Ballingskap

Ballingskap in die Bybel verwys na ’n periode van 70 jaar toe Juda na Babel weggevoer is vanweë hulle ongehoorsaamheid aan God.

Die term “Joodse diaspora” word ook soms gebruik om hierna te verwys. In Engels word dit “Jewish diaspora” of “exile” genoem.

Dit is slegs die Suidelike ryk (Juda en Benjamin) wat hier van toepassing is. Na die val van Samaria het die Assiriërs die Noordelike ryk (die ander 10 stamme) weggevoer waarna hulle nooit weer teruggekeer het nie. Daar word na hulle verwys as die verstrooide stamme van Israel.

Ballingskap het 607 vC begin en 537 vC geëindig.

Die profeet Daniël was een van die ballinge en het gedien onder Nebukadneser (Dan 1-4), Belsasar (Dan 5) en Darius (Dan 6).

Sommige teoloë beweer dat groot dele in die Bybel (veral Genesis 1 tot 11) vir die eerste keer in ballingskap opgeskryf is. Daar is egter baie probleme met hierdie siening – kyk Het God evolusie gebruik om te skep, is Genesis 1-11 in ballingskap geskryf en was die sondvloed werklik ’n globale vloed?

Rede vir ballingskap

Die rede vir ballingskap word gegee in 2 Konings 17:7-23.

Tydlyn

Hier volg ’n tydlyn van belangrike gebeure tydens ballingskap (volgens The Annals of the World, James Ussher, 2003)

vC Beskrywing
607 Ballingskap word aangekondig. (Jer 25:11-12; 29:10)
Nebukadnesar verslaan Jojakim en neem hom na Babel. (2 Kon 24, 2 Kron 36:6-7, Dan 1:1-2)
? God red Sadrag, Mesag en Abednego van die brandende oond
571 God waarsku Nebukadneser in ’n droom. (Dan 4.1-27)
570 12 maande na God se waarskuwing word Nebukadneser weer hoogmoedig. Hy verloor sy verstand, word soos ’n dier en leef van gras. (Dan 4.28-33)
563 Nebukadneser erken God na sewe jaar. (Dan 4.34-37)
562 Nebukadneser sterf.
538 ‘n Hand verskyn tydens Belsasar se partytjie. Hy sterf dieselfde aand. (Dan 5)
538 Daniël word in die leeukuil gegooi, maar God bewaar hom. (Dan 6)
537 Kores kondig einde van ballingskap aan. (2 Kron 36.22-23; Esra 1.1-4)
534 Daniel sterf
518 Vasti is ongehoorsaam aan Ahasveros (Ester 1)
515 Ester word koningin (Ester 2)
510 Hamman word gehang (Ester 7:10)
? Nehemia herbou Jerusalem se muur.
467 Esra verlaat Babilon en trek na Israel om die tempel te herbou.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui