Die 10 gebooie

Inhoudsopgawe

Die tien gebooie

Die tien gebooie word aan ons voorgehou in Eksodus 20:1-17 en Deuteronomium 5:6-21. Dit word kortliks hier weergegee:

  1. Jy mag naas my geen ander gode hê nie. (Daar is net een God.)
  2. Jy mag nie ’n afbeelding van God maak nie.
  3. Jy mag nie God se naam ydelik gebruik nie.
  4. Jy moet die Sabbatdag heilig hou.
  5. Eer jou vader en moeder.
  6. Jy mag nie moordpleeg nie.
  7. Jy mag nie egbreek pleeg nie.
  8. Jy mag nie steel nie.
  9. Jy mag nie leuens vertel nie.
  10. Jy mag nie begeer nie.

Jesus gee ook ’n samevatting van die tien gebooie in Matteus 22:34-40 en Markus 12:28-34 en Lukas 10:25-28: Dit bestaan uit twee dele:

  1. Liefde vir God (gebod 1 tot 4)
  2. Liefde vir jou naaste (gebod 5 tot 10)

Kyk ook Romeine 10:8-13.

Die 10 gebooie is nie…

Die 10 gebooie is nie ’n stel reëls wat nagekom moet word om in die hemel te kom nie. Niemand kan al die gebooie ten alle tye nakom nie. Trouens, indien jy een gebod selfs net een keer in jou lewe oortree het, is jy skuldig en verdien jy die dood. Vir meer hieroor kyk:

Het die 10 gebooie nie verval saam met ander Ou Testamentiese wette nie?

In Matteus 5:17 sê Jesus: “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry.”.

Dus, alhoewel daar sommige van die wette verval het, het al die wette nie verval nie. ’n Mens kan redeneer dat die 10 gebooie verval het, maar dat Jesus al die gebooie, behalwe die vierde gebod bevestig het:

Tien gebooie Nuwe Testament
1. Daar is net een God Mat 4:10, Mat 22:37,
2. Geen afbeelding van God 1 Joh 5:21, 1 Kor 10:14
3. Nie God se naam ydelik gebruik nie Jak 5:12, 1 Tim 6:1
4. Sabbatdag heilig
5. Eer jou vader en moeder Mat 19:16-21
6. Mag nie moord pleeg Mat 19:16-21, Rom 13:9
7. Mag nie egbreek pleeg Mat 19:16-21, Rom 13:9
8. Mag nie steel Mat 19:16-21, Rom 13:9
9. Mag nie vals getuienis lewer Mat 19:16-21, Rom 13:9
10. Mag nie begeer nie Kol 3:5, Rom 7:7, Rom 13:9

10 gebooie as spieël

Voor ons in die oggend die huis verlaat kyk ons eers in die spieel om te kyk of ons netjies is, of ons hare gekam is, of ons aanvaarbaar vir die wêreld lyk. ’n Spieël wys ons hoe die wêreld ons gaan sien as ons uit die huis uitgaan. Soms hou ons nie van wat ons in die spieël sien nie, maar dit is positief, want dan kan ons iets daaraan doen en verleentheid vermy.

Net so wys die 10 gebooie (Die Wet van God, byvoorbeeld Romeine 8:2) ons hoe ons tekort skiet. Dit laat ons besef dat ons nie so ’n goeie mens is soos wat ons soms gedink het ons is nie. Dit laat ons besef dat ons verlossing nodig het. En dit is ’n baie goeie ding. Kyk Hell’s Best Kept Secret.

Hoe onthou ek dit?

Daar is oulike maniere om die 10 gebooie te onthou. Kyk byvoorbeeld

Verdere leeswerk

3 thoughts on “Die 10 gebooie”

  1. Dit is baie mooi uiteengesit. Ek het vandag besluit om die wette van die Bybel na te slaan en het op hierdie artikel afgekom ek sal dit beslis gebruik en uit druk vir verdere navorsing. En in my lewe probeer toepas.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui