Baie vinnige erosie

Deur Daniel Louw

4 Junie 2010

Ek was onlangs in ’n debat met iemand oor die ouderdom van die aarde. Sy argument was dat verskynsels soos Meiringskloof, Grand Canyon, Visrivier Ravyn (canyon) ens nie slegs tydens die sondvloed so vinnig kon erodeer nie – dit moes miljoene jare geneem het om so vinnig deur sulke harde rots te erodeer (terloops, hy glo dat die sondvloed globaal was, maar dat die aarde steeds miljoene jare oud moet wees. Hy glo aan ’n tipe gapingsteorie). Laat ek net eers sê dat ’n mens seker moeilik wetenskaplik kan bewys dat dit alles tydens die sondvloed gebeur het, maar ’n mens kan bewys dat dit wel kon gebeur het tydens die sondvloed. Ons werk nou maal eenmaal met historiese wetenskap (kyk Operasionele vs historiese wetenskap).

Kavitasie

Die artikel Beware the bubble’s burst vertel hoe ’n plaaslike vloed amok gemaak het met ’n onvoltooide bouwerk by die Glen Canyon Dam in 1983:

“Afterwards, inspection of the worst-affected tunnel revealed a hole carved through the reinforced concrete into the sandstone. It was almost 15 metres (50 ft) deep and 45 metres (135 ft) long. A giant boulder (3 metres x 4.5 metres, or 10 ft x 15 ft) was found half-way down the tunnel (i.e. beyond the hole). The other tunnel had less severe damage, but, ‘One-inch [25-mm] rebar had been pulled out of the concrete like bones from a cooked fish.’”

Die beginsel waarop dit werk is kavitasie: Indien water oor ’n hobbel/obstruksie vloei, kan dit ’n lokale laedruk vorm (soos lug wat bo-oor ’n vliegtuig se vlerk vloei). Hierdie lokale lae druk kan veroorsaak dat water verdamp en borrels vorm[1].Indien die lugdruk weer herstel tot omgewingsdruk, val die borrels inmekaar en vorm weer vloeistof teen supersoniese snelhede wat erge erosie kan veroorsaak.

Evolusioniste erken katastrofes

In die artikel Up with Catastrophism! word ’n paar aanhalings gegee van ateïstiese evolusioniste oa Derek Ager en Stephen Jay Gould wat erken dat die geologie gevorm is deur katastrofes, maar hulle sê dit baie versigtig, want hulle wil nie die indruk skep dat Noag se vloed dalk as ’n moontlike verklaring voorgehou kan word nie. Kyk bv wat sê Gould:

“As a special term, methodological uniformitarianism[2] was useful only when science was debating the status of the supernatural in its realm; for if God intervenes, then laws are not invariant and induction becomes invalid.… The term today is an anachronism.…”

En ’n ander skrywer:

It is both easy and tempting … to adopt a neocatastrophist attitude to the fossil record.… This is a heady wine and has intoxicated paleontologists since the day when they could blame it all on Noah’s flood. In fact, books are still being published by the lunatic fringe with the same explanation. In case this book should be read by some fundamentalist searching for straws to prop up his prejudice, let me state categorically that all my experience (such as it is) has led me to an unqualified acceptance of evolution by natural selection as a sufficient explanation for what I have seen in the fossil record. I find divine creation, or several such creations, a completely unnecessary hypothesis. Nevertheless this is not to deny that there are some very curious features about the fossil record.

Verdere bronne

Voetnotas

[1]By die see kook water teen ’n hoër temperatuur (~100 °C) omdat die lugdruk hoër is as in die binneland. As ’n mens die lugdruk genoeg verlaag, kan water kook selfs by omgewingstemperatuur.Vir water om te kook by byvoorbeeld 25 °C moet die absolute lugdruk 3.17 kPa wees (lugdruk by die see is 101.325 kPa).

[2] Die teorie dat alle geologiese verskynsels verduidelik kan word as ’n resultaat van bestaande kragte wat uniform gewerk het vanaf die begin van die aarde tot nou. Maw, erosietempo’s en ander kragte was altyd konstant en dieselfde as huidige erosietempo’s.

Is die skepping-evolusie kwessie belangrik?

In die artikel A Witness at the “ends of the earth” getuig Graham Cruickshank, ’n sendeling onder die Maori’s, dat ’n letterlike verstaan van Genesis 1 – 11 ’n baie effektiewe manier is om die evangelie onder daardie mense te verkondig. Hier volg ’n paar aanhalings uit die artikel:

Graham Cruickshank and his wife Tui, a dynamic couple, have found that this ancient tradition has been most significant in their Christian outreach to the Maori and their Pacific island relatives, much like Paul’s teaching of the “unknown God” to the Athenians on Mars Hill (Acts 17).

When he compared the names of Io with the names and attributes of Almighty God in the Bible he found they agreed precisely—there were no contradictions.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui