Word jy gay gebore?

Op die vraag, “Word jy gay gebore?”, is daar drie verskillende antwoorde:

1. Dit is irrelevant

Selfs al word mense homoseksueel gebore, kan morele waardes nie beïnvloed word deur biologiese afwykings nie. As iemand byvoorbeeld ’n geen het om ander mense dood te maak, kan ’n mens dit tog nie toelaat nie (kyk Hermaphrodites and homosexuality).

2. Ja, jy word gay gebore

Baie mense regverdig hulle sonde deur te sê dat hulle so gebore is. Dit is waarom Jesus gesê het dat jy weer gebore moet word.

Maar so word almal op aarde gebore – om sonde te doen. Homoseksuele aangetrokkenheid is ’n versoeking net soos enige ander versoeking. Heterosekuele tieners (veral seuns) is op hulle seksuele piek en is gebore met hierdie drange. Hulle word egter geleer om heilig en verantwoordelik te leef en daarom om hierdie versoekings te weerstaan (kyk ook Die Bybel oor masturbasie). Dus, alle Christene moet homoseksuele versoekings weerstaan, maar ook:

  • Om seks voor die huwelik te hê, om pornografie te kyk en om mense van die teenoorgestelde geslag te begeer (Matteus 5:27-29).
  • Om ontrou te wees aan jou eggenoot.
  • Om nie die waarheid te praat nie (Matteus 5:37).
  • Om oneerlik te wees wanneer belastingvorms ingevul word en om onwettige kopieë van CDs en DVDs maak.
  • Om ander uit te skel as ’n gek of idioot (Matteus 5:22).
  • Om drank (en dwelms) te misbruik (Efesiërs 5:18). Kyk ook Homoseksualiteit vs dwelmverslawing hieronder.

Daar is geen verskil tussen enige van bogenoemde versoekings nie. Kyk ook Die Bybel oor sonde.

3. Nee, jy word nie gay gebore nie

“Let’s face it, the anus was not made for intercourse.”

Dit is ’n feit dat die mens se liggaam nie ontwerp is vir homoseks (spesifiek anale seks) nie. Daar is heelwat gesondheidsrisikos met anale seks[1]. Dit opsigself is reeds ’n baie goeie bewys dat God nie mense homoseksueel gemaak het nie en daarom moontlik daarna verwys as “afskuwelik” (Levitikus 20:13).

Alhoewel daar nie kwessies is dat sekere mense gebore word om meer vatbaar vir homoseksualiteit te wees as ander mense nie, is daar geen wetenskaplike bewyse dat mense so gebore word nie. Jou geslag, velkleur, lengte, oogkleur, ens is alles in jou DNS opgesluit. Indien jy gay gebore word, sal dit ook in jou DNS wees. Tot op hede is daar egter nog geen gay geen (genetika) gevind nie en dit lyk nie of dit gaan gebeur nie. Identiese tweelinge het dieselfde DNS, dus indien daar ’n gay geen was, sou alle identiese tweelinge dieselfde seksuele orïentasie gehad het, maar dit is nie die geval nie[2].

Daar is baie gay mense wat vandag nie meer gay is nie (kyk Getuienisse van voorheen gay mense). Hierdie feit is verder bewys dat dit hoegenaamd nie ’n geval is van “een keer gay, altyd gay” nie.

En dan is daar selfs gay mense wat erken dat hulle self gekies het om gay te wees. Die “Sex and the City” aktrise, Cynthia Nixon, het byvoorbeeld die volgende gesê[3]:

I gave a speech recently, an empowerment speech to a gay audience, and it included the line ‘I’ve been straight and I’ve been gay, and gay is better.’ And they tried to get me to change it, because they said it implies that homosexuality can be a choice. And for me, it is a choice. I understand that for many people it’s not, but for me it’s a choice, and you don’t get to define my gayness for me. A certain section of our community is very concerned that it not be seen as a choice, because if it’s a choice, then we could opt out. I say it doesn’t matter if we flew here or we swam here, it matters that we are here and we are one group and let us stop trying to make a litmus test for who is considered gay and who is not.

Why can’t it be a choice? Why is that any less legitimate? It seems we’re just ceding this point to bigots who are demanding it, and I don’t think that they should define the terms of the debate. I also feel like people think I was walking around in a cloud and didn’t realize I was gay, which I find really offensive. I find it offensive to me, but I also find it offensive to all the men I’ve been out with.

Selfs sielkundiges begin al hoe meer dieselfde te sê. In die artikel The American Psychological Association Says Born-That-Way-And-Can’t-Change Is Not True of Sexual Orientation And Gender Identity, sê Laura Haynes, ’n sielkundige in Kalifornië, dat jy nie so gebore word nie en dat verandering moontlik is.

Dr. Lisa Diamond, ’n selferkende lesbiër en een van die mees gerespekteerde lede van APA (American Psychological Association) sê dat LGBT aktiviste moet ophou om die mite te promoveer dat jy so gebore word en dat jy nie kan verander nie. In haar woorde:

“The battle to disprove “born that way and can’t change” is now over. The public needs to hear this.”

Mense wat in evolusie glo, gaan sukkel om te argumenteer dat mense homoseksueel gebore word. Indien die mens deur duisende jare van evolusie ontwikkel het, sou die homoseksuele geen nooit enige kans gehad het om te oorleef nie, want homoseksuele mense plant nie voort nie.

As mens 1 Korintiërs 6:9-11 lees en spesifiek kyk na vers 11, dan is dit duidelik dat daar mense was wat homoseksualiteit beoefen het, maar wat daarmee opgehou het en hulle sonde laat afwas het. Eers daarna is hulle vrygespreek:

(11)En so was party van julle juis ook. Maar julle het julle sonde laat afwas, julle is geheilig, julle is vrygespreek in die Naam van die Here Jesus Christus en deur die Gees van ons God.

As jy nie homoseksueel gebore word nie, hoe word ’n mens dan so?

Daar is ’n baie sterk tendens dat homoseksuele mense uit gebroke huise kom waar verwerping of seksuele mishandeling plaasgevind het of waar die pa fisies of selfs net emosioneel afwesig was (kyk byvoorbeeld Jimmy se getuienis). Indien so ’n persoon dit nie regkry om die mense te vergewe wat hom/haar kwaad aangedoen het nie en in selfbejammering verval, gebeur dit soms dat dit omsit in homoseksualiteit. Gaan kyk na Getuienisse van voorheen gay mense. In baie gevalle het daar genesing van homoseksualiteit plaasgevind slegs deur vergifnis (kyk bv How God healed me after cutting and burning myself).

Alle kinders uit gebroke huise word egter nie altyd homoseksueel nie. Dit is omdat sekere mense moontlik meer vatbaar is om homoseksueel te word, maar jy word nie homoseksueel gebore nie.

Homoseksualiteit vs dwelmverslawing

Dit is baie gepas om homoseksualiteit met dwelmverslawing (of enige ander verslawing) te vergelyk.

Om van dwelms vry te kom is nooit maklik nie. Daar is al navorsing gedoen om te probeer bepaal of verslawings geneties is. Daar bestaan egter geen genetika wat bepaal dat ’n mens ’n verslaafde gebore word nie, maar jou genetika kan veroorsaak dat jy meer vatbaar is om verslaaf te raak aan iets. Kyk byvoorbeeld Genetics and Epigenetics of Addiction en Genes and Addiction.

Net so is daar baie mense wat aan dinge soos pornografie en seks verslaaf is.

Dit sal egter uiters foutief wees om te redeneer dat ons moet aanvaar dat sekere mense aan sekere dinge verslaaf gaan wees en te redeneer dat God hulle so gemaak het en Hy hulle aanvaar net soos hulle is.

Dus, ongeag hoe moeilik dit is om vry te kom van ’n verslawing, God verwag dit van ons, want Hy is heilig en verder is dit tot nadeel van jouself en ander. Presies dieselfde geld vir homoseksualiteit.

Voetnotas

[1] Kyk Risiko’s van homoseksuele verhoudings en die volgende artikels oor die risiko’s van anale seks:

[2] Vir meer oor die wetenskaplike bewyse oor homoseksualiteit, kyk:

[3] Kyk Cynthia Nixon On Being Gay: ‘For Me It’s A Choice’.

Verdere bronne

1 thought on “Word jy gay gebore?”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui