Sosiale geregtigheid

Sosiale geregtigheid is die beginsel dat mense verskillend hanteer word op grond van hulle sosiale status.

‘n Eenvoudige voorbeeld is die volgende: beide ’n ryk, blanke seuntjie en ’n arm, swart seuntjie steel iets uit ’n winkel. Beide het presies dieselde oortreding begaan, maar die ryk, blanke seuntjie word swaarder gestraf omdat hy ’n hoër sosiale status het as die arm, swart seuntjie.

Hierdie beginsel is sosialisties.

Die dame van geregtigheid is geblinddoek, wat onpartydigheid simboliseer. Sosiale geregtigheid is nie onpartydig nie.

Die Bybel is gekant teen sulke optredes:

Levitikus 19: (15)Wees regverdig wanneer jy besluite moet maak. Moenie kant kies vir iemand omdat hy arm is of omdat hy belangrik is nie. Jy moet jou medemens regverdig behandel.

Envy was once considered to be one of the seven deadly sins before it became one of the most admired virtues under its new name, ‘social justice.’ ~ Thomas Sowell

Kyk ook

Bylaag A: Bybel oor sosiale geregtigheid

Eksodus 23: (3)Wanneer jy regspreek, mag jy ’n arm man nie in sy hofsaak voortrek nie.

Levitikus 19: (15)Wees regverdig wanneer jy besluite moet maak. Moenie kant kies vir iemand omdat hy arm is of omdat hy belangrik is nie. Jy moet jou medemens regverdig behandel.

Levitikus 24: (17)“Iemand wat moord pleeg, moet die doodstraf kry. (18)As iemand ’n ander se dier doodmaak, moet hy dit vervang. Die beginsel is: ’n lewe vir ’n lewe. (19)“As iemand ’n medemens beseer, moet aan hom presies dieselfde gedoen word: (20)as hy iemand se been gebreek het, moet sý been ook gebreek word; as hy iemand se oog beskadig het, moet sý oog ook beskadig word; as hy iemand se tand uitgeslaan het, moet sý tand ook uitgeslaan word. Daar moet aan hom gedoen word wat hy aan sy medemens gedoen het. (21)“As iemand ’n ander se dier doodmaak, moet hy dit vervang, maar as iemand ’n moord pleeg, moet hy die doodstraf kry. (22)Hierdie beginsel geld vir gebore Israeliete en vir vreemdelinge, want Ek, die Here, is julle God.”

Romeine 13:1-7

Kolossense 3: (25)Wie onreg doen, sal gestraf word oor die onreg wat hy gedoen het; die Here trek niemand voor nie.

1 Tessalonisense 4: (11)Laat dit vir julle ’n saak van eer wees om rustig te lewe, julle met julle eie sake besig te hou en self in julle lewensonderhoud te voorsien, soos ons dit aan julle voorgehou het.

2 Tessalonisense 3: (10)Toe ons nog by julle was, het ons vir julle uitdruklik gesê: “As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui