Is God se belofte dat Israel aan die Jode behoort steeds geldig?

HIERDIE ARTIKEL IS NOG NIE FINAAL NIE

Daar is ‘n debat oor die feit of God se belofte aan Abraham, dat Israel aan sy nageslag sal behoort, steeds geldig is. Hierdie artikel probeer om objektief na beide kante te kyk.

Bybelverse ten gunste van argument

In die volgende dele beloof God aan Abraham dat Israel aan sy nageslag sal behoort:

Genesis 12: (7)Toe het die Here aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Aan jou nageslag gee Ek hierdie land.”

Genesis 13: (15)Die hele land wat jy sien, gee Ek vir altyd aan jou en jou nageslag.

Genesis 15: (7)“Ek is die Here wat jou uit Ur van die Galdeërs laat wegtrek het om hierdie land aan jou te gee as jou besitting.”

In Genesis 17:7-10 stel God die besnydenis as verbond in en bevestig dat Hy Kanaän aan Abraham gee.

Sagaria 12:10: Maar oor die koningshuis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem bring Ek ‘n gees van welwillendheid en van berou: hulle sal na hom kyk vir wie hulle doodgesteek het en hulle sal oor hom treur soos ‘n mens treur oor ‘n enigste kind, hulle sal oor hom huil soos ‘n mens oor ‘n oudste seun huil.

Hieruit lei ‘n mens af dat dit ‘n profesie is dat die Jode tot bekering sal kom.

Josua 1: (4)van die woestyn af en van die Libanon af tot aan die groot rivier, die Eufraat, die hele gebied van die Hetiete tot aan die Groot See in die weste, alles sal julle woongebied wees.

Joël 3: (20)Maar Juda sal sonder ophou bewoon word en Jerusalem vir altyd. (21)Ek sal my volk se sonde vergewe, die sonde wat Ek nog nie vergewe het nie, en Ek, die Here, sal op Sion woon.

Amos 1: (6)So sê die Here: Selfs as Gasa net drie keer sonde gedoen het, sou Ek sy straf nie herroep het nie. Maar nou het hy ‘n vierde sonde daarby gevoeg: hy het mense voor die voet as ballinge weggevoer en aan Edom uitgelewer.(7)Daarom sal Ek binne die mure van Gasa ‘n vuur laat losbreek en dit sal sy mooi huise verteer. (8)Ek sal die inwoners van Asdod en die regeerder van Askelon uitroei. Ek sal my hand teen Ekron oplig, en die Filistyne wat nog oor is, sal omkom, sê die Here my God.

Amos 9: (15)Ek sal my volk weer in hulle grond plant, en hulle sal nie weer uitgeruk word uit die grond wat Ek hulle gegee het nie, sê die Here jou God.

Genesis 26: (3)Bly ‘n tyd lank hier, en Ek sal by jou wees en jou voorspoedig maak. Ek gee hierdie hele wêreld aan jou en jou nageslag. Ek sal die belofte nakom wat Ek met ‘n eed teenoor jou vader Abraham afgelê het.

Levitikus 26: (42)Wanneer hulle dit doen, sal Ek die beloftes wat Ek aan Jakob, aan Isak en aan Abraham gegee het, weer van krag maak. Ek sal my beloftes oor die land weer van krag maak.

Deuteronomium 9: (5)Dit is nie omdat jy volmaak en opreg is dat jy sal ingaan om hulle land in besit te neem nie. Omdat hierdie nasies so goddeloos is, sal die Here jou God hulle verdryf, en so sal Hy die belofte vervul wat Hy met ‘n eed aan jou voorvaders Abraham, Isak en Jakob gemaak het.

Psalm 105: (42)Ja, Hy het sy heilige belofte aan sy dienaar Abraham gestand gedoen

Romeine 4: (13)Dit is trouens nie omdat Abraham die wet van Moses onderhou het dat aan hom en sy nageslag die belofte gegee is dat hy die wêreld as besitting sal ontvang nie, maar omdat hy vrygespreek is deurdat hy geglo het.

Romeine 4: (16)Daarom het die belofte deur die geloof, en dus uit genade, tot Abraham gekom sodat dit van krag sou bly vir sy hele nageslag. En sy nageslag is nie net dié wat die wet ontvang het nie, maar ook dié wat glo, soos Abraham geglo het. Hy is immers die vader van ons almal,

Romeine 4: (18)Toe daar geen hoop meer was nie, het Abraham nog gehoop en geglo, en so die vader van baie nasies geword volgens die belofte: “So sal jou nageslag wees.”

Romeine 9: (7)en nie almal wat nakomelinge van Abraham is, is werklik kinders van Abraham nie. Inteendeel, die belofte was: “Uit Isak sal daar vir jou ‘n nageslag kom.”

Romeine 11: (25)Ons staan hier voor ‘n geheimenis, broers, en ek wil hê julle moet weet wat dit is, sodat julle nie te selfversekerd sal wees nie. Die verharding het oor ‘n deel van Israel gekom en duur totdat die volle getal uit die heidennasies in die koninkryk ingegaan het; (26)en op hierdie manier sal die hele Israel gered word. So staan daar geskrywe: “Uit Sion sal die Redder kom, en Hy sal die goddeloosheid van sy volk Jakob verwyder. (27)En hierdie verbond sal Ek met hulle sluit wanneer Ek hulle sondes wegneem.” (28)Wat die evangelie betref, is hulle wel vyande van God, en dit kom julle ten goede, maar kragtens die uitverkiesing is hulle geliefdes om die aartsvaders se ontwil. (29)As God eenmaal aan mense sy genadegawes geskenk en hulle geroep het, trek Hy dit nooit weer terug nie. (30)Vroeër was julle heidene, ongehoorsaam aan God, maar noudat die Jode ongehoorsaam geword het, het God Hom oor julle ontferm. (31)Net so gaan dit ook met die Jode: omdat God Hom oor julle ontferm het, het hulle nou ongehoorsaam geword. Maar dit gebeur sodat hulle self ook nou ontferming kan vind. (32)God het almal aan die ongehoorsaamheid oorgegee, sodat Hy Hom oor almal kan ontferm.

Kolossense 2:9-11: (9)In Hom is die volle wese van God beliggaam, (10)en in verbondenheid met Hom deel julle in sy volheid. Hy is die hoof oor elke mag en gesag. (11)Deur julle verbondenheid met Hom is julle ook besny, nie met die besnydenis wat deur mense verrig word nie, maar met die besnydenis deur Christus, en dit bestaan in die wegneem van die sondige natuur van die mens.

Bybelverse teen die argument

Die volgende verse word gebruik om daarteen te redeneer:

Josua 21: (45)Nie een van al die goeie beloftes wat die Here aan Israel gemaak het, het onvervul gebly nie. Almal is nagekom.

Josua 23: (14)“Self gaan ek nou die pad van almal op aarde. Julle weet met julle hele hart en siel dat nie een van al die goeie beloftes wat die Here julle God oor julle gemaak het, onvervul gebly het nie. Almal het uitgekom. Nie een belofte het onvervul gebly nie.

Die argument is dat Jesus ‘n nuwe belofte gebring het. Jesus sê byvoorbeeld:

Lukas 3: (8) … moenie by julleself sê: ‘Ons het Abraham as voorvader’ nie, want dit sê ek vir julle: God kan uit hierdie klippe kinders vir Abraham verwek.

Romeine 9: (8)Dit wil sê: Dit is nie die kinders wat in die gewone gang van die lewe gebore is, wat kinders van God is nie; dit is die kinders wat kragtens die belofte van God gebore is, wat as Abraham se nageslag gereken word.

Romeine 11: (7)Waarop kom dit dan neer? Hierop: wat Israel soek, het hy nie gekry nie; die uitverkorenes het dit gekry.

Galasiërs 3: (16)God het sy beloftes aan Abraham en aan sy nakomeling gegee. Daar staan nie “aan nakomelinge”, meer as een nie, maar: “en aan jou nakomeling” , net een, en hierdie nakomeling is Christus.

Galasiërs 3: (17)Hiermee wil ek dít sê: God het ‘n verbond met Abraham gesluit en dit tóé al geldig gemaak. Die wet, wat eers vier honderd en dertig jaar later gekom het, kan nie hierdie verbond ongeldig maak, sodat God se belofte aan Abraham nie meer sou geld nie.

Galasiërs 3: (29)En as julle aan Christus behoort, is julle ook nakomelinge van Abraham en erfgename kragtens die belofte van God.

Galasiërs 6: (15)Of ‘n mens besny is of nie, is nie van belang nie, maar dat jy ‘n nuwe mens is. (16)En almal wat volgens hierdie beginsel leef, die ware Israel – mag God aan hulle vrede gee en barmhartigheid bewys.

Hebreërs 6: (17)En omdat God aan die erfgename van die belofte bo alle twyfel wou verseker dat sy besluit onveranderlik is, het Hy dit met ‘n eed gewaarborg. (18)Die twee onveranderlike dinge, die belofte en die eed, waarborg dat God sy woord gestand sal doen, en is vir ons wat ons toevlug tot Hom geneem het, ‘n kragtige aansporing om vas te hou aan die hoop op wat vir ons weggelê is.

Die derde tempel

Johannes 2: (19)Jesus het hulle geantwoord: “Breek hierdie tempel af en in drie dae sal Ek hom oprig.”

Is Jesus nie dalk die derde tempel nie?

Afskaffing van die besnydenis

God het die besnydenis ingestel as verbond met Abraham dat Hy Abraham en sy nasate se God sal wees. In die Nuwe Testament skaf Paulus egter die besnydenis af. Is dit nie ‘n teken dat daardie verbond verval het nie?

Is daar êrens in die Nuwe Testament sprake daarvan dat die belofte aan Abraham steeds geld?

Maak dit saak?

Die werklike vraag is of dit saak maak? Hierdie kwessie gaan nie op enige manier ‘n oplossing vir Israel bied nie.

Veronderstel die gevolgtrekking is wel dat Israel aan die Jode behoort, gaan dit nie Palestyne se gesindheid teen die Jode verander nie.

Indien besluit word dat God se belofte nie meer van toepassing is nie, gaan dit ook niks aan die situasie verander nie. ‘n Mens kan nie die geskiedenis terug draai nie. Die Jode is nou in Israel. Mens kan nie van hulle verwag om te skuif nie.

1 thought on “Is God se belofte dat Israel aan die Jode behoort steeds geldig?”

  1. Ek dink daar is probleme met die hipotese.
    Wat beteken die beloftes aan Israel? Of dan: Wat beteken Israel?
    Die out Testamen se profete maak dit duidelik dat daar ‘n ‘Nuwe Verbond’ gaan wees. En dit lei tot die vraag wie ‘God se uitverkore Volk is’. Dink die Nuwe Testamennt text maak dit duidelik dat dit diegene is wat in Christus is.

    By Jode weet mens nie eers waar hulle nou werklik vandaan kom. Die voorouers is dikwels maar konvertiete tot Judaisme gewees. Nou hoekom is hulle dan “Israel”?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui