Kyk ook:
Dawid was die seun van Isai. Hy was die jongste van agt seuns.
Hier volg Dawid se tydlyn volgens The Annals of the World.
| Beskrywing | Ouderdom | vC | Nota |
|---|---|---|---|
| Saul word koning | -10 | 1095 | |
| Dawid word gebore | 0 | 1085 | |
| Dawid word tot koning gesalf | 10-12 | 1075? | 1 Sam 16 |
| Dawid verslaan vir Goliat | 15? | 1070? | 1 Sam 17 |
| Dawid vlug vir Saul. Hy sluit aan by Akis en woon daar vir ‘n jaar en vier maande | 25 | 1060 | 1 Sam 21:10 |
| Saul sterf | 30 | 1055 | |
| Joab vermoor vir Abner | 37 | 1048 | |
| Dawid regeer nou ook oor Israel | 37 | 1048 | |
| Dawid val Jerusalem aan en neem dit oor van die Jebusiete | 37 | 1048 | 2 Sam 5:6-7 |
| Dawid bring die verbondsark na Jerusalem | 40 | 1045 | 2 Sam 6:17 |
| Dawid vermoor Uria en trou met Batseba | 50 | 1035 | |
| Salomo word gebore uit Batseba | 51 | 1034 | |
| Amnon, Dawid se oudste seun, verkrag vir Tamar | 53 | 1032 | |
| Absalom maak Amnon dood | 55 | 1030 | 2 Sam 13:23 |
| Absalom sterf | 62 | 1023 | |
| Dawid hou ‘n sensusopname | 68 | 1017 | |
| Dawid sterf | 70 | 1015 |
Dawid as profeet
Dawid word volgens die Bybel as ‘n profeet gesien:
Dawid het ook die volgende Messiaanse Psalms geskryf: 2, 8, 16, 22, 23, 24, 40, 41, 69, 72, 89, 110
Dawid in die Koran
Volgens die Koran word Dawid ook as ‘n profeet gesien.
Oor die algemeen ontken Moslems egter dat Dawid egbreuk gepleeg het met Batseba en dat hy Uria doodgemaak het.