Jesus oor die ouderdom van die aarde

In Markus 10:6 sê Jesus: "maar van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak." Dit is ’n aanduiding dat Adam en Eva van die begin van die skepping daar was en stem ooreen met die idee dat die aarde ongeveer 4004 vC geskep is. Volgens die evolusietydlyn het die skepping reeds 15 miljard jaar gelede begin, dus kon Adam en Eva nie van die begin van die skepping daar wees nie.Op ’n stadium wou die Fariseërs Jesus op die proef stel en vra Hom toe of ’n man sommer oor enige ding van sy vrou mag skei. Jesus het hulle soos volg geantwoord:

(6)Maar van die begin af, van die skepping af, ‘het God hulle man en vrou gemaak.’

(Kyk Matteus 19:4-5 en Markus 10:6.)

Alhoewel Jesus nie Adam en Eva se name pertinent noem nie, verwys Hy baie duidelik na hulle. Hiermee sê Jesus duidelik dat die mens van die begin van die skepping daar was. Dit is teenstrydig met evolusie wat beweer dat die mens eers baie laat sy verskyning gemaak het.

Hugh Ross is ’n Christen wat die evolusietydlyne met die Bybel wil versoen. In sy boek, The Fingerprint of God, p 178 sê hy die volgende:

“If the time since the creation of the universe were scaled down to a single year, the whole of human history would be less than one minute.”

Dit is heeltemal teenstrydig met wat Jesus hierbo sê en wys weereens dat evolusie en miljarde jare nie versoenbaar is met die Bybel nie.

Homoseksualteit

Hierdie vers word ook voorgehou as aanduiding dat Jesus die huwelik as ’n verbintenis tussen een man en een vrou gesien het (kyk Jesus oor homoseksualiteit).

Verdere bronne

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui