, is jy al klaar oorweldig. (41:1)Hy is wreed as jy hom wakker maak. “Wie wil dan nog teen My standhou? (41:2)Wie wil aan My eise stel dat Ek iets aan hom verskuldig is? Alles onder die hemel behoort aan My. (41:3)”Ek wil nog verder praat oor die krokodil, oor sy krag en sy liggaamsbou. (41:4)Wie kan sy bek oopmaak? Wie kan met ’n toom naby sy tande kom?
(41:5)Wie kan sy kakebene oopbreek, sy kakebene met die verskriklike tande? (41:6)Op sy rug lê die skubbe in rye vas aan mekaar gesluit: (41:7)die een so teen die ander dat die wind nie daardeur kan waai nie; (41:8)die een is vas aan die ander, hulle kleef aan mekaar en kan nie geskei word nie. (41:9)As hy nies, spat die vonke, sy oë is so rooi soos die daeraad. (41:10)Daar kom vuur uit sy bek, die vonke waai deur die lug. (41:11)Daar trek rook uit sy neusgate, soos uit ’n kokende pot op ’n vuur. (41:12)Sy asem steek vure aan, daar skiet vlamme uit sy bek. (41:13)Daar is groot krag in sy nek; wie hom sien, word deur angs oorval. (41:14)Sy vleis is saamgepak asof dit aan hom gegiet is, dit gee nie mee nie. (41:15)Sy hart is so hard soos klip, so hard soos ’n maalklip. (41:16)Sterkes vlug as hy die water roer. By die eerste rimpeling gee hulle pad. (41:17)Wie hom met die swaard steek, rig niks uit nie, ook nie met ’n spies, ’n pyl of ’n assegaai nie. (41:18)Yster is vir hom soos strooi, brons soos vrot hout. (41:19)Met pyl en boog jaag jy hom nie op die vlug nie, klippe uit ’n slingervel is vir hom niks nie. (41:20)Aan ’n knopkierie steur hy hom nie, hy lag as ’n swaard op hom afkom. (41:21)Die skubbe aan sy onderkant het punte soos potskerwe, soos ’n dorsslee maak dit merke op die modder. (41:22)Hy laat die diep water kook soos in ’n pot, hy laat die water van die meer skuim. (41:23)Agter hom lê ’n blink streep op die water, lê die diep water wit van die skuim. (41:24)Op die grond is niemand sy gelyke nie, hy is ’n ondier sonder vrees. (41:25)Hy kyk met minagting na diere groter as hy, hy is baas selfs oor al die groot diere.”

41:9 kan ook soos volg vertaal word: “As hy nies, is daar ’n lig wat skyn. Sy oë is so rooi soos die ooglede van die oggendson.”

Job 41 (King James)

(1)Canst thou draw out leviathan with a hook? or his tongue with a cord which thou lettest down? (2)Canst thou put a hook into his nose? or bore his jaw through with a thorn? (3)Will he make many supplications unto thee? will he speak soft words unto thee? (4)Will he make a covenant with thee? wilt thou take him for a servant forever? (5)Wilt thou play with him as with a bird? or wilt thou bind him for thy maidens? (6)Shall the companions make a banquet of him? shall they part him among the merchants? (7)Canst thou fill his skin with barbed irons? or his head with fish spears? (8)Lay thine hand upon him, remember the battle, do no more. (9)Behold, the hope of him is in vain: shall not one be cast down even at the sight of him? (10)None is so fierce that dare stir him up: who then is able to stand before me? (11)Who hath prevented me, that I should repay him? whatsoever is under the whole heaven is mine. (12)I will not conceal his parts, nor his power, nor his comely proportion. (13)Who can discover the face of his garment? or who can come to him with his double bridle? (14)Who can open the doors of his face? his teeth are terrible round about. (15)His scales are his pride, shut up together as with a close seal. (16)One is so near to another, that no air can come between them. (17)They are joined one to another, they stick together, that they cannot be sundered. (18)By his sneezes a light doth shine, and his eyes are like the eyelids of the morning. (19)Out of his mouth go burning lamps, and sparks of fire leap out. (20)Out of his nostrils goeth smoke, as out of a seething pot or caldron. (21)His breath kindleth coals, and a flame goeth out of his mouth. (22)In his neck remaineth strength, and sorrow is turned into joy before him. (23)The flakes of his flesh are joined together: they are firm in themselves; they cannot be moved. (24)His heart is as firm as a stone; yea, as hard as a piece of the nether millstone. (25)When he raiseth up himself, the mighty are afraid: by reason of breakings they purify themselves. (26)The sword of him that layeth at him cannot hold: the spear, the dart, nor the habergeon. (27)He esteemeth iron as straw, and brass as rotten wood. (28)The arrow cannot make him flee: slingstones are turned with him into stubble. (29)Darts are counted as stubble: he laugheth at the shaking of a spear. (30)Sharp stones are under him: he spreadeth sharp pointed things upon the mire. (31)He maketh the deep to boil like a pot: he maketh the sea like a pot of ointment. (32)He maketh a path to shine after him; one would think the deep to be hoary. (33)Upon earth there is not his like, who is made without fear. (34)He beholdeth all high things: he is a king over all the children of pride.

In die Afrikaanse 1983 vertaling is “leviathan” vertaal met “krokodil”. Dit is egter duidelik dat hierdie nie van ’n krokodil gepraat word nie (kyk onderstreep).

Psalm 148:7

(7)Praise the LORD from the earth, ye dragons, and all deeps:

Interessant dat hier van drake gepraat word. Is dit moontlik ’n aanduiding van dinosourusse?

8. Die integriteit en gesag van die Bybel

Kyk:

Psalm 1:1-2

(1)Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, (2)maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink.

Psalm 19:8-9

(8)Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is. (9)Die bevele van die Here dui die regte koers aan: dit bring blydskap. Die gebod van die Here is helder: dit gee insig.

Psalm 40:9

(9)Om u wil te doen, my God, is my een begeerte, u woord is my hele lewe.”

Psalm 119

(1)Dit gaan goed met dié wat onberispelik lewe, dié wat wandel volgens die woord van die Here.
(9)Hoe kan ’n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan u woord!
(89)U woord, Here, staan vir altyd vas in die hemel.
(103)Hoe aangenaam is u woord, soeter as heuning in die mond.
(105)U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.
(114)By U skuil ek, U beskerm my, in u woord stel ek my vertroue.
(130)Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is.
(133)Laat u woord my op die regte pad hou; moet tog nie dat enige kwaad die oorhand oor my kry nie.
(140)U woord is baie suiwer, ek het dit lief.
(162)Oor u woord is ek so bly soos iemand wat ’n groot skat in die hande gekry het.

Psalm 138:2

(2)Ek wil na u heilige tempel toe buig en u Naam roem om u liefde en trou, want U het u Naam en u woord bo alles gestel.

Spreuke 8:7-9

(7)Ek praat net die waarheid, ek het ’n afsku van wat verkeerd is. (8)Elke woord uit my mond kan die toets deurstaan, nie een het ’n verkeerde of vals bedoeling nie. (9)Mense wat insig het, weet dat ek reguit praat, wie die kennis het, weet wat ek sê, is reg.

“Ek” is Wysheid, dus is dit God. Ek dink ’n mens kan dit ook op die skepping-evolusiedebat van toepassing maak. Alles in die Bybel kan die toets deurstaan.

Spreuke 18:17

(17)Iemand wat in ’n regsaak eerste praat, is altyd onskuldig, maar dan kom iemand anders en ondervra hom.

Hierdie is definitief nie net op evolusie van toepassing nie, maar dit is wat gebeur: evolusie word as waarheid verkondig, maar indien ’n mens dieper gaan kyk, is dit duidelik dat dit nie waar is nie. Daar is baie mense wat tot hierdie besef gekom het. Kyk Hoe evolusie (en liberalisme) mense se geloof beïnvloed.

Spreuke 12:19

(19)Die waarheid hou vir altyd, die leuen net ’n oomblik.

Jesaja 5:24

(24)Daarom, soos stoppels deur vuur verteer word en hooi in vlamme opgaan, so sal dit met hulle gaan. Hulle sal met wortel en tak uitgeroei word, want hulle het hulle nie gesteur aan die openbaring van die Here die Almagtige nie, hulle het die woord van die Heilige van Israel verwerp.

Jesaja 40:8

(8)Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig.

Jesaja 44:20

(20)Iemand wat hom met as besig hou, laat hom mislei deur sy eie verdraaide opvattings. Hy kan homself nie red nie, hy vra homself nie af: “Is dit nie ’n leuen waarmee ek my besig hou nie?”

Ek wonder of Christene wat aan evolusie glo en wat soveel twyfel in die Bybel het, hierdie vraag vir hulleself gevra het.

Matteus 4:4

(4)Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: ’n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.”

Matteus 18:6-7

(6)Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig maak, vir hom is dit beter as hy met ’n groot meulsteen aan sy nek in die diep see verdrink. (7)Hoe jammer tog vir die wêreld dat daar dinge is wat die mens afvallig maak! Sulke dinge kom noodwendig, maar wee die mens deur wie dit kom.”

Hierdie verse word ook op toepassing gemaak op die skepping-evolusiedebat omdat evolusie al soveel mense afvallig gemaak het.

Matteus 22:21

(21)…Jesus sê vir hulle: “Gee dan aan die keiser wat aan die keiser behoort, en aan God wat aan God behoort.”

Hierdie vers is seker ook nie direk van toepassing op die skepping-evolusie debat nie, maar hierdie laat ’n mens nogal daaraan dink dat ons niks van dit wat God gedoen het van Hom moet wegvat nie, maar aan Hom al die eer gee vir Sy skepping.

Markus 13:24-25

(24)”Maar in daardie tyd, ná daardie verdrukking, sal die son verduister word en die maan sal nie skyn nie; (25)die sterre sal uit die ruimte val en die kragte van die hemelruim sal ontwrig word.

Hier word van die wederkoms gepraat en dit lyk of die hele heelal verwoes sal word. Dit is ’n bevestiging dat God die heelal vir ons geskep het. Dit sluit 100% aan by “The Privileged Planet”.

Lukas 8:21

(21)Maar Jesus sê: “My moeder en my broers is dié wat na die woord van God luister en daarvolgens handel.”

Lukas 24

(17)Hy vra hulle toe: “Wat is dit wat julle so ernstig met mekaar loop en bespreek?” Met somber gesigte gaan hulle staan, (18)en een van hulle, met die naam Kleopas, antwoord Hom: “Is u dan die enigste vreemdeling in Jerusalem dat u nie weet van die dinge wat in die afgelope dae daar gebeur het nie?” (19)Hy vra vir hulle: “Watter dinge?” Hulle antwoord Hom: “Die dinge in verband met Jesus van Nasaret, ’n profeet wat magtig was in woord en daad voor God en die hele volk; (20)en hoe ons priesterhoofde en die lede van ons Raad Hom oorgelewer het om ter dood veroordeel te word, en Hom gekruisig het. (21)Ons het so gehoop dat dit Hy is wat Israel sou verlos. Maar boonop is dit vandag al die derde dag vandat die dinge gebeur het. (22)En nou het ’n paar vroue uit ons kring ons ook nog ontstel. Hulle was vanmôre vroeg by die graf (23)en kon sy liggaam nie kry nie. Hulle het kom vertel dat hulle ’n verskyning gesien het van engele wat gesê het Hy lewe. (24)Sommige van ons mense het ook na die graf toe gegaan en dit net so gekry soos die vroue gesê het, maar Hom het hulle nie gesien nie.” (25)Toe sê Hy vir hulle: “Wat ’n gebrek aan begrip en wat ’n traagheid van gees! Glo julle dan nie al die dinge wat die profete gesê het nie? (26)Moes die Christus nie hierdie dinge ly om in sy heerlikheid in te gaan nie?” (27)Daarna het Hy by Moses en al die profete begin en al die Skrifuitsprake wat op Hom betrekking het, vir hulle uitgelê.

(44)Daarna sê Hy vir hulle: “Dit is die betekenis van die woorde wat Ek vir julle gesê het toe Ek nog by julle was, naamlik dat alles vervul moet word wat in die wet van Moses en in die profete en psalms oor My geskrywe is. (45)Toe open Hy hulle verstand om die Skrif te verstaan. (46)Verder sê Hy vir hulle: “So staan daar geskrywe: ‘Die Christus moet ly en op die derde dag uit die dood opstaan,

Hoekom is hierdie van toepassing op die skepping? Want daar is geglo dat Genesis opgeskryf is deur Moses. Moses het dit egter heel waarskynlik net weer oorgeskryf en nie vir die eerste keer opgeskryf nie. Dus het Jesus baie gemaak van die dinge wat Moses opgeskryf het, wat Genesis 1 tot 11 insluit.

Johannes 1

(1)In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. … (14)Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.

Hier word gesê dat Jesus die heelal geskape het.

Johannes 3:12

(12)Ek het julle van die aardse dinge vertel en julle glo dit nie, hoe sal julle glo as Ek vir julle van die hemelse vertel?

Hierdie hoef seker nie na die skepping te verwys nie, maar dit kan net sowel. As jy nie in die skepping wil glo nie (“aardse dinge”), gaan jy nie in die hemelse glo nie. Daar is baie mense vir wie hierdie waar is – hulle dink dat die skepping nie werklik gebeur het nie omdat dit teenstrydig is met evolusie en daarom glo hulle nie aan Jesus nie. As hulle egter hoor dat daar nie bewyse vir evolusie is nie, dan gebeur dit dat sulke mense in die hele Bybel begin glo.

Kyk ook Handelinge 17:24-31.

Johannes 5:46-47

(46)As julle Moses geglo het, sou julle in My geglo het, want hy het van My geskrywe. (47)Maar as julle sy geskrifte nie glo nie, hoe sal julle my woorde glo?

Hierdie verwys seker ook nie noodwendig na die skepping nie. Moses het egter Genesis geskryf, dus ook die skeppingsverhaal. (Alhoewel daar aanduidings is dat hy dit slegs oorgeskryf het. Dit was dus al geskryf voor Moses dit neergeskryf het.) Dus as ons nie glo wat Moses geskryf het nie (die skepping ingesluit), hoe sal ons in Jesus glo? En hoeveel keer sien ’n mens dit nie – daar is baie mense wat nie in Jesus wil glo nie, omdat hulle dink Genesis nie waar is nie omdat dit teenstrydig is met evolusie. As hulle egter hoor daar nie bewyse vir evolusie is nie, dan glo hulle sommer die hele Bybel.

Johannes 17:17

(17)Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid.

Handelinge 3:21

(21)Hy moet in die hemel bly totdat God alles nuut gemaak het. Dit het God reeds lank gelede deur sy heilige profete gesê.

Kyk Jesaja 11:6-9.

Handelinge 7:51

(51)”Julle hardkoppiges! Julle is heidens in julle harte. Julle is doof vir die woord van God. Julle weerstaan altyd die Heilige Gees. Soos julle voorvaders gemaak het, maak julle ook.

Handelinge 8:25

(25)So het die apostels dan kragtig getuienis gelewer en die woord van die Here verkondig. Hulle het na Jerusalem toe teruggegaan en onderweg die evangelie in baie dorpe van die Samaritane verkondig.

Handelinge 12:24

(24)Maar die woord van God het verder versprei en veld gewen.

Handelinge 13:48-49

(48)Toe die heidene dit hoor, was hulle baie bly oor die woord van die Here en het hulle dit toegejuig. Almal wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword.
(49)Die woord van die Here het dwarsdeur die hele streek versprei.

Handelinge 17:24-31

(24)God, wat die wêreld met alles wat daarin is, gemaak het, Hy is die Here van hemel en aarde, en Hy woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie. (25)Hy het ook nie nodig dat mense Hom versorg nie. Inteendeel, dit is Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee. (26)Uit een mens het Hy al die nasies gemaak. Hy het hulle gemaak om oor die hele aarde te woon. Hy het bepaal hoe lank hulle sal bestaan en waar hulle sal woon. (27)God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Hy is nie ver van enigeen van ons af nie, (28)want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons. Of soos party van julle digters ook gesê het: ‘Ons stam ook van Hom af.’ (29)Aangesien ons dan self van God afstam, moet ons nie dink dat die Godheid aan beelde van goud, silwer of klip gelyk is nie. Dit is bloot skeppinge van menslike vaardigheid en verbeelding. (30)”God het die tye van onkunde oorgesien, maar nou roep Hy al die mense oral op om hulle te bekeer, (31)want Hy het ’n dag bepaal waarop Hy regverdig oor die wêreld gaan oordeel deur ’n Man wat Hy uitgekies het. As bewys daarvan vir almal, het Hy Hom uit die dood laat opstaan.”

Hier preek Paulus aan die Grieke in Atene. Omdat die Grieke glad nie enige agtergrond gehad het oor die Christelike godsdiens nie, begin hy met die skepping. As daar nie ’n sondeval (en so ook ’n skepping in 6 dae) was nie, hoekom begin Paulus daarmee? Hoekom begin hy nie net vir hulle te vertel van Jesus wat die verlosser van hulle sonde is nie?

Toe Petrus egter vir die Jode gepreek het in onder andere Handelinge 2, was dit nie vir hom nodig om oor die skepping te praat nie omdat hulle alreeds die volle agtergrond gehad het.

Kyk Preaching the Gospel in today’s society.

Handelinge 19:20

(20)So het die woord van die Here sy krag getoon en al hoe verder versprei.

Romeine 1:18-25

(18)God openbaar vanuit die hemel sy toorn oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat die waarheid deur hulle ongeregtigheid probeer onderdruk. (19)Wat ’n mens van God kan weet, was immers binne hulle bereik, want God het dit binne hulle bereik gebring. (20)Van die skepping van die wêreld af kan ’n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat ’n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie, (21)omdat, al weet hulle van God, hulle Hom nie as God eer en dank nie. Met hulle redenasies bereik hulle niks nie, en deur hulle gebrek aan insig bly hulle in die duister. (22)Hulle gee voor dat hulle verstandig is, maar hulle is dwaas. (23)In die plek van die heerlikheid van die onverganklike God stel hulle beelde wat lyk soos ’n verganklike mens of soos voëls of diere of slange. (24)Daarom gee God hulle aan die drange van hulle hart oor en aan sedelike onreinheid, sodat hulle hulle liggame onder mekaar onteer. (25)Dit is hulle wat die waarheid van God verruil vir die leuen. Hulle dien en vereer die skepsel in plaas van die Skepper, aan wie die lof toekom vir ewig. Amen.

Die Ou Vertaling sê in Rom 1:22 “Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword.” Hierdie is uit en uit van toepassing op wetenskaplikes wat alles wil probeer verklaar sonder God en in die proses met basies lagwekkende hipoteses vorendag kom om hulle naturalistiese siening konsekwent te probeer toepas.

Paulus sê dat die dinge wat ons in die natuur sien ’n getuienis is van God wat die Skepper is (Hy suggereer glad nie evolusie nie). Om dit te ignoreer, lei tot afgodsaanbidding en onbetaamlike seksuele gedrag.

Kyk wat sê Julian Huxley, genoem “the bulldog of Darwin” op ’n VSA TV-program ’Evolution’s Bloopers and Blunders’: “Scientists jumped on Darwin’s Origin of Species because the idea of God was too restrictive to their sexual morals.”

Efesiërs 6:17

(17)Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God.

Hebreërs 4:12

(12)Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.

9. Bybel moet eenvoudig gelees word

As ’n mens Bybels gaan versprei in onbereikte lande, stuur ’n mens nie ’n teoloog of Bybelhandleiding saam om die Bybel te verduidelik nie. Die Bybel is bedoel om te lees soos dit daar staan. Russell Humphreys het met die idee gekom van ’n Timoteustoets. Kyk:

2 Timoteus 3:16-17

(16)Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ’n regte lewenswyse te kweek, (17)sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

Spreuke 8:8-9

(8)Elke woord uit my mond kan die toets deurstaan, nie een het ’n verkeerde of vals bedoeling nie. (9)Mense wat insig het, weet dat ek reguit praat, wie die kennis het, weet wat ek sê, is reg.

10. Gevare om die Bybel te bevraagteken

Matteus 18:6

(6)Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig maak, vir hom is dit beter as hy met ’n groot meulsteen aan sy nek in die diep see verdrink.

Hierdie vers laat ’n mens dink aan almal wat hulle geloof verloor het deur die apostels van evolusie (kyk Hoe evolusie (en liberalisme) mense se geloof beïnvloed).

Romeine 15:1

(1)Op ons wat sterk is in die geloof, rus die verpligting om die swakhede te verdra van dié wat nie sterk is nie. Ons moenie aan onsself dink nie:

As jou geloof so sterk is dat dit nie beïnvloed word deur hierdie kwessie nie, is dit goed, maar moenie ander tot struikeling laat kom nie.

1 Petrus 3:15

(15)In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om ’n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ’n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.

Skeppingsleerders gebruik ook hierdie vers in die Bybel. Dit het seker nie noodwendig iets met die skepping te doen nie, maar dit sê dat ons ons Bybel moet ken en reg moet wees met ’n antwoord om ander hoop te gee. Dit sê dat apologetiek (HAT: “verdediging van die Christendom”) belangrik is. Skeppingsleerders gebruik hierdie vers omdat die skepping al vir soveel mense hoop gegee het: daar is al soveel mense wat tot bekering gekom het of wat geloofssekerheid gekry het toe hulle gehoor het dat evolusie nie bestaan nie en dat ons die Bybel letterlik kan glo soos dit in Genesis staan (sien “Gevare van Evolusie” – “Evolusie beïnvloed sommige se geloof” ook in hierdie dokument).

Kyk ook ‘I have the Bible—what more do I need?’ wat ook van toepassing is op 1 Petrus 3:15.

Filippense 1

(7)Dit is ook heeltemal reg dat ek so oor julle almal dink, omdat julle my na aan die hart lê. Julle deel immers almal saam met my in die genade wat God my gee, sowel in my gevangenskap as in my verdediging van die evangelie en die bevestiging van die waarheid daarvan.
(16)Laasgenoemdes verkondig Christus omdat hulle my liefhet en weet dat dit my taak is om die evangelie te verdedig; (17)maar eersgenoemdes maak Christus bekend uit selfsugtige en onsuiwere bedoelings. Hulle oogmerk is om die gevangenskap vir my nog swaarder te maak.

Dit is belangrik om die evangelie te verdedig. Inteendeel, Paulus het dit immers as sy werk gesien.

1 Johannes 2:19

(19)Hulle het wel uit ons geledere voortgekom, maar niemand van hulle was ooit werklik een van ons nie, want as hulle werklik van ons was, sou hulle by ons gebly het. Dit moes duidelik word dat geeneen van hulle werklik een van ons is nie.

Skeppingsleerders gebruik baie voorbeelde van mense wat hulle geloof verloor het agv evolusie. Die vraag is, indien hulle so maklik hulle geloof verloor het, het hulle enigsins geloof gehad?

Dit is ’n goeie argument, maar tog sal ons nie weet nie. Evolusie sterk ateïste definitief in hulle kwaad. As evolusie nie daar was nie, wie weet, miskien sou daar nie so baie ateïste gewees het nie. Dit is vir my ook moeilik om te glo dat Charles Templeton in elk geval nie geloof gehad het nie en daarom sy rug op Christus gedraai het. (Sien “Refuting Evolution 2” hoe Nathan sy geloof verloor het by Wheaton Christelike Kollege)

11. Is die aarde plat?

Kyk Verkondig die Bybel dat die aarde plat is?

12. Kosmologie

Volgens Humphreys se teorie wat verklaar hoe ’n mens sterre kan sien wat miljoene ligjare ver is in ’n heelal wat slegs 6000 aarde-jare oud is, is twee van die aannames wat gemaak word dat die heelal begrens is en dat God die heelal uitgestrek het. Kyk sy boek, Starlight and Time en ook Ver-sterlig-jong-aarde-probleem.

Die heelal is begrens

1 Konings 8:27

(27)Sou God werklik op die aarde woon? Die hemel, selfs die hoogste hemel, kan U nie bevat nie, hoe dan nog hierdie tempel wat ek gebou het!

2 Korintiërs 12:2

(2)Ek ken ’n man wat aan Christus behoort. Veertien jaar gelede is hy weggeruk tot in die derde hemel. Of dit met die liggaam was of sonder die liggaam, weet ek nie, net God weet dit.

  • 1ste hemel – Ruimte/heelal
  • 2de hemel – Anderkant die rand van die heelal
  • 3de hemel – waar God woon?

God het die heelal uitgestrek

Die volgende 17 verse in die Bybel bevestig dat God die heelal uitgestrek het:

  1. Job 9:8: wat alleen die hemel uitspan (OV)
  2. Psalm 104:2: …wat die hemel uitspan soos ’n tentdoek
  3. Jesaja 40:22: … Hy span die hemele uit soos ’n dun doek en sprei dit uit soos ’n tent om in te woon.
  4. Jeremia 10:12: … en die hemel uitgespan het deur sy verstand.
  5. Sagaria 12:1: … Die HERE spreek, wat die hemele uitsprei…
  6. 2 Sam 22:10: Hy het die hemel afgebuig en afgekom…
  7. Job 26:7: God sprei die hemel uit oor die leë ruimte, Hy laat die aarde hang waar niks is nie.
  8. Job 37:18: kan jy saam met Hom die hemelruim oopspan…
  9. Psalm 18:9: En Hy het die hemel gebuig en neergedaal…
  10. Psalm 144:5: Buig u hemele, Here…
  11. Jesaja 42:5: … Hy wat die hemelkoepel geskep en dit oopgespan het…
  12. Jesaja 44:24: … Ek alleen het die hemel oopgespan…
  13. Jesaja 45:12: … Ek het met my hande die hemel oopgespan…
  14. Jesaja 48:13: … deur my mag het Ek die hemelkoepel oopgesprei…
  15. Jesaja 51:13: … wat die hemel oopgespan het…
  16. Jeremia 51:15: … en met insig die hemel oopgesprei het.
  17. Esegiël 1:22: Die gewelf was bokant hulle koppe oopgespan.

Dit is so dat hierdie in poëtiese taal gesê is en ’n mens moet baie versigtig wees om dinge in poësie te lees wat nie noodwendig daar is nie. Party wil bv beweer dat die Bybel sê dat die aarde plat is, maar dit is nie waar nie omdat dit in poësie staan (kyk Verkondig die Bybel dat die aarde plat is?). Dit is tog opvallend dat daar soveel dele in die Bybel hierna verwys. Wat ook interessant is, is dat ’n mens wel soms feite in poësie kry: Psalm 78 bv is ’n gedig deur Asaf, maar dit beskryf die uittog uit Egipte, wat geskiedenis is.

1 Petrus 1:10-11

(10)In verband met hierdie saligheid het die profete, wat die genade verkondig het wat vir julle bestem is, deeglik en noukeurig ondersoek ingestel. (11)Die Gees van Christus wat in hulle was, het vooruit verkondig dat Christus moet ly en daarna verheerlik sal word, en hulle het probeer naspeur wat die tyd en die omstandighede sou wees wat die Gees bedoel het.

Profete het nie noodwendig altyd geweet wat hulle profeteer nie. Is dit ook moontlik die geval met hierdie 17 verse?

13. Ander

Genesis 47:14-26

Hier is dit duidelik dat die Farao baie ryk geword het. Is dit nie waar die geld vandaan gekom het om die piramides te bou nie?

Deuteronomium 17:6

(6)Op die verklaring van twee getuies of drie getuies moet die veroordeelde gedood word; hy mag nie gedood word op die verklaring van een getuie nie.

Deuteronomium 19:15

(15)“Daar mag nie net een persoon teen iemand getuig nie, al was die oortreding of die misdaad ook wat, al het hy ook hoe verkeerd gehandel. ’n Beskuldiging kan net bewys word deur die getuienis van twee of drie getuies.

Beide Deuteronomium 17:6 en 19:15 wys die belangrikheid van ooggetuies wanneer ons met dinge werk wat in die verlede plaasgevind het. Kyk ook Operasionele vs historiese wetenskap.

Job 38:4

(4)Waar was jy toe Ek die aarde se fondamente gelê het?

Dit was net God wat daar was toe die aarde geskep is – niemand anders nie. En Hy sê vir ons in die Bybel hoe Hy dit gedoen het. Ons moenie ander teorieë gaan aanvaar wat gebaseer is op dinge wat ons vandag waarneem nie.

1 Korintiërs 1:18-28

(18)Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. (19)Daar staan tog geskrywe: “Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.” (20)Waar is die wysgeer van hierdie wêreld nou? Waar die skrifgeleerde? Waar die slim woordvoerder? Het God nie die wysheid van die wêreld tot onsin gemaak nie? (21)Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie. Daarom het God in sy goedheid besluit om deur die prediking wat vir die wêreld onsin is, dié te red wat glo. (22)Die Jode vra wondertekens en die Grieke soek wysheid, (23)maar ons verkondig Christus wat gekruisig is. Vir die Jode is dit ’n aanstoot en vir die ander is dit onsin, (24)maar vir dié wat deur God geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God. (25)Wat vir die wêreld die onsin van God is, is groter wysheid as die wysheid van mense, en wat vir die wêreld die swakheid van God is, is groter krag as die krag van mense. (26)Dink maar net, broers, aan wat julle was toe julle geroep is. Volgens die opvatting van mense was daar nie baie geleerdes of baie invloedrykes of baie mense van aansien onder julle nie. (27)En tog, wat vir die wêreld onsin is, het God uitgekies om die geleerdes te beskaam; wat vir die wêreld swak is, het God uitgekies om die sterkes te beskaam, (28)en wat vir die wêreld sonder aansien of betekenis is, ja, wat niks is nie, het God uitgekies om wat iets is, tot niet te maak.

Nie op skepping van toepassing nie, maar meer op ateïste.

1 Korintiërs 3:19

(19)want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God. Daar staan tog geskrywe: “Hy vang die slimmes met hulle eie slinkse planne,”

Veral ateïste glo dat hulle die wysheid het, maar wat vir die wêreld wysheid is, is nie altyd volgens God wysheid nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui