Aanhalings – Om niks te doen nie

Inhoudsopgawe: God, Jesus, Dietrich Bonhoeffer, Edmund Burke, Jordan Peterson, Aleksandr Solzhenitsyn, Mike Adams, John Calvin, Martin Luther, Elie Wiesel, Dante Alighieri

*****************

Afrikaanse spreekwoord

“Meng jou met die semels dan vreet die varke jou”

God

“Wanneer iemand hoor of te wete kom dat ‘n vervloeking uitgespreek is en hy verswyg dit, sondig hy. Hy was ‘n getuie daarvan, en daarom rus daar skuld op hom. (Levitikus 5:1)

Jesus

Wie nie vír my is nie, is teen my en wie nie saam met my die skape bymekaar maak nie, jaag hulle uitmekaar. (Lukas 11:23)

Dietrich Bonhoeffer

Silence in the face of evil is itself evil; God will not hold us guiltless. Not to speak is to speak. Not to act is to act.

Om stil te bly in die aangesig van die bose is self boos; God sal ons nie onskuldig verklaar nie. Om nie te praat nie, ís om te praat. Om nie op te tree nie, ís om op te tree.

Edmund Burke

All that is necessary for the triumph of evil is for good men to do nothing.

Al wat nodig is vir die bose om te oorwin is dat goeie mense niks doen nie.

Nobody made a greater mistake than he who did nothing because he could do only a little.

Niemand maak ’n groter fout as hy wat niks doen nie omdat hy slegs ’n bietjie kon doen.

Jordan Peterson

As jy iets het om te sê, lieg jy as jy stilbly.

When you have something to say, silence is a lie.

Aleksandr I Solzhenitsyn

Deur stil te bly oor boosheid, deur dit so diep in ons te begrawe dat geen teken daarvan op die oppervlak verskyn nie, plant ons dit in, en dit sal in die toekoms duisendvoudig opstaan. Wanneer ons nie kwaaddoeners straf of verwyt nie, beskerm ons nie bloot hul onbenullige hoë ouderdom nie, ons ruk daardeur die fondamente van geregtigheid onder die nuwe generasies uit.

“In keeping silent about evil, in burying it so deep within us that no sign of it appears on the surface, we are implanting it, and it will rise up a thousand fold in the future. When we neither punish nor reproach evildoers, we are not simply protecting their trivial old age, we are thereby ripping the foundations of justice from beneath new generations.” ~ The Gulag Archipelago 1918–1956

Mike Adams

If Christianity dies in America it will not be for a lack of evidence of its truthfulness. It will be for a lack of dissemination of the evidence of its truthfulness. And the blame for the lack dissemination of that evidence will fall squarely on the shoulders of Christian men who are simply too weak and passive to deserve to be called “Christian” or “men.”

As Christenskap in Amerika sterf sal dit nie as gevolg van ’n gebrek aan getuienis van die betroubaarheid daarvan wees nie. Dit sal wees as gevolg van ’n gebrek aan die verspreiding van die getuienis van die betroubaarheid daarvan. En die skuld vir die gebrek aan verspreiding van daardie getuienis sal vierkantig op die skouers van Christelike mans val wat eenvoudig te swak en passief is om verdien om “Christen” of “man” genoem te word.

[Uit A boy named Sue, 19 Aug 2010. Dr Mike Adams is ’n Christen professor.]

John Calvin

A dog barks when his master is attacked. I would be a coward if I saw that God’s truth is attacked and yet would remain silent.

’n Hond blaf wanneer sy baas aangeval word. Ek sou ’n lafhart wees indien ek niks doen wanneer ek sien dat God se waarheid aangeval word.

Martin Luther

If I profess with the loudest voice and clearest exposition every portion of the Word of God except precisely that little point which the world and the devil are at that moment attacking, I am not confessing Christ, however boldly I may be professing Him. Where the battle rages there the loyalty of the soldier is proved; and to be steady on all the battle front besides, is mere flight and disgrace if he flinches at that point.

As ek met die hardste stem en duidelikste uitleg elke deel van die Woord van God bely, behalwe daardie een klein puntjie wat die wêreld en die duiwel op daardie oomblik aanval, bely ek nie Christus met vrymoedigheid nie. Waar die stryd woed word die lojaliteit van die soldaat bewys. Om standvastig te wees op elke gevegsfront, is blote vlug en skande as hy op dáárdie punt terugdeins.

Elie Wiesel

Always take sides. Neutrality helps the oppressor, never the victim. Silence encourages the tormentor, never the tormented.

Kies altyd kant. Neutraliteit help die onderdrukker, nooit die slagoffer nie. Stilte moedig die kwaaddoener aan, nooit die martelaar nie.

Dante Alighieri

The darkest places in hell are reserved for those who maintain their neutrality in times of moral crisis.

Die donkerste plekke in die hel is gereserveer vir diegene wat hul neutraliteit handhaaf in tye van morele krisis.

Anoniem

If a pastor don’t call out the wolves, it is because he is one.

As ’n prediker nie die wolwe identifiseer nie, dan is dit omdat hy self een is. (Mat 7:15; Mat 10:16; Hand 20:29-30)

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui