Hell’s Best Kept Secret

Hell’s Best Kept Secret was een van die bekendse preke van Ray Comfort.

Dit kan ook in MP3 en PDF-formaat verkry word.

Hier volg ’n kort opsomming van die preek:

Hell’s best kept secret

Volgens statistiek val 80%-90% van mense wat ’n besluit vir Jesus maak, weer terug na hulle ou lewe.

In 1991 het 294 000 mense in slegs een jaar in ’n groot kerkdenominasie van 11 500 gemeentes, ’n besluit vir Jesus gemaak. Hulle kon later egter slegs 14 000 van hierdie mense kry wat daarna kerk toe gaan. Hulle het nie geweet wat van die ander 280 000 geword het nie.

Die rede hiervoor kan toegeskryf word aan die metode wat gevolg is.

Psalm 19:7 (KJV) sê: “The law of the Lord is perfect converting the soul.

(Kyk ook Heidelbergse Kategismus, Sondag 2, vraag 3)

Veronderstel iemand sê vir jou dat hy goeie nuus het: iemand het ’n R100 000 boete namens jou betaal. Jy sal waarskynlik reageer en sê: “Waarvan praat jy? Ek het nie ’n boete van R100 000 nie. Wat het ek verkeerd gedoen?”

Veronderstel egter die persoon sê dat jy teen 120 km/h deur ’n gebied gery het wat uitgesit was vir ’n byeenkoms vir blindes en dat daar 10 duidelike borde was wat die spoedbeperking as 30 km/h gegee het.

Nou sal die “goeie nuus” baie meer sin maak.

Wat het gebeur? Eers toe jy besef het wat jy verkeerd gedoen het kon die nuus vir jou goed word.

Op die selfde manier: as ek ’n geharde sondaar nader en vir hom sê dat Jesus aan die kruis vir hom gesterf het, gaan hierdie stelling geen betekenis hê nie omdat hy nie noodwendig dink dat hy so ’n slegte mens is nie.

1 Korintiërs 1:18 sê: “(18)Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.

Romeine 3:19-20 sê: “(19)Dit weet ons: alles wat Moses se wet sê, sê hy vir dié wat die wet het. Niemand sal hom dus kan verweer nie, en die hele wêreld is strafwaardig voor God. (20)Daarom sal geen mens op grond van wetsonderhouding deur God vrygespreek word nie; inteendeel, deur die wet leer ’n mens wat sonde is.

God se wet help ons dus om ons te verhoed om sondes te regverdig deur te sê dat daar baie ander mense is wat slegter as ek is.

Kyk ook 1 Johannes 3:4, Romeine 7:7 en Galasiërs 3:24.

Omdat moderne evangelisasie gefaal het om die Wet van God te gebruik om sondaars te bekeer, moes ’n ander metode gebruik word. Die metode wat moderne evangelisasie gekies het om sondaars te lok, was die kwessie van “lewensverryking”. Die evangelie het ontaard in “Jesus Christus sal vir jou vrede, vreugde, liefde, vervulling en blywende geluk gee.” (met ander woorde, voorspoedsteologie).

Beskou die volgende analogie:

Twee mense sit in ’n vliegtuig. Aan die een word vertel dat hy ’n valskerm moet aantrek omdat dit sy vlugervaring sal verbeter. Hy sit dit aan, maar voel trouens meer ongemaklik en sien dat mense vir hom lag en hy haal dit af.

Aan die ander persoon word gesê dat hy ’n valskerm moet aantrek omdat hy enige oomblik uit die vliegtuig sal moet spring. Hy trek die valskerm met baie dankbaarheid aan en gee nie om oor die ongemak wat dit veroorsaak nie.

AB Earl het die volgende gesê:

“I have found by long experience that the severest threatenings of the law of God have a prominent place in leading men to Christ. They must see themselves lost before they will cry for mercy; they’ll not escape danger until they see it.”

Relevante teksverse

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui