Juanita du Plessis wil nie saam met Jack Parow optree

Volgens Juanita du Plessis sal sy ongemaklik wees om saam met Jack Parow ’n verhoog te deel.

Die organiseerders van Huisgenoot se Skouspel het Juanita du Plessis in 2010 genooi om haar vir ’n gospel-oomblik te gebruik met die sing van die “Onse Vader“. Toe sy egter besef dat Jack Parow ook genooi is vir Skouspel, het sy ongemaklik daarmee gevoel om ’n verhoog met hom te deel en in September 2010 het sy laat weet dat óf sy óf Parow sou moes onttrek.[1] Parow is kontroversieel oor die vuil- en selfs godslasterlike taal wat hy soms gebruik tydens sy optredes.

Juanita se man, Doepie du Plessis, het die volgende aan Rapport gesê:

“As Christene is dit vir ons ongemaklik en onvanpas om ’n verhoog te deel met iemand wat godslasterlike uitlatings maak.”

Skouspel het toe besluit om eerder Parow se uitnodiging te kanselleer[2]. Aan die media is gesê dat Parow gekanselleer is omdat hy ’n dubbelbespreking gehad het en reeds by Aardklop sou optree.[3]

Parow was glad nie ingenome hiermee nie en het soos volg op Twitter gereageer[4]:

Juanita Du Plessis. hahahaha wat n judgmental d**s. dis f*kkin belaglik. klomp self-righteous bosmossels!!

Wat sê ’n mens hieroor?

Met Parow se reaksie op Twitter het hy presies gewys hoe onvanpas dit sou wees as Du Plessis saam met hom ’n verhoog sou deel.

2 Timoteus 2: (16)Maar die onheilige en sinlose praatjies moet jy vermy, want dié wat dit versprei, sal nog verder in goddeloosheid verval

Voetnotas

[1] Kyk Hanlie gesels met Juanita du Plessis (25 Jul 2011): “Toe sy laas jaar weier om saam met Jack Parow op die Huisgenoot Skouspel-verhoog op te tree het Parow-ondersteuners en die media haar kwaai gekritiseer. Sy het Parow se CD gaan koop toe haar kinders haar vertel hulle hoor sy musiek by die skool en hy vloek verskriklik. Ná die vierde snit het sy geweet Skouspel se plan vir ’n gospel-oomblik met die Onse Vader gaan nie werk saam met Parow op dieselfde verhoog nie.”

[2] In die boek Jack Parow – Die ou met die snor by die bar word gesê: “Maar toe ek nou gebook en geconfirm is en alles vir Skouspel, bel my manager my en sê hulle het my gecancel, want die sangeres Juanita du Plessis se man, Doepie, het by Huisgenoot gaan kla omdat ek daar sou optree en gesê sy vrou wil nie op dieselfde stage as ek wees nie, want hoe sal dit nou lyk as Jack Parow op die stage kom net nadat sy die “Onse Vader” gesing het? En toe het ek nie daar gespeel nie.”

[3] Kyk Jack Parow en Juanita du Plessis (22 Sep 2010): “Skouspel het toe verklaar dat Parow nie kan optree nie, want hy tree reeds op by Aardklop. Interessant dat Juanita ook daar op tree.”

[4] Kyk Facebook Status of the Day: Jack Parow (20 Sep 2010): “Jack Parow has taken to his Facebook page to lambast Afrikaans singer Juanita du Plessis. The Afrikaans rapper’s status reads as follows:

Jack Parow: ‘Juanita Du Plessis.hahaha.wat n judgmental d**s.f*k.dis belaglik.al hierdie afrikaanse “sterre” kan kinders molisteer en hulle vrouens en mans verneuk en al die k@k.ma as ek vloek is ek die Antichrist.julle klomp self-righteous d**se.'”

Ander bronne

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui