Die Bybel oor die sabbat

Die onderhouding van die sabbat (Saterdag) word vir die eerste keer amptelik in die tien gebooie gespesifiseer (vierde gebod) in Eksodus 20. Voor God egter die tien gebooie aan Israel gegee het, sê God reeds in Eksodus 16:

(23) … Môre is ‘n rusdag, ‘n gewyde sabbat van die Here. Maak alles gaar, bak wat julle wil bak, en kook wat julle wil kook, en wat oorbly nadat julle geëet het, moet julle wegsit en bewaar vir môre.” (25) … “Eet dit nou vandag, want vandag is dit die sabbat van die Here. In die veld gaan julle niks kry nie. (26)Ses dae moet julle dit bymekaarmaak, maar op die sewende dag, die sabbat, sal daar niks wees nie.” (29)Ek het vir julle die sabbat gegee en daarom gee Ek vir julle op die sesde dag genoeg kos vir twee dae. Elkeen moet bly waar hy is en niemand mag op die sewende dag sy woonplek verlaat nie.”

In Numeri 15:32-36 is ’n man selfs doodgemaak omdat hy hout opgetel het op die sabbat.

Vandag onderhou die meeste Christene nie meer die sabbat nie, ten spyte daarvan dat dit baie pertinent in die tien gebooie opgeneem is. Hoekom is dit so?

Latere dele in die Ou Testament

Uit latere dele in die Ou Testament reeds word dit duidelik dat die vierde gebod nie ’n morele wet was nie (‘n wet wat vir altyd geldig is), maar ’n seremoniële wet:

  • God het Jerigo op die sabbat oorgegee aan die Israeliete (Josua 6:15). Mens kan nie redeneer dat God ’n uitsondering gemaak het nie, omdat God nie uitsonderings maak op sonde nie.
  • In die Ou Testament het God nooit die heidense volke geoordeel omdat hulle nie die sabbat geheilig het nie, maar hy het hulle wel geoordeel oor die res van die tien gebooie. In Jesaja 1:13-14 onderskei God tussen sonde en die onderhouding van seremoniële wette: (13)Moenie langer julle nuttelose offergawes bring nie: Ek het ’n afsku van julle wierookoffers. Nuwemaansfeeste, sabbatsvierings, die uitroep van feesdae: Ek verdra nie feesviering met onreg saam nie.

Doel van die sabbat

Volgens Esegiël 20:12,20 was die doel van die sabbat om as teken te wees van die verhouding tussen die volk Israel en God.

(12)Ek het ook my sabbatte aan hulle gegee om vir hulle ’n teken te wees van die verhouding tussen hulle en My, en sodat hulle sou weet dat Ek, die Here, hulle geheilig het.

Jesus oor die sabbat

Jesus het ook baie duidelik die streng sabbatswette tot niet verklaar:

  • In Numeri 15:32-36 is ’n man doodgemaak omdat hy hout opgetel het op die sabbat. In Matteus 12:1-8 het Jesus en die dissipels deur gesaaides geloop, koring gepluk en daarvan geëet. Kyk ook Markus 2:23-27 en Lukas 6:1-5.
  • In Markus 2 sê Jesus: (27)“Die sabbatdag is vir die mens gemaak en nie die mens vir die sabbatdag nie. (28)Daarom is die Seun van die mens Here óók oor die sabbat.”
  • In Johannes 5:10 genees Jesus ’n man by Betesda en sê vir hom om sy goed op te tel en te loop. Daaroor wou die Jode hom dood maak.

Jesus verskyn op Sondae

Na Jesus se opstanding uit die dood het Hy 10 keer aan sy dissipels verskyn. Ten minste sewe hiervan was op ’n Sondag:

Pinkstersondag

Die Heilige Gees is op ’n Sondag uitgestort.

Vroeë kerk kom op Sondae bymekaar

Die kerk in die Nuwe Testament het begin om Sondae bymekaar te kom:

In die heel vroegste geskrifte van die kerkvaders wat net ná die apostoliese tyd geskryf is, word melding gemaak van die feit dat die Christene  op die eerste dag van die week vir hulle godsdiensbeoefening bymekaar gekom het. Kyk ook Waar het die vroeë kerk bymekaargekom?

Ook Paulus bevestig die afskaffing van die sabbat in Kolossense 2:

(16)Daarom moet julle nie dat iemand vir julle voorskrywe wat julle moet eet en drink nie, of dat julle die jaarlikse feeste of die nuwemaansfees of die sabbatdag moet vier nie.

As Johannes in Openbaring 1:10 praat van die “dag van die Here”, bedoel hy tog seker nie die sabbat nie, maar die dag waarop die Here opgestaan het.

Opsomming

‘n Mens sou kon redeneer dat die 10 gebooie slegs vir die Israeliete bedoel was en dat Jesus die wet van Moses, wat die tien gebooie insluit, opgehef het (Efesiërs 2). Jesus het egter nege van die tien gebooie herbevestig in die Nuwe Testament:

  1. Die opdrag om God lief te hê dek die eerste drie gebooie (Mat 22:27-40).
  2. Die vyfde gebod word bevestig in Markus 7:10-13.
  3. Ses gebooie word bevestig in Matteus 19: (18b)Jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie vals getuienis aflê nie, (19)eer jou vader en jou moeder en: jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”
  4. Kyk ook Romeine 13:9 waar gebod 6, 7, 8 en 10 spesifiek herbevestig word.

Verskil tussen die sabbat en Sondag

  • Die sabbat herdenk God se rusdag na die sesdagskepping.
  • Die Sondag herdenk Jesus se opstandingdag.

Na Jesus se koms het die Sondag, wat Jesus se opstanding herdenk, die sabbat vervang, wat God se rusdag na die skepping herdenk het.

Kyk ook

7 thoughts on “Die Bybel oor die sabbat”

  1. Die artikel rakende die Sabbat
    sien asseblief die aagehegte stellings in die verband – geneem uit Walter Vieth se lesings
    Mal3:6 “For I am the LORD, I change not”….

  2. Goeie dag,
    Jesus sê, ek is die weg en die waarheid, en die waarheid maak jou “vry” . Is ons regtig besig om Jesus se “waarheid” te gehoorsaam, of is dit ons verdraaide waarheid.
    Die 4de gebod is nie deel van die 10-gebooie nie. Dit is die HEEL eerste gebob wat al op die 6de dag van die skepping deur God en sy seun Jesus in gestel is. Dink julle nie Jesus sou vir sy dissiples gesê het na sy opstanding,( Hy was nog 40-dae by hulle) dat Hy en sy Vader besluit het om hulle heilige dag wat hulle op die 6de-dag van die skepping ingestel en geseën het ń dag aan te skyf na Sondag nie. God se dag kom al vir 4000 jaar aan??
    En nee, Openb 1:10, hoe kan ons as mens net besluit dat dit die eerste dag v.d week is. Kom ons gaan kyk in Jesus se woord wat se dag is ” DIE DAG VAN DIE HERE.” Ons Glo in Jesus en sy woord, wat daar in staan (nie wat ons dink nie?) As ons glo moet ons Jesus gehoorsaam en doen wat Jesus in sy woord sé. Heb 13:8, van Gen. tot Openb. Het God en Jesus nog nooit verander. Gen2:3 het God die sewende dag “geseën” en dit “geheilig”, geen ander dag is geseën nie, Jes 58:13″ As jy jou voet terughou van die sabbat-om nie jou sake “op my heilige dag”
    “…..die “heilige dag van die Here” hoog hou;…”

    Jesus: Ek is Here van die Sabbat-Mk2:28
    Johannes: op die dag van die Here-Opeb1:10

    En In 3-van die evangelies sê Jesus Hy is die Here van die Sabbat. Mt12:8; Mk2:28;Lk6::5. Nou weet ons wat se dag is die dag van die Here. Nou word daar gesê, ja maar as hulle gesondig het op die Sabbat is hulle gestenig, Ja, so ook die ander 9-gebooie (Josua 7:11 & 20 & 25; Deut17:5; Lev 24:13-16 en ook in Hand7:58-59) Baie moes al gestenig geword het vandag, ja, maar ons is onder genade so ook die 4de gebod, Jesus het die Sabbat gevestig in die N.T. deur vir ons ń voorbeeld(1PET2:21) te wees, Jesus het die Sabbat gehou en was gehoorsaam aan Sy Vader. Daar is net in die evangelies 45-voorbeelde wat Jesus die Sabbat vestig het. En Jesus het ook genees op die Sabbat, en ook ń man beveel om sy bed te vat en te loop-klink soos werk wat Jesus op Sy dag uit deel. As ons MOET werk verstaan Jesus, maar net as dit ń moet is anders respekteur God se dag. En hoekom het Jesus nie oor die Sabbat gepraat nie, omdat Hy God gehoorsaam het en vir ons ń voorbeeld(1 Pet 2:21) gestel het deur dit te onderhou. Ander gebooie het Jesus verduidelik, want as hy dit soos die Sabbat, letterlik gedoen het sou Jesus gesondig het en Hy kan nie sondig nie want hy is God. Lyk vir my of Jesus die 4de gebod makliker gemaak het en die ander moeiliker, Jesus het die ander gebooie nog verder gevat: As jy net na ń ander vrou kyk-het jy al “overspel gepleeg”?? En ook, as ek iemand haat het ek klaar Moore gepleeg. EN die 9-gebooie kon hulle 7-dae van die week oor gestenig geword, maar die Sabbath net een dag in die week,”maar” net die Sabbat word genoem. Regtig mens, tyd dat ons Jesus begin gehoorsaam en doen wat die bybel sê, Mt 4:4 elke woord wat uit God se mond gaan is lewe en Jh 12:49, Jesus net gespreek wat uit God se mond kom. Tyd dat ons op hou besluit wat ons dink wat die bybel sê
    .Lees 1Tim4:16, PS! Toe die vers geskryf was-was daar “nie ń N.T. nie”. En ook toe Johannes Openbaring geskryf het was daar nie ń N.T. nie..Al die skrywers van die N.T. het net kennis gehad van die O.T. en ons moet onthou hulle was jode gewees en uit ń jood se agtergrond die N.T. geskryf.
    Kyk na Lk24:13-35. Die Sondag van Jesus se opstanding loop Jesus saam met 2-van sy dissiples en Jesus vertel vir hulle van Homself(Jesus gebruik nie die N.T. nie, want daar was nie ń N.T.) Kyk in vers 27, Jesus begin van Moses af en gaan deur die O.T. en vertel hulle al die Skrifte wat op Hom betrekking het. Goeie tyd om die twee te vertel dat die Sabbat nou Sondag is….?
    ONTHOU, God se dae is van son onder tot son onder en God se maande het net 30-dae. Die Babiloniers en Romeine(dink meer die rom.)het die kalender verander wat ons vandag gebruik. Die graf was leeg voor die son op gekom het die Sondag oggend- so was al in die helfte van die Sondag en nog net die dag wat oor bly van die Sondag.(onthou ons werk op God se kalender nie mens se kalender). Jh20:19, met sons onder het die Maandag(net iets om na te dink) begin en vers sê ook dat hulle uit “vrees” bymekaar was.
    Jh20:26, die vers sê 8-dae later dan is dit ń Maandag. Het die uitstorting van die Heilige Gees op ’n Sondag plaasgevind? Maar een moet God se fees dae bestudeer om op die ware dag te kom. Kan nie op ons kalender werk nie. Volgende is deel vir nabetragting, God se tyd is altyd reg en Hy is op tyd. ALTYD.
    Lev 23::2, sê God dit is Sy feeste?
    PS!! Ongelooflik dat Jesus op God se eerste fees. Fees van Pasga(Lev23:5) gekruisig is en die dag daar na begin God se 2de fees En Jesus staan op in die middle van God se tweede fees- fees van ongesuurde brood. Die suur deeg stel sonde voor. Jesus het ons sonde op Hom gevat en gesterf en weer op gestaan in die fees wat hulle sonde uit hulle lewe moes kry deur die lammers wat hulle slag, fees was gehou vir 7-dae (Deut16:8). En op 1ste en die 7de dag was daar ñ spesiale Sabbat, buiten die weeklik se Sabbat. En op die laaste dag van die fees van ongesuurde brood word daar 7-weke getel (Lev23:15-16 & Deut16:9-10)en die volgende dag begin God se derde fees. Jood noem dit “Shavuot” beteken fees van weke in die O.T. en wat in Handelinge beken staan as “Pinkster” en English “Pentacost (penta beteken 50) En op God se 3de fees op die eerste dag v.d. fees na presies 50-dae op die fees van weke nou genoem Pinkster was die uitstorting van.die H.G. En die woord Pinkster word net 3-keer in die hele bybel genoem. In Hand2:1; dag v.d. uitstorting v.d. H.G. en Hand20:16 en weer in 1Kor16:8. Voor dit het dit bekend gestaan as fees van weke. In Hand1:.3 & 14 was Hy 40-dae na sy opstanding nog op aarde en in vers 14 het hulle gebid, Hand 2:1, “en “toe” die dag van die Pinkster fees aangebreek het..”of pentecost (penta in Grieks beteken 50). Drie van Jesus se feeste het Hy vervul, 4-van Jesus se feeste nog onvervuld. As ons dan 50- dae tel na die fees van ongesuurde brood sal die uitstorting van die H.G. op ń Vrydag plaasgevind het.

    Paulus het die eerste 5-boeke v.d O.T. en die boeke van die profete uit sy kop geken, hy het geleef vir sy geloof. Hand20:7, sê Paulus gaan die volgende dag vertrek. Onthou God se dae begin met son onder, so Paulus spreek tot midder nag toe nou al ses ure in Sondag in, Paulus sou nooit die dag vertrek het as Sondag die nuwe rus dag was nie. Sou Jesus gehoorsaam het en die dag gerus het. Selfde met 1 Kor16:2 As Sondag die Sabbat vervang het sou hy nooit die volgende dag vertrek het of geld ingesamel het nie, hy sou Jesus gehoorsaam het en die Sondag heilig gehou het. En net soos Jesus wat elke dag die mense geleër het en ook brood saam met hulle gebreek het en op twee geleenthede ook die brood vermeerder het, so het die dissiples ook elke dag brood gebreuk-Hand 2:46, maar daar was eendag wat God geheilig het en geseën het, “die dag van die Here” . Lees ook Luk4:16, Jesus se gewoonte, om die Sabbat te hou en ook die feeste Jh13:1; Lk2:41-42 en Jh7:2&8&10. En was ook heidene in Jesus se tyd wat die Sabbat en feeste gehou het.Jh12:1&20
    As Paulus in Kol 2:16, waarsku oor die Sabbat en feeste, hoekom het hy dan nog self die Sabbat en feeste gehou.Hand20:6, eers na die fees van ongesuurde brood vertrek, as feeste nie meer gehou was nie, hoekom word in Hand12:3 die fees van ongesuurde brood genoem. Hand 18:21, sekerlik die fees in Jerusalem vuur. Hand20:16, Paulus has hom om in Jerusalem op Pinksterdag te wees, derde fees van God waar op God die H.G. uitgestort het. Hand18:4, Paulus, Sabbat met Jood en Griek in die synagogue oortuig. Wat soek ń nie-jood in die sinagoge as Paulus gewaarku het teen God se Sabbat en feeste? Hand17:2, volgens Paulus se “gewoonte” om die Sabbat te hou. Hand13:42, hoekom het die heidene (christene) Paulus gevra om die woord die “volgende Sabbat” met hulle te spreek. As die Sondag die Sabbat vervang het moes hulle dat Paulus die Sondag vir hulle die woord gespreek het of Paulus sal sekerlik hulle reg gehelp het en gesê het nee die Sabbat is nie meet van belang nie, en kyk na Hand13::44, nie ń Sondag nie maar op die Sabbat was byna die hele stad daar. So Kol2:16, glo ek Paulus praat glad nie oor God se feeste of Sabbat nie, Onthou Paulus het na die heidene gegaan, hulle was pagans-hulle het alles aanbid behalwe die God wat Hemel en aarde gemaak het. Pagans het ook hulle feeste gehad. Hulle het die Son, Maan en Sterre aanbid. Bv. Na die winter(dit snee daar) as die Son uit kom het hulle gereken die son maak die aarde weer lewendig en dan het hulle gefees. En In Kol2:16 së Paulus vir die pagans wat Jesus aan geneem het, moenie terug gaan na julle pagan gode nie al word julle gespot deur julle landsgenote. Al sê hulle wat, hou by die eet en drank gewoontes van die feeste en die Sabbat, en onthou God se nuwe maand het begin as daar ń nuwe maan was. Om God se feeste op die regte tyd te hou het hulle begin uit kyk op die einde van die maand om te sien wanneer die nuwe Maan verskyn(God se maand het 30- dae gehad). Sondag is die rus dag want Jesus het op ń Sondag op gestaan. Kom ons kyk wat se die bybel hoe ons Jesus se dood en opstanding moet vier. Rom6:3-5, ons vier Jesus se dood deur ons te laat “doop”. kol2:12 julle saam met Hom begrawe is in die “doop”, waarin julle ook saam opgewek is deur die “geloof” en 1Pet3:20-21. Dood en opstanding van Jesus vier ons deur gedoop te word en opgewek is deur die geloof saam met Hom. Niks met Sondag te doen nie. Kol3:2.
    Ons moet begin om die bybel en Jesus te gehoorsaam, geen mens gaan my in die HEMEL kry nie net Jesus, deur te deon wat Hy sê.
    Verwyder Lk7:7-9, uit jou lewe en fokus op Hom, doen wat die bybel sê: Die bybel is:”Jesus in writing.”

    Om te groet, Mt12:40. sê Jesus, 3-daE en 3-nagTE, gaan Hy in die graf wees. Hoe kry ons 3-daE en nagTE in die dag wat Jesus begrawe is: van Vrydag net voor die son sak tot Sondag oggend voor die son op kom. Dis net ń dag en ń half??

    Groette uit die mooiste name Jesus, almal wat in Jesus vas hou is geseën.

    1. Dankie vir die akkurate uitsetting oor die Sabbat.
      Net n ander punt wat jy noem, en wat die Jode glo, en dit lyk my jy ook glo, wil ek aanraak, en dit is wanneer die DAG begin:-
      Die Jode glo dat n dag strek van AAND tot AAND, en ek sien jy noem dit ook.
      Dit is NIE wat ek in die Woord lees nie.
      Gen 1:3: God skape LIG, en skei lig en duisternis. Die LIGGEDEELTE noem Hy DAG, en die DUISTERNIS noem Hy NAG.
      …..en dit was aand, en more, die EERSTE dag. – volgens jou en die Jode, moet dit mos nou al die TWEEDE dag wees, maar dit is nie.
      Die Vader toon duidelik dat DAG dus twee betekenisse het: Nl: Dit is die LIGGEDEELTE , maar dit sluit ook die NAGGEDEELTE in wat volg,, dws , dit is n 24uur periode.
      Wanneer het die DAG dan begin? Toe die LIG geskape is:- maw die OGGEND, kom ons se dit is 6uur die oggend, van DAG EEN.
      Die sin wat volg: “Dit was aand, en more, die eerste dag” se net dat die aand aangebreek het, NA die dag, tot die VOLGENDE oggend 6u toe, en dag 2 breek aan, NA 6uur, Maandag oggend
      Indien jou en die Jode se stelling waar is, kyk nou na die skepping op dag 6, toe die MENS geskape is.
      Die vers begin: Gen 1:23: “Dit was aand en more, die 5e dag:-” Dus, die 5e dag het nou ten EINDE geloop:- Dit is NIE die BEGIN van dag 5 nie, maar die EINDE… en dit is nou 6u die OGGEND van dag 6, Vrydag:- Die warmbloedige lewende wesens word nou geskape, en dan die mens. Dan volg Gen 1:31: “Dit was aand en dit was more, die SESDE dag” – NIE die SEWENDE dag volgens jou en die Jode nie! En dit is nou Saterdag oggend 6u:- Dag 6 loop nou ten einde, en dit is die BEGIN van dag 7, die Sabbat.
      Vergelyk ook die opstanding van Jesus: Mat 28:1 KJV+ “In the END of the Sabbath, as it began to dawn TOWARDS the first day if the week… ” – dit is net voor 6u Sondag OGGEND. Volgens jou en die Jode se dag-verklaring, het die Sondag al SATERDAGAAND aangebreek – hoe kan die eerste lig dan breek in die Eerste dag van die week in? – sy het nie in die AAND by die graf aangekom nie. Sy en almal het gewag totdat die Sabbat VERBY is.
      Wat id belang van hierdie verkeerde dag-vertolking van die Jode?
      1) Al hulle heilige vakansiedae strek oor TWEE dae, ipv EEN, omdat dit alreeds die VORIGE aand 6nm begin.
      2) Hulle onderhou net die HELFTE van die Sabbat, tot Saterdagaand 6u toe, ipv tot Sondagoggend 6u.
      Die Sabbat wat gevier moet word van AAND tot AAND (Lev 23:23) – verwys na n baie spesifieke Sabbat in die OT, wat ooreenstem en verband hou met die uitstorting van die Heilige Gees id NT, 50 dae na die opstanding van Jesus.
      Die Jode hou net die helfte vd Sabbat, (van Sat 6 vm tot Sat 6nm) en die sg Christene ook net die helfte”- (van Sat aand 6u tot Sondag oggend 6u)
      Is dit belangrik? Wat id implikasie hiervan? Mat 7:22: Baie sal in daardie dag vir My se.: Here, het ons nie in U Naam geprofeteer , duiwels uitgedryf en wonderdade in U Naam gedoen nie?” : 23: En dan sal Ek openlik vir hulle se:
      – Gaan weg van My, Ek het julle nooit geken nie– julle wat WETTELOOS handel!”
      Ek is die WEG – MY bloed
      Ek is die WAARHEID – My 10 gebooie
      Ek is die LEWE – kry bg 2 en die ewige lewe sal jy verkry.

  3. Baie danki vi d duidelike uiteensetting.
    Ek wil net graag weet in Mark. 15 v 42 staan:
    Mark 15:42 (KJV) And now when the even was come, because it was the preparation, that is, the day before the sabbath,
    1. Soos ek verstaan is d Sabbat ons Saterdag.
    2. Aangesien ons nou weet d Sabbat is n Saterdag, is ons ni besig om te sondig deur ni d regte dag te eerbiedig ni?

  4. Sabbat en die 10 gebooie.

    Genesis 2 vers 3; En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak. Hierdie is die eerste iets wat God in Sy almag geseën en geheilig het.
    Exodus 31 en verse 12 tot 18 handel oor die Heiliging van die sabbat. Let op verse 16 en 17 wat beklemtoon dat die sabbat ’n ewige verbond is. Dan vers 18 die bevestiging dat God die gebooie met Sy eie vinger geskryf het.
    Deuteronomium 4 tot 7 herhaal weer die Tien Gebooie en hier word die volgende beklemtoon.
    Deuteronomium 6 vers 25 En dit sal geregtigheid vir ons wees as ons sorgvuldig al hierdie gebooie hou voor die aangesig van die HERE onse God soos Hy ons bevel het.
    Deuteronomium 7 vers 9 gee vir ons ’n aanduiding hoe belangrik die sabbat is volgens God se woord. Jy moet dan weet dat die HERE jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierendheid hou vir die wat hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.
    Volgens Psalm 90 vers 10 is n persoon se jare 70 of as hy baie sterk is 80. Volgens Real History : Timeline of the bible, van Genesis tot by Exodus dek ongeveer 2 500 jaar en dui daarop dat Exodus geskiedenis ongeveer 1 500 jaar voor Christus is. Dus word aanvaar dat die koms van Jesus 4 000 jaar was na Adam geskape was.
    Volgens Psalm 90 vers 10 en as al die geslagte 70 jaar sou leef was daar dus byna 60 geslagte van Adam tot by Jesus wees. Maar minder van Exodus 20 tot by Jesus. God bevestig in Deuteronomium 7 vers 9 dat die sabbat in duisend geslagte onderhou moet word. Jesus sou nooit teen die wil en opdrag van God die sabbat kom afstel nie.
    Die Sabbat is vir die mens geskep om eer aan God te bewys en tyd aan Hom af te staan, God en dan ook Jesus is nie onderhewig aan die Sabbat nie want hulle is bo die wette en profete gestel en die Skeppers en Meesters van alles wat is, wat was en wat sal wees. Ons word gered deur aan Jesus die Messias te glo, ons sonde te bely en dan uit die liefde onder die vleuels van Jesus die Wet na te kom omrede Sy juk sag is as ons gelowig en gered is. Die Wet is nie die riglyn tot die dood nie, dit was so voor Jesus na die aarde gekom het, maar deur Sy dood het hy die dood uit die Wet gehaal en ons die geleentheid gegun om bekeerd te raak en dan volgens Sy riglyne te leef. Lukas 12 vers 8 “En Ek se vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely voor die engele van God.”

    Die Bybel en Dooie See rolle is van die enigste geskrewe woord van God en moet eng nagevolg word, die Bybel moet die enigste riglyn wees om God se wil na te kom, geen mens gemaakte weergawe en halwe waarhede wat leuens is mag nagevolg word nie. Lees die Bybel en leef daarvolgens.

    Matheus 7 vers 21, Nie elkeen wat vir my se HERE HERE sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. Lees ook 21 en 22.

    Matheus 12 vers 5 Of het julle nie in die wet gelees dat die priesters op die Sabbat in die tempel die Sabbat ontheilig en onskuldig is nie? Sien ook Lukas 13 vers 14 tot 16.

    Matheus 12 vers 8 Want die Seun van die mens is HERE ook van die Sabbat en gevolglik nie onderworpe aan die perke vir die mens gestel nie.

    Matheus 15 vers 4 tot 6. Vers 4 Want God het bevel gegee en gesê; Eer jou vader en jou moeder; en: Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe. Vers 5 Maar julle sê; Elkeen wat aan vader of moeder sê; enige voordeel wat u van my sou kan geniet, is ’n offergawe-die hoef sy vader of moeder glad nie te eer nie. Vers 6 So het julle dan die gebod van God kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewing. Sien ook Markus 7.

    Matheus 22 vers 37 tot 40, Jesus sê die hele wet en profete hang aan die twee gebooie van Jy moet die jou HERE God liefhê met jou hele hart en siel en met jou hele verstand en die tweede gebod Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Hy deel die Tien gebooie op in twee gedeeltes soos dit op die kliptafels geskrywe was deur God en som dit kortliks op, hy sê nie die wet verval nie. Sien ook Markus 12 vers 28 tot 34. Hier meld Jesus duidelik dat die twee die grootste gebooie is en dat daar geen ander gebooie gelyk is aan die nie, weereens is dit ’n opsomming van die twee tafels van die tien gebooie. Die eerste 4 gebooie handel oor ons verhouding met God en die laaste 6 met ons verhouding teenoor ons naaste.

    Lukas 4 vers 6 tot 8 gaan oor Satan se versoeking en Jesus antwoord; “En Jesus antwoord en sê vir hom (Satan): Gaan weg agter My, Satan, want daar is geskrywe: Die HERE jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.” Jesus verwys na die wet.

    Lukas 4 vers 16: Toe kom Hy in Nasaret waar Hy opgevoed was; en soos Hy gewoond was, gaan Hy op die sabbat-dag in die sinagoge en staan op om te lees.” Hier spandeer Jesus die sabbat tot eer van God soos bepaal in die Tien Gebooie. Jesus het niks verander aan die Wet soos verskaf deur God nie.

    Lukas 6 vers 5: Toe se Hy vir hulle: Die Seun van die mens is HERE ook van die sabbat”, weereens bevestig Jesus dat hy nie soos die mens onderhewig is aan die wet nie aangesien hy sondeloos was en hy Jesus is. Ons kan nie dieselfde regte eis as wat Jesus as HERE van die heelal het nie. Jesus het ook verwys na Dawid wie honger was en die toonbrode geët het. Die HERE is verhewe bo die wet, maar tot vandag is daar aanvaarde regsreëls wat meld dat nood die wet breek. Dink maar aan al die regverdigheidsgronde in die Strafreg soos Noodweer (selfverdediging), Noodtoestand (waar jy jou buurman se perd kan steel om afkomende rivier te ontkom), Handeling op bevel (Weermag troep wie offisier se bevel gehoorsaam), Toestemming tot benadeling (boksers wie toestem om binne redelikheid aangerand te word) en ander. Die mens se skynbare oortredings kan dus onder sekere omstandighede strafloos wees. Sien ook Matheus 12 vers 5.

    Lukas 10 vers 27 “En hy antwoord en sê: Jy moet die HERE jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself. Vers 28 Toe sê Hy (Jesus) vir hom: Jy het reg geantwoord; doen dit en jy sal lewe.” Weereens dui Jesus op die nakoming van die Wet. Weereens wys Jesus dat die Wet op twee bene rus, die eerste 4 verse ons verhouding met God en die laaste 6 verse ons verhouding met ons naaste.

    Lukas 16 vers 16 tot 18. “ Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin. Maar dis makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een titel van die wet sou val. Elkeen wat van sy vrou skei en ’n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.” Hier se Jesus uitdruklik dat tot en met Johannes was net die wet en profete verkondig, maar van Johannes af word die koninkryk van God ook verkondig, net na die mededeling gaan Jesus en verwys weer na die wet en haal egbreuk aan, hier wys Jesus duidelik dat die wet nooit sal verval nie, die wet was deur God self geskryf en niemand kan dit verander of dit laat verval nie. Maar hier se Jesus ook uitdruklik dat die wet nooit sal verval nie, nie eens een titel daarvan nie. Dit dui duidelik ook dat die Sabbat nie verskuif mag word in teenstelling met God se wette nie. Die Sabbat is verskuif na Sondag deur die pous van die Katolieke kerk, hy is ’n mens en beskik nie oor die mag of bevoegdheid om dit te doen nie, tog volg Christen kerke die valse dogma getrou na en verontagsaam die woord van God.

    Lukas 16 vers 31 “Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.” Weereens verwys Jesus na die wet en die profete, hoekom sou Hy so op die wet en profete hamer as dit nie deur Hom van toepassing beskou is nie en noodsaaklik is dat ons dit onderhou uit liefde nie.

    Lukas 22 vers 33 “Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit vergaan nie.” Sien ook Lukas 16 vers 16 tot 18.

    Lukas 24 vers 44 “En hy se vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die Psalms, vervul moes word.” Jesus het die voorspellings kom bewaarheid maar Hy het op geen stadium die wet kom ophef nie, Hy het die waarheid van die Bybel se geskrifte kom bevestig en vir ons sondes kom betaal met Sy bloed.

    Johannes 5 vers 16 en 17 “En hieroor het die Jode Jesus vervolg en probeer om Hom dood te maak, omdat Hy dit op die Sabbat gedoen het. En Jesus het hulle geantwoord: My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook.” Weer bevestig Jesus dat Hy en die Vader nie aan die wet onderhewig is soos die mens nie, Hy is die ook HERE van die Sabbat en kan soos bevestig in Matheus 12 vers 5 (sien bo) ook die Sabbat skynbaar ontheilig maar nie die wet breek nie en onskuldig wees net soos die priesters wat in die tempel werk om God te dien en eer op die Sabbat.

    Johannes 7 vers 19 “Het Moses julle nie die wet gegee nie? En niemand van julle hou die wet nie. Waarom wil julle my om die lewe bring?” Hier het Jesus die Jode aangespreek wie nie die wet nagekom het nie maar Hom wou dood omdat hy op die Sabbat genees het.

    Johannes 14 vers 21 “Wie my gebooie het en die bewaar, dit is hy wat my liefhet; en wie My liefhet, hom sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en my aan hom openbaar.” God se gebooie is Jesus se gebooie en geen titel van die wet (gebooie) sal verval voor die aarde en die hemel nie val nie, tot in ewigheid sal dit nie val nie.

    1 Johannes 2 vers 3 “En hieraan weet ons dat ons Hom ken; as ons sy gebooie bewaar
    Hy wat sê ek ken Hom – en sy gebooie nie bewaar nie- is ’n leuenaar en in hom is die waarheid nie. Sien ook 1 Johannes 4 vers 24. Sien 1 Johannes 5 vers 3 (God se gebooie bewaar) Onthou God het die 10 gebooie met Sy eie vinger geskryf.
    Johannes 2 vers 7, “Broeders dis geen nuwe gebod wat ek aan julle skryf nie, maar ’n ou gebod wat julle van die begin af gehad het. Die ou gebod is die woord wat julle van die begin af gehoor het. Sien ook Johannes 4 vers 11 en 12 asook 2 Johannes 1 vers 6.
    Openbaring 22 vers 14: Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan in die poorte van die stad. Hierdie is die 8ste laaste vers in die Bybel en wys hoe dringend God die gebooie ag. Lees dit met Mattheus 19 vers 17 sê Jesus vir die ryk jong man; Maar as jy in die lewe wil ingaan onderhou die gebooie en 1 Johannes 3 vers 22 tot 24 stateer; En hy wat sy gebooie bewaar bly in Hom, en Hy in hom. Vers 23 verwys ook na Sy gebooie en vers 22 meld dat as ons bid ontvang ons van Hom omdat ons Sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.
    Laastens met verwysing na ons eie geskiedenis toe ons as volk gelowig was, op 16 Desember 1838 het die oorlog met Dingaan plaasgevind te Bloedrivier wat reeds ’n paar weke dreigend was. Die gelofte is met God aangegaan dat indien die boere wen die dag elke jaar soos ’n Sabbat gedenk sal word. Daar kom God toe in Sy genade en die geveg vind plaas op ’n Sondag, die eerste dag van die week. God het nie toegelaat dat die slagting op die ware Sabbat plaasvind nie. Slaan na wat Saterdag in die tale van die Middelandse see is en jy vind dis Sabado, Sabato and Shabat.

  5. Lukas 4 : 16 “…soos Hy gewoond was, gaan Hy op die sabbatdag in die sinagoge…”
    Matt 5 : 18 ” …nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan… ”
    Joh 15 : 10 ” … net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar…”
    1 Joh 3 : 4 ” …want die sonde is wetteloosheid…”
    1 Joh 2 : 3-4 ” …en sy gebooie nie bewaar nie — is ‘n leuenaar…”
    Lev 26 : 46 ” Dit is die insettinge en die verordeninge en die wette wat die Here tussen Hom en die kinders van Israel by die berg Sinai deur die diens van Moses gegee het. ”
    Numeri 36 : 13 ” Dit is die gebooie en die verordeninge wat die Here deur die diens van Moses die kinders van Israel beveel het, in die vlaktes van Moab by die Jordaan van Jérigo.”
    Gen 26 : 5 ” …omdat Abraham na my stem geluister en my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het.”
    Joh 8 : 39 “…Jesus sê vir hulle: As julle die kinders van Abraham was, sou julle die werke van Abraham doen; “

  6. As mens op die internet kyk wanneer die sondag die Sabbat vervang het is dit deur Constantine verander in die 321 dit meen dis meer as 200 jaar na die Bybel reeds geskryf was- om nou terug te verwys na Bybel verse en verwag ons moet ‘n aanname maak dat die vers die verandering gebring het is nie reg nie – Kolossense 2:16 – Moetnie dat iemand julle mislei nie (die opskrif in my Bybel – in die 2020 vertaling) 16:Daarom moet julle nie dat iemand vir julle voorskywe wat julle moet eet en drink nie, of dat julle die jaarlikse feeste of die nuwemaansfees of Sabbatdag moet vier nie. – Volgens my sluit die iemand van hierdie teks vers enige mens in die pous, Constantine en slef ek ook die apostels- wat ek voorstel laat God deur die Bybel ons se hoe om dit te hou Gen 2 vers 2-3 Hy het die sewerde dag geseën en geheilig – en deur sy sewende dag te hou herken ons Hom as ons Skepper en Saligmaker- God verander nooi nie die sewende dag is geseën en geheilig – ek stel voor gaan kyk na die geskiedenis van die sondag (day of the sun)

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui