Artikel 37 as oplossing vir uiteenlopende teologiese sieninge

Die NG Kerk se algemene sinode het die afgelope 20 jaar baie on-Bybelse besluite geneem (kyk NG Kerk Algemene Sinodes of Opsomming van skokkende NG Kerk-besluite).

Behoudendes in die NG Kerk sien artikel 37 nou as ’n oplossing vir die uiteenlopende sieninge in die NG Kerk sonder om te skeur.

Hoe werk artikel 37?

Afkortings:

Veronderstel die Vrystaatse sinode voer artikel 37 uit en tree daarmee uit die algemene sinodale verband, dan verbreek hulle alle amptelike kontak met die res van die NG Kerk deur nie meer enige Algemene Sinodes (AS) by te woon nie. Dus is die enigste praktiese implikasie bloot dat die Vrystaatse sinode nie meer die Algemene Sinode gaan bywoon nie. Hulle bly egter steeds deel van die NG Kerk denominasie. Later meer hieroor.

Hoe sal dit behoudendes help?

Eerstens sal Vrystaat ten minste voel dat hulle tot ’n mate gebreek het met die Algemene Sinode wat die on-Skriftuurlike besluite geneem het.

Tweedens sou dit moontlik wees dat behoudende gemeentes uit ander streeksinodes by die Vrystaatse sinode kon aansluit, mits die Algemene Sinode Moderamen of die Algemene Sinode dit goedkeur volgens artikel 32. Sodoende sou daar dan ’n behoudende sinode binne die NG Kerk kan vorm.

Probleme

Daar is egter ’n paar probleme met die artikel 37-opsie:

1. Iemand moet dit doen

Een van die streeksinodes sal moet besluit om artikel 37 uit te voer.

2. Jy bluf jouself

Om los te kom van die Algemene Sinode (AS) maar steeds in die NG Kerk te bly help nie veel nie. Die AS is bloot ’n vergadering van afgevaardigdes uit NG Kerke van reg oor die land. Hierdie afgevaardiges is elke keer verskillende mense. Die probleem lê nie by die Algemene Sinode nie, maar by die algemene standpunt van afgevaardigdes in die groter NG Kerk. Om jouself los te maak van die AS en steeds in die NG Kerk te bly is om jouself te bluf:

  • Van buite word jy steeds gesien as deel van die NG Kerk met al hulle on-Skriftuurlike besluite.
  • Van binne het jy nie wesenlike invloed op die res van die NG Kerk nie omdat jy jouself afsonder in ’n aparte streeksinode en aparte ringe.

3. Dit is nie ’n praktiese oplossing nie

Denominasies deel kern teologiese sieninge en gewoonlik ook teologiese opleiding. Behoudendes is alreeds besig om alternatiewe teologiese opleiding te ondersoek terwyl die ASM en selfs sommige streeksinodes aangedui het dat hulle baie tevrede is met die huidige teologiese opleiding. Dit sal daarom nie prakties wees indien Vrystaat steeds deel van die NG Kerk denominasie bly nie. Veronderstel daar is twee gemeentes in ’n bepaalde dorp:

  1. Die een gemeente is gekant teen selfdegeslagverhoudings (SGV) en hulle sluit by die Vrystaatse sinode aan.
  2. Die ander gemeente is ten gunste van SGV en SGV huwelike word selfs daar bevestig. Hulle kies om deel te bly van die algemene sinode.

Hoe word daar nou op ’n sinvolle manier onderskei tussen hierdie twee gemeentes indien beide steeds “NG Kerk” is?

4. Dit is on-Bybels

Dit is on-Bybels om op enige manier met ’n denominasie te assosieer wat allerhande on-Bybelse praktyke toelaat. Dit grens aan sinkretisme. Dit is juis oor hierdie rede dat behoudendes baie ongemaklik is daarmee dat die NG Kerk deel is van die Wêreldraad van Kerke (WRK), omdat die teologie van die WRK nie vertrou word nie. Daar is baie skrifgedeeltes wat hierdie opdrag gee:

Dan is daar ook ander voorbeelde:

Moet behoudendes in die NG Kerk nie dieselfde as Juanita du Plessis en die CRCA doen nie?

“Om ’n kerk, of ’n raad van kerke, te beskou as ’n forum waarin fundamentele sake gedebatteer en bespreek kan word, of as ’n geleentheid vir getuienis-aflegging, is pure verwarring en deurmekaar denke. Daar is geen bespreking oor “die fondament” soos ons dit sien nie. Diegene wat dit nie aanvaar nie, is nie broers nie en geen dialoog kan met hulle gevoer word nie. Ons moet vir sulkes preek en hulle evangeliseer. Gesprek vind slegs plaas onder broeders wat dieselfde lewe deel en dieselfde wesenlike waarheid onderskryf. Dit is reg en goed dat broeders sake moet bespreek wat nie noodsaaklik is vir redding nie … . Ons kan op hierdie stadium niks beter doen as om die ou gesegde aan te haal: ‘In noodsaaklike dinge: eenheid, in onbelangrike dinge: vryheid, in alle dinge: liefde.’ ”

~ Martyn Lloyd-Jones

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui