Algemene Sinode 2023

Kyk hier vir die AGENDA vir die Algemene Sinode 2023 soos op 11 September 2023.

Johann Ernst lewer soos volg kommentaar op die agenda:

Hier volg nog ‘n paar artikels:

Sinode begin op Sondag, 15 Oktober

Selfdegeslagverbintenisse-besluit: Op die laaste dag (Vrydag, 20 Okt 2023) besluit die sinode om te volstaan met die 2019-besluit:

Ander besluite

Na afloop van die sinode

1 thought on “Algemene Sinode 2023”

  1. J. Gresham Machen, die bekende teoloog in die 20ste eeu in die VSA, het onder meer die volgende gesê:

    “The more we know of God, the more unreservedly we will trust Him; the greater our progress in theology, the simpler and more child-like will be our faith”

    “A new and more powerful proclamation of the law is perhaps the most pressing need of the hour… A low view of law always brings legalism into religion; a high view of law makes man a seeker after grace. Pray that the high view may prevail”

    Bovermelde lees neem my gedagtes na Dawid, ‘n man na God se ❤. Die vele Psalms spreek van sy siel se openhartigheid teenoor God, en sy liefde en vertroue op God, was geen geheim nie en ook nie ‘n geheim onder die rowwe ouens wat saam hom oorloë gevoer het in sy jonger jare nie. 1 Samuel praat daarvan.

    Wat hom besonders maak, is dat in Openbaring ook van hom gepraat word, “EN skryf aan die engel van die gemeente in Filadelfía: Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie:” OPENBARING 3:7
    https://bible.com/af/bible/5/rev.3.7.AFR53.. Hierdie is natuurlik ‘n vervulling van die Jesaja profesie, “En Ek sal die sleutel van die huis van Dawid op sy skouer lê; en hy sal oopmaak, en niemand sal sluit nie; en hy sal sluit, en niemand sal oopmaak nie” JESAJA 22:22 AFR53, waarvan Dawid se persona, getuig het van Christus wat sou kom.

    En dié Getuienis kom van GOD Homself uit die hemel uit. “DIE openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan Sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van Sy engel aan Sy dienskneg Johannes te kenne gegee het,” OPENBARING 1:1 AFR53

    Dit het eers laat in my leeftyd tot my deurgedring, dat die Bybel soos wette gelees moet word soos ‘n regsgeleerde die wette van ‘n land benader: elke woord het ‘n doel en motivering en word gedra deur ‘n voertuig van konteks, en dié voertuig is of ‘n fiets of klein sedan of “SUV” of ‘n Ferrari of ‘n Boeing of ‘n F35 vegvliegtuig of….. Mens moet die voertuig bepaal van woorde.

    Wat is die voertuig van GOD die Almagtige se woorde wat Hy soreek van Sy Troon, en die aard en gewig daarvan? Het Sy woorde nie groter gewig en krag as 1000 triljoen sonnestelsels nie?

    So waarom hunker die NG Kerk dan nog op die idee, dat God se spraak oor LGBTQ en Egskeiding en Lieg en Moord en Waarhede Verdraai en Saamwoon en Gierigheid en Valse voorwendsels en Steel en Afgodery en Ongehoorsaamheid aan Hom, vergelyk kan word met ‘n motorvoertuig, en die wiele of kleur of enjin of battery of wat ookal, soos onderdele is, en vervang moet word? Is God ‘n verkleurmannetjie? Johannes in Openbaring het God beslis nie as die ” Veranderlike” of “Die Aanpasbare Een” gesien nie.

    Die hedendaagse NG dien hul eie idee van God, soos hul Hom verander het, want hul verander Sy gesprekke. Sy woorde is tog verbind aan Sy Karakter!

    Dit ook gesien jare gelede by ArcelorMittal, en tot groot, groot persoonlike skade: Moderne NG Kerk Denke en Rooms Katolieke Denke en Hindoe Denke en Judaïsme denke, wat in sekulêre sfere, mens se gesprekke verander, om hul eie leuenwoorde en ook hul gebrek aan korrektiewe woorde en optrede, te verdoesel. Met selfs die hulp van top regadvies.

    Die GOD in die Hemel was ‘n Getuie van ál hul leuenwoorde en ál hul leuenmotiveringe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui