Matteus 19:1-12 (Jesus oor egskeiding, homoseksualiteit, ouderdom van aarde)

Kyk ook:

Matteus 19:1-12 stem ooreen met Markus 10:1-12 in die Bybel.

Op ’n stadium wou die Fariseërs Jesus op die proef stel en vra Hom toe of ’n man sommer oor enige ding van sy vrou mag skei. Met ’n baie kort antwoord, gee Jesus toe sy opinie oor drie dinge:

In Markus 10:6 sê Jesus: "maar van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak." Dit is ’n aanduiding dat Adam en Eva van die begin van die skepping daar was en stem ooreen met die idee dat die aarde ongeveer 4004 vC geskep is. Volgens die evolusietydlyn het die skepping reeds 15 miljard jaar gelede begin, dus kon Adam en Eva nie van die begin van die skepping daar wees nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui