Waar is al die mense?

Kyk ook:

Daar is baie verskillende maniere om te bepaal hoe oud dinge is. Die metode wat gebruik word is om die veranderingstempo en werklike hoeveel vandag te bepaal, en te ekstrapoleer na die hoeveelheid wat jy dink of weet wat dit in die verlede was. Byvoorbeeld, ons weet vandag hoeveel sout in die see is en ons weet hoe vinnig die soutkonsentrasie toeneem. Hieruit kan ons terug ekstrapoleer en uitwerk dat die see ongeveer 62 miljoen jaar gelede geen sout bevat het nie, MITS jy aanneem dat die tempo waarteen die soutkonsentrasie toegeneem het nog altyd dieselfde was (kyk Salty seas – evidence for a young world).

Net so kan ons bevolkingsaanwastempo’s gebruik om vir ons iets te probeer sê van hoe lank die mens op aard is.

Die formule wat gebruik word is:

P = P0(1+i)n of

P/P0 = (1+i)n –> i = (P/P0)(1/n) – 1 of

P/P0 = (1+i)n –> log(P/P0) = log(1+i)n = n.log(1+i)
–> n = log(P/P0)/log(1+i)

(Kyk Logaritme.)

Waar:

  • P0 die aanvanklike hoeveelheid mense is by tyd t=0.
  • i is die jaarlikse aanwastempo/groeikoers
  • n is die aantal jare
  • P is die hoeveelheid mense na n jaar teen ’n aanwastempo van i

(Kyk Excel lêer vir berekeninge)

Hoe lank terug was die eerste mens op aarde:

  • P: In 2012 was daar 7 miljard mense op aarde
  • P0: Kom ons aanvaar dat daar aanvanklik 1 persoon op aarde was
  • i: Ons weet dat die huidige aanwastempo van mense ongeveer 1.7% is
  • n = log(P/P0)/log(1+i) = 1345 jaar

Hierdie is baie meer onlangs as volgens die evolusiemodel wat beweer dat die eerste mens 1 miljoen jaar gelede geleef het. Dit is selfs ook baie minder as die Bybelse model wat sê dat alle mense op aarde van 8 mense afstam na die sondvloed ongeveer 2348 vC (4360 jaar gelede).

Kom ons vergelyk groeikoerse:

Huidige aanwastempo van mense = 1.7%

Volgens statistiek is die huidige aanwastempo ongeveer 1.7%

Aanwastempo volgens Bybelse model = 0.473%

  • P: In 2012 was daar 7 miljard mense op aarde
  • P0: Daar was 8 mense wat die sondvloed oorleef het 2348 vC.
  • n = 2012 + 2348 = 4360
  • i = (P/P0)(1/n) – 1 = 0.473%

Joodste aanwastempo = 0.45%

  • P: Daar was ongeveer 18 miljoen Jode in 1930 voor die Jodeuitwissing.
  • P0: Jode is afstammelinge van Jakob wat 1836 vC geleef het.
  • n = 1930 + 1836 = 3766
  • i = (P/P0)(1/n) – 1 = 0.45%

Dus is die aanwastempo’s in die Bybel in dieselfde ordegrootte as die huidige aanwastempo van 1.7% per jaar. Dit is laer, maar behoort maklik verklaar te kan word bv ons weet dat hulle baie oorlog gemaak het in die Bybel en ook dat daar feitlik geen mediese tegnologie beskikbaar was in daardie tyd, wat sou maak dat mense makliker doodgegaan het op ’n vroeë ouderdom.

Kom ons vergelyk die aanwastempo wanneer evolusieskale gebruik word:

Aanwastempo volgens evolusiemodel = ’n skamele 0.002%!

  • P0: Daar was 1 persoon aan die begin
  • P: Vandag is daar 7 miljard mense.
  • n = 1 000 000: Volgens evolusie het die eerste mens ongeveer 1 miljoen jaar gelede geleef.
  • i = (P/P0)(1/n) – 1 = 0.00227%

Dit is baie kleiner, maar hoe klein is hierdie regtig?

Kom ons werk uit hoeveel mense daar na 1 miljoen jaar sal wees teen ’n aanwastempo van 1% per jaar, as jy met een mens begin:

P = P0(1+i)n
= 1.(1+0.01)1 000 000
= (1.0110 000)100
= (1.636×1043)100
= 1.636100 x 104300
= 2.4 x 1021 x 104300
= 2.4 x 104321.

(Kyk voetnota [1])

Hierdie is verskriklik baie mense! Dit is VER meer as die hoeveelheid atome in die sigbare heelal wat op ongeveer 1080 beraam word. Selfs al gebruik ’n mens ’n baie lae bevolkingsaanwas van 0.05%, moet daar steeds 1.24×10217 mense vandag op aarde wees, wat steeds baie meer is as die hoeveelheid atome in die heelal. Om ’n verdere begrip hiervan te vorm: Veronderstel daar is vir elke persoon 1 m2 spasie op aarde beskikbaar (oseane ingesluit), dan is daar slegs plek vir 5.1×1014[2] mense op aarde. Dus sou daar nie naastenby genoeg plek op aarde gewees het indien die eerste mens 1 miljoen jaar gelede geleef het en die aanwastempo 1% of selfs ’n baie lae 0.05% was nie.

Kom ons werk uit wat die aanwastempo moet wees sodat een persoon vermeerder tot 5.1×1014 mense in 1 miljoen jaar:

P = 5.1×1014, P0 = 1, n=1 000 000. Dus is i = (P/P0)(1/n) – 1 = 0.0034%

Dit is weereens baie ordes kleiner as die huidige bevolkingsaanwas of enige bevolkingsaanwas volgens die Bybel.

Dus, die aanwastempo van mense stem veel beter ooreen met die Bybelse model en is vir ons ’n baie goeie aanduiding dat die Bybel vir ons vertel wanneer die eerste mense op aarde geleef het.

Alhoewel daar definitief ook ander faktore is wat ’n rol sou gespeel het, is dit duidelik dat die aanwastempo van mense volgens evolusietydlyne baie onrealisties is. Die enigste manier om hierdie probleem te probeer verklaar sal moontlik wees om te redeneer dat die aanvanklike mense nie so vrugbaar was nie en dat mense al hoe meer vrugbaar geword het soos hulle ge-evolueer het. Die probleem daarmee is dat dit ’n groot aanname is en dit is teenstrydig met wat ons vandag waarneem: aanduiding is dat ons eerder agteruit gaan (kyk Word ons beter?).

Hierdie wys weer dat die wetenskap glad nie die ouderdom van dinge akkuraat kan bepaal nie. Dit is omdat ons met historiese wetenskap werk en nie operasionele wetenskap nie (kyk Operasionele vs Historiese wetenskap).

Voetnotas

[1] Excel kon nie met so ’n groot getal werk nie. Vir die magswette, kyk Magsverheffing.

[2] Die aarde het ’n diameter van 12756.28 km. Die oppervlak van die aarde hiervolgens = 4pr2 = 4p(12756.28×1000/2)2 = 5.11×1014.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui