Wat sê mens van die huidige oorlog tussen Israel en Hamas in Gaza?

Inhoudsopgawe

Op 7 Oktober 2023 het ongeveer 1500 Palestynse terroriste, onder leiding van Hamas, Israel vanaf die Gasastrook ingeval. Hulle het by burgerlike huise ingebreek en inwoners geskiet, verbrand, verkrag en onthoof. Meer as 1 300 burgerlikes is vermoor en meer as 200 is ontvoer. Hamas-terroriste het kortstondig beheer oorgeneem van ongeveer 10 Israeliese dorpe en hul inwoners geterroriseer en gebrutaliseer.

Kort daarna het Israel oorlog verklaar teen Hamas. Let wel dat hulle nie oorlog teen Gaza verklaar het nie, maar teen die terroriste-organisasie, Hamas. Die gevolg van die oorlog teen Hamas sover het egter gely tot die dood van duisende inwoners van Gaza.

Tans is daar verskillende menings oor hoe Israel en die wêreld hierop moet reageer:

  1. Israel behoort aan die Jode en daarom het hulle die volste reg om hulleself te verdedig.
  2. Die Sioniste het Palestyne van hulle land verwyder en daarom behoort die hele Israel eintlik aan die Palestyne.
  3. Israel moet in twee dele verdeel word en elkeen moet ‘n deel van die land kry waarop hulle onafhanklik kan regeer (‘n twee-staat-oplossing).
  4. Israel moet die oorlog staak om verdere dood van onskuldige inwoners stop te sit.
  5. Inwoners van Gaza is glad nie so onskuldig nie. Vir baie jare het hulle niks gedoen terwyl Hamas vir Israel aangeval het nie. Trouens, hulle het selfs vir Hamas ondersteun.

1 Tydlyn

Omdat daar in hierdie debat gereeld melding gemaak word van die geskiedenis van Israel, gee ek ‘n kort oorsig van die belangrikste gebeure in die geskiedenis van Israel:

  • In 1921 vC belowe God dat Israel aan Abraham se nageslag sal behoort (Genesis 12). In Genesis 13 bevestig Hy dit: “(15)Die hele land wat jy sien, gee Ek vir altyd aan jou en jou nageslag.
  • In 1451 vC neem Josua vir Jerigo in. Vir die volgende ses jaar veg hy teen die konings in daardie gebied. Hy kry dit egter nie reg om die Jebusiete uit Jerusalem te verdryf nie. Josua 15:63 sê dit soos volg: “Die mense van Juda kon dit nie regkry om die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, te verdryf nie. Hulle woon vandag nog daar saam met die mense van Juda.” In Josua 21:45 en Josua 23:14 word gesê dat God se belofte aan Abraham vervul is.
  • In 1048 vC val Dawid Jerusalem aan en neem dit oor van die Jebusiete (2 Sam 5:6-7). Jerusalem word die stad van Dawid genoem en is vir die hele res van die Ou Testament die hoofstad van Israel.
  • 607 vC: Nebukadneser voer die Juda (die stamme Juda en Benjamin) weg in ballingskap.
  • 537 vC: Die ballingskap eindig. Nehemia herbou Jerusalem se muur.
  • 467 vC: Esra verlaat Babilon en trek na Israel om die tempel te herbou.
  • 63 vC: Romeinse ryk: Die Romeine neem Israel oor en vernoem dit na Palestina, wat vernoem is na Israel se vyande, die Filistyne, om Israel te beledig.
  • 395-1453: Bisantynse Ryk regeer oor Israel
  • 1095-1291: Kruistogte vind plaas om Israel te bevry van die Moslems
  • 1516-1918: Ottoman Ryk regeer oor Israel (behalwe vanaf 1831-1840 toe die Egiptiese goewerneur Muhammad Ali, Israel ingeval het)
    • 1897: Die stigting van Sionisme vind plaas omdat Jode oral in die wêreld onwelkom is.
    • Vroeë 1900’s: Sionisme. Jode uit Europa keer terug na Israel.
  • 1852: Arthur Penrhyn Stanley besoek Israel en is nie beïndruk met die land nie, omdat daar volgens hom nie veel aangaan nie.
  • 1867: Mark Twain besoek Israel en skryf: “ …desolate country whose soil is rich enough, but is given over wholly to weeds-a silent mournful expanse….A desolation is here that not even imagination can grace with the pomp of life and action….We never saw a human being on the whole route….There was hardly a tree or a shrub anywhere. Even the olive and the cactus, those fast friends of the worthless soil, had almost deserted the country.” Dit stem ooreen met Arthur Penrhyn Stanley se opinie oor Israel.
  • 1917 Balfour verklaring: Die Britte ondersteun die gedagte dat die Jode moet terugkeer na Israel.
  • 1917-1948: Israel is onder Britse regering
  • 1929: Hebron bloedbad: Palestyne maak 67 Jode dood na gerugte dat Jode van plan was om beheer oor die Tempelberg in Jerusalem oor te neem.
  • Julie 1937 Peel kommissie verslag: Ondersoek die oorsake van die konflik in die Britse mandaat van Palestina. Die verslag erken dat die mandaat onuitvoerbaar was omdat Joodse en Arabiese doelwitte in Palestina onversoenbaar was. Dit stel voor dat Palestina in drie sones verdeel word: ‘n Arabiese staat, ‘n Joodse staat en ‘n neutrale grondgebied wat die heilige plekke bevat.
  • 1947: VN kondig “partition plan” aan. Palestyne verwerp dit.
  • 1948: Israel word amptelik ‘n staat. Jerusalem word verklaar as ‘n internasionale stad en word omring deur Palestynse gebied. Vandag verwys die Palestyne na hierdie gebeure as die “Nakba”, wat katastrofe beteken.
  • 1948: 1948 Arabies-Israeliese oorlog: ‘n Dag na Israel ‘n onafhanklike staat word, val vyf Arabiese nasies Israel aan, maar verloor. Die oorlog eindig in 1949. Na die oorlog besit Israel dieselfde grondgebied as vandag. Israel word egter steeds gesien as ‘n internasionale stad.
  • 1956: Twee Arabies-Israeliese oorlog (Seuz-krisis)
  • 1967: Sesdaagse oorlog. Israel annekseer Oos-Jerusalem en verklaar Jerusalem aan hoofstad. Die internasionale gemeenskap erken nie Jerusalem as hoofstad nie.
  • 1972: München-slagting tydens somer Olimpiese spele.
  • 1973: Jom Kippoeroorlog.
  • 1978: Camp David-ooreenkomste.
  • 1982: Die eerste Lebanon oorlog
  • 1987–1993: Die eerste Intifada (Intifada is ‘n Arabiese woord wat letterlik “afskud” beteken. In die Palestynse konteks word dit verstaan as ‘n burgerlike opstand.)
  • 1993: Oslo 1-ooreenkoms:
  • 1995: Oslo 2-ooreenkoms:
  • 1993-1995: 14 selfmoordbomaanvalle vind plaas in Israel. 86 mense sterf.
  • 2000: Camp David-beraad.
  • 2000-2003: Die tweede Intifada.
  • 2005: Israel onttrek uit Gaza en dwing ongeveer 10000 Jode om ook die gebied te verlaat
  • 2006: Hamas word demokraties verkies as regerende party in Gaza.
  • Sep 2008: Israel maak weer ‘n voorstel aan President Abbas van Palestina, maar weer word die voorstel verwerp.
  • 2008-2014: Oorloë in Gaza
  • 2011: Israel se ysterkoepel (iron dome) word in bedryf gestel.
  • 6 Des 2017: Die Verenigde State onder leiding van President Trump erken amptelik Jerusalem as die hoofstad van Israel.
  • 7 Okt 2023: Hamas val Israel aan

Kyk ook

2 Is Israel skuldig aan oorlogsmisdaad?

Tans word Israel deur linksgesindes daarvan beskuldig dat hulle oorlogsmisdade pleeg deur soveel Palestynse burgerlikes dood te maak. Israel teiken egter nie burgerlikes nie, maar die dood van Palestynse burgerlikes is die resultaat van onbedoelde skade. Dit is met ander woorde, kollaterale skade. Kollaterale skade word volgens internasionale wette in billike mate toegelaat:

Collateral damage is an accepted consequence of warfare. The law of armed conflict (LOAC) permits soldiers to carry out attacks against military objectives with the knowledge that civilians will be killed, provided the attack is consistent with the requirements of the principle of proportionality. (Uit Collateral Damage and Innocent Bystanders in War (Charles Trumbull, 10 July 2023))

Natuurlik gee hierdie wet nie Israel die reg om roekeloos te wees nie en moet die dood van burgerlikes sover moontlik vermy word. En dit doen Israel: Burgerlikes word sover moontlik ingelig om na gebiede te vlug wat nie aangeval gaan word nie. Reeds vir jare maak Israel ook gebruik van dakklopping (In Engels “Roof knocking”). Dit is om skadelose bomme op geboue se dakke te laat val om inwoners te waarsku dat daar ‘n groter bomaanval oppad is.

Dit raak egter lagwekkend dat Israel van oorlogsmisdade aangekla word terwyl Hamas vir baie jare Palestynse burgers as [1]:

“The use of human shields is considered a war crime as well as a violation of humanitarian law.”

“The international criminal court defines the war crime of using human shields as “utilising the presence of a civilian or other protected person to render certain points, areas or military forces immune from military operations. One interpretation of this is that it would be a war crime to fire weapons and to position bases in proximity to heavily populated civilian areas, in particular near facilities that should be protected according to the Geneva conventions, including schools, hospitals or mosques.”

Neem ook in ag dat Hamas/Palestyne nog altyd die inisieerders van die konflik was. Dit was nog nooit Israel nie. Om van Israel te verwag om die internasionele wet op oorlog tot op die letter te volg terwyl Hamas hulleself nie daaraan steur nie, is verregaande.

Israel word beskudig daarvan dat hulle die elektrisiteit na Gaza afgesny het. Israel skuld Gaza egter niks nie. Eerstens is Gaza ‘n totale onafhanklike land en tweedens is dit verregaande om van Israel te verwag om so gaaf te wees om vir hulle vyande, wat hulle al baie jare lank met missiele bombardeer, van elektrisiteit te verskaf. Derdens, Israel is in ‘n oorlog met Hamas. Die doel is om die oorlog so vinnig moontlik te beëindig en daarom moet Israel dit so moeilik as moontlik maak vir hulle vyande.

Dit bring ons by ‘n volgende punt:

3 Is Palestynse burgers onskuldig?

Linksgesindes maak ‘n groot ophef daarvan dat Israel soveel onskuldige inwoners in Gaza doodmaak om Hamas by te kom. Dit vraag is of die Palestynse inwoners werklik so onskuldig is.

In Januarie 2006 is Hamas demokraties ingestem deur die inwoners van Gaza. Hulle het geweet vir wie hulle gestem het: na die verkiesing het die internasionale gemeenskap geweier om die Hamas-geleide regering te erken weens Hamas se geskiedenis van gewapende konfrontasie met Israel en sy doelwit om die Israeliese staat in die algemeen te vernietig.[2]

Toe Hamas Israel aangeval het op 7 Oktober 2023 het die terroriste videos daarvan gemaak en dit vir Palestyne in Gaza vertoon tot genot van die skare.[3]

Wat dit waarskynlik moeilik maak is dat enige opposisie teen Hamas in Gaza vervolg word en selfs doodgemaak word. Indien ‘n mens in ag neem hoe kinders in Gaza gebreinspoel word om selfs bereid te wees om te sterf vir die saak, is dit redelik om te aanvaar dat ‘n groot hoeveel Palestyne in Gaza vir Hamas ondersteun.

As deel van “The ask project” het Corey Gil-Shuster al heelwat onderhoude met mense in die strate van Israel gevoer.[4] Kyk veral wat hy in die volgende video sê hoe hy na dinge kyk na 7 Oktober 2023:

Uit hierdie onderhoude is dit baie duidelik dat ‘n baie groot aantal Palestyne (waarskynlik die oorgrote meerderheid) voel dat Israel hulle land is en daarom moet die Sioniste terugkeer van waar hulle gekom het sodat Palestyne beheer oor Israel kan neem. Die slagspreuk “From the river to the sea, Palestine will be free” bedoel baie duidelik dat Jode verwyder moet word sodat Palestyne die hele land kan regeer.

In ‘n kort nuusberig[5] word gesê dat hierdie sentiment ook onder Palestyne in Gaza is en dat steun aan Hamas selfs verhoog het sedert 7 Oktober 2023. Dit is dus redelik om te aanvaar dat Palestyne in Gaza nie Hamas sterk sal opponeer nie omdat die meerderheid waarskynlik saamstem met die ideologie dat die Jode moet uit sodat Palestyne kan regeer.

Maar ongeag wat die siening van die meerderheid van Palestyne in Gaza is:

Dietrich Bonhoeffer het gesê: “Om stil te bly in die aangesig van die bose is self boos”

Dante Alighieri het gesê: “Die donkerste plekke in die hel is gereserveer vir diegene wat hul neutraliteit handhaaf in tye van morele krisis.”

Daar is ‘n ook Afrikaanse spreekwoord wat sê: “Meng jou met die semels dan vreet die varke jou”[6]

En dit is nou presies wat met Palestynse burgers gebeur: In al die jare wat Hamas vir Israel gebombardeer het, het die burgers van Gaza nie gehelp om Hamas aan Israel uit te lewer nie. Geen stemme het opgegaan teen Hamas nie.

Daarom is die vraag of die spreekwoord “die deler is so goed soos die steler” nie meer van toepassing is nie.

Burgers van Gaza sal vinnig moet besluit wie hulle ondersteun en moet maar die risiko van beide opsies oorweeg. Om egter aan te hou om slagoffer te speel, gaan nie help nie. Israel het nie ‘n keuse as om Hamas uit te wis nie, ongeag die gevolge.

4 Antisemitisme?

Antisemitisme is ‘n haat vir, of vooroordeel teenoor Jode. Jode was dikwels in die geskiedenis die slagoffers van antisemitisme. Die bekendste voorbeeld van antisemitisme was die Holocaust toe die Duitsers onder Hitler, nagenoeg ses miljoen Jode doodgemaak het in konsentrasiekampe tydens die tweede wêreldoorlog.

Wat dalk minder bekend is, is die antisemitisme wat in Moslemlande plaasgevind het. Die volgende lys wys hoe Joodse getalle afgeneem het in Moslemlande van ongeveer 1948 tot ongeveer 2018[7]:

Land 1948 2018
Morokko 265 000 2150
Libië 38 000 Geen
Irak 135 000 minder as 10
Algerië 140 000 minder as 50
Egipte 75 000 100
Jemen 63 000 minder as 50
Tunisië 105 000 1050
Sirië 30 000 100
Lebanon 5 000 minder as 100

Israel word beskuldig van etniese suiwering omdat hulle kwansuis Arabiere uit Israel verwyder het voor 1948. Die feit is egter dat na die eerste Arabies-Israeliese oorlog was daar ongeveer 150 000 Palestyne wat binne Israel se internasionaal erkende grense gewoon het. Intussen het dit gegroei tot ongeveer 1,6 miljoen Palestynse burgers van Israel, wat ongeveer 20% van die totale Israeliese bevolking uitmaak.

Palestynse burgers in Israel ontvang gelyke regte:

  • Alle Palestynse burgers het stemreg
  • In Desember 2010 word Moshe Katsav, die agtste president van Israel, deur George Karra, ‘n Arabiese regter in Israel, tot sewe jaar tronkstraf gevonnis vir twee aanklagte van verkragting, dwarsboming van die gereg en ander aanklagtes.
  • In 2022 word Khaled Kabub die eerste Moslem regter in Israel.

Dit is duidelik dat dit nie die Jode is wat etniese suiwering toegepas het nie, maar wel die Moslems.

Sou Palestyne beheer oorneem van Israel sou presies dieselfde gebeur.

Imagine if on October 8, 2023 the United Nations Security Council voted unanimously to condemn Hamas for war crimes, demanded the immediate return of all hostages, and ordered Qatar to extradite Hamas leadership to The International Criminal Court in The Hague, where they could have been tried for war crimes, crimes against humanity, and genocide. Had that occurred, think of how many people in Gaza would be alive today. Then ask yourself why that didn’t happen.

En dan het die VN (Verenigde nasies) lyk my die gewoonte om Israel meer as enige ander land te veroordeel.[8]

Die vraag is: wat is die rede vir antisemitisme?

Hierdie vraag word ook in Israelis: Why were Jews expelled from so many countries? (The Ask project, Corey Gil-Shuster) aan Jode in Israel gevra.

Die antwoord is waarskynlik dat dit oor jaloesie gaan. Vir ‘n klein volkie in die wêreld het hulle baie vermag:

  • Persentasiegewys het Jode by verre die meeste Nobelpryse verower as enige ander volk in die wêreld.[9] Jode het ten minste 214 pryse verower, terwyl Moslems maar bloot sestien pryse verower het waarvan nege daarvan Nobelpryse vir vrede was.[10]
  • Dit is algemeen bekend dat Jode persentasiegewys ‘n groot deel van die wêreld se finansiële rykdom besit.[11]
  • Daar is ook sprake dat Jode die hoogste IK in die wêreld het.[12] In April 2007 het Charles Murray, die mede-outeur van The Bell Curve (1994), die bewering gemaak dat Jode slimmer is as almal anders.

Thomas Sowell het gesê: “What can Jews themselves do to stop antisemitism? Fail – because as long as you succeed you’re going to be hated.”[13]

Dit is baie waarskynlik daardie 10de gebod waarmee Palestyne sukkel.

5 Faktore om in ag te neem

Die vraag is: watter faktore moet in ag geneem word om die situasie in Israel/Palestina te beoordeel.

Hier volg ‘n paar moontlikhede:

5.1 Alle geskiedenis

Indien ‘n mens alle geskiedenis in ag neem, dan beteken dit dat die Jode die eienaars van die grond is, want volgens die tydlyn hierbo is hulle duidelik die oorspronklike inwoners van Israel. Trouens, nêrens in die geskiedenis was daar ooit ‘n Palestynse staat nie. Sedert 63 vC tot 1948 was Israel onder koloniale bewind. Dus, nie die Jode, of die Palestyne het die gebied regeer nie. Voor 63 vC het die Jode egter regeer. Daar is geen debat daaroor nie.

Rudy Rochman gebruik hierdie argument in ‘n onderhoud met iemand:[14] Toe die Sioniste in die 1900’s na Israel gestroom het, het hulle net teruggekom na die land wat eintlik hulle s’n was vir duisende jare. Volgens Rochman het die Palestyne nooit in Palestina geregeer nie, maar was hulle nog altyd binne ‘n kolonie onder verskillende volke. Toe die Jode teruggekom het, het hulle Israel in werklikheid gedekoloniseer.

Soos die Chinese van China is, die Epiptenare van Egipte is, en die Indiërs van Indië is, netso is dit baie logies dat die Israeliete van Israel is.[15]

Daar is waarskynlik heelwat Jode wat hierdie standpunt inneem.[16]

5.2 Laaste 100 jaar

Soos reeds gesê, voel waarskynlik die oorgrote meerderheid van Palestyne dat hulle die regtelike eienaars van Israel is en nie die Jode nie. Dit is daarom dat Palestyne slegs die laaste 100 jaar se geskiedenis in ag wil neem. Honderd jaar gelede, voor die Sioniste na Israel gekom het, was die Palestyne in die meerderheid, alhoewel onder koloniale bewind, en daarom voel hulle dat Israel aan hulle behoort en dat die Sioniste moet terugkeer van waar hulle gekom het.

Dit is egter ‘n totaal onredelike versoek. Die Israeliete het Israel in die laaste 70 jaar opgebou tot ‘n baie suksesvolle ontwikkelde land en hulle is daar om te bly. Om van die Jode/Sioniste te verwag om Israel te verlaat, sal soortgelyk wees om van Amerikaners te verwag om Amerika terug te gee aan die Indiane, of van Australiërs te verwag om die grond aan die Aborigines terug te gee of om van Nieu Seelanders te verwag om die grond terug te gee aan die Maori’s.

Hoe vinniger Palestyne dit aanvaar hoe beter vir almal. Indien Palestyne die grond wil hê het hulle drie opsies:

1. Koop die grond

Om die grond te koop gaan beteken dat Palestyne alle Israeliete wat die land moet verlaat sal moet vergoed. Dit is nie ‘n realistiese opsie nie.

2. Islam agenda

Die Moslem agenda of Islam agenda is om Westerse lande binne te dring en te vermeerder deur baie kinders te kry totdat Moslems genoeg is om ‘n invloed uit te oefen op die land.[17]

Dit is ‘n stadige proses, maar alle aanduidings is dat Moslems sukses begin behaal met hierdie strategie. Dit is waarskynlik een van die redes hoekom Israel baie streng reëls het om Palestyne te verhoed om in groot getalle in Israel in te stroom.

3. Oorlog

Laastens, is oorlog nog ‘n manier om ‘n land oor te neem. Israel het egter ‘n baie sterk weermag, dus is die kans vir sukses baie klein. Hierdie strategie is ook teen die internasionale oorlogswet, maar Palestyne steur hulle reeds lankal nie daaraan nie.

5.3 Geen geskiedenis

‘n Derde opsie is om geen geskiedenis in ag te neem nie, maar om bloot die huidige stand van sake in ag te neem en die beste pad vorentoe te bepaal.

Dit is waarskynlik die enigste billike opsie wat daar bestaan.

5.4 Die Bybel

Onder veral Christene is daar ‘n debat oor die feit of God se belofte aan [18] Hierdie kwessie gaan nie op enige manier ‘n oplossing vir Israel bied nie.

Veronderstel die gevolgtrekking is wel dat Israel aan die Jode behoort, gaan dit nie Palestyne se gesindheid teen die Jode verander nie. Hulle sal die gevolgtrekking bloot verwerp.

Indien besluit word dat God se belofte nie meer van toepassing is nie, gaan dit ook niks aan die situasie verander nie. ‘n Mens kan nie die geskiedenis terug draai nie. Die Jode is nou in Israel. Mens kan nie van hulle verwag om te skuif nie.

Dit bring mens terug na die opsie om geen geskiedenis in ag te neem nie.

5.5 Die Koran

Sommige Moslems glo dat die Koran sê dat Israel aan die Jode behoort.[19]

Koran 5: (21)“O my people, enter the Holy Land which God has assigned for you, and do not turn back, lest you return as losers.”

Dit is egter ‘n klein minderheid wat hierdie opinie handhaaf. Die meerderheid Moslems interpreteer hierdie gedeelte anders.

6 Oplossing?

‘n Groot aantal mense glo aan ‘n twee-staat oplossing. My verstaan daarvan is dat ‘n gedeelte van Israel aan Palestyne gegee word sodat hulle hul eie land het waarin hulle kan regeer.

Hierdie oplossing is reeds etlike kere in die verlede voorgestel, maar die Palestyne het dit nog altyd van die hand gewys.

Verder is die vraag of daar nie reeds twee verskillende state bestaan nie: Israel aan die een kant en Gaza aan die ander kant. Gaza is wel klein, maar dit is groot genoeg vir Palestyne om hulleself te bewys. Hulle het egter liederlik gefaal om dit te doen en het eerder gewys dat hulle kwalik hulself sal kan regeer.

‘n Billike versoek sou kon wees dat die Palestyne die Wesbank kry, maar hierdie tipe opsies is al baie keer aan Palestyne aangebied, maar hulle het dit van die hand gewys. Verder verwag ‘n mens ook dat Palestyne dieselfde met die Wesbank sal doen as wat hulle met Gaza gedoen het – niks.

Volgens Elon Musk moet Israel vriendelikheid (“kindness”) aan Palestyne bewys.[20] Volgens hom help dit nie jy skep drie nuwe Hamaslede vir elke Hamaslid wat gevang of doodgemaak word nie. Aan die ander kant erken Musk ook dat Hamas gestuit moet word, anders sal die geweld teen Israel nie ophou nie.

Die enigste oplossing is dat Palestyne sal moet aanvaar dat Israel aan die Jode behoort. Selfs die komediant, Bill Maher, het hierdie opinie.[21] Daar is egter min hoop dat bogenoemde pogings sal slaag daarin dat Palestyne dit sal aanvaar.

Jonathan Schanzer, van The Foundation for Defense of Democracies, sê dat die Palestyne Israel kan begin respekteer, sou hulle hard genoeg optree en Hamas uitwis.[22]

Dit mag dalk die beste moontlike oplossing bied.

Spreuke 20:30 sê: “ ‘n Pak slae laat ‘n mens ophou kwaaddoen; dit laat jou selfs ophou dink aan kwaad.

As Palestyne seer genoeg kry, sal hulle ophou om Israel aan te val. Hulle mag dalk selfs ophou dink daaraan dat Israel aan hulle behoort.

7 Verdere bronne

Bylaag A

Daar is ‘n gedeelte uit die fliek Bury My Heart at Wounded Knee wat tot ‘n mate aan die situasie in Israel herinner.

Kyk hier op Youtube: Chief Sitting Bull VS Colonel Nelson Miles of General Miles blows off American Indian-(Asian) myths

Col. Nelson Miles: Sitting Bull requested this council. We await his words.

Sitting Bull: Take your soldiers out of here. They scare the game away.

Col. Nelson Miles: Very well, sir. Tell me then, how far away should l take my men?

Sitting Bull: You must take them out of our lands.

Col. Nelson Miles: What precisely are your lands?

Sitting Bull: These are the lands where my people lived before you whites first came.

Col. Nelson Miles: I don’t understand. We whites were not your first enemies. Why don’t you demand back the land in Minnesota where the Chippewa and others forced you from years before?

Sitting Bull: The Black Hills are sacred land given to my people by Wakan Tanka.

Col. Nelson Miles: How very convenient to cloak your claims in spiritualism. And what would you say to the Mormons and others who believe that their God has given to them Indian lands in the West?

Sitting Bull: I would say they should listen to Wakan Tanka.

Col. Nelson Miles: No matter what your legends say, you didn’t sprout from the plains like the spring grasses. And you didn’t coalesce out of the ether. You came out of the Minnesota woodlands armed to the teeth and set upon your fellow man. You massacred the Kiowa, the Omaha, the Ponca, the Oto and the Pawnee without mercy. And yet you claim the Black Hills as a private preserve bequeathed to you by the Great Spirit.

Sitting Bull: And who gave us the guns and powder to kill our enemies? And who traded weapons to the Chippewa and others who drove us from our home?

Col. Nelson Miles: Chief Sitting Bull, the proposition that you were a peaceable people before the appearance of the white man is the most fanciful legend of all. You were killing each other for hundreds of moons before the first white stepped foot on this continent. You conquered those tribes, lusting for their game and their lands, just as we have now conquered you for no less noble a cause.

Sitting Bull: This is your story of my people!

Col. Nelson Miles: This is the truth, not legend.

***********

Dit is nie eerlik om slagoffer te speel wanneer jy die swakker party is nie terwyl die geskiedenis keer op keer gewys het wat jy sou gedoen het as jy die sterker sterker party was.

Voetnotas

[1] Kyk ook Human shield (law) en Pentagon Confirms What the Media Has Been Denying About Hamas (Rubin Report, Youtube) – “Hamas and the West talk different languages. To the West a hospital is something that keeps people safe. To Hamas a hospital is something that keeps them safe because they know that they can use the West’s sensitivity to their own benefit. They mock us for this. They laugh at us for this. They built 36 hospitals in Gaza. I don’t know whether you have seen the size of Gaza but it is not that big.” – Meira Cowland

[2] Kyk Hamas, the militant group that attacked Israel, explained (10 Oktober 2023).

[3] Kyk LIVE: Gaza Residents ENJOY Public Screening Of 7th October Attacks (MahyarTousi, 6 Nov 2023, Youtube)

[4] Kyk die volgende videos van Corey Gil-Shuster as deel van The Ask project:

[5] Kyk Hostage says captors were Gaza family, warns of civilian involvement with Hamas (29 Desember 2023, Straight Arrow News)

[6] Kyk ook Aanhalings – Om niks te doen nie en As jy niks doen nie dan doen jy iets.

[7] Kyk Free Palestine? No thanks! (The Israeli perspective) (Oren Cahanovitc, 12 Oktober 2023). Vir meer inligting hieroor, kyk ook The Ethnic Cleansing of Jews within Muslim Countries (Oren Cahanovitc, 18 November 2023) en The Silent Exodus (ENGLISH) (27 September 2021, IsraelCNN with a heart for Israel).

[8] Kyk byvoorbeeld:

[9] Kyk byvoorbeeld:

[10] Kyk List of Muslim Nobel laureates (Wikipedia).

[11] Kyk byvoorbeeld:

[12] Kyk byvoorbeeld:

[13] Kyk Thomas Sowell on the truth behind antisemitism (Youtube) of
Watch Host’s Face as Thomas Sowell Exposes the Real Origin of Jew Hatred (The Rubin Report, Youtube)

[14] Kyk Berkeley Girl Learns From Israeli (29 Nov 2020, Youtube)

[15] Kyk Israel: Who Are the Indigenous People? (Noa Tishby, 10 Julie 2023, PragerU)

[16] Kyk die volgende videos van Corey Gil-Shuster as deel van The Ask project:

[17] Vir meer hieroor, kyk:

[18] Kyk Is God se belofte dat Israel aan die Jode behoort steeds geldig?

[19] Kyk Muslim supporters of Israel (Wikipedia)

[20] Kyk Elon Musk on Israel-Hamas war (9 Nov 2023)

[21] Kyk ook:

[22] Kyk Is Palestinian Support for Hamas Crumbling? What Some Say Privately About Their Terrorist Overlords (CBN)

4 thoughts on “Wat sê mens van die huidige oorlog tussen Israel en Hamas in Gaza?”

  1. Die idee dat die mense van Gaza onskuldig is, is onwaar. Daar was n groot gejuig toe Okt 7 plaasgevind het in Gaza. Hulle sal weer vir Hamas instem sou hulle die kans kry, dus dink ek ‘n twee-staat-oplossing sal nooit bereik word nie. Die Palestyne wil dit ook nie hê nie – “from the river to the sea, Gaza will be free”. Dit beteken hulle wil die Jode uitroei, want hulle erken nie die Jood se plek in die land nie. Israel moet hulle mense en land beskerm en volle militêre ondersteuning kry van Europa en Amerika.

    Goeie artikel – dankie.

  2. Dis maar “Israel” se ‘talking points’. Mens moet dit maar met ‘n knippie sout vat. Want hulle is nie so heilig en onskuldig soos wat hulle voorgee. Buitendien ist daar egter ook ‘n groot probleem in christelike kringe. En dis die Onkunde oor wat die outentieke perspektief oor wat Israel is. En ook die vraag wie of wat die Jode (Judaisme is).

    Die NT-Teks maak dit duidelik dat ‘die Volk van God’ diegene is wat ‘in Christus’ is. Diegene wat wedergebore is in Christus. Dis nie ‘n politieke, sosiale of organisatoriese entiteit nie. Dit is wat die ware saad van Abraham, die belofte. Dus die ‘Israel van God’.
    Jesus maak dit duidelik in die Evangelietekste.
    Paulus maak dit weereens duidelik in sy briewe.
    Petrus maak dit duidelik in sy Briewe.
    Openbaring maak dit ook duidelik.

    Maar wie is dan diegene wat se hulle is Jode en ook deur ander Jode genoem word? Wel dis mense wie se voorouers, veral die Ma. Judaisme gepraktiseer het. Judaisme maak gebuik van van die ou testamentiese tekste, maar dis duidelik nie so gesaghebbend vir hulle as wat hulle voorgee dit is. Mistieke inlegkunde word bedryf en hulle het lank argumente hoe om verby die vereistes van die wet en reels te kom. Hulle het selfs ‘n hele kanonieke reeks tekste daaroor geskryf in die verlede. Die Talmoed. Die meeste daarvan is maar redenering en argumentering oor reels en beginsels. ‘praktiese teologie’ indien ‘n mens so wil. Maar daar is ook gedeeltes wat skrikkwekkend is. Dis indien hulle oor Jesus, die skepping, die Jode en ook seksualiteit praat. Dis natuurlik nie so nie dat al die Jode weet dat dit is waaroor die Talmoed gaan. Die meeste het maar net selektiewe kennis daaroor. Nie eers al die Rabbis het volle kennis daarvan. En wel, dis ook nie die enigste bron. Daar is ‘n joodse mistisisme, die Kabbalah, dis nou die ‘geestlike’ gedeelte binne die Judaisme. Dis baie ooreenkomstig met wat gewoon as okkultisme, magie, heksery ens. bestempel word. Dus ist dit ook ‘n glybaan na Duiwelsaanbidding toe. In daardie lig vind ek dit vreemd dat die kerkmense wat so erg besig was oor okkultisme en satanisme, wat maar ‘n randverskynsel was. Nooit iets te se gehad het oor die Kabbalisme. Hulle sal dalk van Vrymesselaars praat of oor ‘neopaganisme’. Maar hulle sal stil wees oor enige iets waar Jode by betrokke was/is. Mens sal maar moet ondersoek wat die rede vir dit is.

    Die slotsom is, dat dit nie gaan help nie indien ‘die Jode maar net weer meer godsdienstig’ moet word. Ook hulle moet Christus aanvaar (die regte een, nie die ‘messias’ waarvoor hulle wag) en wedergebore te word. Dit laat natuurlik vraagtekens oor die kerke wat erg ‘sionisities’ is. Dit was eers ‘n Amerikaanse verskynsel gewees, maar dit het versprei na ander lande toe. Insluitende oor die ‘wegraping’ *voor* die groot verdrukking. Hulle het met ‘Dispensasionalisme’ ‘n groot skema uitgewerk. Een wat anders is as all die sienings van enige ander christelike denominasie voorheen. Dus is daar maar ‘n vraagteken wie hier eintlik die Heilige Gees het en wie nie. Want sonder hom kan mens nie die evangelie en ook nie die regte leer he nie. Ook word daar baie moeite gedoen om argumente te konstrueer en groot skemas te ontwikkel. Dit daar gelaat. Mense moet hierdie maar net in gedagte hou.

  3. gaan dit in Engels pos ….
    You all know, the distinction between good and evil in this war and it could not possibly be any clearer.
    No matter how you want to slice it and what you want to look at, there are not two equal sides here. There is good and there is evil.
    You can look at the protests.
    One side sings songs of unity and peace. The other side yells chants of genocide and murder.
    You can look at the hostages/prisoners.

    One side longs for its children and wives to unite with their families. The other side demands the release of murderers and terrorists.
    You can look at how the released are treated.

    One side does everything it can to ensure their hostages come home safely and are treated accordingly. The other side parades its prisoners around the streets while calling for violence.
    You can look at the value of human life.
    One side mourns its casualties and yearns for peace. The other side celebrates the death of its people and yearns for destruction.

    You can look at innocent deaths.
    One side goes to extraordinary lengths to minimize civilian deaths. The other side does everything in its power to maximize civilian deaths, which they then use as a PR tactic.

    You can look at how the war can end.
    One side can put down its weapons and achieve an instant end to the war. The other side can put down its weapons and be annihilated by the enemy.
    You can look at the respective charters.

    One side has a charter (the Torah) that puts peace and human life as the highest value. The other side has a charter that glorifies death and genocide.
    You can look at the importance of truth.
    One side tells the truth even when inconvenient. The other side has a propaganda machine that spreads lies and blood libels all day every day.
    The point is, if you see the two sides as good vs evil, congratulations, you are a moral person.

    If you don’t see the clear difference, if you compare the two sides, if you make an equal sign between innocent hostages and murderous prisoners, congratulations to you. You are morally bankrupt and an accomplice to murder, rape, abduction, and decapitation.
    Israel has always been and will always be the moral side of the Middle East conflict. The other side represents radical Islam and proudly declares that Israel is only its first stop.
    In order to navigate the challenges, the world will face as a result of radical Islam spreading like a cancer, the first thing they need is a compass.
    If you compare Israel to Hamas, you have no moral compass and when radical Islam comes for you, you will not know where to go or who to turn to.
    If for no other reason, you should stand with Israel because Israel is fighting this war so you don’t have to.
    The top: Who Hamas took and still hasn’t released
    The bottom: Who Israel arrested and has now released
    If you can’t see the difference, you are a lost cause.

  4. Daniel

    Dit is ‘n epiese stuk werk beide wat lengte en diepte betref en in beide rigtings skort dit geensinds aan kwaliteit en insig nie. Daar is egter een of twee opmerkings wat ek wil waag.

    Eerstens ‘n krasse veralgemening: ek is van mening dat die deursnit leser nie voldoende sosiale media geletterd genoeg is nie. Ek wil die SM meelopers uitsluit en my aandag bepaal by X (voorheen Twitter) waarop ek al meer as 15 jaar aktief is. Maak geen fout daar is min ooreenkoms tussen X ca. 2023/4 en Twitter ca. 2013/4. Die aard van oorlog het in ons tyd ‘n metamorfose ondergaan dit is nou grootliks digitaal. X is ‘n slagveld (maar ook ‘n sendingveld).

    My tweede punt (en ek probeer kort wees sonder om kripties te raak) Israel is digitaal baie aktief. Mens moet weet wat om te lees, wie om te glo (al is dit net vir ‘n wyle want dit verander ook) en hoe om te verifieer. Dit is vaardighede wat aangeleer en opgedateer moet word – daagliks.

    Ek het maande gelede al die regering van Israel as boos beskryf. Ek staan steeds daarby maar bly oop vir oortuig as ek dit dalk verkeerd het. In my beskeie opinie is daar min regerings wat nie op dieselfde gronde ook as boos beskryf kan word. Ek sonder Israel dus nie uit vir spesiale veroordeling nie.

    Op X geld die waarskuwing: Check everything. Question everyone. Believe selectively and with great care.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui