Argument uit stilte

Om ‘n argument uit stilte te voer (Latyn: argumentum ex silentio) is om ’n gevolgtrekking te maak wat gebaseer is op die afwesigheid van ’n stelling(s), eerder as op die teenwoordigheid daarvan.

Dit is nie noodwendig ’n ongeldige argument nie, maar dit kan wees.

Voorbeeld van ongeldige gebruik

Piet beweer dat Koos nog nooit in Pretoria was nie omdat Piet al tien jaar lank in Pretoria woon en hy nog nooit vir Koos in Pretoria gesien het nie.

Voorbeeld van geldige gebruik

Piet en Koos is beide 20 jaar oud. Koos beweer dat hy in dieselfde hoërskool as Piet was. Piet bevraagteken dit omdat hy nooit vir Koos gesien het nie.

Werklike voorbeelde

Marco Polo het nie China besoek nie

Marco Polo se reisjoernaal sê niks oor die Groot Muur van China nie. Daarom beweer sommige dat dit bewys dat hy nooit die land besoek het nie.

Jesus sê niks oor homoseksualiteit nie, daarom is dit aanvaarbaar

Hierdie stelling word in Jesus oor homoseksualiteit bespreek.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui