Jesus oor homoseksualiteit

Jesus Never Condemned Homosexuality | What Did Jesus Say About Homosexuality?

Daar is sommiges wat redeneer dat Jesus niks oor homoseksualiteit gesê het nie. Indien dit nie vir Hom belangrik genoeg was om iets daaroor te sê nie, dan beteken dit tog dat dit nie sonde is nie.

Wat sê ons van hierdie argument? Vier dinge:

1. Jesus was duidelik dat ’n huwelik ’n instelling is tussen ’n man en ’n vrou

Hierdie antwoord van Jesus word ook voorgehou dat Jesus hiermee geïmpliseer het dat Hy in ’n paar dae geskep het eerder as oor miljarde jare. Kyk Jesus oor die ouderdom van die aarde.

Matteus 19: (4)Hy het hulle geantwoord: “Het julle nie gelees dat die Skepper hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie? (5)Daarby het Hy gesê: ‘Daarom sal ’n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe en hulle twee sal een wees.’ (6)Hulle is dus nie meer twee nie, maar een. Wat God dan saamgevoeg het, mag ’n mens nie skei nie.”

Kyk ook Markus 10:1-12 (Jesus oor egskeiding, homoseksualiteit, ouderdom van aarde).

Indien Jesus selfdegeslagsverhoudings wou insluit, het hy ’n geleentheid gehad om dit hier te sê.

2. Jesus het nooit iets gesê wat teenstrydig was met die res van die Bybel nie

Die idee dat slegs die dinge wat in die vier evangelies genoem word wys wat Jesus glo, is verkeerd.

Die Bybel is duidelik dat Jesus God is. Hy het ook gesê dat Hy gekom het om die Bybel te vervul en nie om dit ongeldig te maak nie (Mat 5:17-18).

Selfs al het Jesus niks oor homosekualiteit gesê nie, is die res van die Bybel baie duidelik daaroor.

3. Stilte is nie gelyk aan goedkeuring nie

Selfs al het Jesus niks oor homoseksualiteit gesê nie, beteken dit nie dat Hy dit goedgekeur het nie. As stilte gelyk was aan goedkeuring, kon ’n mens redeneer dat pedofilie, bestialiteit en bloedskande ook goedgekeur word (kyk Homoseksualiteit en pedofilie). Niemand glo dit nie.

4. Jesus se stilte wys sy goedkeuring met die konsensus van die dag

Dit word algemeen erken dat homoseksualiteit as sonde gesien is in eerste-eeuse Israel. Alle buite-Bybelse bronne bevestig dit.[1][2] Tydens Jesus se lewe op aarde het hy uit sy pad uit gegaan om misverstande oor die wet uit die weg te ruim, soos byvoorbeeld die wette oor die Sabbat. Jesus het egter niks oor homoseksualiteit gesê nie, dus moet ons aanneem dat hulle verstaan daaroor korrek was.

Kyk ook Was daar liefdevolle, homoseksuele verhoudings in Bybelse tye?

Voetnotas

[1] Kyk byvoorbeeld History of Christianity and homosexuality en John Boswell: The Church and the Homosexual: An Historical Perspective, 1979.
[2] Verskeie Joodse skrywers tussen 200 vC en 200 nC het oor homoseksualiteit geskryf en nie een het iets positiefs daaroor te sê gehad nie. Hier is ’n paar voorbeelde:

“These are they that are to be stoned: he that has sexual intercourse with his mother, his father’s wife, his daughter-in-law, a male, or a beast.” — Mishnah, Sanhedrin

“What are our marriage laws? The law recognizes only sexual intercourse that is in accordance with nature, the (intercourse a man has) with a woman, and that only for the procreation of children.” — Josephus in Against Apion

“For not only in being madly desirous of women were they destroying marriages of others but also, although they were men, (they began) mounting males, the doers not standing in awe of the nature held in common with those who had it done to them . . . and brought their work to completion by making their very souls more degenerate.” — Philo in Life of Abraham

“God convicts the persons who are idol worshippers and sodomite fornicators, and for this reason he brings down the flood upon them. . . . all the world will be reduced to . . . abominable fornications, that is, friend with friend in the anus, and every other kind of wicked uncleanness which it is disgusting to report.” — 2 Enoch 34:1-2

Meer bronne

 

5 thoughts on “Jesus oor homoseksualiteit”

  1. Niemand kan sê dat Jesus nie daaroor gepraat het nie, maar dis ’n feit dat daar nie rekord gehou is nie.
    Nog ’n feit is dat daar ook nie rekord is dat Jesus enige iets oor die omgang met ’n dier gesê is nie. Beteken dit seks met vark is reg?

  2. Ek wil so half tong in die kies noem dat vandat die “Corona-virus lockdown” begin het Kerkbode nie een artikel of brief oor die homoselsualiteitsdebat in die NG kerk opgesit het nie. Alhoewel die pandemie en die nood daarbuite ons aandag verdien, kan ek nie help om te wonder of hulle verlig (ek sê glad nie hulle is bly oor die swaarkry of enige sulke implikasies nie) is oor díe saak wat die aandag van ander kwessies aftrek nie.

  3. Dit is ’n baie goeie video. Ek wil graag die volgende 3 punte byvoeg:

    1. Die Pauliniese briewe is geskryf voor die 4 evangelies. Paulus het in verskeie briewe homoseksualiteit aangespreek. Hy het ook ’n breedvoerig teologiese betekenis van die opstanding van Jesus in 1 Korintiers weergegee wat die evangelie skrywers vanuit ’n ander hoek gedoen het. Dit is aangrypend dat Paulus volgens Handelinge 28:31 die laaste aantal jare van sy lewe in Rome 2 goed gedoen het naamlik: Hy het die koninkryk van God verkondig en die mense alles oor die Here Jesus Christus geleer. Dit het hy gedoen met die grootste vrymoedigheid en sonder enige verhindering”. Paulus kon onmoontlik nie homoseksualiteit uitgedink het nie. Hy het geleer oor wat Jesus gedoen het in Sy lering, dade, wonderwerke, opstanding, ensovoorts. Sy kontak met Jesus se apostels het gemaak dat Hy die mondelingse oorlewering van die apostels oor Jesus in sy briewe aangespreek het. Die 4 evangeliese skrywers het ’n ander fokus gehad te midde van baie ander goed oor Jesus se leer en lewe wat hulle besluit het om nie by te voeg nie.
    2. Jesus en die res van die Bybel beklemtoon deurlopend dat die huwelik tussen man en vrou ’n “skeppingsordening” van God is.
    3. Al verwys die 4 evangeliese skrywers nie direk na enige LGBTQ en ander genders wat veg vir erkenning nie, beteken dit nie dat hulle arogant kan wees en hulle seksuele orientasie en die beoefening daarvan uit hulle eie mag onder die heerskappy van Christus mag plaas nie. Nee, dit dui eerder dat hulle dit onder die heerskappy van Satan plaas en ongelukkig die risikos van hulle keuses self moet dra en dit nie op die NG kerk moet projekteer en afforseer nie.
    1. Jesus praat met ons oor homoseksualiteit deur middel van Paulus wat hy direk aangestel het as Sy apostel. Dit beteken dat as Paulus praat of skryf, dan doen hy dit met die gesag van Christus. Dit gee vir ons as navolgers van Christus die versekering dat as ons Paulus se briewe lees, Jesus self aan die woord is. Ons leef ook in ’n wereld waar mense weet van God (Romeine1:21) en eredienste bywoon omdat hulle belangstel in God maar nie ontvanklik vir Sy opdragte is nie. Omdat hulle nie hulself oorgee aan God nie, gee God hulle oor aan hulself (sein Romeine1:24,26 en 28).

    2. Ons moet ook nie vergeet dat die Here Jesus in Joh 14:15, 21, 23-24, 28 en Joh 15;10, 14 sewe keer op verskillende maniere sê dat as ons hom liefhet, Hy gehoorsaamheid op Sy bevele en woorde (leringe) beveel. God reageer telkens met verskillende intieme reaksies op ons liefdesgehoorsaamheid.

      Ook stel die Here in Mat 25 die verantwoordelikheid om Sy opdragte stiptelik uit te voer. Hy gaan in die eindoordeel nie oor ons mate van geloof, ens. oordeel nie, maar oor ons liefdesdade teenoor Hom soos in Joh 14 en 15 beveel. Ons liefde teenoor hierdie geringstes van Hom is asof vir Hom gedoen naamlik volgens Sy opdragte, die Wet:
      Dis immers: Jy moet die Here jou God en
      jou naaste (mense op jou lewenspad) en
      mekaar as Sy volgelinge (Sy nuwe gebod) liefhê in woord en daad.

      Dis presies wat Guido de Bres en die Heidelbergse Kategismus raakgesien het en voor opgehang is:
      … Besef hoe groot ons sonde en ellende van sondige gesindhede is, (Rom 7)
      … Hoe om daarvan verlos te word, (Joh 3)
      … ’n toegewyde lewe van dankbaarheid daarvoor vol liefdesdade. (2Joh 1 ens.)

      Sonde moet nie genoem word nie. Wanneer het u laas ’n preek daaroor gehoor?
      Veral die onderhouding van enige wet word summier as “wetties” afgeskryf.
      Laat ons ons nie daardeur ontmoedig nie.
      Gehoorsaamheid is beter as offerande.

    Maak 'n opvolg-bydrae

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui