Homoseksualiteit en pedofilie

Kyk ook:

In My gewete is gebind deur die Bybel en ons belydenisskrifte vra Chris van Wyk die volgende vraag: as ons seksuele oriëntasie as gawe van God erken en daarom goedkeur, hoekom nie ook pedofilie nie? Hy het die volgende geskryf:

“Indien jy steeds oortuig is daarvan dat seksuele oriëntasie ’n gawe van God is, sal jy pedofilie … ook op soortgelyke wyse moet aanvaar. Pedofilie word tans as ’n seksuele oriëntasie beskryf deur sielkundiges. ’n Mens sou pedofilie dan ook as ’n goeie gawe van God moet beskryf.”

In die artikel NG teoloë reageer is daar teoloë van die NG Kerk wat ewe verontwaardig is omdat hy dit durf waag om ’n verband te trek tussen selfdegeslagverhoudings en pedofilie (hulle voeg bestialiteit ook by). En vier dae later het nog ’n petisie die lig gesien.

Dit is nie die eerste keer dat teoloë van die NG Kerk so ’n petisie onderteken nie. In totaal het teoloë nou al 5 keer so ’n petisie onderteken:

Kyk ook NG teologiese skole progay waar die NG teologiese skole hulle steun gegee het vir homoseksualiteit.

Volgens hulle is daar ’n groot verskil tussen instemmende volwasse homoseksuele verhoudings aan die een kant en pedofilie en bestialiteit aan die ander kant, wat volgens hulle lewe-ontnemende en skadelike praktyke is. Hennie Pienaar, gay proponent en kampvegter vir gay regte, het selfs so ver gegaan en Chris van Wyk by die MRK (menseregtekommissie) aangekla hieroor.

Dit is baie interessant, want die Bybel is BAIE duideliker oor homoseksualiteit as oor pedofilie en bestialiteit. Die Bybel gebruik dieselfde beskywende woorde, onder andere “afskuwelik” en “skandelik” om na al bogenoemde te verwys.

Soos ons egter weet, gebruik hierdie NG teoloë nie meer die Bybel as maatstaf vir morele waardes nie.

Nou is die vraag: waarop baseer hulle dan hul opinie? Hoekom is pedofilie en bestialiteit lewe-ontnemende en skadelike praktyke en homoseksualiteit nie?

Dit maak baie sin dat pedofilie ’n skadelike praktyk is, maar volgens statistieke is die homoseksuele lewensstyl ook baie vernietigend. Kyk Risiko’s van homoseksuele verhoudings.

Verder is daar reeds baie mense wat nie ’n probleem met pedofilie en bestialiteit het nie (dit het veral begin posvat ná die Obamaregering homoseksuele huwelike in die VSA gewettig het op 26 Junie 2015):

  • In die VSA is daar tegnies geen wet wat jou verhoed om seks met diere te hê nie. In sekere state word dit beskou as strafbaar enigiets tussen ’n boete en tronkstraf, maar in state soos Texas en Alabama is daar geen duidelik wette oor bestialiteit nie.[1]
  • In Kanada is seksuele dade met diere wettig solank daar geen penetrasie plaasvind nie.[2]
  • In die VSA het die senaat ’n wetsontwerp goedgekeur wat sodomie en bestialiteit in die VSA-weermag wettig.[3]
  • In Duitsland word dierebordele ’n nuwe tendens.[4]
  • Al meer vrouens trou met hulle troeteldiere en selfs bome.[5]
  • Dit is moeilik om agter te kom of pedofilie in die algemeen as ’n seksuele oriëntasie gesien word, maar dit word definitief deur sommiges as ’n seksuele oriëntasie beskou.[6]
  • Mirjam Heine, ’n Duitse mediese student, het op TED Talk die volgende gesê: “Volgens huidige navorsing is pedofilie ’n onveranderlike seksuele oriëntasie, net soos byvoorbeeld heteroseksualiteit. Niemand kies om ’n pedofiel te wees nie, niemand kan ophou om een te wees nie.”[7]
  • Heelwat homoseksuele mans is ook pedofiele.[8]
Opdatering, April 2019:

Dus, hoekom sien hierdie teoloë dit as lewe-ontnemend en skadelik as soveel ander mense nie so glo nie?

Daar is nog ’n paar dinge wat ek wil weet:

Wat dink hierdie teoloë van bloedskande? Kan jy met familie/gesinslede van jou trou selfs as jy sou ooreenkom om nie kinders te kry nie? Op Facebook is daar ’n blad genaamd Incest is next – if gays can do it, we can wat hierdie saak bevorder.[9]

As hierdie teoloë glo dat LGBTQI+ met die Bybel versoen kan word, die volgende vrae:

“B” staan vir biseksueel (aantrekking tot die teenoorgestelde geslag sowel as tot die dieselfde geslag):

  • Mens kry deesdae al hoe meer huwelike met drie (of meer?) partye waar al die partye seksueel met mekaar verkeer (poliamorie).[10] Aanvaar ons dit as kerk so?

“T” staan vir transgender (iemand wie se selfidentiteit nie ooreenstem met sy geslag nie). Wat sê hierdie toeloë oor die volgende:

  • Baie van hierdie mense ondergaan geslagsoperasies. Is dit aanvaarbaar of is dit ons plig om hulle te help?[11]
  • Ter wille van transgender mense word badkamers wêreldwyd oopgestel vir alle geslagte.[12]
  • Transgender mans neem deel in vrouesport omdat hulle glo dat hulle vroue is. Dit geen hulle ’n onregverdige voorsprong.[13]
  • Christy en Dean Parave beweer dat hulle die Evangelie verkondig deur “swinging” (uitruiling van seksmaats).[14] Wat sê ons as Christene hieroor? Of moet ons baie versigtig wees om hulle te oordeel?

As die Bybel nie gebruik word as maatstaf van moraliteit nie, hoe antwoord hierdie slim teoloë, “wat hulself voltyds bemoei met die akademiese teologie en opleiding van voornemende predikante en godsdiensleiers”, bogenoemde vrae?

Een moontlikheid sou kon wees om te redeneer dat mense van die LGBTQI+ gemeenskap so gebore word terwyl pedofiele en andere nie so gebore word nie. Dit is egter nie ’n geldige argument nie:

  • Wetenskaplike navorsing kon geensins bewys dat homoseksuele mense so gebore word nie. Inteendeel, die teendeel blyk eerder waar te wees.[15]
  • Die honderde getuienisse van voorheen gay mense is ’n klinklare bewys dat gay mense nie so gebore word nie.
  • Veronderstel “die wetenskaplikes” kom tot dit gevolgtrekking dat Mirjam Heine en andere reg is, dat pedofiele so gebore word en dus ’n seksuele oriëntasie is, wat dan? Gaan hierdie teoloë hulle deuntjie verander en ook pedofilie aanvaar?

Die volgende videos van Family Policy Institute of Washington wys hoe verward die samelewing geword het:

Dit is alles omdat die wêreld die Bybel as morele maatstaf verwerp het (wat hierdie teoloë ook doen).

Hierdie teoloë sit met presies dieselfde probleem as ateïste: Ateïste wil nie God se morele maatstawwe gebruik nie, maar hulle wil dit self bepaal. Die probleem is dat dit nie so eenvoudig is nie, want mense se opinies verskil. Wie se opinie is nou geldig en wie s’n nie?[16]

Dit is die kerk se rol om ’n leidende rol te speel om rigting aan die wêreld te gee vanuit ’n Bybelse perspektief. Die kerk van Christus moet die ligdraers vir die wêreld wees (Mat 5:13-16).

Die vraag is of ons hierdie leiding van hierdie NG Kerk teoloë, wat die NG Kerk se toekomstige predikante oplei, gaan kry…

Addisionele bronne

Voetnotas

[1] Kyk 10 Things You Thought Were Illegal But Aren’t.

[2] Kyk Bestiality Wins In Canada.

[3] Kyk Senate Approves Bill that Legalizes Sodomy and Bestiality in U.S. Military en U.S. Military Hit With Bestiality, Sodomy Controversy After ‘Don’t Ask, Don’t Tell’ Repeal.

[4] Kyk Bestiality Brothels Are Taking Germany By Storm.

[5] Kyk Woman gives up on men and marries her dog.

[6] Kyk If pedophilia is a sexual orientation, now what? en ‘Paedophilia is natural and normal for males’.

[7] Kyk Scholar Calls Pedophilia ‘An Unchangeable Sexual Orientation’ that Should Be Accepted by Society.

[8] Kyk Chickenhawk Satanic Sodomite : Pedophile Agenda op Youtube.

[9] Kyk ook Sex between brothers and sisters should be LEGAL, says German government’s Ethics Council.

[10] Kyk Man in threesome marriage: ‘This should be the future of relationships’ en I Share My Boyfriend With His Husband | EXTREME LOVE en I Fell In Love With My Wife’s Girlfriend | EXTREME LOVE.

[11] Kyk Sex change regret silenced.

[12] Kyk Trump Rescinds Rules on Bathrooms for Transgender Students.

[13] Kyk Female athletes crushed by ‘women who were once men’ en “Transgenders” on the Field: When Men Dominate Women’s Sports.

[14] Kyk Christian Wife Swappers Preach The Word Of God Through Swinging op Youtube en Meet The Christian Swingers Who Claim God Uses Them To Spread His Word.

[15] Kyk Nuutste wetenskaplike navorsing oor homoseksualiteit.

[16] Kyk Morality and Ethics Questions and Answers.

2 thoughts on “Homoseksualiteit en pedofilie”

  1. Die seksuele perverse toestand van die wêreld:Oorsprong en redes:
    Satan en sy engele in Genesis 6 was die eerste wat 2 intense belangstellings getoon het naamlik n intense begeerte vir perverse seks tussen gemateriele engele en vrouens op aarde.Hulle nakomelinge,die Nephlim kon nie voortplant nie,maar hulle was reuse wat intense geweld op aarde bevorder het
    Judas(Jude vers 6)And the angels who did not keep their original position but forsook their own proper dwelling place………….
    Gedurende die jaar 607 het Satan verdere mag oor die mensdom verkry,nadat die lyn van konings in David se lyn,nie verder op God se troon in Jerusalem gesit het nie.Jesus verwys na Satan as die heerser van die wêreld in Johannes14:30.Huidiglik is Satan in nabye teenwoordigheid van aarde. Openbaring 12: 7 tot 12
    Satan se aandag is nou onverdeeld op die mensdom gerig.Hy kan nie meer engele nader en mislei nie.Sy kwota engele is saam met hom in omgewing van aarde.
    Satan het nou reeds vir dekades beheer geneem oor industrieë soos Hollywood,Bollywood in India waar films met verkragtings tonele in baie groot aanvraag is.Die Pornografie ,Internet,en advertensie en klere industrieë ens.Dat Satan gedagtes en onnatuurlike seksuele impulse in die gesondste persoon kan plaas is ongetwyfeld.Al die gelyste seksmisdade teen God wat vandag openlik beoefen word het te doen met Afgodsdiens naamlik seksaanbidding.
    In 1Corinthians 6:9 dek die woord seksueel immorele mense alle seks buite die raamwerk van n HETRO-SEKSUELE huwelik.
    Dit sluit ook dan dinge soos pedophelia en ander onnatuurlike seksuele dade in.
    Die Here het nie nodig om elke afskuwelik seksuele daad n naam te gee nie,want hy sê duidelik dat die huweliksbed eerbaar gehou moet word en nie hierdie ander onderaardse beddens van kindermolestering en beddens van perversiteit nie.
    Die persoon wat dink dat hy Satan se seksuele aanslag op die mensdom gaan oorkom op eie krag maak n baie groot fout.Dit kan gesien word in mans en vrouens wat vir dekades lank n skoon morele lewe gelewe het,maar wat op hulle ouer jare aan seksuele perversiteit oorgegee word.Slegs diegene wat hulleself onderwerp aan waaragtige geestelike opleiding en dissipline en wat hulleself daagliks eksklusief toewy aan God staan n kans om die duiwel te oorkom.Dat die demone baie aktief is kan gesien word in die gewelddadige verkragtings van alle Duitse vrouens in Duitsland tydens einde van 2de Wêreld Oorlog en die perversiteit van seksuele aanvalle in ons tyd.Die Bybel se raad en opdrag aan Christene betreffende seksuele impulse,is vir hulle om hulle ledemate(liggaamsdele)te dood wat betref hierdie lys van seksuele sondes,natuurlik en onnatuurlik.Die Bybel gee verder raad aan Christene.Hierdie dinge moet uit die gedagtegang gehou word.Dit moet nie eers bespreek word onder Christene nie in ag genome dat God ook ons gedagtegang deurvors.As God nie gelukkig is met n kompulsiewe,onreine gedagtegang nie,dan gaan hy ons nie help nie.Jesus het beklemtoon dat ons gedagtegang wel saak maak toe hy gesê het:”Hou op om na n vrou te kyk om my begeerte te ontwikkel.
    Die onwyses tussen ons wat verslaaf is aan T.V en movies,pornografie voel hulle is sterk genoeg om Satan op sy eie grond aan te vat en hulle moet die gevolge dra.

  2. God se woord is duidelik ,homoseksualiteit is lewe-ontnemend, want die beoefenaar daarvan, met of sonder toestemming, sal nie die ewige lewe beërwe nie. 1 Korintiërs 6:9
    Openbaring 22:15
    Daar word tereg na homos verwys as honde.
    Hulle was almal as kinders geleer om hulle hande na toilet gebruik te was. Maar op grond van ’n onnatuurlike seksuele prikkeling voel hulle hulle het ’n Bybelse reg om hulle ledemaat in excrement te druk. Wanneer hulle siek raak, dan eis hulle dat almal jammer moet voel vir hulle.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui