Bloedskande

Bloedskande is seksuele dade tussen bloedverwante familielede. Wanneer bloedverwante familielede trou en kinders kry is die kanse dat gedeelde mutasies tussen die pa en ma sal uitslaan op die kind en verhoog dit die kans vir genetiese defekte in die kind aansienlik. Dit is daarom dat dit vandag onwettig is vir ’n broer en suster om te trou.

Bybel oor bloedskande

In die Bybel word bloedskande vir die eerste keer in Levitikus 18:6-18 vermeld:

(6)Niemand van julle mag met ’n naby bloedverwant geslagsgemeenskap hê nie. Ek is die Here. (7)Jy mag nie jou pa die skande aandoen dat jy met jou ma gemeenskap het nie. Sy is tog immers jou ma. Jy mag nie met haar gemeenskap hê nie. (8)Jy mag ook nie met ’n ander vrou van jou pa gemeenskap hê nie. Dit sal skande oor jou pa bring. (9)Jy mag nie met jou suster gemeenskap hê nie, ook nie met ’n halfsuster aan vaderskant of aan moederskant nie, of hulle nou deel is van die gesin of nie. (10)Jy mag nie met jou kleindogter gemeenskap hê nie, want sy is jou nageslag. (11)Jy mag nie met ’n halfsuster aan vaderskant gemeenskap hê nie, want sy is jou suster. (12)Jy mag nie met jou tante aan vaderskant gemeenskap hê nie, want sy is jou pa se bloedverwant. (13)Jy mag nie met jou tante aan moederskant gemeenskap hê nie, want sy is jou ma se bloedverwant. (14)Jy mag nie jou oom die skande aandoen dat jy met sy vrou gemeenskap het nie. Sy is immers jou tante. (15)Jy mag nie met jou skoondogter gemeenskap hê nie. Sy is jou seun se vrou. Jy mag nie met haar gemeenskap hê nie. (16)Jy mag nie met jou skoonsuster gemeenskap hê nie, want dit sal skande oor jou broer bring. (17)Jy mag nie gemeenskap hê met ’n vrou en met haar dogter nie. Jy mag die vrou nie die skande aandoen dat jy met ’n kleindogter van haar trou nie. Hulle is haar nageslag en dit sal ’n afstootlike daad wees. (18)Solank jou vrou lewe, mag jy nie met haar suster trou nie. Daar sal vyandskap tussen hulle ontstaan as jy met albei gemeenskap het.

Abraham pleeg bloedskande

Streng gesproke het Abraham bloedskande gepleeg deur met sy halfsussie, Sara, te trou. In Genesis 20:12 lees ons: Sy is regtig my [Abraham se] suster: sy is my pa se dogter, maar nie my ma s’n nie. Ek is met haar getroud. (Vergelyk met Levitikus 18:11 hierbo)

Maar dit was nie net Abraham wat bloedskande gepleeg het nie. Indien God slegs vir Adam en Eva geskep het, moes hulle kinders met mekaar trou om voort te plant. Op daardie stadium het God egter nog nie bepaal dat dit verkeerd is nie. God het egter eers jare daarna in Levitikus (2513 jaar ná die skepping, 1491 vC) bepaal dat jy nie met jou halfsuster mag trou nie. Die rede is hoogs waarskynlik omdat mutasies in die menslike DNS so toegeneem het dat bloedskande ’n probleem begin word het.

Vir meer hieroor, kyk Kain se vrou.

Bloedskande vandag

Baie mense sal gril om te dink dat hulle met hulle sussie of broer moet trou, maar nie in alle gevalle nie. Vandag is daar ’n groeiende tendens van mense wat met hulle broer of suster trou. Kyk byvoorbeeld:

Steeds sonde

Mense kan vandag redeneer dat God bloot bloedskande in Levitikus nie toegelaat het nie om misgeboortes weens mutasies te verhoed. Dus, indien ’n broer en suster wil trou kan hulle dit doen, solank hulle besluit om nie kinders te hê nie, en met vandag se voorbehoedmiddels is dit moontlik. Indien dit egter God se enigste bedoeling was, sou Hy dit sekerlik so kon spesifiseer.

Verder, in 1 Korintiërs 5 word vertel van ʼn man en sy stiefma wat as man en vrou saamgeleef het. Paulus het dit ten sterkste veroordeel (na aanleiding van Levitikus 18:7-8) en gevra hoekom die gemeente nie hierdie twee persone uit hulle kring verwyder het nie. Vandag kan ’n mens wonder of dit regtig so erg is om met jou stiefma te trou. Daar sou byvoorbeeld geen gevaar wees van genetiese defekte in die kinders van so ’n huwelik nie. Paulus was egter baie ferm daaroor omdat dit in Levitikus gespesifiseer was.

1 thought on “Bloedskande”

  1. My x man het met sy sus se dogter getrou en hul het ‘n kind. Die ou apostel kerk het hul getrou en hy’s ‘n pries daar. Die kerk vir my gesê daar’s mos fout daarmee. Ek het ons koerant berig geweier en dat bloedskande teen die Bybel is, maar nog gee hul nie om nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui