NG predikante kan nou by die staat aansoek doen om homoseksuele huwelike wetlik te verbind

Kyk die volgende artikel vir ’n opsomming oor hierdie aangeleentheid:

************

Selfdegeslagverbintenisse: só werk bevestiging nou | Kerkbode

30 Julie 2020

Aansoek om aanwysing as godsdienstige denominasie ten einde selfdegeslagverbintenisse te bevestig

In ’n skrywe van die Departement Binnelandse Sake is kennis gegee dat die NG Kerk se aansoek om selfdegeslagverbintenisse te voltrek, gunstig ontvang is.

Die skrywe lui as volg:

Die minister van Binnelandse Sake het ingevolge Artikel 5(2) van die Civil Union Act, 2006 (Wet nr 17 van 2006) besluit om predikante van die NG Kerk, wat sou aansoek doen en aan die bepaalde vereistes voldoen, magtiging te gee om selfdegeslagverbintenisse te voltrek binne die Republiek van SA.

Die magtiging is van krag vanaf 22 Junie 2020 en is onderworpe aan die bepalings van Artikel 5 van bogenoemde Wet 2006.

‘n Gelegitimeerde predikant, wat die opsie wil uitoefen om selfdegeslagverbintenisse te bevestig, moet die volgende inligting verstrek:

  1. Volle name en van
  2. Afskrif van identiteitsdokument
  3. Fisiese adres en kontaknommer van die aangewese huweliksbeampte
  4. Die naaste kantoor van die Departement Binnelandse Sake waar die huweliksbeampte die voorgeskrewe toets sal aflê.

Dieselfde aansoekprosedure sal in die toekoms gevolg word en deur die kantoor van die Algemene Sekretaris hanteer word.

Die aansoek sal gefinaliseer word sodra die nodige inligting ontvang is. Inligting oor die inhoud, ens. wat benodig word vir die aflé van die voorgeskrewe toets sal aan elkeen wat aansoek doen, deurgegee word.

Aangeheg[1] is ’n vorm waarop die nodige inligting ingevul kan word, indien jy die opsie sou wou uitoefen.

Dit moet so gou moontlik aan Sophia by sophiad@ngkerk.org.za besorg word. Die teikendatum vir die aanstuur van die inligting is 19 Augustus 2020.

Vriendelike groete

Gustav Claassen

Algemene sekretaris: NG Kerk

Voetnotas

[1] Die vorm bestaan uit die volgende velde:

  • Van, Naam, ID nommer
  • Fisiese adres, posadres, eposadres, persoonlike telefoonnommer
  • Gemeente waar jy tans gekoppel is
  • Naaste kantoor van binnelandse sake

1 thought on “NG predikante kan nou by die staat aansoek doen om homoseksuele huwelike wetlik te verbind”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui