Ballingskap

(Die datums hier is volgens James Ussher)

Ballingskap in die Bybel verwys na ’n periode van 70 jaar toe Juda na Babel weggevoer is vanweë hulle ongehoorsaamheid aan God.

Die term “Joodse diaspora” word ook soms gebruik om hierna te verwys. In Engels word dit “Jewish diaspora” of “exile” genoem.

Dit is slegs die Suidelike ryk (Juda en Benjamin) wat hier van toepassing is. Na die val van Samaria (721 vC) het die Assiriërs die Noordelike ryk (die ander 10 stamme) weggevoer waarna hulle nooit weer teruggekeer het nie. Daar word na hulle verwys as die verstrooide stamme van Israel.

Die ballingskap het begin toe Nebukadnesar aan bewind gekom het in 607 vC. Dit was in die 4de regeringsjaar van Jojakim. Dit het vir 70 jaar geduur en in 607-70 = 537 vC geëindig met die val van Babilon toe Kores van Persië begin regeer het.

Die profeet Daniël was een van die ballinge en het gedien onder Nebukadnesar (Dan 1-4), Belsasar (Dan 5) en Darius (Dan 6).

Sommige teoloë beweer dat groot dele in die Bybel (veral Genesis 1 tot 11) vir die eerste keer in ballingskap opgeskryf is. Daar is egter baie probleme met hierdie siening – kyk Het God evolusie gebruik om te skep, is Genesis 1-11 in ballingskap geskryf en was die sondvloed werklik ’n globale vloed?

Rede vir ballingskap

Die rede vir ballingskap wat omdat die volk kronies afgode gedien het (kyk 2 Konings 17:7-23).

Ook 2 Kon 24: (3)Dit het met Juda gebeur op bevel van die Here, omdat Hy Juda uit sy teenwoordigheid wou verwyder oor die sonde van Manasse, oor alles wat hy gedoen het

Jeremia 11: (10) …hulle loop agter ander gode aan en dien hulle…

Tydlyn

Hier volg ’n tydlyn van belangrike gebeure tydens ballingskap (volgens The Annals of the World, James Ussher, 2003)

#607 vC: Ballingskap word aangekondig. (Jer 25:11-12; 29:10)
Nebukadnesar kom aan bewind en verslaan vir Jojakim en neem hom na Babel. (2 Kon 24, 2 Kron 36:6-7, Dan 1:1-2)

#595 vC: Esegiël se eerste visioen (Eseg 1)

#590 vC: Val van Jerusalem in Sedekia se tyd (2 Kon 25)

#? vC: God red Sadrag, Mesag en Abednego van die brandende oond.

#571 vC: God waarsku Nebukadnesar in ’n droom. (Dan 4:1-27)

#570 vC: 12 maande na God se waarskuwing word Nebukadnesar weer hoogmoedig. Hy verloor sy verstand, word soos ’n dier en leef van gras. (Dan 4:28-33)

#563 vC: Nebukadnesar erken God na sewe jaar. (Dan 4:34-37)

#562 vC: Nebukadnesar sterf.

#538 vC: ‘n Hand verskyn tydens Belsasar se partytjie. Hy sterf dieselfde aand. (Dan 5)

#538 vC: Daniël word in die leeukuil gegooi, maar God bewaar hom. (Dan 6)

#537 vC: Kores kondig einde van ballingskap aan. (2 Kron 36:22-23; Esra 1:1-4)

#534 vC: Daniel sterf

#518 vC: Vasti is ongehoorsaam aan Ahasveros (Ester 1)

#515 vC: Die tempel in Jerusalem word voltooi in die 6de regeringsjaar van koning Darius. (Esra 6:15-18)

#515 vC: Ester word koningin (Ester 2)

#510 vC: Hamman word gehang (Ester 7:10)

#467 vC: Esra verlaat Babilon en vertrek na Israel om as priester op te tree (Esra 7:6-9Esra 8:1-14)

#455 vC: In die 20ste jaar van koning Artasasta (474-20 = 545 vC), kry Nehemia verlof om te gaan help om Jerusalem se muur te herbou. (Neh 1)

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui