Dae sonder ’n son?

Kyk ook:

Soms word gevra:

Hoe kan die dae van Genesis 1 letterlik wees as die son eers op die vierde dag geskep is?

Daar is twee dinge nodig om dae te hê op aarde:

  1. ‘n Roterende aarde
  2. ‘n Lig

Volgens Genesis 1 het God op dag 1 die aarde, ruimte, tyd en lig geskape:

(1)In die begin het God die hemel en die aarde geskep. (2)Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. (3)Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. (4)God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei. (5)God het die lig toe “dag” genoem, en die donker het Hy “nag” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die eerste dag.

Dit is baie redelik om te aanvaar dat God die aarde aanvanklik roterend geskep het.

Dit is inderdaad so dat God die son eers op dag vier geskep het. Dus, van watter lig word hier gepraat in Genesis 1:3? Ons kry die antwoord in die boek Openbaring. Volgens Openbaring is God lig:

  • Openbaring 21:23 : Die stad het nie die son en die maan nodig om hom te verlig nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.
  • Openbaring 22:5 : Daar sal nie meer nag wees nie. Die mense het nie die lig van ’n lamp en die lig van die son nodig nie, omdat die Here God hulle sal verlig, en hulle sal tot in alle ewigheid regeer.

Dus was ’n son streng gesproke nie nodig nie.

Teenstrydig met kosmologiese evolusie

Hierdie is ook duidelik teenstrydig met kosmologiese evolusie wat beweer dat die aarde eers na die son en ander groter sterre gevorm het.

Hoekom het God so geskep?

Hoekom het God eers die aarde geskape en toe die res van die hemelliggame? Daar is twee moontlikhede:

  1. Miskien wou God verhoed dat mense die son belangriker ag as die aarde en die son begin aanbid. Kyk Sun, shine! Moon, glow! Stars, twinkle! Day 4.
  2. Miskien is dit vir ons ’n aanduiding hoe belangrik God die mens ag: Hy het eerste die mens se woonplek geskape en die res van die heelal is vir ons geskep. Kyk Ons is in die middel!

Kyk ook

1 thought on “Dae sonder ’n son?”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui