Opsomming van skokkende NG Kerk-besluite

Hier volg ’n lys van skokkende besluite geneem deur die NG Kerk se amptelike strukture.

KLIEK OP DIE TITELS OM NA DIE BETROKKE BESLUIT TE GAAN

Vir ’n meer volledige lys van besluite, kyk NG Kerk algemene sinodes.

Kyk ook Skokkende geskiedenis van die NG Kerk sedert 2000 wat ’n redelik volledige prentjie skets van wat op teologiese vlak in die NG Kerk gebeur het sedert 2000.

***********

2002 NGK besluit oor skrifgesag

Besluit: 2002 NGK besluit oor skrifgesag

Hierdie besluit baan die weg vir toekomstige onskriftuurlike besluite en dwaalleringe. Daarin kom onder andere die volgende sinsnedes voor wat die Bybel beskryf:

  • “menslike karakter van die Skrif”
  • “gewone mensewoorde”
  • “die Bybel as menslike boek”
  • “menslike “foute” in die Bybel”
  • “wetenskaplike “swakheid”
  • “geen aanspraak op historiese eksaktheid nie”

Hierdie besluit is onder andere gebruik om Jurie le Roux onskuldig te bevind in die klag van Ferdie Mulder teen Jurie le Roux oor Jesus se opstanding (kyk Ring van Pretoria-Oos bevinding van ondersoekkommissie oor klag teen prof Jurie Le Roux).

Kyk ook ‘n Beoordeling oor die 2002 NGK besluit oor skrifgesag.

Sinode vir eers stil oor maagdelike geboorte (5 Sep 2003)

Artikel: Sinode vir eers stil oor maagdelike geboorte (5 Sep 2003)

Die Sinode van Noord-Transvaal (Noordelike sinode) neem nie standpunt in oor Jesus se maagdelike verwekking of oor Jesus se liggaamlike opstanding nie. Daarmee verbreek die hele sinode hulle legitimasie-eed.

2004 NGK besluit oor skrifgebruik en skrifgesag

Besluit: 2004 NGK besluit oor skrifgebruik en skrifgesag

Baie van die 2002-besluit word bloot herhaal.

2007 NGK homoseksuele besluit

Besluit: 2007 NGK homoseksuele besluit

Die sondige aard van homoseksualiteit word nêrens in hierdie besluit erken nie. Dit is ’n groot tree nader daaraan om ruimte te maak vir homoseksualiteit in die NG Kerk.

2011 NGK besluit oor die duiwel

Besluit: 2011 NGK besluit oor die duiwel

Maak ruimte vir mense wat nie aan die duiwel glo nie.

In 2013 het Wynand Louw vir Ben du Toit by sy ring aangekla omdat hy sy legitimasie-eed verbreek deur te glo dat die duiwel nie bestaan nie. Hierdie besluit het Ben du Toit egter beskerm en hy is onskuldig bevind (kyk Die uitkoms van die dwaalleer tug ondersoek teen Dr Ben du Toit).

2011 NGK saamwoonbesluit

Besluit: 2011 NGK saamwoonbesluit

Maak ruimte vir voorhuwelikse seks.

2013 NGK besluit oor die duiwel

Besluit: 2013 NGK besluit oor die duiwel

Na die besluit oor die duiwel in 2011 word daar 10 beswaarskrifte ingedien. Slegs geringe veranderinge word aangebring aan die bewoording van die 2011-besluit. Die besluit verander egter nie in wese nie.

2013: Oor geloof en die wetenskap

Dokument: Oor geloof en die wetenskap (2012)

Die sinode ondersteun die dokument as gespreksdokument.

2015 NGK homoseksuele besluit

Besluit: 2015 NGK homoseksuele besluit

Daar word amptelik ruimte gemaak vir gemeentes wat SGVs wil normaliseer.

Geloof en die wetenskap 2015

Dokument: Geloof en die wetenskap 2015

Die sinode ondersteun die dokument as gespreksdokument.

2019 NGK homoseksuele besluit

Besluit: 2019 NGK homoseksuele besluit

Maak weereens ruimte vir SGVs nadat die 2015-besluit in 2016 omgekeer is. Kyk ook Die NG Kerk en homoseksualiteit.

6 thoughts on “Opsomming van skokkende NG Kerk-besluite”

  1. Prof. Louw, ek is n leraar van ’n AGs van SA gemeente. Ek het familie en vriende wat lewenslank al lidmate is van die NG kerk is. Hulle dreig om die NG kerk te bedank agv al die veranderde keringe en meninge in die kerk.
    My voorstel om met hul plaaslike leraars te gaan praat is nie juis met entoesiasme ontvang nie. My versoek aan u is eenvoudig, hoe adviseer ek hulle, wat staan hul te doen.

    1. Johan, ek is nie ’n professor nie. Noem my asb sommer Daniel.
      Ek lei af dat hulle plaaslike leraars óf self liberaal is óf nie die erns van die saak verstaan nie. My voorstel is soos volg:
      Gaan praat met die plaaslike leraar(s). Indien hy/hulle nie die erns van die saak verstaan nie, bedank uit die gemeente en probeer inskakel by ’n dolerende gemeente – kyk Lys van NG gemeentes wat doleer. Registreer ook by Kairos Netwerk om in kontak te kom met ander behoudende lidmate.

      1. Daniel jy is so reg en ek glo van harte dat as jy as mens n NGK lidmaat is en jy werklik n kind van God is Die Heilige Gees jou sal leinna n Standvastige Bybelse gefundeerde gemeente!. Beslis
        en dit word bewys in nuwe lidmate van so ver as Natal, Mosselbaai, Paarl , Blouberg en Malmesbury ens. wat alreeds na n veilige hawe geskuif het na die Vrye gemeente Tafelberg. ” Hoe lieflik is u woning!”
        kan hier uit volle bors gesing word in die vryheid van die bose aanslag en druk van kerke in die naburige ring asook veral uit die AS en hul verdwaalde makkers wat rond ploeter in ongenade van ” die tweede Jesus met n gesplete persoonlikheid by wie daar geen redding en verlossing van Sonde te vinde is en wat lei tot dievewige hel!

  2. Johannes ek as NGK lidmaat en kind van God is daarenteen weer baie dankbaar dat daar mense in ons kerk is wat ruimte laat vir mense wat anders dink sonder om hulle te oordeel as verdwaaldes wat rond ploeter. Ons oordeel en gebruik daarvoor ‘n paar versies in die Bybel om dit te regverdig sonder om aandag te gee aan die hart van die Bybel en van God. Ek wonder of kerke nog lang gaan bestaan.

  3. Ek het in die NGK grootgeword en is steeds lidmaat.
    As ons nie meer die Bybel as gesagskrif aanvaar nie, waarom dit nie weggooi nie? Die Bybel leer tog uitdruklik daar was n maagdelike geboorte; Jesus is gekruisig, het gesterf en is op die derde dag opgewek uit die dood en het opgevaar na die hemel.
    Reeds in die Ou Testament word homoseksualisme ten sterkste veroordeel. Omdat dit n gruwel in God se oe was, is Sodom en Gomorra uitgewis. Oom Paulus waarsku ook uitdruklik daarteen. Wat verstaan ons nie?
    As ons nie hierdie waarhede glo nie en nie glo dat daar n duiwel is nie, waarom nog die Bybel gebruik?
    Die Bybel leer ons tog God verander nooit.
    Sommige beskou God deesdae as n “oompie” wat liefderyk na almal op aarde kyk, mense se sonde miskyk en net liefde uitstraal.
    Die einde is nie meer ver nie want daar is deesdae oral valse profete waarteen Jesus ons by herhaling waarsku. En in Lucas het Jesus dit uitgejubel dat God dinge vir slim en geleerde mense verberg het, maar dit aan eenvoudige mense bekend gemaak het. Lyk my hoe slimmer en meer geleerd ons is, hoe valser raak ons.

  4. Die groot vraag is eintlik hoe word die Bybel deur kerke beskou? Word dit as menslike woorde oor God, of as die Woord van God beskou? As dit die laaste is, is die handleiding so eenvoudig dat kinders dit kan verstaan. Alles wat nie gedoen moet word nie (sonde), wat deur God gehaat word is gelys. Die persoon wat egter sonde doen word nie gehaat nie maar die daad, of dit moord, diefstal, egbreek, homoseksualiteit, begeerte ens. is, dit bly ‘n sonde volgens die Woord van God en is onderhewig aan God se oordeel en straf. Tog is daar vergifnis in Christus vir alle sondes maar met ‘n voorbehoud: nadat Christus telkens vergewe het, was die opdrag:….en doen dit nie meer nie! Net soos steel vir die dief sy “kruis” is om te oorkom, is die “daad” wat deur die homoseksueel gepleeg word sy “kruis” om teen te stry en my persoonlike kruis weer iets anders. Die kerk (mens) moes net nooit ingemeng het (strydig) met dit wat God bepaal nie. Ironies het die Katolieke kerk van alle kerke nie lank terug iets baie waar kwytgeraak nl: Die Katolieke kerk kan nie selfdegeslag huwelike goedkeur nie, want die kerk kan nie “sonde” seën nie. As die stelling waar is tart ons mos die Skepper, hoeveel te meer nog as hierdie plegtigheid deur ‘n homoseksuele “leraar” uitgeoefen word…..in God se huis! As die Woord egter as woorde oor God beskou word, word dit ‘n menslike “verhaal” en kan enige iets bygesit, of weggevat word om aan te pas by menslike aanvaarding. Alles is beslis nie pluis in hierdie “groot huis” van die NG kerk nie. Dis of warm of koud! lou word uitgespoeg volgens die Skrif…..moenie dat daar eendag wanneer ons uitroep: Here, Here! vir ons gesê word: gaan weg, Ek ken jou nie!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui