Egiptiese geskiedenis stem ooreen met die Bybel

Daar is al baie met die Bybel gespot omdat die Egiptiese kronologie/tydlyne nie oorstem met die Bybel nie.

Hoe word daardie kronologie egter bepaal?
Daar word allerhande dinge gevind met opgrawings, maar om die kronologie te bepaal, moet baie aannames gemaak word. En die aannames is gebaseer op evolusie! (“The problem is with the way modern scholars have constructed their chronology of Egypt. Manetho, an Egyptian priest, left a list of kings and dynasties with their length of reigns, and although inscriptions on tombs and temples give chronological information, the issue is how to interpret this information. With so little to work from, archaeologists have had to make copious assumptions. And modern scholars have developed a long chronology consistent with the idea that humans have evolved over millions of years.” – Uit The pyramids of ancient Egypt). Dus word die Bybel nooit gebruik om te help met aannames nie, want die Bybel word mos gesien as ’n godsdienstige boek wat niks te doen het met die “wetenskap” nie.

Aangepaste kronologie bevestig die Bybel
Agv nuwe data en beter teorieë, is daar tans heelwat argeoloë wat besef dat die kronologieë aangepas moet word en dat dit nie so oud is soos hulle gedink het nie (kyk onder die opskrif “Advocates of chronological revision” in Egyptian history and the biblical record: a perfect match?). Indien dit gedoen word, pas die Bybel baie goed in met wat opgegrawe is:

  • Die Hebreeuse naam vir een van Noag se kleinseuns is Misraim en die Egiptenare noem hulle-self Misr, wat afgelei is van Misraim.
  • Tydens Abraham se besoek aan Egipte kon hy moontlik die Egiptenare leer van rekenkunde en sterrekunde. Met ’n hersiende kronologie sou Abraham in Egipte wees toe Khufu farao was. Dit was in sy tyd dat die piramides vir die eerste keer met sulke hoë akkuraatheid gebou is.
  • Josef sou in Egipte gewees het toe Sesostris I farao was. In sy tyd was Mentuhotep (moontlik Josef) – groot en belangrike mense het voor hom gebuig. Daar is ook leidrade van die 7 goeie jare en 7 droë jare ook in daardie tyd.
  • Aanduidings van die Hebreeuse slawe.
  • Skelette van babatjies, moontlik van die Joodse babatjies wat doodgemaak is.
  • Moses was moontlik Amenemhet IV en sy Egiptiese ma Sobekneferu (sy het geen biologiese seun gehad nie)
  • Dood van eersgeborenes: Neferhotep I se seun, Wahneferhotep het hom nie opgevolg nie. Is hy nie dood tydens die dood van die eersgeborenes nie?
  • Rooisee wat oopgekloof het: Neferhotep I is opgevolg deur sy broer Sobkhotpe IV. Neferhotep se mummie is ook nooit gevind nie. Was dit nie dalk omdat hy in die Rooisee verdrink het nie?
  • Kahun se inwoners het baie skielik vertrek. Was dit nie die Israeliete nie?
  • Argeoloë krap kop omdat die Hyksos Egipte oorgeneem het sonder ’n konfrontasie. Was dit nie omdat die hele Egiptiese weermag op die bodem van die Rooisee gelê het nie?

Moenie dat swak bewyse en menslike teorieë jou laat twyfel in die Bybel nie. Onthou, oor die algemeen neem argeoloë en wetenskaplikes nie die Bybel in aanmerking nie. En verder is argeologie deel van historiese wetenskap, nie operasionele wetenskap, wat waarneembaar en herhaalbaar is nie (kyk It’s not science).

Ek sluit af met ’n aanhaling uit die artikel Archaeologist confirms creation and the Bible:
“There is a story of an older, well-respected archaeologist digging next to a young archaeologist at Gezer, Israel. The young archaeologist was mocking the historical reliability of the Bible when the older archaeologist quietly responded, ‘Well, if I were you, I wouldn’t rubbish the Bible.’ When the young archaeologist asked ‘Why?’ he replied, ‘Well, it just has a habit of proving to be right after all.’”

Verdere leeswerk:

Vir meer oor argeologie en die Bybel, kyk:

Is die skepping-evolusie kwessie belangrik?

Uit Ancient mutant Jamaican sea cows?:

First let me say how much I appreciate your website, and I ask God to bless you all and your works daily. I first came to Christ in 1993 after 60 years of militant atheism, but my uncritical acceptance of evolutionary theory was a sticking point until I came across your website. May God bless you all!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui