Islam is nie ‘n geloof van vrede nie

Sommige mense wil glo dat Islam eintlik ‘n geloof van vrede is, dat Moslems oor die algemeen in vrede met ander gelowe wil saamleef. Hulle redeneer dat dit slegs Moslemekstremiste is, wat optree vanuit ‘n verkeerde interpretasie van die Koran.

Die feit is egter dat die Koran baie duidelik is daaroor dat nie-Moslems vervolg moet word. David Wood wys hierdie baie duidelik uit in die debat met Shabir Ally (Debate: Is the Quran a Book of Peace? Shabir Ally (Muslim) vs. David Wood (Christian) – Youtube, 20m26s). In kort sê hy die volgende:

Daar is drie verskillende stadiums:

Stadium 1:  Wanneer Mohammed en sy gevolg ’n klein minderheid van die bevolking was moes hulle vrede en verdraagsaamheid verkondig. (Quran 8:61, Quran 109:6)

Stadium 2: Wanneer Mohammed en sy gevolg groter was en alliansies gevorm het met verskillende stamme, maar nog nie sterk genoeg was om ander te onderwerp nie, kon hulle hulself verdedig. (Quran 2:190-193)

Stadium 3: Waar Mohammed en sy volgelinge oorheers het, het hy opdrag gegee om nie-Moslems geweldadig aan Jihad te onderwerp bloot omdat hulle nie-Moslems was nie. (Sura 9:29, 73, 123, Sura 48:29)

Kyk ook Three Stages of Jihad (David Wood).

Hier volg ‘n meer volledige lys van dele in die Koran wat geweld teen nie-Moslems aanblaas:

  • Sura 2: 191 En bring hul om waar julle hulle ook al mag vind.
  • Sura 3: 28 Laat die gelowiges nie die ongelowiges as vriende verkies nie. En wie dít doen, het geen aandeel by Allah nie.
  • Sura 3: 85 En wie dan ook ’n ander godsdiens as Islam soek, dit sal van hom nie aangeneem word nie en in die Hiernamaals sal hy onder die verlorenes wees.
  • Sura 4: 89 neem daarom geen vriende uit hul [ongelowiges] midde nie.
  • Sura 5: 33 Die enigste straf vir hulle is dat hulle doodgemaak moet word, gekruisig word, hande en voete afgekap moet word.
  • Sura 8: 12 Onthoof hulle en slaan al hulle vingertoppe af.
  • Sura 8: 39 Veg met hulle totdat alle godsdienste vir Allah is.
  • Sura 8: 60 Versamel alle beskikbare manskappe en perde, sodat julle jul vyande kan afskrik.
  • Sura 8: 65 Spoor die gelowiges aan tot die stryd! Veg teen hulle omdat die ongelowiges nie wíl verstaan nie.
  • Sura 9: 5 Bring die heidene om en neem hulle gevangene, beleër hulle, en loer op hulle uit elke hinderlaag.
  • Sura 9: 30 Beveg húlle wat nie in Allah glo nie.
  • Sura 9: 123 Beveg die ongelowiges wat naby julle is.
  • Sura 22: 19-22 Die gelowiges en die ongelowiges is teenstaanders. Straf hulle met vuur en kokende water.
  • Sura 47: 4 Wanneer julle die ongelowiges in die oorlog ontmoet, onthoof hulle.
  • Sura 48: 29 Wees onwrikbaar teen ongelowiges.

Dit is streng gesproke slegs liberale Moslems wat nie glo dat nie-Moslems doodgemaak moet word nie. Fundamentalistiese Moslems interpreteer die Koran korrek. Hierdie liberale Moslems kan vergelyk word met Christene wat nie glo dat homoseksualiteit en saamwoon sonde is nie en dat daar nie ’n hel is nie of dat God nie mense wat goeie lewens lei, hel toe sal stuur nie.

Kyk ook

2 thoughts on “Islam is nie ‘n geloof van vrede nie”

  1. Het nog nooit die Koran – behalwe paar verse – self gelees nie, en kan dus geen sinvolle opinie daaroor gee nie. Het wel gelees van ‘n persoon wat in die Islamgeloof was, en daarna Christus ontmoet het. Hy verwys na gedeeltes in die Koran , wat lesers beveel om die Skrif (Bybel) te lees, en dit as die waarheid te beskou. Dit beteken dus, dat die ”Islam gelowiges” die Bybel eintlik baie goed behóórt te ken.

    Maar ongelukkig is daar so baie ”christene” wat nie eens die Bybel na behore ken nie, en lees dit so dan en wan, en ander weer met ”lense” wat hul by mense aangeleer het, instede met die hulp van die inwonende Heilige Gees. Mens behoort dus eerstens die vraag te stel, waarom ”christene” die Bybel so verdag maak by ander gelowe, deur dit nie eens te lees, en te gehoorsaam nie, of dit wél lees, maar toelaat dat moderne denke die Skrifgesag oorskadu.

    Christus Self het die Skrif bevestig as betroubaar, en ook op vele ánder maniere ná Sy hemelvaart. En in die Skrif, word telkemale getuig van ware vrede, wat slegs gevind word deur wedergeboorte, en dat Christus die Enigste Weg is om die sondaar tot Ware versoening te bring met die God wat Lewe geskep het. Dít is tog wat die Skrif sélf getuig wat die ”Egipte uittog” beteken, en nie die leuens wat by die NG 2023 AS kwytgeraak is nie. Ek kon my 👁👁 nie glo, toe ek lees van hul ”eksegese” van die Egiptiese uittog nie. Het hul Romeine en Hebreërs dan oorgeslaan in hul jarelange studies?

    Valse leraars die hele spul.

  2. Ek het die Koran sowel as die Bybel deurgelees. Die Bybel en die Koran is albei ewe erg. Niks fout om hierdie boeke te lees nie inteendeel, dit is belangrike letterkunde boeke. Die probleem kom in dat die mensdom dink dit is hulle gode wat hulle aanbid se woorde en opdragte wat in hierdie boeke opgeteken is. Wat ‘n totale mistasting is. Die Christengroepe wat ook dikwels verskillende weergawes van die gode aanbid, wil dan die Bybel vat en daarmee hulle eie idees as hulle god se wil voorsit.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui